Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Don Leendert Quixote
Don Leendert Quixote [boodskap #10379] So, 17 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

>... die waansinnige gebalk van die Gloudinas..ontbloot
> vir wat dit is - waansin.

Leendert,
Ek is natuurlik gevlei deur die enorme klomp
aandag en energie wat jy op my uitstort. Maar ek
is bekommer dat die heel goeie dinge wat jy soms
sê, nie ernstig opgeneem sal word nie deur mense
wat nou al moeg is vir jou neurotiese fassinering
met my. En as jy dit nie self kan sien nie, kry dan
professionele hulp. Daar is iets in my bestaan en
wat ek sê, wat jou bedreig laat voel. Hoekom voel
jy bedreig?

Ek hou daarvan wanneer jy sê dat Afrikaanse
kinders 'n intensiewe kennis van die geskiedenis
moet kry, nie "gesuiwerde" vaderlandsgeskiedenis
of gesuiwerde strugglegeskiedenis nie. Maar as jy
dan oorgaan om in dieselfde asem te sê dat die
apartheidsregime "minder gebreke gehad het as enige
van die alternatiewe wat in daardie stadium beskikbaar
was" en " 'n swart regering in Suid-Afrika voor die
val van die USSR sou 'n veel erger alternatief wees as
die regering wat ons wel gehad het" dan wonder ek nou
of jou kinders nie maar weer "gesuiwerde" geskiedenis
opgedis gaan word nie. Onthou, kinders is slim. Eendag
kyk een van jou kinders in jou oë en vertel jou om op te
hou nonsens praat. As daar met simpatie en eerlikheid
aandag gegee is aan die nederige aanvanklike versoeke
van die ANC selfs nog voor 1948, en as die bevolking
van SA nie die dwase stap gedoen het om 'n sekere
faksie van die Nasionale Party die teuels te gegee het nie,
dan het SA in die tweede deel van die twintigste eeu heel-
waarskynlik ontwikkel in 'n staat waar alle groepe se regte
gerespekteer was en waar hulle vredevol saam kon leef.
Dan was dit nie nodig om in SA 'n "swart" regering te
gehad het nie. Dit is tog vir almal duidelik dat die domheid
van die Apartheidsera direk verantwoordelik is vir die sg.
"swart" oorname van die regering. (Terloops, as ek die baie
Afrikaanse name onder die sleutel-ministers van die regering
sien, dan wonder ek tog of 'n mens dit 'n "swart" regering
kan noem?)

Julle praat so oor wat 'n mens jou kinders moet leer
sodat hulle nie skaam vir hulle agtergrond hoef te wees nie.
Julle dink jul probleem is uniek. Weet julle hoe dit gevoel
het as jou kind na jou toe kom en vra wat in SA aangaan,
wanneer hulle op TV die soldate in die strate van Soweto sien
skiet. Wat vertel jy jou kind as hulle tuiskom met allerhande
dinge wat hulle maats te sê het. Alleen deur vir hulle te vertel
van die geskiedenis van die Afrikaner (van die begin van die
Hollandse kolonisasie, die vernederlandsing van die Franse
Hugenote, die verowerings van die Engelse, tot by die moedige
veg van Afrikaners soos Bram Fischer en Beyers Naude en
ander teen apartheid) kan jy vir hulle trots maak dat hulle
Afrikanerbloed in hulle het. En ja, Leendert, ek het vir hulle
ten alle tye daarop gewys dat dinge in Noord-Amerika nie
veel beter is nie. En as hulle ingekom het en vir hulself
"wit" genoem het, dan het ek gereeld vir hulle daarop gewys
dat hulle nie wit is nie, maar pienk met bruin kolletjies.

Gloudina
Re: Don Leendert Quixote [boodskap #10394 is 'n antwoord op boodskap #10379] Ma, 18 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Leendert van Oostrum" writes:
>
>> ... die waansinnige gebalk van die Gloudinas..ontbloot
>> vir wat dit is - waansin.
>
>
> Leendert,
> Ek is natuurlik gevlei deur die enorme klomp
> aandag en energie wat jy op my uitstort.

