Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner- tronkvoëls
Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104158] Do, 30 Junie 2005 20:37 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nog al die tyd gewonder of Herman Charles
Bosman nou 'n Afrikaner was wat in Engels geskryf
het, of 'n Engelssprekende Suid-Afrikaner. Onlangs
het ek egter, in die voorwoord tot 'n herdenkings-
uitgawe van " A Cask of Jerepigo " die antwoord
gekry. Hulle haal Mary Morison Webster aan
wat in 1957 in "Forum" die volgende skryf:
" Wherever he is, or whatever he is doing,
becomes illumined for the reader. True,
he makes mistakes with his tenses, as
many Afrikaners do, because he habitually
thinks not in English but in Afrikaans.."
Dis geskryf ses jaar na sy ontydige dood in 1951
aan 'n hartaanval. Hy was nog maar net 46 jaar
oud.
Ek behoort nou seker nie rassisties te wees
nie, maar dit gee my groot genot om te weet dat
die twee beste skrywers in Engels in Suid-Afrika
tot op datum - Herman Bosman en JM Coetzee -
albei volop Afrikaanse bloed in hulle are gehad
het. JM Coetzee was nou wel Engelssprekend
in die huis. ( Sy ma was 'n SA Duitser en sy
pa 'n Afrikaner.) Maar ek dink hy het Afrikaans
foutloos gepraat, en het ten minste een Afrikaanse
boek van Wilma Stockenström in Engels vertaal.
As ek reg onthou, het hy ook sy eerste boek,
"Dusklands" eers in Afrikaans geskryf.
Dis natuurlik ook werd om te noem dat
ten minste twee van die beste Afrikaners wat
in SA geskryf het tronkvoëls was. Herman
Charles Bosman het vier jaar in die tronk gesit
omdat hy iemand ( glo per ongeluk) doodgeskiet
het. Breyten Breytenback het nog langer in die
tronk gebly. Bosman het van sy beste werk gebaseer
op sy ondervindinge in die tronk.

Gloudina
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104166 is 'n antwoord op boodskap #104158] Vr, 01 Julie 2005 10:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frika  is tans af-lyn  Frika
Boodskappe: 53
Geregistreer: Januarie 2008
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina

Noudat jy praat van Breyten Breytenbach wil ek net se dat sy broer 'n
kolonel (as ek reg kan onthou) was in die verkennings kommando's. Die
een 'n Kommunis en die ander een 'n soldaat wat teen die komuniste
geveg het. Ek sou wat wou gee om 'n Sondag langs die etenstafel te sit
waar die twee saam was. Verskileende idelogiee
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104167 is 'n antwoord op boodskap #104158] Vr, 01 Julie 2005 10:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frika  is tans af-lyn  Frika
Boodskappe: 53
Geregistreer: Januarie 2008
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina

Noudat jy praat van Breyten Breytenbach wil ek net se dat sy broer 'n
kolonel (as ek reg kan onthou) was in die verkennings kommando's. Die
een 'n Kommunis en die ander een 'n soldaat wat teen die komuniste
geveg het. Ek sou wat wou gee om 'n Sondag langs die etenstafel te sit
waar die twee saam was. Verskileende idelogiee
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104168 is 'n antwoord op boodskap #104158] Vr, 01 Julie 2005 10:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frika  is tans af-lyn  Frika
Boodskappe: 53
Geregistreer: Januarie 2008
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina

Noudat jy praat van Breyten Breytenbach wil ek net se dat sy broer 'n
kolonel (as ek reg kan onthou) was in die verkennings kommando's. Die
een 'n Kommunis en die ander een 'n soldaat wat teen die komuniste
geveg het. Ek sou wat wou gee om 'n Sondag langs die etenstafel te sit
waar die twee saam was. Verskileende idelogiee
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104172 is 'n antwoord op boodskap #104166] Vr, 01 Julie 2005 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Frika" skryf
>
> Noudat jy praat van Breyten Breytenbach wil ek net se dat sy broer 'n
> kolonel (as ek reg kan onthou) was in die verkennings kommando's. Die
> een 'n Kommunis en die ander een 'n soldaat wat teen die komuniste
> geveg het.

Ek wonder of hulle so verskillend was. Albei het geglo
in oorlog-maak. Nie soos Ghandi, wat besluit het om
ander metodes te gebruik om dinge te verander nie.
Eintlik mag die broer minder oorlogsugtig wees as
Breyten. Die broer mag miskien maar net bevele
gevolg het deur teen die "kommuniste" te veg.
En was Breyten nou juis 'n kommunis? Ek dink
as hy deel van 'n kommunistiese sel was, sou hy
baie anders te werk gegaan het.
Waar is DanielJan deesdae? Hy is mos so innig
vriende met die Breytenbachs. Miskien kan hy
vir ons vertel.

Gloudina
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104173 is 'n antwoord op boodskap #104172] Vr, 01 Julie 2005 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Ek wonder of hulle so verskillend was. Albei het geglo
> in oorlog-maak. Nie soos Ghandi, wat besluit het om
> ander metodes te gebruik om dinge te verander nie.

