Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Burgermeesters
Burgermeesters [boodskap #106230] Sa, 01 Oktober 2005 14:51
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
In die ou dae, toe die apartheidsvarke regeer het, het burgermeesters geen
salarisse ontvang nie. Vandag verdien sommige van hulle meer as die
president.
'n Vrind in Louis Trichardt vertel hoe hulle burgermeester rondjaag in 'n
kavalkade van 4 motors - loeiende sirenes en flitsende blouligte. Met,
natuurlik, twee spietkops op motorfiets wat die pad skoon maak vir die
gesalfde en sy gevolg. Hulle beweeg gewoonlik so teen 120km/uur in 60km/uur
sones. (Seker om nie die krotbuurtes van hulle ondersteuners raak te sien
nie.)
G'n wonder dat die swart mense weer begin klippe gooi en bande brand nie.
(Maar die wittes beskou steeds protes as slegte maniere...)
Vorige onderwerp: Re: Burgermeesters
Volgende onderwerp: Kerriekoppie wenners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:20:15 MGT 2024