Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe » Help ! Ek sukkel met Afrikaans!
Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10405] Di, 19 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
H.Joo  is tans af-lyn  H.Joo
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is agtienjarige PHSG meisie in Pretoria wat sukkel met Afrikaans.
Verlede jaar het ek AHM toe gegaan om my Afrikaans te verbeter maar dit het
nie baie gehelp nie.

Ek hou van Afrikaans en ek wil kommunikeer in Afrikaans met Afrikaanse
mense. Kan iemand my help? As iemand met my E-mails skryf sal dit baie
waardeer word.

Excuse my pathetic Afrikaans.

Dankie.

Hes...@mail.south.co.za
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10420 is 'n antwoord op boodskap #10405] Wo, 20 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ame  is tans af-lyn  ame
Boodskappe: 20
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
H.Joo wrote:
>
> Ek is agtienjarige PHSG meisie in Pretoria wat sukkel met Afrikaans.
> Verlede jaar het ek AHM toe gegaan om my Afrikaans te verbeter maar dit het
> nie baie gehelp nie.
>
> Ek hou van Afrikaans en ek wil kommunikeer in Afrikaans met Afrikaanse
> mense. Kan iemand my help? As iemand met my E-mails skryf sal dit baie
> waardeer word.
>
> Excuse my pathetic Afrikaans.
>
> Dankie.
>
> Hes...@mail.south.co.za

Nee wat jou Afrikaans is baie goed. Die beste is om te lees en praat.

André
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10421 is 'n antwoord op boodskap #10405] Wo, 20 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cth...  is tans af-lyn  cth...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
V wrote:
>
> On 8/19/97 6:57PM, in message , "H.Joo"
> wrote:
>
>> Ek hou van Afrikaans en ek wil kommunikeer in Afrikaans met > > >Afrikaanse mense.
>> Excuse my pathetic Afrikaans.
>>
>> Hes...@mail.south.co.za
>>
>>
> Liewe Hester,
>
> Jy's baie welkom om op die ng saam met ons te kuier, en gesels oor enigiets
> waarin jy belang stel.
> Ek kan ongelukkig nie aanbied om jou te help nie, want ek maak sekerlik self
> baie foute,
> Vira.

Hester en Vira,
Ek kan net sê 'bravo' vir julle entusiasme,
en dat daar regtig niks skeel met julle twee se Afrikaans, geoordeel aan
hoe julle tot nou toe geskryf het nie.

Julle moet julle asseblief nie steur aan daardie ouens wat alewig
negatief staan teenoor Afrikaans nie, en teenoor ander mense wat iets
probeer vermag waarvoor hulle self nie kans sien nie.

Hou so aan.
--
Chris Theron
Durbanville
South Africa
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10422 is 'n antwoord op boodskap #10405] Wo, 20 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Hier onder is 'n bewys dat dit wat Andries Treurnicht was, ook uiting
> in ander verstande het.

Andries Treurnicht sou vir jou ore aangesit het. en ek praat nou van
meer as bloot verstand, wat in jou geval min plek het vir gedagtes
anders as oor jouself.

groete

jopie
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10423 is 'n antwoord op boodskap #10405] Wo, 20 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/20/97 6:58PM, in message , jopie
wrote:

>
>> Excuse my pathetic Afrikaans.
>
>> Dankie.
>
>> Hes...@mail.south.co.za
>
>
> dont worry. afrikaans is a pathetic language. rather study a black
> language
>
> greetings
>
> jopie
>

Quoth the pot to the kettle. How does one say "Jopie" in a black language?
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10424 is 'n antwoord op boodskap #10405] Wo, 20 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
H.Joo wrote in article
...
> Ek is agtienjarige PHSG meisie in Pretoria wat sukkel met Afrikaans.
> Verlede jaar het ek AHM toe gegaan om my Afrikaans te verbeter maar dit het
> nie baie gehelp nie.
>
> Ek hou van Afrikaans en ek wil kommunikeer in Afrikaans met Afrikaanse
> mense. Kan iemand my help? As iemand met my E-mails skryf sal dit baie
> waardeer word.
>
> Excuse my pathetic Afrikaans.

