Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Brandstof / elektrisiteit
Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105288] So, 21 Augustus 2005 18:33 na volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ons het so 'n rukkie terug oor brandstof en elektriesiteit gesels, o.a. oor die
verkryging van 'n "skoon" brandstof soos waterstof. Ek kon nie die gesprek weer
terugsporr nie, nou begin ek maar 'n nuwe een.

Ferdie het genoem dat waterstof deur elektrolise verkry word, en ek het gemeen
dat daar 'n eenvoudige chemiese proses is om dit te verkry. In die nuutste
National Geographic praat hulle oor alternatiewe energiebronne, en daarin noem
hulle pertinent waterstof en die *elektrolise* om dit te verkry. Ferdie was dus
reg. Dit maak tans van waterstof ook 'n potensiële "vuil" energiebron, deurdat
die elektrisiteit vir die elektrolise hoogs waarskynlik deur 'n fossiel- of
kernkragsentrale opgewek word. Ekologies gesien het waterstof dus ook 'n duur
prysetiket.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105303 is 'n antwoord op boodskap #105288] Ma, 22 Augustus 2005 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis hoekom Toyota met die Prius en van die Lexus'se eerder vir hibriede
voertuie gaan wat die voertuie meer ekonomies maak. Op die oomblik wil dit
egter lyk of die hibriede nie eintlik goedkoper op brandstof is as 'n klein
diesel nie, maar dis 'n begin en oor 'n paar jaar.....

"knersus" skryf in boodskap news:deahbf$fme$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons het so 'n rukkie terug oor brandstof en elektriesiteit gesels, o.a.
> oor die verkryging van 'n "skoon" brandstof soos waterstof. Ek kon nie
> die gesprek weer terugsporr nie, nou begin ek maar 'n nuwe een.
>
> Ferdie het genoem dat waterstof deur elektrolise verkry word, en ek het
> gemeen dat daar 'n eenvoudige chemiese proses is om dit te verkry. In die
> nuutste National Geographic praat hulle oor alternatiewe energiebronne, en
> daarin noem hulle pertinent waterstof en die *elektrolise* om dit te
> verkry. Ferdie was dus reg. Dit maak tans van waterstof ook 'n
> potensiële "vuil" energiebron, deurdat die elektrisiteit vir die
> elektrolise hoogs waarskynlik deur 'n fossiel- of kernkragsentrale opgewek
> word. Ekologies gesien het waterstof dus ook 'n duur prysetiket.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105308 is 'n antwoord op boodskap #105303] Ma, 22 Augustus 2005 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Op die oomblik wil dit
> egter lyk of die hibriede nie eintlik goedkoper op brandstof is as 'n klein
> diesel nie, maar dis 'n begin en oor 'n paar jaar.....

My seun in Kalifornië het ook nou besluit om vir
hom 'n hibriede te koop, noudat Arnold blykbaar
hibriedes gaan toelaat om in the fast lane ook te
ry.

Gloudina
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105311 is 'n antwoord op boodskap #105308] Ma, 22 Augustus 2005 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jitte, dat die Japannese vir die magtige Yanks en hul Kanadese agterryers
kon kom leer hoe om 'n kar te bou!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:KYadnQb9JswsX5TeRVn-3A@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Op die oomblik wil dit
>> egter lyk of die hibriede nie eintlik goedkoper op brandstof is as 'n klein
>> diesel nie, maar dis 'n begin en oor 'n paar jaar.....
>
> My seun in Kalifornië het ook nou besluit om vir
> hom 'n hibriede te koop, noudat Arnold blykbaar
> hibriedes gaan toelaat om in the fast lane ook te
> ry.
>
> Gloudina
>
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105313 is 'n antwoord op boodskap #105288] Ma, 22 Augustus 2005 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 21 Aug 2005 20:33:35 +0200, knersus wrote:

> Ons het so 'n rukkie terug oor brandstof en elektriesiteit gesels, o.a. oor die
> verkryging van 'n "skoon" brandstof soos waterstof. Ek kon nie die gesprek weer
> terugsporr nie, nou begin ek maar 'n nuwe een.
>
> Ferdie het genoem dat waterstof deur elektrolise verkry word, en ek het gemeen
> dat daar 'n eenvoudige chemiese proses is om dit te verkry. In die nuutste
> National Geographic praat hulle oor alternatiewe energiebronne, en daarin noem
> hulle pertinent waterstof en die *elektrolise* om dit te verkry. Ferdie was dus
> reg. Dit maak tans van waterstof ook 'n potensiële "vuil" energiebron, deurdat
> die elektrisiteit vir die elektrolise hoogs waarskynlik deur 'n fossiel- of
> kernkragsentrale opgewek word. Ekologies gesien het waterstof dus ook 'n duur
> prysetiket.

