Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KEIMOES
KEIMOES [boodskap #106841] Di, 01 November 2005 05:08 na volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.

Sal dit waardeer.

Friend
Re: KEIMOES [boodskap #106846 is 'n antwoord op boodskap #106841] Di, 01 November 2005 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die Gariep
> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is mooi
> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
> gesonde, droeë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle toe
> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....

Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
Keimoes 'n klein dorpie?

Friend

> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>
> Sal dit waardeer.
>
> Friend
Re: KEIMOES [boodskap #106849 is 'n antwoord op boodskap #106841] Di, 01 November 2005 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die Gariep
[Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is mooi
plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle toe
is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
"kaalbaster" wrote in message
news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.

Sal dit waardeer.

Friend
Re: KEIMOES [boodskap #106850 is 'n antwoord op boodskap #106846] Di, 01 November 2005 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
bly eerder waar jy is, daar gaan elke 3 minute niks aan nie en hou dan vir 3
ure aan

"kaalbaster" wrote in message
news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .

Suidwester wrote:
> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
> Gariep
> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is
> mooi
> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
> gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle
> toe
> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....

Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
Keimoes 'n klein dorpie?

Friend

> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>
> Sal dit waardeer.
>
> Friend
Re: KEIMOES [boodskap #106852 is 'n antwoord op boodskap #106846] Di, 01 November 2005 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ry maar net soontoe verby na Augrabies toe en stop so af en toe om 'n
roomys te koop. Groot is die dorp definitief nie, maar die droë wêreld se
mense is oor die algemeen wonderlik. Jy sal daar naby aan die boere wees,
dit beteken naby aan vars produkte. die beste kwaliteit vleis kom mos uit
die droë veld. Die rivier se sultanas is van die beste en dan is die
Kalahari net 'n stofpoepie weg van jou af. Daar kry jy natuurlik die
wonderlike Kalahari Gemsbok Park. Daai hele area, hier vanaf Kuruman,
Sishen, Olifantshoek, Upington, Kakamas, ens. is harde wêreld, maar niemand
wat ek ken wil daar weg nie en as hulle moet, dan huil hulle hard!
"kaalbaster" wrote in message
news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .

Suidwester wrote:
> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
> Gariep
> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is
> mooi
> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
> gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle
> toe
> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....

Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
Keimoes 'n klein dorpie?

Friend

> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>
> Sal dit waardeer.
>
> Friend
Re: KEIMOES [boodskap #106854 is 'n antwoord op boodskap #106841] Di, 01 November 2005 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Waar is Limpopo? In ou taal?

Limpopo is verre noord transvaal, +- 11km van Zimbabwe grens en 120km
van Mosambiek, +- 80km van Kruger Wildtuin. Bosveld wêreld, mooi en
ook baie warm!! Die dorpie waar ek gebly het was Musina.


> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
>
> Suidwester wrote:
>> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
>> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
>> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
>> Gariep
>> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is
>> mooi
>> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
>> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
>> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
>> gesonde, droeë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
>> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle
>> toe
>> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
>
> Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
> ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
> Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
> Keimoes 'n klein dorpie?
>
> Friend
>
>> "kaalbaster" wrote in message
>> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
>> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
>> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>>
>> Sal dit waardeer.
>>
>> Friend
Re: KEIMOES [boodskap #106856 is 'n antwoord op boodskap #106846] Di, 01 November 2005 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Waar is Limpopo? In ou taal?
"kaalbaster" wrote in message
news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .

Suidwester wrote:
> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na die
> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
> Gariep
> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is
> mooi
> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
> gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle
> toe
> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....

Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
Keimoes 'n klein dorpie?

Friend

> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>
> Sal dit waardeer.
>
> Friend
Re: KEIMOES [boodskap #106858 is 'n antwoord op boodskap #106852] Di, 01 November 2005 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Upington, Kakamas, ens. is harde wêreld, maar niemand
> wat ek ken wil daar weg nie en as hulle moet, dan huil hulle hard!

Né? So tussen die kanaalape? Jy kan my met
'n veertjie doodslaan!

Tant Hessie van Keimoes.
Re: KEIMOES [boodskap #106859 is 'n antwoord op boodskap #106852] Di, 01 November 2005 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Ek ry maar net soontoe verby na Augrabies toe en stop so af en toe om 'n
> roomys te koop. Groot is die dorp definitief nie, maar die droë wêreld se
> mense is oor die algemeen wonderlik.

