Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Akkoord" deur ELISABETH EYBERS
"Akkoord" deur ELISABETH EYBERS [boodskap #10515] Sa, 30 Augustus 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
AKKOORD
Elisabeth Eybers

Jy, heelmaker, opspoorder van verband,
ontleder, agtervolger, agonis,
daag my tot tweespraak, kwalik aangeland
waar sinsbou, klemtoon, ritme anders is.

Ek, wankelaar, my ou houvas verloor,
smekend om redding en maar half bereid
tot nuwe onderhandeling, gee my oor
met klein kramptrekkings van terugwilligheid.

Hoe kan ek, wat voor elke windstoot swig,
jou digtheid balanseer, 'n slypsteen wees,
spitskorrelige weerstand vir jou gees?

Tog: as die dors ons dryf om, en in sig,
toevlug te neem tot die begin, word woord
weer vlees, ontvonk uit friksie oerakkoord.
Vorige onderwerp: Uit "Gebed om die Gebeente" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Pavane vir 'n Gestorwe Prinses" deur ERNST VAN HEERDEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 09:34:48 MGT 2024