Dis soos ek ook hier en daar gelees het.
Met die antwoord dat kernkrag actually "skoon" elektrisiteit kan wees
om waterstof mee op te wek.

Gloudina kan dalk lig op die kwessie werp - iewers in kanada is daar
'n dorp waar die busse geruime tyd reeds op waterstof loop. Hulle maak
ook vol by 'n waterstof-petrolstasie, as ek reg onthou.
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105314 is 'n antwoord op boodskap #105313] Ma, 22 Augustus 2005 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Gloudina kan dalk lig op die kwessie werp - iewers in kanada is daar
> 'n dorp waar die busse geruime tyd reeds op waterstof loop. Hulle maak
> ook vol by 'n waterstof-petrolstasie, as ek reg onthou.

Sal moet uitvind. Dink nie ek het al daarvan
gehoor nie.

Gloudina
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105317 is 'n antwoord op boodskap #105313] Ma, 22 Augustus 2005 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
> On Sun, 21 Aug 2005 20:33:35 +0200, knersus wrote:
>
> > terugsporr nie, nou begin ek maar 'n nuwe een.

>> Ferdie het genoem dat waterstof deur elektrolise verkry word, en ek het gemeen
>> dat daar 'n eenvoudige chemiese proses is om dit te verkry. In die nuutste
>> National Geographic praat hulle oor alternatiewe energiebronne, en daarin noem
>> hulle pertinent waterstof en die *elektrolise* om dit te verkry. Ferdie was dus
>> reg. Dit maak tans van waterstof ook 'n potensiële "vuil" energiebron, deurdat
>> die elektrisiteit vir die elektrolise hoogs waarskynlik deur 'n fossiel- of
>> kernkragsentrale opgewek word. Ekologies gesien het waterstof dus ook 'n duur
>> prysetiket.
>
>
> Dis soos ek ook hier en daar gelees het.
> Met die antwoord dat kernkrag actually "skoon" elektrisiteit kan wees
> om waterstof mee op te wek.
"Kernkrag" kán skoon wees. Mens moet onderskeid tref tussen kernsplyting en
kernfusie. Eg is die duiwel wat die hoogs radioaktiewe afvalstowwe plutonium
e.a tot gevolg het. Lg is 'n perd van 'n heel ander kleur: mens kan byv twee
waterstof-atome "fuse" en dan helium kry, met geen radioaktiewe afvalstowwe nie.
Maar die huidige fusieproses gebruik meer energie as wat dit voortbring!

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105330 is 'n antwoord op boodskap #105311] Di, 23 Augustus 2005 10:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Aug 2005 14:30:31 +0100, "Suidwester" wrote:

> Jitte, dat die Japannese vir die magtige Yanks en hul Kanadese agterryers
> kon kom leer hoe om 'n kar te bou!

Toe die Porsche die Boxer op die mark geplaas het (so 10 jaar gelede?) kon hulle nie die aanvraag voorsien nie en raai wat! Hulle het Toyota gekry om
Duitsland toe te kom om hulle te help om hulle fabriek meer doeltreffend te maak sodat hulle die Porsche Boxer teen groter getalle te vervaardig. Die
Duitse vabriekswerkers het aanvanklik baie voorspelbaar gereageer: hulle eer was gekrenk maar die Japanese het hulle reggeruk.

Toyota is besig om General Motors verby te steek as die wêreld se grootste motorvervaardiger.
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105332 is 'n antwoord op boodskap #105317] Di, 23 Augustus 2005 10:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> "Kernkrag" kán skoon wees. Mens moet onderskeid tref tussen kernsplyting en
> kernfusie. Eg is die duiwel wat die hoogs radioaktiewe afvalstowwe plutonium
> e.a tot gevolg het. Lg is 'n perd van 'n heel ander kleur: mens kan byv twee
> waterstof-atome "fuse" en dan helium kry, met geen radioaktiewe afvalstowwe nie.
> Maar die huidige fusieproses gebruik meer energie as wat dit voortbring!

En omdat die twee positiewe ladings van die twee kerne mekaar sterker afstoot as ek en my skoonma, moet jy hulle na mekeer forseer deur hulle teen n
moerse spoed na mekaar toe te stuur. Hoë spoed = enorme temperatuur en daar is nie n "bottel" wat die temperatuur kan weerstaan nie en bla bla bla.

Waterstof in voertuie is soos batterye - dit stoor net energie wat op een of ander manier vrygestel is. Waterstof is slegs baie ligter as lood selle.

Daar is net een antwoord: Daar is te veel van ons vir hierde aarde se hulpbronne. Enige vrywilligers om die getalle te verminder ? :-)

As ons dit nie vrywillig doen nie sal die aarde ons afskut soos die Easter Islanders en menige ander gemeenskappe wat hulle hulpbronne verswelg het.
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105334 is 'n antwoord op boodskap #105332] Di, 23 Augustus 2005 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Aug 2005 10:47:14 GMT, Julius Bergh
wrote:

> As ons dit nie vrywillig doen nie sal die aarde ons afskut soos die
Easter Islanders en menige ander gemeenskappe wat hulle hulpbronne
verswelg het.