Waarom noem jy Keimoes as deel van die "droë wêreld " ?
Dis nou wel droog wat reënval betref ( in die ou dae het hulle
gesê so twaalf duim per jaar, en dit val alles op die sultanas
wat op die drade sit en droog word.) Maar daar is strome
water in die kanale en in die voortjies. En , net soos
die oewers en eilande van die Gariep daar by Kakamas
en Marchand, is dit 'n paradys van vrugte en groente.
Jy het nog nie mooi gesien totdat jy die son sien opkom
oor die glinsterende druiwestokke vol teer groen blaartjies
nie, terwyl die perskebome verskillende kleure van pienk
blomme in die lente het. En die granaatlanings. En die
kweperbome. En op die rande van die kanale is daar
altyd turksvye.
Ek het op Marchand, tien myl wes van Kakamas,
grootgeword. As ons Upington toe gery het, het ons
nie deur die eiland van Keimoes gery nie. Ek wonder
of die hoofpad tussen Upington en Kakamas dan nou
deur die dorpie gaan?

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106861 is 'n antwoord op boodskap #106841] Di, 01 November 2005 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Niks verkeerd met 'n Kanaalaap nie...dis 'n troetelnaam vir rêrige
> Upingtonners. Dis nou seker uitgesonderd die halfnaaitjies wat op die
> eilande uitgebroei het? Die skaamkinders......

O, so "kanaalape" moet nou eksklusief wit wees?
Ek hoop en bid dat die mense wat vandag op die
erwe van die besproeiingsskemas van die Gariep
boer, enige kleur kan wees. In ag nemend dat bruin
voorvaders uitgestoot is van daardie vrugbare eilande
deur die wit nageslagte van die Europeërs wat in
die laaste paar eeue blootsvoets oor die eerste
nasies van die Gariep gemarsjeer het.

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106863 is 'n antwoord op boodskap #106854] Di, 01 November 2005 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm. Waar jy nou wil heengaan is dit net droog en warm. Jy kan dit
makliker uitstaan as daai drukkende hitte. In die Namib kliek ons nog
rustig oor teen oor die 50 grade. Dis egter erg platteland, maar mens
kan mos meeste dinge vandag ook op die platteland doen....dis nou DStv,
internet, ens. Net die stad se drolle is missing...he-he!!
"kaalbaster" wrote in message
news:1130844556.819201.288250@g47g2000cwa.googlegroups.com.. .

Suidwester wrote:
> Waar is Limpopo? In ou taal?

Limpopo is verre noord transvaal, +- 11km van Zimbabwe grens en 120km
van Mosambiek, +- 80km van Kruger Wildtuin. Bosveld wêreld, mooi en
ook baie warm!! Die dorpie waar ek gebly het was Musina.

> "kaalbaster" wrote in message
> news:1130832653.854637.130320@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
>
> Suidwester wrote:
>> Dit is op pad van Upington af, verder teen die rivier af op pad wes na
>> die
>> see toe. As jy al vir Upington gesien het, dan sal jy ook weet hoe lyk
>> Keimoes. Sulke vaal, klipperige veld met groenigheid nader aan die
>> Gariep
>> [Oranje-]rivier wat die hele bestaan van die dorpie oorheers. Daar is mooi
>> plekke op die dorp, maar die oorheersende ding daar in die riviervallei is
>> dat die f***en warm is daar. In die winter nie sleg nie, maar in die
>> somer! As die son jou alleen kry, dan brand hy jou vrek! Tog is dit 'n
>>
>> gesonde, droë hitte wat die sweet vinnig laat verdamp. Die beste ding
>> omtrent Keimoes is natuurlik die pad daardeur na die Augrabieswatervalle toe
>> is wat die mooiste plek in Suid-Afrika is.....
>
> Dankie Suidwester, het 'n werks aanbod daar gekry wat nie regtig
> ge-ignoreer kan word nie, maar ken die wêreld daar gladnie (kom van
> Limpopo af). Dit is nou werklik van die een uiterste na die ander! Is
> Keimoes 'n klein dorpie?
>
> Friend
>
>> "kaalbaster" wrote in message
>> news:1130821682.976953.17620@g47g2000cwa.googlegroups.com...
>> Goeiemôre almal - wie kan my bietjie meer vertel van die dorpie
>> Keimoes? Hoe dit daar lyk, ens.
>>
>> Sal dit waardeer.
>>
>> Friend
Re: KEIMOES [boodskap #106864 is 'n antwoord op boodskap #106858] Di, 01 November 2005 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Kq6dnWrYOqqjxfreRVn-1w@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Upington, Kakamas, ens. is harde wêreld, maar niemand
>> wat ek ken wil daar weg nie en as hulle moet, dan huil hulle hard!
>
> Né? So tussen die kanaalape? Jy kan my met
> 'n veertjie doodslaan!

