Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » vrou
vrou [boodskap #10588] Vr, 05 September 1997 00:00 na volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Die vrou
--------

Daar word baiemaal deur mans gesê "Vroue is van 'n ander planeet" of
"Moenie eers probeer om 'n vrou te vertaan nie".

Hoe sien mans vroue? (Hier is hoe ek vroue sien)

+ Vroue is anders. Die verskil tussen mans en vrou is so groot dat mans
vroue as meer as net 'n ander geslag sien...

+ Vroue is ongelooflike skepsele - hulle is inherent goed terwyl amper alle
mans korrup is. (Meeste mans steek dit net beter weg)

+ 'n Mooi vrou se skoonheid kan enige man waardeer sonder om enige emosie
teenoor haar te hê. (Vroue raak te gou jaloers)

+ Mans is bang vir *te* mooi vroue. (Tikkie troos vir die vroue)

+ As ek mooi daaraan dink, mans is *versigtig* vir alle vroue wat hulle nie
ken nie.

+ Daar word beskuldig dat mans net vir mooi vroue gaan, maar in werklikheid
kyk albei geslagte ewe veel daarna. 'n Man sal 'n mooi maar vlak vrou baie
gou los vir 'n minder mooi maar verstandelik en emosioneel aanpasbare een.

+ Mans kan vroue as baie wreed of emosieloos sien. Mans raak baie gouer
verlief as vroue en verwerk verwerping swaarder as vroue.

+ As 'n man lief is vir 'n vrou sal hy selfs sterf vir haar.

+ 'n Man hoef nie 'n rede te hê om 'n vrou lief te hê nie.

+ As 'n man eers 'n vrou werklik lief het bly hy altyd lief vir haar. Die
liefde mag vervaag met tyd of later oorheers word deur 'n nuwe liefde, maar
dit gaan nooit weg nie.

+ Vroue is wonderlike maar verwarrende skepsels!

Ek, Jasper die Barbaar tas nog in die donker rond op soek na my droomvrou.

Fisies
Skraal (maer selfs) en aantreklik. ligte vel (bleek selfs). Pragtige oë
(blou?). Donker hare. 18-22 (Jasper die Barbaar is ook nog jonk)

Emosioneel
Liefdevol. Lief vir kinders. Lief vir diere. half mal met tye maar meestal
rustig. Lief vir gesels (filosoof?). Lief vir die see. Soms onseker, sodat
ek haar anker kan wees.

Intellektueel
Bo normaal

Sosiaal
Asosiaal. Geslote maar sterk vriendekring. (Miskien is dit hoekom ek
sukkel om haar te vind!)

Geestelik
'n Weergebore christin.
--
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Re: vrou [boodskap #10605 is 'n antwoord op boodskap #10588] Sa, 06 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Jasper die Barbaar" writes: >

>
> + Mans is bang vir *te* mooi vroue. (Tikkie troos vir die vroue)

TIKKIE TROOS VIR DIE VROUE?
Hier ontbloot jy jou nou as 'n manlike chauvinistiese
jy-weet-wat. Hoekom neem jy dit op jou om vir die vroue
te "troos" dat daar darem nog mans is wat na hulle (wat
blykbaar nie beeldskoon is) sal kyk? Dink jy vroue gee
om? Dink jy vroue is jaloers op mooi vrouens? Is jy
jaloers op 'n mooi man wat in die straat afstap.Ek
hoop nie so nie. Net so min is vroue "jaloers" op mooi
vroue.
Re: vrou [boodskap #10622 is 'n antwoord op boodskap #10588] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Jammer vir die sarkasme in die vorige re:

Volgens verskeie studies (jammer ek het nie die detail nie) voel meeste
vroue hulle is nie mooi genoeg nie...

Verstaan jy nou?