Jou Afrikaans is goed. Dis beter as my Engels. Dit is veel
beter as my Duits, Hollands, Spaans of Sotho.

Die beste manier om jou Afrikaans te verbeter, is om in
Afrikaans te skep. Skep enigiets! Skep die goed wat met
jou liefdes te doen het.

Jy gaan 'n interessante ding ontdek. Hoe groter jou worsteling
(barensnood) is, hoe meer bedinges gaan jou Afrikaans wees.
Moenie iets wat jy so geskep het, dadelik pos nie. Laat dit 'n
dag of twee staan, gaan dit weer deur en maak reg waar jy
kan. Vra dan iemand SPESIFIEK om kommentaar te gee op
jou Afrikaans. Ek sal dit vir jou deur private epos doen. Die dag
wanneer jy iemand spesifiek in die openbaar om kommentaar
op jou Afrikaans te gee, het jy ver gevorder. Moet nooit in die
bondel kommentaar vra nie, tensy jy seker is van hoe elkeen in
die bondel gaan reageer en hoe jy weer daarop sal reageer nie.

Ek het 'n boek in Engels geskryf deur dit van meet af aan in
Engels te skep. Die boek handel oor kreatiwiteit. Die vrou wat
die Engels vir my nagegaan het, kon byna elke barensnood by
my waarneem. Sy het later so lekker gekry wanneer sy dit deur
my powere Engels herken het.

Seker een van die treffendste dinge is dat "emergence" (ontluiking
van iets nuuts) en "emergency" (noodtoestand wat roep om hulp)
van dieselfde stamwoord herlei is. Die outydse Afrikaanse woord
"barensnood" of geboortenood wat hierdie twee betekenisse
treffend saam. Wees net baie versigtig. Vroedvroue (midwifes) is
vandag bitter skaars. Mense sal sommer maklik iemand in
geboortenood 'n skop gee wat eerder tot 'n stilkraam (silent birth)
sal lei.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10425 is 'n antwoord op boodskap #10405] Wo, 20 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Aug 1997 16:58:45 GMT, jo...@fourie.com (jopie) wrote:

As iemand se siel klein is, is daar niks wat daaraan gedoen kan word
nie.

Hier onder is 'n bewys dat dit wat Andries Treurnicht was, ook uiting
in ander verstande het.

Excuse my pathetic Afrikaans.
>
>> Dankie.
>
>> Hes...@mail.south.co.za
>
>
> dont worry. afrikaans is a pathetic language. rather study a black
> language
>
> greetings
>
> jopie>>>
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10440 is 'n antwoord op boodskap #10405] Do, 21 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Aug 1997 22:48:05 GMT, jo...@fourie.com (jopie) wrote:

On Thu, 21 Aug 1997 22:48:05 GMT, in
soc.culture.south-africa.afrikaans you wrote:

Dis nie die punt nie. Het JY hom geken? Wie het oorspronklik van[/color]
> Treurnicht begin praat? Jou verontwaardiging vertel net een ding. Jy
> het Treurnicht se wese duidelik in so 'n mate deurgrond dat jy na
> bepeinsing tot die gevolgtrekking gekom het dat dit 'n belediging vir
> jou is om aan hom ondergeskik gestel te word. Wat jy nog sal moet
> leer, is dat politieke sienings min te doen het met intelligensie.
> Treurnicht het waarskynlik beter geweet as enigiemand anders dat sy
> ideologie 'n joke is. Hy was egter slim genoeg om genoeg mense te bluf
> sodat hy 'n amptelike opposisieparty kon vorm - een met groter
> soustreinkrag as byvoorbeeld die HNP.. >>>

Treurnicht was die minister wat "gese" het ander tale is pateties
daarom moet die skoolkinders in die taal van SY keuse skoolgaan.
Onthou jy?
Of weet jy nie sulke goed nie?