-----Foeitog, die ou dier se koppie raas? Hierbo het jy dieselfde boodskap
gepos. Niks verkeerd met 'n Kanaalaap nie...dis 'n troetelnaam vir rêrige
Upingtonners. Dis nou seker uitgesonderd die halfnaaitjies wat op die
eilande uitgebroei het? Die skaamkinders......
Re: KEIMOES [boodskap #106865 is 'n antwoord op boodskap #106861] Di, 01 November 2005 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet jou voorgeskiedenis beter navors. Daar was g'n niks bruinmense by
Upington se gebied streng gesproke voor die blankes nie. So 'n bietjie
swart mense, ja. So van die Kaap af het die beskaafde mense wat grond
bewerk het al boontoe geskuif. Die wit mense op plase waarop hulle geboer
het en die nuwe bruin volk by sendingstasies wat gekweek is in die
bediendekwartiere van die boere en hul bediendes en so het die Basters [ook
Griekwas] ontstaan. Toe besluit die Kaapse regering onder in die Kaap, dat
as iemand sy grond wil hê, dan moet hy kaart en transport bewys. Toe
besluit die Basters en Griekwas hulle's gatvol [want hulle het nie die geld
om vir hulle plase te koop nie] en hulle trek. Die Griekwas is in
Kimberley se rigting en die Basters het aanvanklik by die Grootrivier
[Gariep] vasgehaak. Die wat nie bang was nie, het verder getrek en 'n
trotse Bastervolk het tot stand gekom in die Rehoboth-gebied in SWA. Die
ou klompie slapgatte het daar by die rivier geplak en dis waar jou
voorgeslagte vandaan kom. Die blankes het hulle nie verdring nie. Hulle
het 'n geleentheid gehad om iets te skep uit niks nie. Waar dink jy kom
die druiwe vandaan? Van jou mense af? Waar dink jy kom die wynbedryf
vandaan?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:jtCdnbuP-ocW-vrenZ2dnUVZ_s2dnZ2d@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Niks verkeerd met 'n Kanaalaap nie...dis 'n troetelnaam vir rêrige
>> Upingtonners. Dis nou seker uitgesonderd die halfnaaitjies wat op die
>> eilande uitgebroei het? Die skaamkinders......
>
> O, so "kanaalape" moet nou eksklusief wit wees?
> Ek hoop en bid dat die mense wat vandag op die
> erwe van die besproeiingsskemas van die Gariep
> boer, enige kleur kan wees. In ag nemend dat bruin
> voorvaders uitgestoot is van daardie vrugbare eilande
> deur die wit nageslagte van die Europeërs wat in
> die laaste paar eeue blootsvoets oor die eerste
> nasies van die Gariep gemarsjeer het.
>
> Gloudina
>
Re: KEIMOES [boodskap #106867 is 'n antwoord op boodskap #106852] Di, 01 November 2005 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
[knip]
> is die
> Kalahari net 'n stofpoepie weg van jou af.
[knip]

Ha-ha. Gie-gie-gie. Ek weet nie of die woordspeling opsetlik was nie,
Suidwester maar dis goed!
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: KEIMOES [boodskap #106868 is 'n antwoord op boodskap #106863] Wo, 02 November 2005 03:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
...
> Waar jy nou wil heengaan is dit net droog en warm. Jy kan dit
> makliker uitstaan as daai drukkende hitte.

Ja, die droë hitte is baie makliker op 'n mens as die
drukkende hitte, die soort hitte wat ons hier in Ontario
ook kry en wat mens eenvoudig uitput. Solank mens
net 'n huis het wat gebou is om hitte te bekamp. Wit
gekalkte dak. Lang gange binnekant wat jou beskerm
teen die buitenste hitte. Maak die vensters saans oop,
en in die oggend toe, sodat dit die maksimum koue
lug binne kan hou. Want elke aand so hier teen nege
tien uur dan kom daar gereeld 'n koue westewind
van die koue Atlantiese Oseaan af ( al is dit vyf-
honderd myl van die kus af ) en maak dit die nagte
heerlik koel. Wanneer die westewind nie die aand
kom waai nie, dan weet jy die wolke sal in die noorde
begin opbou, en dit sal bloedig warm word en kort
voor lank sal daar geweldige donderstorms ure lank
oor jou staan en bliksem en blits.

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106876 is 'n antwoord op boodskap #106867] Wo, 02 November 2005 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek praat maar so. In ons wêreld is afstand nie eintlik 'n vreeslike ding
om oor te bekommer nie en uit wat is so 'n 300km of so se grondpad na een
van die beste wildtuine ter wêreld toe? Dit het die meeste groot
roofvoëls en natuurlik ook die Kalahari leeu. En onbederf deur die yuppies
en ander kak wat wildtuine kan besoedel.