Jasper die Barbaar

@igs.net wrote in article ...
|
| "Jasper die Barbaar" writes: >
|
|
| >
| > + Mans is bang vir *te* mooi vroue. (Tikkie troos vir die vroue)
|
|
| TIKKIE TROOS VIR DIE VROUE?
| Hier ontbloot jy jou nou as 'n manlike chauvinistiese
| jy-weet-wat. Hoekom neem jy dit op jou om vir die vroue
| te "troos" dat daar darem nog mans is wat na hulle (wat
| blykbaar nie beeldskoon is) sal kyk? Dink jy vroue gee
| om? Dink jy vroue is jaloers op mooi vrouens? Is jy
| jaloers op 'n mooi man wat in die straat afstap.Ek
| hoop nie so nie. Net so min is vroue "jaloers" op mooi
| vroue.
|
|
|
Re: vrou [boodskap #10623 is 'n antwoord op boodskap #10588] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
l...@hotmail.spam.com writes: >
> In Article, writes:

> Me thinks the lady doths protests too much! ( Of so iets )
>
> Ja Jasper dit wat jy gesê is nie PC polities korrek in sommige mense se
> oorgate nie, en sommige op die lys is tog so PC hulle kan bars daarvan.
>
> Cheers
> Lou
>
>
> PS: Hy bedoel dis 'n tikkie troos vir die mooi vroue Gloudina, so dit is seker
> nie op jou van toepassing nie
>
>
>

Ek voel altyd so gelukkig as ou Lou
soos 'n swartweduwee-spinnekop uit sy
gat uit spring met die angel omhoog,
die gifsakkie vol. Dan weet ek alles
in die heelal en op die aarde ontplooi
nog soos dit moet. Ou Lou, ek het
gedink jy is weg van die nuusgroep
af. Welkom terug.
Re: vrou [boodskap #10624 is 'n antwoord op boodskap #10588] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

>
> "Jasper die Barbaar" writes: >
>
>
>>
>> + Mans is bang vir *te* mooi vroue. (Tikkie troos vir die vroue)
>
>
> TIKKIE TROOS VIR DIE VROUE?
> Hier ontbloot jy jou nou as 'n manlike chauvinistiese
> jy-weet-wat. Hoekom neem jy dit op jou om vir die vroue
> te "troos" dat daar darem nog mans is wat na hulle (wat
> blykbaar nie beeldskoon is) sal kyk? Dink jy vroue gee
> om? Dink jy vroue is jaloers op mooi vrouens? Is jy
> jaloers op 'n mooi man wat in die straat afstap.Ek
> hoop nie so nie. Net so min is vroue "jaloers" op mooi
> vroue.
>
>

Me thinks the lady doths protests too much! ( Of so iets )

Ja Jasper dit wat jy gesê is nie PC polities korrek in sommige mense se
oorgate nie, en sommige op die lys is tog so PC hulle kan bars daarvan.

Cheers
Lou

PS: Hy bedoel dis 'n tikkie troos vir die mooi vroue Gloudina, so dit is seker
nie op jou van toepassing nie
Re: vrou [boodskap #10625 is 'n antwoord op boodskap #10588] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Jasper, die barbaartjietjie.
Jasper, die kompulsiewe
prater oor homself.
Jasper wat homself wil sien
as "man" in die eerste
plek, en homself dus
isoleer. Dink jy vrou-
mense loop in die strate
rond en dink aan hulself
uitsluitlik as vroue?
Nee, hulle weet hulle
is mense in die eerste
plek, en dis miskien
hulle geheim, en die
geheim van die mans
wat hierdie geheim
uitgevind het.
Re: vrou [boodskap #10626 is 'n antwoord op boodskap #10588] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Jasper die Barbaar rol op die grond soos hy lag vir die wanpersepsie wat jy
van hom het.
Miskien moet ek eerder huil...

Lees dit weer, en weer tot jy *dit* raaksien.

