Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grief
Grief [boodskap #104211] Wo, 06 Julie 2005 06:14 na volgende boodskap
Frika  is tans af-lyn  Frika
Boodskappe: 53
Geregistreer: Januarie 2008
Karma: 0
Volle Lid
As ek na hierdie boodskap kyk wat die Amerikaner geskryf het met sy
halwe breinsel grief dit my.

Wat my ook verder omkrap in die lewe is BMW bestuurders. Laasweek het
een so 'n padvark met 'n wit BMW my vrou van die pad af probeer druk.
Ek hoop jy lees die berig jou vark. Dit is jy wat vet bleskop
afrikaanse mans met wit BMW'S 'n slegte naam gee.

Die vorige agtergeblewende mense wat altyd die fout soek by apartheid.
kan hulle nie maar vir een keer in hulle lewe verantwoordelikheid vat
vir wat hulle verkeerd doen nie.

Die SABC wat so politities korrek wil wees. Dit gee my ook 'n lekker
pyn.

Mense wat met woorde speel en dit nie reglry nie. Daar was vanoggend op
RSG 'n berig gewees van 'n busbestuurder wat 'n baba van drie jaar
doodgeskiet het in 'n padwoede voorval. Dit het min of meer soos volg
gese op die lug " Die busbestuurder het skote afgetrek en die kind
noodlottig gewond. Sy het op haar Ma se skoot gesit. Mnr (Die Pa) is
ook in die hand gewond. Die vermeende (LET WEL) vermeende moordenaar
verskyn vandag in die hof. oe kna hy 'n vermeende moordenaar wees as
mense gesien het hoe hy die kind geskiet het ?

So 'n paar maande gelede het 'n man sy vriendin in Pretoria se straat
doodgeskiet en toe daaarna homself geskiet. Alles ten aanskoue van
omtrent 100 mense. Die berig min of meer Die man het vermoedelik sy
vriendin geskiet en daarna homself geskiet. Vermoedelik???? Hoe de hel
kry hulle dit nymekaar.
Re: Grief [boodskap #104232 is 'n antwoord op boodskap #104211] Wo, 06 Julie 2005 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Frika wrote:

> Mense wat met woorde speel en dit nie reglry nie. Daar was vanoggend op
> RSG 'n berig gewees van 'n busbestuurder wat 'n baba van drie jaar
> doodgeskiet het in 'n padwoede voorval. Dit het min of meer soos volg
> gese op die lug " Die busbestuurder het skote afgetrek en die kind
> noodlottig gewond. Sy het op haar Ma se skoot gesit. Mnr (Die Pa) is
> ook in die hand gewond. Die vermeende (LET WEL) vermeende moordenaar
> verskyn vandag in die hof. oe kna hy 'n vermeende moordenaar wees as
> mense gesien het hoe hy die kind geskiet het ?

'n Paar gedagtes i.s. "vermeende moordenaar"
1) Vir 'n klag van moord om te slaag in die hof, moet daar "opset" bewys word,
maw hy het die ding beplan. Soos dit vir my lyk was dit uit woede. In so 'n
geval sou die persoon waarskynlik eerder van manslag aangekla word, en dit sal
waarskynlik 'n beter kans hê om in die hof te slaag.
2) Totdat die persoon van enigiets aangekla en skuldig bevind is, behoewe dit
die koerant om van "vermeende" te praat - hulle kan dalk gedagvaar word as hulle
iemand onder sulke omstandighede as 'n moordenaar voorhou.
3) Totdat die persoon skuldig bevind is, is hy onskuldig. Moord ingesluit. Die
gewone man se siening van sulke sake verskil dikwels hemelsbreed van die reg s'n
- ons is geneig om die saak as kant-en-klaar te sien: die man het gemoor, einde
van storie. Die reg sê egter anders, en die koerant moet noodwendig die
"reg"-te paadjie volg.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Grief [boodskap #104233 is 'n antwoord op boodskap #104232] Wo, 06 Julie 2005 23:07 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> 'n Paar gedagtes i.s. "vermeende moordenaar"

> 3) Totdat die persoon skuldig bevind is, is hy onskuldig. Moord ingesluit. Die
> gewone man se siening van sulke sake verskil dikwels hemelsbreed van die reg s'n
> - ons is geneig om die saak as kant-en-klaar te sien: die man het gemoor, einde
> van storie. Die reg sê egter anders, en die koerant moet noodwendig die
> "reg"-te paadjie volg.

Knersus, somtyds kan ek dit nie help nie. Ek
bewonder die kurwes van jou brein.

Gloudina
Vorige onderwerp: Taxi: Wanneer mag jy spring?
Volgende onderwerp: Re: Tally Ho!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 18:05:21 MGT 2024