JY het by the way gepraat van Treurnicht die persoon wat my "ore sal
aansit" of so iets. Onthou jy?
JY is dus die een wat hom klaarblyklik geken het.

Ek praat van die politikus. Daarom die verwysing na jou as 'n
klaarblykloike verskyningsvorm van wat hy ook was.
(Begryp jy? Laat weet as ek eenvoudiger moet verduidelik.)


nie. Wat is die nie-argaiese Afrikaans vir woorde soos RAM,[/color]
> screensaver, weirdo, rave, cyber, >>>>

Dus: Afrikaans is pateties omdat dit nie geredelik (sover JY weet en
wat vir JOU reg klink nie) Afrikaanse terme vir Amerikaanse jargon het
nie.

Maar 'n swart taal is NIE pateties nie en werd om te leer eerder as
Afrikaans.

Nou vra ek jou: Wat is die terme in swart tale?

En as hulle nie daar is nie, moet jy poefies met melk en suiker op
eet, ne?

Ek werk ook met Afrikaans en ek weet daar is in die eerste plek 'n
verskil tussen tegniese terme soos RAM en "slang" soos weirdo.

As jy slim genoeg is kry jy maklik Afrikaans vir die tegniese terme.
(Maar jy moet eers weet wat dit min of meer is).

Byvoorbeeld stelselgeheue vir RAM en skermbeskermer vir screen saver.
Cyber, by the way, is kuber. Soos Cyberspace wat kuberruimte is.

Wat weirdo betref, maak jou eie. Gaan loop in die strate en luister en
jy sal die woorde hoor wat weirdo's beskryf.

Moenie net daar sit met 'n outydse woordeboek en as jy nie 'n woord
daarin kry nie, se die taal is pateties nie.

Wat pateties is, is jou taalvaardigheid en die woordeboek.

Die taal is koel.

Waar dink jy het daai Amerikaanse scifi-skrywer (Gibson, is dit nie?)
die woord cyberspace gekry? In 'n Websters opgesoek?
Nee. Hy het dit geskep, poephol.

Was hy jy, het hy natuurlik dadelik Engels as 'n patetiese taal
afgemaak omdat die woordeboek hom nie kon help nie.

Word wakker. Die taal ontspring nie in die woordeboek nie. Die
woordeboek probeer na die tyd saamvat.

Gaan soek JAVA of ActiceX op in die Engelse woordeboek op jou rak en
kyk of dit daarin is.

besig hou met ideologiese en sentimentele draadtrekkery (die klimaks[/color]
> is op jou webblad). Jy weet, soos die ou mense geglo het, skommel maak
> jou blind.>>>

Dit pas dat jy deurmekaar denke, swak logieka en onbegrip op die einde
toe meng met sulke soort beledigings.

(Dis net so boring om keer op keer te sien hoe dit gebeur...)
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10441 is 'n antwoord op boodskap #10405] Do, 21 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Aug 1997 23:27:22 GMT, jo...@fourie.com (jopie) wrote:

>Hier onder is 'n bewys dat dit wat Andries Treurnicht was, ook
uiting
>> in ander verstande het.
>
> Andries Treurnicht sou vir jou ore aangesit het. en ek praat nou van
> meer as bloot verstand, wat in jou geval min plek het vir gedagtes
> anders as oor jouself. >>>

Bedoel jy hy het vinniger gehardloop ook, verder gespring en hoe"r
gepiepie, of wat?

En hoe weet jy?

Jy ken my nie en het hom waarskynlik ook nie geken nie.

Waar hy my wel ore sou aangesit het, is in stiksienigheid - wat jy kan
gaan uit-check deur te gaan kyk wat hy polities gese, geglo en
voorspel het.