Jasper die Barbaar is 'n Barbaar. Hy vra geen verskoning daarvoor nie.
Jasper die Barbaar sê mans en vrou is gelyk, maar verskillend.
Jasper die Barbaar gee hier persepsies, waarnemings, aanvaardings. Hoe waar
hulle is moet elke persoon self uitmaak.
Jasper die Barbaar voel jy is te sensitief.
Jasper die Barbaar weet jy is bitter.
Jasper die Barbaar is lief vir alle mense (jou ingesluit). Moelik om te
glo! Moenie 'n oorlog begin nie.

@igs.net wrote in article ...
|
| "Jasper die Barbaar" writes: >
|
|
| >
| > + Mans is bang vir *te* mooi vroue. (Tikkie troos vir die vroue)
|
|
| TIKKIE TROOS VIR DIE VROUE?
| Hier ontbloot jy jou nou as 'n manlike chauvinistiese
| jy-weet-wat. Hoekom neem jy dit op jou om vir die vroue
| te "troos" dat daar darem nog mans is wat na hulle (wat
| blykbaar nie beeldskoon is) sal kyk? Dink jy vroue gee
| om? Dink jy vroue is jaloers op mooi vrouens? Is jy
| jaloers op 'n mooi man wat in die straat afstap.Ek
| hoop nie so nie. Net so min is vroue "jaloers" op mooi
| vroue.
|
|
|
Re: vrou [boodskap #10652 is 'n antwoord op boodskap #10588] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9/10/97 10:20AM, in message ,
"Jasper die Barbaar" wrote:

>
> Charl Durand wrote in article
> ...
> |
>
> | 'n Vrou vergeet nooit die ou wat sy voor liefgehad het maar
> nooit kon
> | corner nie. 'n Man vergeet nooit die vrou wat hy liefgehad
> het, en laat
> | wegkom het nie.
> |
>
1. "corner" - maw, hy _kan_ nie wegkom nie, maar hy is ingestel om
te ontsnap. Dus, eintlik moet hy vry wees.

2. "laat wegkom" - asof sy klaar aan hom behoort. Dus, eintlik is
haar plek om 'n gevangene te wees.

Dan wonder julle mans waarom ons nie meer met julle wil trou nie! ;-)

V.
Re: vrou [boodskap #10653 is 'n antwoord op boodskap #10588] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
My ondervindinge is basies dieselfde as joune. Natuurlik is als
veralgemenings maar myne spreek uit ondervinding.

'n Vrou vergeet nooit die ou wat sy voor liefgehad het maar nooit kon
corner nie. 'n Man vergeet nooit die vrou wat hy liefgehad het, en laat
wegkom het nie.

98% van mans is bastards. 98% van vroue verstaan mans nie en is totaal
stomgeslaan deur hul optrede.

Vroue sê hulle hou van 'n man wat sy sagte kant wys. Hulle optrede spreek
anders. As dit op die push afkom word 'n man se sagte kant teen hom
gebruik.

Geld is belangrik vir vrouens. Hulle hou nie van arm mans nie. Vroue sal
trou vir geld, mans nie.

Mans is oor die algemeen emosioneel arm en afhanklik.

Albei geslagte perform rasioneel (werk en so aan) beter as hulle op hul eie
is, en emosioneel baie swakker. Dis aksiomaties.

Vroue verander van rigting soos die wind waai. Dit slaan mans dronk.

'n Man by sy volle verstand sal nie vir 'n lelike vrou gaan nie. En as hy
dit doen sal hy haar een of ander tyd verneuk. Die omgekeerde is nie waar
nie. Dit gaan altyd my verstand te bowe dat sulke mooi vroue met sulke
(fisies en intellketueel) idiote trou.

Huwelik is outyds en uitgedien. G'n mens wat sy volle potensiaal wil bereik
binne die bestek van 70 of 80 jaar sal sy hele lewe by een persoon bly en
verwag dat albei eweredig sal groei en ontwikkel nie. Die ou reel was
geldig vroeer maar nie vandag nie, die siklus van verandering is te kort.
Mense wat nou beplan om vyftig jaar bymekaar te bly kan oor die algemeen
verwag om op een of ander stadium gekniehalter te wees.
Re: vrou [boodskap #10654 is 'n antwoord op boodskap #10588] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Jasper,

Jou beskrywing oor mans en vroue was interessant gewees.