Nee wat, Gloudina. Dis sommer so in die verbygaan. Jou bydraes verg nie
veel energie in die reaksie nie :-)

> Maar ek
> is bekommer dat die heel goeie dinge wat jy soms
> sê, nie ernstig opgeneem sal word nie deur mense
> wat nou al moeg is vir jou neurotiese fassinering
> met my. En as jy dit nie self kan sien nie, kry dan
> professionele hulp. Daar is iets in my bestaan en
> wat ek sê, wat jou bedreig laat voel. Hoekom voel
> jy bedreig?

Laster is 'n bedreiging. Dit is waarom daar skadevergoeding voor toegestaan
word.

> Ek hou daarvan wanneer jy sê dat Afrikaanse
> kinders 'n intensiewe kennis van die geskiedenis
> moet kry, nie "gesuiwerde" vaderlandsgeskiedenis
> of gesuiwerde strugglegeskiedenis nie. Maar as jy
> dan oorgaan om in dieselfde asem te sê dat die
> apartheidsregime "minder gebreke gehad het as enige
> van die alternatiewe wat in daardie stadium beskikbaar
> was" en " 'n swart regering in Suid-Afrika voor die
> val van die USSR sou 'n veel erger alternatief wees as
> die regering wat ons wel gehad het" dan wonder ek nou
> of jou kinders nie maar weer "gesuiwerde" geskiedenis
> opgedis gaan word nie. Onthou, kinders is slim. Eendag
> kyk een van jou kinders in jou oë en vertel jou om op te
> hou nonsens praat.

Soos in jou geval, Gloudina, sal ek bloot van die kind verwag om
bewysvoering te verskaf dat ek "nonsens praat". Indien hy/sy dit doen, het
ons 'n basis vir gesprek. Indien die kind egter, soos jy, bloot volhou om
ongegronde laster kwyt te raak sal sy beweringe, net soos joune, nie meer
as toevallige aandag kry nie.

> As daar met simpatie en eerlikheid
> aandag gegee is aan die nederige aanvanklike versoeke
> van die ANC selfs nog voor 1948,

O ja, voor 1949, in die tyd van die wyse ou Smuts, dus. Met die steun van
die ganse Engelse bevolking. Maar daardie ou man, in al sy "wysheid", het
bloot uitgegaan van dieselfde paternalistiese standpunt waarvoor Wits
vandag nog kwalik geneem word.

> en as die bevolking
> van SA nie die dwase stap gedoen het om 'n sekere
> faksie van die Nasionale Party die teuels te gegee het nie,
> dan het SA in die tweede deel van die twintigste eeu heel-
> waarskynlik ontwikkel in 'n staat waar alle groepe se regte
> gerespekteer was en waar hulle vredevol saam kon leef.

O? Soos waar. Soos in die voormalige Rhodesië, wat die beleid gehandhaaf
het wat onse Helen (Koos se hero) hier bepleit het, en wat ooreengestem het
met die "nederige en billike" versoeke van die ANC? Soos in Mosambiek en
Angola waarvan die beleid nie beduidend verskil het nie? Dit het hulle nie
veel in die sak gebring nie - veral nie in die lyn van vrede nie.

> Dan was dit nie nodig om in SA 'n "swart" regering te
> gehad het nie.

O? Soos Zimbabwe en ons "portugese" bure (waarvan die - steeds minder
wordende - "wit" burgers nou hier by ons woon)?

> Dit is tog vir almal duidelik dat die domheid
> van die Apartheidsera direk verantwoordelik is vir die sg.
> "swart" oorname van die regering.

Ek vrees jy sal dit vir my moet duidelik maak.

> (Terloops, as ek die baie
> Afrikaanse name onder die sleutel-ministers van die regering
> sien, dan wonder ek tog of 'n mens dit 'n "swart" regering
> kan noem?)

Soos wie nogal?