Ek reken dit is verkeerd om Ghandi se metodes op te hemel as "beter"
of "goed". Hy was 'n tipiese, eintlik klassieke "passive-agressive"
met al die negatiewe en laakbare dinge wat daarmee saamgaan!
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104174 is 'n antwoord op boodskap #104173] Vr, 01 Julie 2005 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf:

> "passive-agressive"

2 g's. Jammer. Aggressive!
Tikfout!
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104175 is 'n antwoord op boodskap #104173] Vr, 01 Julie 2005 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

Hy was 'n tipiese, eintlik klassieke "passive-agressive"
> met al die negatiewe en laakbare dinge wat daarmee saamgaan!

Kan jy asseblief meer verduidelik. Vertel veral van al
die laakbare dinge wat hy gedoen het.

Gloudina
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104176 is 'n antwoord op boodskap #104175] Vr, 01 Julie 2005 23:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Hy was 'n tipiese, eintlik klassieke "passive-aggressive"
>> met al die negatiewe en laakbare dinge wat daarmee saamgaan!
>
> Kan jy asseblief meer verduidelik. Vertel veral van al
> die laakbare dinge wat hy gedoen het.

In 'n neutedop dan, Gandhi het ander provokeer (uitegelok?) om hom aan
te val sodat hy die morele hoë grond kon hou.
Passiewe aggressie is nogsteeds aggressie, so ek kondemneer sy (en
alle ander passief-aggressiewes) se aksies heeltemal. Beskou dit as
laakbaar, en ek het bittermin respek vir sulke metodes.
Dit is geensins pasifisme nie.
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104177 is 'n antwoord op boodskap #104172] Sa, 02 Julie 2005 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ja, en ook 'inning' (jou keuse van woorde), bevriend met Rachel, Breyten se
suster (tans in Grahamstad), en haar dogter Anna-Karien (ook tans in
Grahamstad)!

En ek is steeds hier waar ek is, maar kies om my nie aan jou stront te steur
nie....

DanielJan.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:A7-dnS7D55QC2ljfRVn-2w@rogers.com...
>
> Waar is DanielJan deesdae? Hy is mos so innig
> vriende met die Breytenbachs. Miskien kan hy
> vir ons vertel.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104180 is 'n antwoord op boodskap #104177] Sa, 02 Julie 2005 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf:

> en haar dogter *Anna-Karien*

Interessante naam! :) Wonder of Karien afrikaans vir Karenina is?

.."Happy families are all alike. Every unhappy family is unhappy in
its own way.”
Of so iets...:)
Ek onthou dat ek iewers gelees het dat hy (Tolstoy) 'n groot invloed
op Ghandi gehad het.
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104187 is 'n antwoord op boodskap #104166] Ma, 04 Julie 2005 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[3]  is tans af-lyn  NoS...[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
On 1 Jul 2005 03:10:02 -0700, "Frika" wrote:

> Gloudina
>
> Noudat jy praat van Breyten Breytenbach wil ek net se dat sy broer 'n
> kolonel (as ek reg kan onthou) was in die verkennings kommando's. Die
> een 'n Kommunis en die ander een 'n soldaat wat teen die komuniste
> geveg het. Ek sou wat wou gee om 'n Sondag langs die etenstafel te sit
> waar die twee saam was. Verskileende idelogiee

Breyton is nie en was nooit 'n kommunis nie.

Hy was teen apartheid. Dis iets anders as kommunisme.

Hy en sy broer was nie vyande nie, sover ek weet.
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104197 is 'n antwoord op boodskap #104187] Di, 05 Julie 2005 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Breyten is wel 'n terroris. (Iemand wat bereid is om onskuldige burgerlikes
te laat omkom in sy "stryd".)
Breyten se broer het terroriste beveg. Wat hulle persoonlike verhouding is
sal hulle self maar moet antwoord.
Is dit nie interessant dat beide Breyten en Bosman skuldig was aan
halsmisdade waarvoor die straf normaalweg die dood sou wees...
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104200 is 'n antwoord op boodskap #104197] Di, 05 Julie 2005 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Is dit nie interessant dat beide Breyten en Bosman skuldig was aan
> halsmisdade waarvoor die straf normaalweg die dood sou wees...

Was Breyten ooit beskuldig van spesifieke moorde?
Of is hy maar net gevang met plofstowwe? Ek was
nie in SA daardie tyd nie, en weet bittermin van die
omstandighede van sy gevangeneming. Op watter
aanklag is hy in die tronk gesit? Moord of
insubordinasie teen die staat?

Gloudina
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104258 is 'n antwoord op boodskap #104200] Do, 07 Julie 2005 20:52 Na vorige boodskap
NoS...[3]  is tans af-lyn  NoS...[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 5 Jul 2005 10:08:59 -0400, "@rogers.com" wrote:

> "Jonas" skryf
>
>> Is dit nie interessant dat beide Breyten en Bosman skuldig was aan
>> halsmisdade waarvoor die straf normaalweg die dood sou wees...
>
> Was Breyten ooit beskuldig van spesifieke moorde?
> Of is hy maar net gevang met plofstowwe? Ek was
> nie in SA daardie tyd nie, en weet bittermin van die
> omstandighede van sy gevangeneming. Op watter
> aanklag is hy in die tronk gesit? Moord of
> insubordinasie teen die staat?

Sover ek kan onthou omdat hy onwettig die land ingekom het en die
staat probeer ondermyn het of so iets.

Beslis nie moord nie. Die enigtse politieke misdaad wat 'n halsmisdaad
was, was hoogverraad en sover ek kan onthou was hy nie daarvan
aangekla nie.
Vorige onderwerp: Re: Londen - swak tydsberekening
Volgende onderwerp: MTN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 18:09:30 MGT 2024