> Mans raak baie gouer
> verlief as vroue

hmmmmm ... wonder of dit waar is. Is daar ander mans wat hieroor saamstem?

Groete,
Vira.
Re: vrou [boodskap #10701 is 'n antwoord op boodskap #10588] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Charl Durand wrote in article
...
|
| My ondervindinge is basies dieselfde as joune. Natuurlik is als
| veralgemenings maar myne spreek uit ondervinding.
|
| 'n Vrou vergeet nooit die ou wat sy voor liefgehad het maar nooit kon
| corner nie. 'n Man vergeet nooit die vrou wat hy liefgehad het, en laat
| wegkom het nie.
|
| 98% van mans is bastards. 98% van vroue verstaan mans nie en is totaal
| stomgeslaan deur hul optrede.

Van my vriende reken vroue is net so erg soos mans as hulle alleen saam is,
maar ek sal nie weet nie...

|
| Vroue sê hulle hou van 'n man wat sy sagte kant wys. Hulle optrede
spreek
| anders. As dit op die push afkom word 'n man se sagte kant teen hom
| gebruik.
|

Ek dink vroue sê hulle soek 'n man wat nie bang is om sy emosie te toon
nie, maar in werklikheid soek hulle iemand sterk om steun te bied as dit
rof gaan. Hulle soek eintlik iemand wat hulle kan help teen die storms van
die lewe. (Al die feministe spring op en af bloedrooi in die gesig van
woede)

| Geld is belangrik vir vrouens. Hulle hou nie van arm mans nie. Vroue sal
| trou vir geld, mans nie.
|

Met enkele uitsonderings sal mans sal NOOIT trou vir geld nie.

| Mans is oor die algemeen emosioneel arm en afhanklik.
|

Beslis en ek dink dit is een van die dinge wat ons aangetrokke maak tot
vrou.

| Albei geslagte perform rasioneel (werk en so aan) beter as hulle op hul
eie
| is, en emosioneel baie swakker. Dis aksiomaties.
|

Ek weet nie....

| Vroue verander van rigting soos die wind waai. Dit slaan mans dronk.
|

Dit is die essensie van vrou, onverstaanbaar.

| 'n Man by sy volle verstand sal nie vir 'n lelike vrou gaan nie. En as hy
| dit doen sal hy haar een of ander tyd verneuk. Die omgekeerde is nie waar
| nie. Dit gaan altyd my verstand te bowe dat sulke mooi vroue met sulke
| (fisies en intellketueel) idiote trou.
|

Nie lelik nie, maar ook nie te mooi nie. Mooi vroue het gewoonlik 'n
"houding" probleem (selfde geld vir mans wat dink hulle is mooi)
Ek verstaan ook nie hoe vroue van perverse, lelike en ongeskikte gedrogte
kan hou nie. Ek het dit al baie gesien.

| Huwelik is outyds en uitgedien. G'n mens wat sy volle potensiaal wil
bereik
| binne die bestek van 70 of 80 jaar sal sy hele lewe by een persoon bly en
| verwag dat albei eweredig sal groei en ontwikkel nie. Die ou reel was
| geldig vroeer maar nie vandag nie, die siklus van verandering is te kort.
| Mense wat nou beplan om vyftig jaar bymekaar te bly kan oor die algemeen
| verwag om op een of ander stadium gekniehalter te wees.

Ek voel trou is nie uitgedien nie, en ek stem beslis nie saam met saamwoon
nie. 'n Mens moet 'n persoon goed leer ken voor jy besluit om te trou, maar
saamwoon is soos 'n losse vervanging van trou met geen verpligting en trou
nie. Dit is wat trou is
Re: vrou [boodskap #10702 is 'n antwoord op boodskap #10588] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Charl Durand wrote in article
...