> Julle praat so oor wat 'n mens jou kinders moet leer
> sodat hulle nie skaam vir hulle agtergrond hoef te wees nie.
> Julle dink jul probleem is uniek. Weet julle hoe dit gevoel
> het as jou kind na jou toe kom en vra wat in SA aangaan,
> wanneer hulle op TV die soldate in die strate van Soweto sien
> skiet. Wat vertel jy jou kind as hulle tuiskom met allerhande
> dinge wat hulle maats te sê het. Alleen deur vir hulle te vertel
> van die geskiedenis van die Afrikaner (van die begin van die
> Hollandse kolonisasie, die vernederlandsing van die Franse
> Hugenote, die verowerings van die Engelse, tot by die moedige
> veg van Afrikaners soos Bram Fischer en Beyers Naude en
> ander teen apartheid) kan jy vir hulle trots maak dat hulle
> Afrikanerbloed in hulle het.

O ja? Dit lyk vir my baie goed na gesuiwerde vaderlandse geskiedenis. As jy
hulle ook vertel dat die laaste jagparty op boesmans in die laat
twintigerjare plaasgevind het - meer as sewentig mans, vroue en kinders
doodgeskiet soos ongediertes in 'n grot in die Noord-Kaap. As jy hulle ook
vertel dat van die meer bekende gevalle van kanibalisme in hierdie wêreld
gevalle was waar wit skipbreukelinge inboorlinge geslag en ge-eet het. As
jy hulle vertel het beide van De Wet en en van sy broer wat 'n joiner was.

Die punt, Gloudina, is dit: Mens vat jou voorsate met hul boosheid en hul
glorie. Jy pik nie net die helde uit wat toevallig ooreenstem met jou eie
idee van wat mooi en goed is nie. Die gevaar daarvan om dit te doen is dat
mens kan begin glo dat daar wel prinse is waarop mens kan vertrou. En as
jou kinders dit glo, ongeag of hul naam Verwoerd, Treurnicht, Fischer of
Naude is, het jou kinders gesuiwerde geskiedenis geleer. En dan is hulle
reg om nog 'n geslag veroordelende vingers te wys na elkeen wat van hulle
verskil.

> En ja, Leendert, ek het vir hulle
> ten alle tye daarop gewys dat dinge in Noord-Amerika nie
> veel beter is nie. En as hulle ingekom het en vir hulself
> "wit" genoem het, dan het ek gereeld vir hulle daarop gewys
> dat hulle nie wit is nie, maar pienk met bruin kolletjies.

Ag ja.... En eendag sal een van hulle jou in die oë kyk en sê jy moet ophou
nonsens praat.

Groete, Donkiegod.
Re: Don Leendert Quixote [boodskap #10565 is 'n antwoord op boodskap #10379] Wo, 03 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On 17 Aug 1997 23:05:25 GMT, wrote:
> << Maar as jy
>> dan oorgaan om in dieselfde asem te sê dat die
>> apartheidsregime "minder gebreke gehad het as enige
>> van die alternatiewe wat in daardie stadium beskikbaar
>> was" ...ens.>>>
>
>
> Leendert het een groot probleem: Hy kan nie se: "Sorry, we fucked up"
> nie.

My liewe Koos,

Ek herinner my dat ek by geleentheid sonder skroom vir Gloudina verskoning
aangebied het omdat ek haar verkeerdelik beskuldig het van paternalistiese
optrede teenoor 'n leerling.

Ek herinner my ook dat ek herhaaldelik (tot satwordens toe) daarop gewys
het dat die vorige regering die belangrikste foute van die huidige
regering, waar dit die ondewys aangaan, gemaak het.

Ek herinner my ook dat, toe ek jou uitgedaag het om sekere bewerings te
bewys of daarvoor verskoning aan te bied, jy geweier het om enige van die
twee te doen.

Ek herinner my, meer onlangs, dat ons 'n soortgelyke hovaardigheid van
Gloudina se kant beleef het.

Ek doen aan die hand dat, as daar iemand in hierdie nuusgroep is met 'n
onvermoë om te sê : "Sorry, we fucked up", hulle duidelik beperk is tot die
ANC juigkommando hier rond.