"knersus" skryf in boodskap news:dk8af1$1p2$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester wrote:
> [knip]
>> is die Kalahari net 'n stofpoepie weg van jou af.
> [knip]
>
> Ha-ha. Gie-gie-gie. Ek weet nie of die woordspeling opsetlik was nie,
> Suidwester maar dis goed!
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Re: KEIMOES [boodskap #106877 is 'n antwoord op boodskap #106868] Wo, 02 November 2005 08:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As jy 'n huis bou in hierdie warm wêreld, is die eerste ding wat jy bepaal,
die heersende windrigting en dan loop daar 'n hoofgang regdeur jou huis in
daardie rigting sodat jy net die huis kan oopmaak, dan is daar omtrent altyd
'n trek deur die huis. Die deure en vensters moet 'fanlights' op hê, sodat
jy, ongeag of mense in 'n kamer is, altyd 'n lugbeweging kan hê vanuit die
kamer na die gang toe. Die dak moet hoog wees met 'trek'-uitlate in die
nokke want warm lug styg op en jy moet dit uitkry. Hoe dikker jou mure is
en hoe meer lug in daai mure is, hoe beter. Dus, of blokstene in vandag se
terme of 500mm dik klipmure in die ou dae. Plus 'n lekker stoep, want in
die somer sleep almal bed stoep toe en slaap buite....lekker!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:DqKdnSwKLo0BrPXenZ2dnUVZ_s-dnZ2d@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
> ...
>> Waar jy nou wil heengaan is dit net droog en warm. Jy kan dit
>> makliker uitstaan as daai drukkende hitte.
>
> Ja, die droë hitte is baie makliker op 'n mens as die
> drukkende hitte, die soort hitte wat ons hier in Ontario
> ook kry en wat mens eenvoudig uitput. Solank mens
> net 'n huis het wat gebou is om hitte te bekamp. Wit
> gekalkte dak. Lang gange binnekant wat jou beskerm
> teen die buitenste hitte. Maak die vensters saans oop,
> en in die oggend toe, sodat dit die maksimum koue
> lug binne kan hou. Want elke aand so hier teen nege
> tien uur dan kom daar gereeld 'n koue westewind
> van die koue Atlantiese Oseaan af ( al is dit vyf-
> honderd myl van die kus af ) en maak dit die nagte
> heerlik koel. Wanneer die westewind nie die aand
> kom waai nie, dan weet jy die wolke sal in die noorde
> begin opbou, en dit sal bloedig warm word en kort
> voor lank sal daar geweldige donderstorms ure lank
> oor jou staan en bliksem en blits.
>
> Gloudina
>
Re: KEIMOES [boodskap #106886 is 'n antwoord op boodskap #106877] Wo, 02 November 2005 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Plus 'n lekker stoep, want in
> die somer sleep almal bed stoep toe en slaap buite

Ek kan dit nou nog nie kleinkry hoe ons in die Noordkaap
so buite kon slaap en nie deur die muskiete opge-eet was
nie. Hier in Kanada het ons muskietwering aan elke venster
en elke buitedeur. Waar ek gebly het, het ons net 'n gaasdeur
gehad in die kombuis, maar dit was om die vlieë in die somer
weg te hou, nie die muskiete nie. En ons het oral waar ons
gebly het, langs die grote Oranje-rivier gebly. Noord-Amerika
het net eenvoudig veel meer vlieënde dinge as suidelike Afrika.

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106892 is 'n antwoord op boodskap #106886] Wo, 02 November 2005 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Muskiete kan net broei in staande water. Dis waarom jy muskiete kry in hoë
reënvalgebiede en nie in plekke soos die die Wes-Kaap, Namakwaland en
Namibië nie. Jy kry wel muskiete daar, maar oorwegend na die reëntyd as
daar plasse water in die veld is. In die noorde van Nam word dit weer
meer klam en kry jy ook malaria, net soos hoër op in SA.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:-K2dncNZOJHpN_XeRVn-gw@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Plus 'n lekker stoep, want in
>> die somer sleep almal bed stoep toe en slaap buite
>
> Ek kan dit nou nog nie kleinkry hoe ons in die Noordkaap
> so buite kon slaap en nie deur die muskiete opge-eet was
> nie. Hier in Kanada het ons muskietwering aan elke venster
> en elke buitedeur. Waar ek gebly het, het ons net 'n gaasdeur
> gehad in die kombuis, maar dit was om die vlieë in die somer
> weg te hou, nie die muskiete nie. En ons het oral waar ons
> gebly het, langs die grote Oranje-rivier gebly. Noord-Amerika
> het net eenvoudig veel meer vlieënde dinge as suidelike Afrika.
>
> Gloudina
>
Re: KEIMOES [boodskap #106908 is 'n antwoord op boodskap #106886] Do, 03 November 2005 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lekka Ekka  is tans af-lyn  Lekka Ekka
Boodskappe: 6
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Junior Lid
Muskiete het ook hulle Trots.

Hulle eet of suig nie enige bloed nie...

