Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe Staproete op Tafelberg.
Nuwe Staproete op Tafelberg. [boodskap #106511] Di, 18 Oktober 2005 05:58
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Soort van. Daar gaan glo uiteindelik 4 staproetes wees.
Die een wat op 1 November oopgestel gaan word word , ek moet nou eers weer
die naam gaan opsoek, strek oor 3 dae. Dit begin met 'n besoek aan die
museum op Robbeneiland, besoek aan die Distrik 6 museum, besoek aan Bo-Kaap,
Tuine, en dan word die eerste nag geslaap iewers hoog op in Tamboerskloof.
Die volgende dag word Tafelberg verken, en by 'n nuutingerigte gerief bo-op
Tafelberg geslaap.
Die volgende dag loop die besoekers af teen Nursery Ravine tot in
Kirstenbosch.
Groepe van 20 op 'n slag kan deurgaan, vergesel deur 'n hooftoergids en
addisionele gidsse/helpers - 1 vir elke 10 of gedeelte van 10 besoekers.
Dit kos R 1500 per persoon.
--
Groetnis
Annette
Vorige onderwerp: Vraag vir Gloudina of Ferdi
Volgende onderwerp: Die koesterjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 23:35:21 MGT 2024