Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Etiket - deur Nataniël
Etiket - deur Nataniël [boodskap #106089] Vr, 23 September 2005 18:53 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Werkdrag

Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit.
Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of
donkergrys sokkies pas nie by 'n swart broek en swart skoene nie.

Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by 'n
pakbroek nie. Onthou, hoe hoër jy staan hoe harder val jy. En as die skoen
enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing
oor magneetvelde doen).

'n Das by 'n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog
erger.

Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit. Moet
nooit 'n geel das dra nie, dit lyk of 'n heks op jou gebraak het. Moet ook
nooit 'n das met Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word,
moet jy soos CNN lyk, nie soos Cartoon Network nie. Colour-code beteken NIE
dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie.

Informeel:
Swart belde of skoene word nie by blou jeans gedra nie.

'n Beltbuckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is
in Texas of Vereeniging.

Jy dra nie 'n afmou hemp in die publiek nie, die cherries spek jou wel
meer, maar dis slegs uit skok, jy fire nie hulle jets nie. PT-broeke met
die "slit" aan die kant lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra behalwe as
jy ander gay mense opgewonde wil maak nie.

Die hele doel van 'n pet, is om die son uit jou oë te hou, nie uit jou ore
of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal
dit af.

Jou broek se bokant moet op jou heupbene sit nie onder jou gat of onder jou
arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou
genetalië onder druk aanneem nie.

Bykomstighede:
'n Sonbril hoort op jou oë, in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou kop,
om jou nek, of voor aan jou kraag nie. En haal tog jou sonbril af as jy met
iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.

'n Selfoon moet nie aan jou belt gedra word nie, dis 'n Nokia, nie 'n
Beretta nie.

'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes,
Leatherman, toolbox, Beretta, Beretta se laserscope, Beretta se ekstra
petrone, bottletjie haarolie, kondome ens. nie.

Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kouse nie, maak nie
saak wat jou pa gesê het nie! En haarolie is iets wat deur die Natzi's
uitgedink is
om vroue reg oor die wêreld te pynig, hulle noem dit massa marteling.

Wenke aan die dames:
Daar is niks so mooi soos 'n kant boudeflossie wat net so effens
uitsteek nie. Maar met die klem op 'net so effens'. Ek kry trane in my oë as ek van
agter vir vrou loer en dit lyk of haar boude besig is om haar g-string op te
eet.

As jy 'n rolletjie (of twee of drie...) het, moet asseblief nie 'n
"boob-tube" met 'n oop maagie dra nie, 'n stukkie suurdeeg wat oor 'n belt
borrel is verkeerd in enige boek.

Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring
sien nie, vernaam nie as jy die rolletjies eers moet oopvou terwyl jy met
die ander hand 'n metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer
opspoor nie.

Onthou tog asb. om in die spieël te kyk voordat jy uit die huis gaan in die
oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat uitpeul
bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en verbasing aanstaar,
nie bewondering nie.

Wees asb. versigtig wanner 'n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra
word - vernaam in wit/beige - dit lê beslis klem op alle bewegende dele
asook haelduike - die term "twee varkies in 'n nat streepsak" is hier goed
van toepassing
Re: Etiket - deur Nataniël [boodskap #106102 is 'n antwoord op boodskap #106089] Sa, 24 September 2005 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vir wie gee Nataniël die raad?
As dit vir manspersone is het ek vir hom ook so 'n stukkie raad....
Re: Etiket - deur Nataniël [boodskap #106120 is 'n antwoord op boodskap #106102] Ma, 26 September 2005 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:dh2phk$i5s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vir wie gee Nataniël die raad?
> As dit vir manspersone is het ek vir hom ook so 'n stukkie raad....
>
>
Soos in moenie vir 'n orrelispos in enige NG kerk in Pta aansoek doen nie :)
Re: Etiket - deur Nataniël [boodskap #106125 is 'n antwoord op boodskap #106120] Di, 27 September 2005 04:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
dis mos reg so , die gatgabbes hoort nie by gewone mense nie

"Francois Human" wrote in message
news:1127744185.ef616fbeeecffd16c8dff3d72f08f3e9@teranews...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:dh2phk$i5s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Vir wie gee Nataniël die raad?
>> As dit vir manspersone is het ek vir hom ook so 'n stukkie raad....