On Wed, 2 Nov 2005 07:10:03 -0500, "@rogers.com" wrote:

> Ek kan dit nou nog nie kleinkry hoe ons in die Noordkaap
> so buite kon slaap en nie deur die muskiete opge-eet was
> nie.
> Gloudina
>
Re: KEIMOES [boodskap #106914 is 'n antwoord op boodskap #106859] Ma, 07 November 2005 03:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf

. As ons Upington toe gery het, het ons
> nie deur die eiland van Keimoes gery nie. Ek wonder
> of die hoofpad tussen Upington en Kakamas dan nou
> deur die dorpie gaan?

Ek maak natuurlik 'n fout hier. Ek bedoel
natuurlik Kanoneiland, nie Keimoes nie.
Snaaks, ek kan nie Keimoes voor my
oproep nie. Is dit op die pad tussen
Kakamas en Upington, of is dit meer
op die walle van die rivier?

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106916 is 'n antwoord op boodskap #106914] Ma, 07 November 2005 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's heeltemal deurmekaar. Die pad tussen Kakamas en Upington loop glad
nie oor Kanoneiland nie. Dit is wel via Keimoes en dit is ook glad nie so
'n klein plekkie nie. As jy na Kononeiland toe wil gaan, dan moet jy van
die hoofpad afdraai na die rivier se kant toe.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:pZWdnV-vHuUMW_PenZ2dnUVZ_sednZ2d@rogers.com...
>
> "@rogers.com" skryf
>
> . As ons Upington toe gery het, het ons
>> nie deur die eiland van Keimoes gery nie. Ek wonder
>> of die hoofpad tussen Upington en Kakamas dan nou
>> deur die dorpie gaan?
>
> Ek maak natuurlik 'n fout hier. Ek bedoel
> natuurlik Kanoneiland, nie Keimoes nie.
> Snaaks, ek kan nie Keimoes voor my
> oproep nie. Is dit op die pad tussen
> Kakamas en Upington, of is dit meer
> op die walle van die rivier?
>
> Gloudina
>
Re: KEIMOES [boodskap #106921 is 'n antwoord op boodskap #106916] Ma, 07 November 2005 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Jy's heeltemal deurmekaar. Die pad tussen Kakamas en Upington loop glad
> nie oor Kanoneiland nie. Dit is wel via Keimoes

Maar kan jy nie lees nie. Ek dui aan dat ek 'n fout gemaak
het toe ek gesê het die pad tussen Kakamas en Upington
loop deur Keimoes. Ek het Kanoneiland bedoel.
Snaaks dat ek gladnie kan onthou hoe Keimoes lyk
nie, veral as die pad na Upington daar verby loop. Dit
moes eenvoudig net 'n baie klein plekkie toe gewees het.
Mens moet darem in ag neem dat die laaste keer dat
ek daar per trein gewees het, in 1965 was. Die laaste
keer met 'n kar daardeur was nog vroeër. Maar ek kan
dele van die padlangsry uit my kinderdae so goed onthou.
Net buitekant Kakamas, nadat jy by Neus verby is,
was daar 'n taamlike steil opdraand by
Bobbejaanskrans, wat my pa met sy eerste kar met
groot trepidasie opgery het. Ons kinders het altyd tjoepstil
agter in die kar gesit en ons asems ingehou as my pa
die steilte uitgaan, en dan ons asems uitgeblaas as ons
bo kom. In daardie dae dink ek nie die pad was geteer
nie. Toe ek nou later toe ek ouer word, op 'n geteerde
pad teen Bobbejaanskrans uitgery het, toe moes ek
lag vir ons vrese. Dit was glad nie baie hoog nie.

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106923 is 'n antwoord op boodskap #106921] Ma, 07 November 2005 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneneile  is tans af-lyn  Deneneile
Boodskappe: 65
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Volle Lid
Sedert 1965 het klein plekkies gegroei tot dorpe! Gloudina so hoekom kom
jy nie weer hier kuier nie of net jou gesig hier kom wys waar jy groot
geword het nie?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:Gb6dnTqRIsJpzvLenZ2dnUVZ_smdnZ2d@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Jy's heeltemal deurmekaar. Die pad tussen Kakamas en Upington loop glad
>> nie oor Kanoneiland nie. Dit is wel via Keimoes
>
> Maar kan jy nie lees nie. Ek dui aan dat ek 'n fout gemaak
> het toe ek gesê het die pad tussen Kakamas en Upington
> loop deur Keimoes. Ek het Kanoneiland bedoel.
> Snaaks dat ek gladnie kan onthou hoe Keimoes lyk
> nie, veral as die pad na Upington daar verby loop. Dit
> moes eenvoudig net 'n baie klein plekkie toe gewees het.
> Mens moet darem in ag neem dat die laaste keer dat
> ek daar per trein gewees het, in 1965 was. Die laaste
> keer met 'n kar daardeur was nog vroeër. Maar ek kan
> dele van die padlangsry uit my kinderdae so goed onthou.
> Net buitekant Kakamas, nadat jy by Neus verby is,
> was daar 'n taamlike steil opdraand by
> Bobbejaanskrans, wat my pa met sy eerste kar met
> groot trepidasie opgery het. Ons kinders het altyd tjoepstil
> agter in die kar gesit en ons asems ingehou as my pa
> die steilte uitgaan, en dan ons asems uitgeblaas as ons
> bo kom. In daardie dae dink ek nie die pad was geteer
> nie. Toe ek nou later toe ek ouer word, op 'n geteerde
> pad teen Bobbejaanskrans uitgery het, toe moes ek
> lag vir ons vrese. Dit was glad nie baie hoog nie.
>
> Gloudina
>
Re: KEIMOES [boodskap #106926 is 'n antwoord op boodskap #106923] Ma, 07 November 2005 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Deneneile" skryf