Hoekom is daar dan nog so baie kakkerlakke?
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105341 is 'n antwoord op boodskap #105330] Di, 23 Augustus 2005 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie hoe dit daar by julle is nie, maar Toyota hier by ons maak die
beste kwaliteit motors en bakkies beskikbaar op die mark. Ja BMW, Merc,
Audi en diesulkes maak fênsier karre, maar as jy 'n betroubare voertuig soek
waarvoor jy billike geld gaan kry as jy dit die dag wil verkoop, dan's daar
net een: Toyota. Nou met die nuwe Hilux het hulle natuurlik groot
moeilikheid gemaak in die dat hulle 'n voertuig op die mark gesit het wat
myle beter is as enigiets anders op die mark en nog goedkoper ook. Nou
spartel die ander spul en probeer vir die publiek verduidelik hoekom hulle
NOU teen 'n laer prys kan verkoop....intussen swaai die Hilux'e dat die
biesies bewe.

"Julius Bergh" skryf in boodskap news:6oulg19q1ch0hfai8cvirbst2n6mf7l0bf@4ax.com...
> On Mon, 22 Aug 2005 14:30:31 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Jitte, dat die Japannese vir die magtige Yanks en hul Kanadese agterryers
>> kon kom leer hoe om 'n kar te bou!
>
> Toe die Porsche die Boxer op die mark geplaas het (so 10 jaar gelede?) kon
> hulle nie die aanvraag voorsien nie en raai wat! Hulle het Toyota gekry
> om
> Duitsland toe te kom om hulle te help om hulle fabriek meer doeltreffend
> te maak sodat hulle die Porsche Boxer teen groter getalle te vervaardig.
> Die
> Duitse vabriekswerkers het aanvanklik baie voorspelbaar gereageer: hulle
> eer was gekrenk maar die Japanese het hulle reggeruk.
>
> Toyota is besig om General Motors verby te steek as die wêreld se grootste
> motorvervaardiger.
>
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105342 is 'n antwoord op boodskap #105332] Di, 23 Augustus 2005 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, en sê jy die wêreld het lankal weer 'n getalleverminder soos die 3de
wêreldoorlog nodig gehad om getalle onder beheer te kry en die swakkeres uit
te dun, dan skrou Ferdi en sy ou Antie blou moord!

"Julius Bergh" skryf in boodskap news:i6vlg11ro7i49d8oq5n0m4bnujn72atatq@4ax.com...
>
>> "Kernkrag" kón skoon wees. Mens moet onderskeid tref tussen kernsplyting
>> en
>> kernfusie. Eg is die duiwel wat die hoogs radioaktiewe afvalstowwe
>> plutonium
>> e.a tot gevolg het. Lg is 'n perd van 'n heel ander kleur: mens kan byv
>> twee
>> waterstof-atome "fuse" en dan helium kry, met geen radioaktiewe
>> afvalstowwe nie.
>> Maar die huidige fusieproses gebruik meer energie as wat dit voortbring!
>
>
> En omdat die twee positiewe ladings van die twee kerne mekaar sterker
> afstoot as ek en my skoonma, moet jy hulle na mekeer forseer deur hulle
> teen n
> moerse spoed na mekaar toe te stuur. Hoë spoed = enorme temperatuur en
> daar is nie n "bottel" wat die temperatuur kan weerstaan nie en bla bla
> bla.
>
> Waterstof in voertuie is soos batterye - dit stoor net energie wat op een
> of ander manier vrygestel is. Waterstof is slegs baie ligter as lood
> selle.
>
> Daar is net een antwoord: Daar is te veel van ons vir hierde aarde se
> hulpbronne. Enige vrywilligers om die getalle te verminder ? :-)
>
> As ons dit nie vrywillig doen nie sal die aarde ons afskut soos die Easter
> Islanders en menige ander gemeenskappe wat hulle hulpbronne verswelg het.
>
Re: Brandstof / elektrisiteit [boodskap #105357 is 'n antwoord op boodskap #105313] Wo, 24 Augustus 2005 11:47 Na vorige boodskap
Pieter.G...  is tans af-lyn  Pieter.G...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
> Gloudina kan dalk lig op die kwessie werp - iewers in kanada is daar
> 'n dorp waar die busse geruime tyd reeds op waterstof loop. Hulle maak
> ook vol by 'n waterstof-petrolstasie, as ek reg onthou.

In hamburg volgens my het hulle ook sulke busse
Vorige onderwerp: Die Doulos
Volgende onderwerp: Re: So Happy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 15:21:39 MGT 2024