Jy is in elk geval 'n rare een - In dieselfde asem spoeg jy op
Afrikaans, verdedig Treurnicht en antwoord in Afrikaans!

Klink of jy Prozac nodig het. Daar swerf deesdae 'n spam-e-mail rond
van Amerikaners wat "natural Prozac" probeer verkwansel, ek hoop
regtig dit kom by jou ook uit. Dalk help dit.
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10451 is 'n antwoord op boodskap #10405] Vr, 22 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 1997 16:09:49 GMT, cvb...@geocities.com (cobus) wrote:

gevolgtrekking kom. Jopie weet hy praat soveel kak dat hy nie sy naam[/color]
> by wil he nie. Wat hy duidelik wil doen, is om Koos uit te lok en hom
> kwaad te maak.
>
> Koos het geval daarvoor, hoek, lyn en sinker.>>>

En wie se vir jou ek hou daarvan nie?
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10452 is 'n antwoord op boodskap #10405] Vr, 22 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Rekenaarterme in Afrikaans?- aaaag, dis mos maklik. So werk dit:

Log On : Hout Op - Sit nog hout op die braai. Die vuur is nie warm genoeg nie.

Log Off: Hout Af - Haal weer af, dis nou te warm.

Monitor: Hou jou oog op die vleis.

Download: Haal Af die vleis, die vroue begin kla julle vat te lank.

Mega Hertz: Baie Seer. Die hond het met die vleis weggeloop.

Floppy Disk: Slap dis pap.

Disk operating system: Die vroumense wat opdis.

RAM : Ram. Wat mens op die spitbraai sit.

Hard Drive : Hard Ry. Om betyds daar te kom, voor alles opgeëet is.

Prompt: Betyds.

Windows: Ruite. Wat ingeslaan word deur hulle wat jou draadloos steel terwyl
jy lekker kuier.

Screen: Skerm. Wat die vlieë weghou.

Byte: Kou. Wat jy maak met daardie lekker gebraaide vleis.

Chip: Skyfie. Wat hulle aan kou voor die vleis gaar is.

Micro Chip: Mikro Skyfie. Al wat in die pakkie oorbly wanneer dit by jou
uitkom.

Infrared : Infrarooi. Die gloed van die kole na alles klaar gebraai is.

Dot Matrix: John Matrix se vrou.

Printer: Drukker. Die bliksem wat kamstig jou vrou in die kombuis gaan help.

Laptop: Skoot. Waar jy haar toe kry.

Keyboard: Sleutelhouer.

Software: Sagteware. Daai plastiek eetgerei wat agterna weggegooi word.

486 - Die ander yuppy se fancy kar.

Mouse: Muis: Die ding wat aan die mielie meel gevreet het voor jy daar gekom
het.

Main Frame : Groot geraamte. Al wat van die ram oorbly.

Port: Fêncy wyn.

Enter: Kom Binne!

Random Access Memory: Selektiewe Geheue. Wanneer jy skoon van jou vrou
vergeet as die Blondine met die lang bene langs jou kom staan.

Program: Agenda. As daar oor politiek gepraat word.

Digital: Die Taal, en Daai Taal. En alles deurmekaar.

CD Rom: K-Drom. Die musiek van die NSA begin speel. Dans lekker!

Geniet julle naweek.
Vira.
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10453 is 'n antwoord op boodskap #10405] Vr, 22 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Aug 1997 01:08:27 GMT, jo...@fourie.com (jopie) wrote:

Byvoorbeeld stelselgeheue
>
> Roep enige tien Afrikaanse rekenaarkenners, noem die woord
> ''stelselgeheue'', en hulle sal jou waarskynlik soos skape aankyk. Nog
> nooit van gehoor nie, maar van RAM wel.. >>>

He,he...
jy het so pas daarin getrap.
Hulle weet wat system memory is.
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10454 is 'n antwoord op boodskap #10405] Vr, 22 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Treurnicht was die minister wat "gese" het ander tale is pateties
> daarom moet die skoolkinders in die taal van SY keuse skoolgaan.
> Onthou jy?
> Of weet jy nie sulke goed nie?