Gloudina so hoekom kom
> jy nie weer hier kuier nie of net jou gesig hier kom wys waar jy groot
> geword het nie?

Waar ek groot geword het, is baie uit die pad uit
vir almal. Was jy al ooit in daardie geweste?
In al ons latere besoeke was ons nooit weer
daardeur nie, want daar bly niemand wat ons
nog ken nie. Al die familie in die omtrek het
óf verhuis of is oorlede. Na my pa se dood
het ons my ma na Pretoria verskuif, en sy was
nooit weer terug nie. My oudste suster het
nooit weer die Noordweste besoek nie. My
jongste suster was net tweekeer daar sedert
1965, so met 'n ompad van die Etosha of
Kalahari wildtuine af. Die laaste een in ons
familie was ons een seun wat, terwyl hy in
Kaapstad studeer het, met vriende op na
die Etosha pan was, en toe met die terugkom
spesiaal oor Upington en Kakamas terug
gekom het na die Augrabiesvalle toe, net
om te sien waar ek gebore is.

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106927 is 'n antwoord op boodskap #106841] Ma, 07 November 2005 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Ook sneeu
> gewoond geraak....sal smelt naby die 'kanaal'.

Luister, ek verkies liewer die Noordkaap in die
somer as Ontario in die somer. Die hitte is baie
makliker om te verduur in 'n droë klimaat as hier
waar mens omring is deur al die groot mere.
Hierdie somer is een van die hittigste wat ons
nog ooit gehad het. Die een hittegolf na die
ander. Ek verkies liewer die winter as die somer
hier in Ontario. Ons het tot nog toe nie sneeu
hier in Ottawa gesien nie, en dis al November.
Die herfsblare sit nog so hier en daar aan die
bome. Maar nie ver bokant ons nie, was
daar gister 'n baie slegte sneeustorm, met
'n area van ys suid daarvan, wat baie sleg is.
Sneeu is nie 'n probleem nie. Dis die warm
word tot bo vriespunt en die ys op die
paaie wat die moeilikheid veroorsaak.

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106928 is 'n antwoord op boodskap #106923] Ma, 07 November 2005 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sy's te bang die mense herken haar nie.....te fênsie geword. Ook sneeu
gewoond geraak....sal smelt naby die 'kanaal'.

"Deneneile" skryf in boodskap news:dknnmb$qlk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sedert 1965 het klein plekkies gegroei tot dorpe! Gloudina so hoekom kom
> jy nie weer hier kuier nie of net jou gesig hier kom wys waar jy groot
> geword het nie?
>
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:Gb6dnTqRIsJpzvLenZ2dnUVZ_smdnZ2d@rogers.com...

>> "Suidwester" skryf

>>> Jy's heeltemal deurmekaar. Die pad tussen Kakamas en Upington loop
>>> glad
>>> nie oor Kanoneiland nie. Dit is wel via Keimoes

>> Maar kan jy nie lees nie. Ek dui aan dat ek 'n fout gemaak
>> het toe ek gesê het die pad tussen Kakamas en Upington
>> loop deur Keimoes. Ek het Kanoneiland bedoel.
>> Snaaks dat ek gladnie kan onthou hoe Keimoes lyk
>> nie, veral as die pad na Upington daar verby loop. Dit
>> moes eenvoudig net 'n baie klein plekkie toe gewees het.
>> Mens moet darem in ag neem dat die laaste keer dat
>> ek daar per trein gewees het, in 1965 was. Die laaste
>> keer met 'n kar daardeur was nog vroeër. Maar ek kan
>> dele van die padlangsry uit my kinderdae so goed onthou.
>> Net buitekant Kakamas, nadat jy by Neus verby is,
>> was daar 'n taamlike steil opdraand by
>> Bobbejaanskrans, wat my pa met sy eerste kar met
>> groot trepidasie opgery het. Ons kinders het altyd tjoepstil
>> agter in die kar gesit en ons asems ingehou as my pa
>> die steilte uitgaan, en dan ons asems uitgeblaas as ons
>> bo kom. In daardie dae dink ek nie die pad was geteer
>> nie. Toe ek nou later toe ek ouer word, op 'n geteerde
>> pad teen Bobbejaanskrans uitgery het, toe moes ek
>> lag vir ons vrese. Dit was glad nie baie hoog nie.