> Soos in moenie vir 'n orrelispos in enige NG kerk in Pta aansoek doen nie
> :)
>
Re: Etiket - deur Nataniël [boodskap #106131 is 'n antwoord op boodskap #106120] Di, 27 September 2005 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het net 'n probleem met Nat. se raad oor die swart skoene en swart belt
by blou jeans.
Wat moet die arme mense dan dra as hulle nie kruisbande of Nikes het
nie?:)))

--
Groetnis
Annette
"Francois Human" wrote in message
news:1127744185.ef616fbeeecffd16c8dff3d72f08f3e9@teranews...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:dh2phk$i5s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Vir wie gee Nataniël die raad?
>> As dit vir manspersone is het ek vir hom ook so 'n stukkie raad....
>>
>>
> Soos in moenie vir 'n orrelispos in enige NG kerk in Pta aansoek doen nie :)
>
Re: Etiket - deur Nataniël [boodskap #106142 is 'n antwoord op boodskap #106131] Di, 27 September 2005 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit hang alles af hoe jy 'nikes' uitspreek lol

"Annette" skryf in boodskap news:dhapq7$pnj$4@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het net 'n probleem met Nat. se raad oor die swart skoene en swart belt
> by blou jeans.
> Wat moet die arme mense dan dra as hulle nie kruisbande of Nikes het
> nie?:)))
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Francois Human" wrote in message
> news:1127744185.ef616fbeeecffd16c8dff3d72f08f3e9@teranews...

>> "Jonas" wrote in message
>> news:dh2phk$i5s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Vir wie gee Nataniël die raad?
>>> As dit vir manspersone is het ek vir hom ook so 'n stukkie raad....
>>>
>>>
>> Soos in moenie vir 'n orrelispos in enige NG kerk in Pta aansoek doen nie
> :)
>
Re: Etiket - deur Nataniël [boodskap #106147 is 'n antwoord op boodskap #106142] Wo, 28 September 2005 04:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))Juis, Juis:))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za
"Francois Human" wrote in message
news:1127830096.5128715ee2d52ae3278906a752047a37@teranews...
> Dit hang alles af hoe jy 'nikes' uitspreek lol
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:dhapq7$pnj$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het net 'n probleem met Nat. se raad oor die swart skoene en swart belt
>> by blou jeans.
>> Wat moet die arme mense dan dra as hulle nie kruisbande of Nikes het
>> nie?:)))
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Francois Human" wrote in message
>> news:1127744185.ef616fbeeecffd16c8dff3d72f08f3e9@teranews...
>
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:dh2phk$i5s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Vir wie gee Nataniël die raad?
>>>> As dit vir manspersone is het ek vir hom ook so 'n stukkie raad....
>>>>
>>>>
>>> Soos in moenie vir 'n orrelispos in enige NG kerk in Pta aansoek doen nie
>> :)
>
Re: Etiket - deur Nataniël [boodskap #106220 is 'n antwoord op boodskap #106125] Vr, 30 September 2005 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die probleem wat jy en vele ander nie kan sien nie, is dat 'gatgabbas'
gewone mense is.

"Otterkop" skryf in boodskap news:4vCdnXxqvddWWKXeRVn-iw@is.co.za...
> dis mos reg so , die gatgabbes hoort nie by gewone mense nie
>
>
> "Francois Human" wrote in message
> news:1127744185.ef616fbeeecffd16c8dff3d72f08f3e9@teranews...

>> "Jonas" wrote in message
>> news:dh2phk$i5s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Vir wie gee Nataniël die raad?
>>> As dit vir manspersone is het ek vir hom ook so 'n stukkie raad....
>
>
>> Soos in moenie vir 'n orrelispos in enige NG kerk in Pta aansoek doen nie
>> :)
>
Re: Etiket - deur Nataniël [boodskap #106222 is 'n antwoord op boodskap #106220] Sa, 01 Oktober 2005 06:33 Na vorige boodskap
Binneband  is tans af-lyn  Binneband
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Junior Lid
Gewoon ongewoon

"Francois Human" wrote in message
news:1128104605.2200161df7fd8c15466e27d6d3e9cb04@teranews...
> Die probleem wat jy en vele ander nie kan sien nie, is dat 'gatgabbas'
> gewone mense is.
>
> "Otterkop" wrote in message
> news:4vCdnXxqvddWWKXeRVn-iw@is.co.za...
>> dis mos reg so , die gatgabbes hoort nie by gewone mense nie

>> "Francois Human" wrote in message
>> news:1127744185.ef616fbeeecffd16c8dff3d72f08f3e9@teranews...
>
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:dh2phk$i5s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Vir wie gee Nataniël die raad?
>>>> As dit vir manspersone is het ek vir hom ook so 'n stukkie raad....
>>
>>
>>> Soos in moenie vir 'n orrelispos in enige NG kerk in Pta aansoek doen
>>> nie :)
>
Vorige onderwerp: Jonas...
Volgende onderwerp: Re: Burgermeesters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:45:19 MGT 2024