My standpunt is steeds: bring oortuigende getuienis vir jou bewerings, dan
het ons 'n grondslag vir gesprek. Totdat jy dus 'n grondslag vir
boetedoening daargestel het, snoer maar jou smoel oor my vermoëns tot
boetedoening - al dan nie.

Groete, Leendert
Re: Don Leendert Quixote [boodskap #10609 is 'n antwoord op boodskap #10379] Sa, 06 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Sep 1997 21:28:31 GMT, "Leendert van Oostrum" wrote:
<<>My standpunt is steeds: bring oortuigende getuienis vir jou bewerings, dan
> het ons 'n grondslag vir gesprek. Totdat jy dus 'n grondslag vir
> boetedoening daargestel het, snoer maar jou smoel oor my vermoëns tot
> boetedoening - al dan nie.>>

Nog 'n bekende standpunt.
Die een van:
1. Bring bewyse en
2. "Hulle" is ook skuldig.

Die resultaat van die twee saam is natuurlik die soort houding wat so
mooi nou die aand in 'n TV onderhoud uitgespel is deur daai Chileense
dramaturg wat in SA was. Sy naam het my nou ontglip.

Die ekstensie van hierdie houding is: "Apartheid het vir swartmense
huise en skole gebou..." en so aan.

En dan, kort voor lank, die konklusie dat apartheid "eintlik 'n goeie
ding ook was".

(Beeld het nou die dag 'n baie interessante rubriek van 'n teoloog oor
dieselfde soort ding in gehad. )

Ek wil my half herinner dat jy reeds in daardie modderpoel ook
rondgele en bruin bubbles blaas het. Onder meer die keer toe jy so
gloeiend oor Verwoerd geskryf het.

(Oor jou ander beweringe: Ek het laas vir jou 'n reeks aanhalings deur
jouself gegee nadat jy 'n boendoehof uitgeroep het. Jy het natuurlik
nooit daarop geantwoord nie.)

So, in verband die bostaande, se my, Leendert:

1. Hoe voel jy oor die Waarheidskommissie?
2. Dink jy apartheid was 'n staatsbeleid van die vorige bestel wat
mense se regte op strukturele en brutale wyse verkrag het?

(Hier pop At natuurlik op en lewer 'n disertasie oor die ongeldigheid
van vrae.)
Re: Don Leendert Quixote [boodskap #10660 is 'n antwoord op boodskap #10379] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos skryf in artikel
...

> So, in verband die bostaande, se my, Leendert:
>
> 1. Hoe voel jy oor die Waarheidskommissie?
> 2. Dink jy apartheid was 'n staatsbeleid van die vorige bestel wat
> mense se regte op strukturele en brutale wyse verkrag het?
>
> (Hier pop At natuurlik op en lewer 'n disertasie oor die ongeldigheid
> van vrae.)

Koos,

Natuurlik sal ek "op pop". Hierdie twee vrae van jou
is heel geldig. Dit is omdat hulle oop is sodat Leendert
enige antwoord kan verskaf soos wat hy goeddink.
Maar ek het jou 'n paar keer daarop gewys dat 'n
meervoudige keuse vraag waarvan jy die antwoorde
opgestel het waaruit ek moet kies, ongeldig is. Hoekom
jy nie net een keer nie, maar 'n paar keer sulke vrae
aan my gestel het, sal net jy weet.

Vanwaar kry jy die reg om te kan voorskryf wat ek
moet dink? Toe, kies uit die volgende antwoorde
A Die NP regering.
B Die ANC regering
C Die koerant se aanmatigheid.
D Koos se domastrantheid.
E Die rekenaar wat jou breingolwe opvoeter.

Miskien soek jy so nou en dan 'n katarsis - 'n skoon
maak van die siel deur ablasies. Of om dit in rekenaar
beelde te stel - miskien soek jy 'n "low level format"
van die hardeskyf in jou kop! Miskien moet jy liewers
ophou skoor soek.

At de Lange
Vorige onderwerp: Laat ek myself voorstel: Jasper die Barbaar
Volgende onderwerp: Re: Afrikaaners SHOULD help, it's the Christian thing to do...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 20:52:45 MGT 2024