Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Trots SA week.
Trots SA week. [boodskap #106011] Wo, 21 September 2005 06:21 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee, dis alweer die week waarop ons Trots op SA moet wees:)))
Waarop is ek trots?
Dat ek nog steeds daagliks om my mense sien wat met 'n breë glimlag
rondloop.
Dat ek nog steeds met mense in 'n hysbak kan gesels.
Dat ek nie bang hoef te wees om my sê te sê nie.
Dat onse Prez en die eks-waais Pres, hand op mekaar se niere, so duidelik
lieg dat almal dit kan sien en weet.
Dat nie almal hoef te dink dat homoseksualiteit sonde is nie.
Dat ons Pinotage lekker en uniek is.
Dat ons nog steeds lekker kan braaivleis hou.
Dat ons nou weet dat blanke Afrikaanse mans die gesinsmoordenaars is, maar
die jong Indiër mans mense ontvoer en vermoor.
Dat ek nie hoef hoed te dra as ek parade toe gaan nie.
Dat dit ons nie meer vreeslik ontstel as ons sportspan verloor nie.
Dat daar nog steeds baie vrugte en groente, in groot verskeidenheid,
beskikbaar is.
Dat ons toerismebedryf begin ontwikkel.
Dat daar nog steeds nuwe koerante verskyn en verdwyn - slegs op grond van
normale ekonomiese beginsels, en nie agv die inmenging van die staat nie.
Dat daar nou 'n nuwe Engelse reeks op TV is, waar die oorgrote meerderheid
akteurs en aktrises Afrikaans is. Sodoende sal die Afrikaanse Engelse aksent
nooit uitsterf nie;)))
Dat dokters in die briewekolomme van koerante die minister van Gesondheid en
mediese fondse kan aanvat.
Dat onse Prez vir die mense van die VN gaan uitvreet het, stanende met 'n
gebakte hand ter wille van Afrika:))
Dat ons nog voëls in die bome kan hoor sing.
Dat ons nog boeretroos kan drink.
Dat boere nog steeds 'n plan kan maak.

--
Groetnis
Annette
Re: Trots SA week. [boodskap #106024 is 'n antwoord op boodskap #106011] Wo, 21 September 2005 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Annette wrote:
> Janee, dis alweer die week waarop ons Trots op SA moet wees:)))
> Waarop is ek trots?
> Dat ek nog steeds daagliks om my mense sien wat met 'n breë glimlag
> rondloop.
> Dat ek nog steeds met mense in 'n hysbak kan gesels.
> Dat ek nie bang hoef te wees om my sê te sê nie.
> Dat onse Prez en die eks-waais Pres, hand op mekaar se niere, so duidelik
> lieg dat almal dit kan sien en weet.
> Dat nie almal hoef te dink dat homoseksualiteit sonde is nie.
> Dat ons Pinotage lekker en uniek is.
> Dat ons nog steeds lekker kan braaivleis hou.
> Dat ons nou weet dat blanke Afrikaanse mans die gesinsmoordenaars is, maar
> die jong Indiër mans mense ontvoer en vermoor.
> Dat ek nie hoef hoed te dra as ek parade toe gaan nie.
> Dat dit ons nie meer vreeslik ontstel as ons sportspan verloor nie.
> Dat daar nog steeds baie vrugte en groente, in groot verskeidenheid,
> beskikbaar is.
> Dat ons toerismebedryf begin ontwikkel.
> Dat daar nog steeds nuwe koerante verskyn en verdwyn - slegs op grond van
> normale ekonomiese beginsels, en nie agv die inmenging van die staat nie.
> Dat daar nou 'n nuwe Engelse reeks op TV is, waar die oorgrote meerderheid
> akteurs en aktrises Afrikaans is. Sodoende sal die Afrikaanse Engelse aksent
> nooit uitsterf nie;)))
> Dat dokters in die briewekolomme van koerante die minister van Gesondheid en
> mediese fondse kan aanvat.
> Dat onse Prez vir die mense van die VN gaan uitvreet het, stanende met 'n
> gebakte hand ter wille van Afrika:))
> Dat ons nog voëls in die bome kan hoor sing.
> Dat ons nog boeretroos kan drink.
> Dat boere nog steeds 'n plan kan maak.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
>
>
Moenie vergeet dat Telkom die stigter van die "Proudly South African"
storie is nie. En dink net hoe Telkom agteroor buig om die land te help
"ontwikkel" ;)
Re: Trots SA week. [boodskap #106025 is 'n antwoord op boodskap #106024] Wo, 21 September 2005 08:56 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Laat ons nie vir Telkom te vreeslik lig loer nie - elkgeval nie te veel
totdat die 2de operateur sy verskyning uiteindelik maak, en ons sal weet of
ons enigsins beter af sal wees nie.
Ek leef dus nog maar in redelike vrede met die euwel saam:)))

--
Groetnis
Annette
> Annette wrote:
>> Janee, dis alweer die week waarop ons Trots op SA moet wees:)))
>> Waarop is ek trots?
>> Dat ek nog steeds daagliks om my mense sien wat met 'n breë glimlag
>> rondloop.
>> Dat ek nog steeds met mense in 'n hysbak kan gesels.
>> Dat ek nie bang hoef te wees om my sê te sê nie.
>> Dat onse Prez en die eks-waais Pres, hand op mekaar se niere, so duidelik
>> lieg dat almal dit kan sien en weet.
>> Dat nie almal hoef te dink dat homoseksualiteit sonde is nie.
>> Dat ons Pinotage lekker en uniek is.
>> Dat ons nog steeds lekker kan braaivleis hou.
>> Dat ons nou weet dat blanke Afrikaanse mans die gesinsmoordenaars is, maar
>> die jong Indiër mans mense ontvoer en vermoor.
>> Dat ek nie hoef hoed te dra as ek parade toe gaan nie.
>> Dat dit ons nie meer vreeslik ontstel as ons sportspan verloor nie.
>> Dat daar nog steeds baie vrugte en groente, in groot verskeidenheid,
>> beskikbaar is.
>> Dat ons toerismebedryf begin ontwikkel.
>> Dat daar nog steeds nuwe koerante verskyn en verdwyn - slegs op grond van
>> normale ekonomiese beginsels, en nie agv die inmenging van die staat nie.
>> Dat daar nou 'n nuwe Engelse reeks op TV is, waar die oorgrote meerderheid
>> akteurs en aktrises Afrikaans is. Sodoende sal die Afrikaanse Engelse aksent
>> nooit uitsterf nie;)))
>> Dat dokters in die briewekolomme van koerante die minister van Gesondheid en
>> mediese fondse kan aanvat.
>> Dat onse Prez vir die mense van die VN gaan uitvreet het, stanende met 'n
>> gebakte hand ter wille van Afrika:))
>> Dat ons nog voëls in die bome kan hoor sing.
>> Dat ons nog boeretroos kan drink.
>> Dat boere nog steeds 'n plan kan maak.
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>>
>>
> Moenie vergeet dat Telkom die stigter van die "Proudly South African"
> storie is nie. En dink net hoe Telkom agteroor buig om die land te help
> "ontwikkel" ;)
Vorige onderwerp: Etterkop is Jonas.
Volgende onderwerp: Re: The Right Perspective Podcasting!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 00:59:39 MGT 2024