Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Jan Smuts se Kaapse veldtog.
Re: Jan Smuts se Kaapse veldtog. [boodskap #10494] Vr, 29 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Aug 1997 20:50:39 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
>> Noudat ek Smuts se biografie
>> lees,
>
> Het jy opgelet dat hy tot op die ouderdom van 13 in tuisonderwys was?>>

Hy het ook 'n fotografiese geheue gehad, klein ou dingetjies, maar dit
kan impact op iemand se intellekuele vermoens....
Re: Jan Smuts se Kaapse veldtog. [boodskap #10528 is 'n antwoord op boodskap #10494] Ma, 01 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Theo Wassenaar" writes: > Hallo Gloudina,

>
> Ek kan die boek "Goodbye Dolly Gray" van Rayne Kruger aanbeveel vir 'n
> omvattende uiteenseting van al die bewegings van die Boere deur die oorlog.
> Ek het so 2 maande gelede in Uganda gesit en lees aan die boek nadat ek dit
> op die ingewing vand die oomblik gekoop het, en ek het dit besonder geniet
>
> Groete
> Theo

Dankie vir die verwysing, Theo. Ek dink dat Afrikaners
die geografie en die geskiedenis van die slagte van die
Eerste en Tweede Vryheidsoorlog moet onthou. Dis deel
van die Afrikaner se psige.
Is jy verwant aan die Theo Wassenaar wat "See-Sonnet"
geskryf het? Ek tik dit sommer vir die lekkerte hier uit.

O magtige oseaan, jy wydgestrekte,
Omsirkel deur die ongemetenheid,
Diep in jou boesem rus die onontdekte;
Alleen jou swaar gehyg verneem die tyd.

O nooitvermoeide see wat immer-woelend,
Getye reël na gange van die maan
En op die storm se stem onstuimig spoelend,
Jou branders op die rotse stukkend slaan!

O ewige deining van die Grote en Magtige!
So dein die breed sterk stroom van volle lewe
In my klein hart. Ek nietigste kristal,
Ek mag ook speel met glans van die ewig-pragtige.
Die skepping het ook my sy doel gegewe:
Een polsslag in die ritme van die Heelal!

Groete,
Gloudina.
Re: Jan Smuts se Kaapse veldtog. [boodskap #10542 is 'n antwoord op boodskap #10494] Di, 02 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> Dankie vir die verwysing, Theo. Ek dink dat Afrikaners
> die geografie en die geskiedenis van die slagte van die
> Eerste en Tweede Vryheidsoorlog moet onthou. Dis deel
> van die Afrikaner se psige.

Daar word tans beplan aan 'n grootskaalse 100-jarige herdenkingvan die
oorlog. Onder andere lyk dit asof daar besonder baie buitelandse
belangstelling verwag word, veral uit Britanje. Dit lyk dus asof toerisme 'n
belangrike element daarvan sal uitmaak.

Ek verneem ook dat die verskillende Afrikaanse kultuurorganisasies (regs,
links, ens) hierdie keer hard probeer om saam te werk aan die ding. Ek het
nog nie verneem van Engelse of swart organisasies wat betrokke raak nie.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Lady Di
Volgende onderwerp: re interaktiewe kuns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 19:25:00 MGT 2024