Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
"Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING [boodskap #10669] Di, 09 September 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
SOMER IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Bokant Hillbrow bloei die son
oranje op die vuil lug.
Later die aand lê die dag swart
en uitgebrand op die strate.

Die hitte dreun soos tromme
deur die stad
waar busse grom
en rook in die strate spoeg.

In Bez Valley kyk die huise
binnetoe met hulle vensters.
Môre-oggend brand die son weer
'n gat in die lug bo Germiston.
Vorige onderwerp: "Verrotte Wette" deur PATRICK PETERSEN
Volgende onderwerp: "Lied van die Lente" deur ANNA-MARIE CONRADIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 05:07:22 MGT 2024