>> Gloudina


>
Re: KEIMOES [boodskap #106929 is 'n antwoord op boodskap #106927] Di, 08 November 2005 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneneile  is tans af-lyn  Deneneile
Boodskappe: 65
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Volle Lid
en wat van die ek dink hulle noem dit "black flies".....of so het 'n chat
buddie hul genoem?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:sJSdnVbhVNIc6PLenZ2dnUVZ_tudnZ2d@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Ook sneeu
>> gewoond geraak....sal smelt naby die 'kanaal'.
>
> Luister, ek verkies liewer die Noordkaap in die
> somer as Ontario in die somer. Die hitte is baie
> makliker om te verduur in 'n droë klimaat as hier
> waar mens omring is deur al die groot mere.
> Hierdie somer is een van die hittigste wat ons
> nog ooit gehad het. Die een hittegolf na die
> ander. Ek verkies liewer die winter as die somer
> hier in Ontario. Ons het tot nog toe nie sneeu
> hier in Ottawa gesien nie, en dis al November.
> Die herfsblare sit nog so hier en daar aan die
> bome. Maar nie ver bokant ons nie, was
> daar gister 'n baie slegte sneeustorm, met
> 'n area van ys suid daarvan, wat baie sleg is.
> Sneeu is nie 'n probleem nie. Dis die warm
> word tot bo vriespunt en die ys op die
> paaie wat die moeilikheid veroorsaak.
>
> Gloudina
>
Re: KEIMOES [boodskap #106932 is 'n antwoord op boodskap #106929] Di, 08 November 2005 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Deneneile" skryf

> en wat van die ek dink hulle noem dit "black flies"

Ja jong, dan het Kanada nog black flies ook, asof
die klompe muskiete nie genoeg is nie. Maar gelukkig
is black flies net in die woude, en nie in die stede nie.
En is hulle ook net daar vir 'n beperkte deel van die
jaar. Maar hulle byt is iets anders. Een van my kinders
was boönop allergies vir hulle byt. As hy in die
bos gespeel het en kom in huistoe, dan moet ek hom
"frisk," want die goed wil nie eintlik padgee waar hul
sy bloed sit en drink nie. ( Iets wat vir my nogal
opmerklik is. Al die insekte is stadiger in Kanada
as in SA. Die huisvlieë en die muskiete, hulle is
baie minder flink as SA insekte. Ek wonder hoekom.

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106934 is 'n antwoord op boodskap #106932] Di, 08 November 2005 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Het Kanada 'n hoë malaria syfer as gevolg van die muskiete. Ek het regtig
nie geweet daar is so baie muskiete in Kanada nie.

Ek sien nou die dag op Discovery dat malaria oor die wêreld 'n al hoe groter
gevaar begin raak en dat dit oor so 5 jaar baie moontlik kan wees dat
Pretoria as 'n Malaria gevaar gebied beskou kan word

"@rogers.com" skryf in boodskap news:T_idnXG07-MtC-3eRVn-vg@rogers.com...

> asof die klompe muskiete nie genoeg is nie. Maar gelukkig
> is black flies net in die woude, en nie in die stede nie.
> En is hulle ook net daar vir 'n beperkte deel van die
> jaar. Maar hulle byt is iets anders. Een van my kinders
> was boönop allergies vir hulle byt. As hy in die
> bos gespeel het en kom in huistoe, dan moet ek hom
> "frisk," want die goed wil nie eintlik padgee waar hul
> sy bloed sit en drink nie. ( Iets wat vir my nogal
> opmerklik is. Al die insekte is stadiger in Kanada
> as in SA. Die huisvlieë en die muskiete, hulle is
> baie minder flink as SA insekte. Ek wonder hoekom.
>
> Gloudina
>
Re: KEIMOES [boodskap #106935 is 'n antwoord op boodskap #106934] Di, 08 November 2005 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Het Kanada 'n hoë malaria syfer as gevolg van die muskiete.

Nee, sover ek weet is daar geen area in Kanada waar
malaria gevind word nie. Ek dink die anopheles muskiet
is die draer, maar dan moet dit ook nog besmet wees met
die malaria mikrobe. Ek onthou dat toe ek in Natal gebly
het, daar anopheles muskiete was ( sulke swartetjies met
wit kolle op) maar dat hulle nie besmet was met dit wat
malaria veroorsaak nie.