> Huwelik is outyds en uitgedien. G'n mens wat sy volle potensiaal wil bereik
> binne die bestek van 70 of 80 jaar sal sy hele lewe by een persoon bly en
> verwag dat albei eweredig sal groei en ontwikkel nie. Die ou reel was
> geldig vroeer maar nie vandag nie, die siklus van verandering is te kort.
> Mense wat nou beplan om vyftig jaar bymekaar te bly kan oor die algemeen
> verwag om op een of ander stadium gekniehalter te wees.

Hierdie afleiding is gegrond op 'n foutiewe aanname - dat bepaalde
samelewingsomstandighede sal bly verander in die rigting waarin dit tans
verander. Dit ignoreer, byvoorbeeld, bepaalde verskynsels wat kop uitsteek -
soos:

Telecommuting - mense wat tuis werk, i.p.v. pendel na 'n werkplek
Meer gesinsondernemings - waar die gesin nie bloot 'n biologiese eenheid is
nie, maar ook ekonomiese en sosiale eenheid, soos dit in premoderne
gemeenskappe bestaan
Die verval van die welsynstaat en mesostrukture van die samelewing - 'n
groeiende noodsaaklikheid om, in gesinsverband, bejaardes, kinders, siekes
en gestremdes te versorg, onderwys te voorsien, ens. Hieruit volg 'n hoër
voorkoms van uitgebreide gesinne - verskillende geslagte wat 'n huishouding
deel, en wat 'n middelpuntsoekende druk op gesinsverhoudinge, insluitende
die huwelik, plaas.
'n Oplewing in spiritualiteit, wat ander perspektiewe gee op sake soos die
betekenis van "persoonlike groei".

Dinge soos hierdie is tans maar klein tendense, en sommige van hulle mag
verdwyn, maar dit is ook moontlik dat sommige van hulle algemeen mag word.
Die feit is dat dit juis die verkortende "siklus van verandering" is waarvan
jy praat, wat ook veroorsaak dat die mesosisteme in die samelewing se
lewensverwagting baie korter word as die lewensverwagting van 'n mens -
kontinuiteit en sekuriteit word dus al meer in die individu self, en in die
mikrosisteem (gesin) gesoek (ook op makrovlak - nasionaal en internasionaal,
maar dit is te diffuus om die individu direk te raak).

Wat sulke tendense wel doen, is om kategoriese stellings soos "die huwelik
is outyds en uitgedien" 'n bietjie voortydig te maak, sou ek sê.

Groete, Leendert
Re: vrou [boodskap #10703 is 'n antwoord op boodskap #10588] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
V wrote:
>
> Hallo Jasper,
>
> Jou beskrywing oor mans en vroue was interessant gewees.
>
>> Mans raak baie gouer
>> verlief as vroue

Net een vraag, verlief of lus ?
Len

>
> hmmmmm ... wonder of dit waar is. Is daar ander mans wat hieroor saamstem?
>
> Groete,
> Vira.
Re: vrou [boodskap #10723 is 'n antwoord op boodskap #10588] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
ek dink tog party mans is bang vir te mooi vrou, want 'n mooi vrou is almal
se vrou, of is ek nou mal om dit te se.

>> + Mans is bang vir *te* mooi vroue. (Tikkie troos vir die vroue)
>
> TIKKIE TROOS VIR DIE VROUE?
Re: vrou [boodskap #10724 is 'n antwoord op boodskap #10588] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek dink ook mans raak gouer verlief as vrouens. Vit mans gaan dit oor die
fisiese terwyl dit vir die vrouens meer oor die innerlike gaan. Stem daar
ander mans saam of nie.

V wrote in article
...
>> Mans raak baie gouer
>> verlief as vroue
>
> hmmmmm ... wonder of dit waar is. Is daar ander mans wat hieroor
saamstem?
Vorige onderwerp: Diskrimineer ons al weer ??
Volgende onderwerp: GENERASIE X GEE MY 'N KRAMP IN MY GAT!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 17:02:52 MGT 2024