Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Diana - Die begrafnis
Diana - Die begrafnis [boodskap #10611] Sa, 06 September 1997 00:00
Colin  is tans af-lyn  Colin
Boodskappe: 12
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het nou pas die begrafnis van Prinses Diana op die BBC gekyk. Die
gevoel van verlies by die begrafnis was baie hoog. Hier in Engeland het die
hele land tot 'n stilstand gekom om die Prinses eer te wys.
Maar daar is 'n paar goed wat vir my wel pla oor hoe mense hier gereageer
het oor die dood van Diana. In Skotland sou daar 'n sokker wedstryd
plaasgevind het teen Belorussia van middag, 'n wedstryd in die wereldbeker
reeks, wat vir hulle baie belangrik was. In die konteks van Diana se dood
het hulle gevoel dat hulle miskien die wedstryd moet afstel. Hulle het die
"Football Association" gebel vir hulle mening, plaaslike politici en selfs
vir Buckingham Paleis. Almal het vir hulle gesê hulle moet voort gaan met
die wedstryd. Dit is nou jammer maar nou wat.

Toe het die politici betrokke geraak. Hulle het gesê dat "Die Mense"
(hoofletters) voel dat dit onbetaamlik sou wees on so 'n wedstryd te speel
op so 'n dag. Baie oproepers na die Skotse voetbal mense het ook gesê dat
die wedstryd afgestel moet word indien moontlik en tot dat dit gekanselleer
moet word as daar nie 'n uitweg was nie.

'n Oud minister, David Mellor, het so 'n rukkie terug 'n artikel in 'n kerk
koerant geskryf wat teen die prinses gegaan het. Hy is ook sleg gesê.
Nou wel. Ek voel dat 'n mens seker die reg het om te treur as jy wel wil,
maar ook om nie so te doen as jy so voel. Dit is asof daar 'n gevoel was
wat mense dwing. Jy moet besighede toe maak en so voorts. Al vyf landelike
televisie stasies het die begrafnis gewys. Daar was glad nie 'n alternatief
nie.

En dit in 'n land wat altyd beskou is as liberaal en omgee vir menseregte.
Ek het net voor die begrafnis, na die middestad van my dorp, High Wycombe,
naby Londen, gery om iets te koop. Al, maar al die winkels was toe. Die
dorps skou was aan, maar net die mense wat die gereël het was daar. Hulle
het £45000 gespandeer op die twee dae van die skou en nou is als 'n
mislukking. Wat se kans was hulle gegee om hulle reg van nie te treur
gegee?

Dit het my verder laat dink. In die midde eeue het mense baie sterk oor
godsdiens gevoel. As iemand nie saam gestem het met die mening van die
meerderheid was hulle tot die dood veroordeel. In ander tye was dit ander
goed. In Suid Afrika onlangs was dit jou mening oor die rasse kwessie. As jy
anders gedink het as ander was jy name genoem en in sekere gevalle dood
gemaak. Die punt wat ek hier maak is dit blyk dat dit nie saak maak hoe
"gevorderd" die land waar jy bly is nie, as mense sterk genoeg voel oor
iets sal hulle ander dwing om met hulle saam te stem, met of sonder die
mense se eie goedkeuring.

Vandag voel mense in die westerse wêreld nie so sterk oor godsdiens nie.
Eintlik voel ons nie sterk oor enige iets nie, en dit gee ons nou kamstig
die reg om ander mense in ander dele sleg te se oordat hulle nog sterk voel
oor godsdiens.

Is ons wat westerse beginsels het eintlik so goed en liberaal, of het ons
nou net nie genoeg onderwerpe wat ons nou regtig opsweep nie?

Vergewe my Afrikaans; ek het gedink die forum is beter om so iets te
bespreek as die ander een.

Vriendelike Groete
Vorige onderwerp: Re: pos weg
Volgende onderwerp: Don Quijotte de La Mancha
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 04:53:43 MGT 2024