Gloudina
Re: KEIMOES [boodskap #106937 is 'n antwoord op boodskap #106841] Di, 08 November 2005 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneneile  is tans af-lyn  Deneneile
Boodskappe: 65
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Volle Lid
Maar hoe tune jy so 'n bleddie groot vlieg in die oggend as jy so lekker
slaap en die vlieg land op jou neus of lip terwyl jy so vat-vat aan wakker
skrik? En verbeel jou hoe klink so 'n groot vlieg se kawasaki enjin! As
die bleddie ding teen 'n ruit vas vlieg kan jy maar die ruit vervang want
die kraak lyk lelik en moenie dink hoe 'n klomp ensieme korts so 'n vlieg op
jou kos voor hy weer dit begin opsuig nie!

"Suidwester" skryf in boodskap news:ofydncHOE_LoKO3enZ2dnUVZ_tSdnZ2d@is.co.za...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:T_idnXG07-MtC-3eRVn-vg@rogers.com...
> Al die insekte is stadiger in Kanada
>> as in SA. Die huisvlieë en die muskiete, hulle is
>> baie minder flink as SA insekte. Ek wonder hoekom.
>
> ----Die lug het seker te veel vog? Hier by ons raak die vlieë so immuun
> teen gif, dat as jy hulle 'Doom' spuit dan vlieg hulle net vinniger! Een
> ou sê eendag hy wens die vlieë wat ons so pla is so groot soos
> lemoene.....dan kan hy hulle met die vuis vrekslaan!
>
Re: KEIMOES [boodskap #106941 is 'n antwoord op boodskap #106932] Di, 08 November 2005 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:T_idnXG07-MtC-3eRVn-vg@rogers.com...
Al die insekte is stadiger in Kanada
> as in SA. Die huisvlieë en die muskiete, hulle is
> baie minder flink as SA insekte. Ek wonder hoekom.

----Die lug het seker te veel vog? Hier by ons raak die vlieë so immuun
teen gif, dat as jy hulle 'Doom' spuit dan vlieg hulle net vinniger! Een
ou sê eendag hy wens die vlieë wat ons so pla is so groot soos
lemoene.....dan kan hy hulle met die vuis vrekslaan!
Re: KEIMOES [boodskap #106943 is 'n antwoord op boodskap #106935] Di, 08 November 2005 18:49 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Riaan" skryf
>
>
>> Het Kanada 'n hoë malaria syfer as gevolg van die muskiete.
>
>
> Nee, sover ek weet is daar geen area in Kanada waar
> malaria gevind word nie. Ek dink die anopheles muskiet
> is die draer, maar dan moet dit ook nog besmet wees met
> die malaria mikrobe. Ek onthou dat toe ek in Natal gebly
> het, daar anopheles muskiete was ( sulke swartetjies met
> wit kolle op) maar dat hulle nie besmet was met dit wat
> malaria veroorsaak nie.
>
> Gloudina

Ek wonder of wat jy gesien het, wel die Anopheles-muskiet was. Daai muskiete is
so klein soos muggies. Meeste mense weet nie eens dat hulle deur een gebyt is
nie.

Wat betref Pretoria as malariagebied: Ek sluk maar swaar daaraan. Maar nou moet
mens onthou dat in die ou dae, die Voortrekkers en jagters se dae, het die
malariagebied al by Groblersdal begin en was dit teenwoordig in die
Olifantsrivier en al sy sytakke, dws net effens oos en noord van
Bronkhorstspruit al die pad ooste en Laeveld toe. Ons het malaria met DDT
kunsmatig uit daardie gebiede verban. Tydens en na die Mosambiekse burgeroorlog
is die muskiete nie in toom gehou daar nie, en natuurlik kyk die wêreld fronsend
na die gebruik van DDT, so daar het by ons in Noord-Natal ook nie meer gespuit
nie. Die gevolg was dat malaria hand-oor-hand toegeneem het soos wat die
muskiet sy eertydse broeiplekke teruggeneem het. Nou is daar oraloor weer met
DDT begin, met 'n baie waarneembare afname in malaria. Die neiging is deesdae
om nie meer DDT sommer so lukraak oral te spuit nie, maar eerder om 'n mengsel
aan te stryk aan huise en hutte. Oop poele en dreine word ook meer doelmatig
geteiken. Dit alles bring mee dat mens verder met minder DDT klaarkom, wat dan
die opbou van DDT in organismes hoër op in die voedselketting beperk. Terloops,
DDT is 'n baie vriendeliker gif as byv. Dieldrin en dié se verwante, wat die
enigste ander gif is wat die muskiet behoorlik in toom hou, soos ek verstaan.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Vorige onderwerp: Karavaan dae
Volgende onderwerp: uitnodiging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 15:13:53 MGT 2024