Hy het waarskynlik maar net sentimente van kiesers ge-eggo

> En oor wat daarop volg, met in gedagte wat jy in die eerste plek gese
> het, wat is die Venda, Zoeloe of Xhosa- woorde vir die rekenaarterme?

Nou kom ons by die eintlike argument. As Engelse woorde regstreeks in
swart tale oorgeneem kan word, hoekom nie in Afrikaans nie? Ek raak
gefrustreerd as ek nie Afrikaanse ekwivalente vir Engelse woorde kry
nie. Wat my meer frustreer is dat daar nog mense is wat Engels haat
(kom seker van die Boere-oorlog) , en teen wil en dank 'n Afrikaanse
woord uitforseer, solank dit net nie Engels is nie (lyk my ook nie
Amerikaans nie) Elkeen weet wat 'n screensaver is, hoeveel weet wat 'n
skermbeskermer is? Ek wil NOU 'n woord he. Ek wil nie 20 jaar wag tot
''skermbeskermer", indien wel, algemeen posgevat het nie. Ek stem dat
ons hierdie Engelse woorde net so gebruik, soos die Nederlanders
gereeld maak.

> Nou vra ek jou: Wat is die terme in swart tale?

sien opmerking hierbo

> Byvoorbeeld stelselgeheue

Roep enige tien Afrikaanse rekenaarkenners, noem die woord
''stelselgeheue'', en hulle sal jou waarskynlik soos skape aankyk. Nog
nooit van gehoor nie, maar van RAM wel..

> Die taal is koel.

Hoekom?

> Gaan soek JAVA of ActiceX op in die Engelse woordeboek op jou rak en
> kyk of dit daarin is.

heel waar, veral nogal 'n probleem om ActiceX (???) te vind

> > besig hou met ideologiese en sentimentele draadtrekkery (die klimaks
>> is op jou webblad). Jy weet, soos die ou mense geglo het, skommel maak
>> jou blind.>>>
> Dit pas dat jy deurmekaar denke, swak logieka en onbegrip op die einde
> toe meng met sulke soort beledigings.

Dis geen belediging, maar 'n ernstige versoek dat jy jouself en jou
intelligensie minder ophemel.

Groete

Jopie
Re: Help ! Ek sukkel met Afrikaans! [boodskap #10463 is 'n antwoord op boodskap #10405] So, 24 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Daar is 'n duidelike paranoia oor die gebruik van Engelse
rekenaarsterme by sommige Afrikaners, wat ek onnodig
vind. (Merk op dat ek die woord "vervolgingswaan" kon
gebruik het, maar dat die Griekse "paranoia" ook heel
toelaatbaar is in Afrikaans.) Ek dink dat die Nederlanders
nie so bekommerd is daaroor nie. Hulle sê dan selfs: "stuur
vir my 'n mailtje."
Hier kan 'n mens regtig 'n bladsy uit die boek van die
Japannese neem, wat honderde woorde uit Engels geleen
het en 'n skryfwyse ontwikkel het vir geleende woorde
(katakana.) Wanneer 'n mens Japannees leer, word jy dan
ook spesiaal geleer hoe die Japannese die leenwoorde uit-
spreek, anders kan die Japannese man in die straat nie
verstaan wat jy sê nie.
Een van die dinge wat dit so maklik maak vir Engels
om as huidige internasionale omgangstaal gebruik te word,
is juis die vermoë van Engels om woorde uit ander tale te
absorbeer en dit dan wêreldwyd te versprei. Daarby kom nog
die feit dat dit kultureel en sosiaal aanneemlik geword het
om Engels met lokale kleur en woordeskat te praat.
Om nou jou eie taal, Afrikaans, pateties te noem omdat
dit doen wat al die ander tale ook maar besig is om te doen
met byvoorbeeld rekenaarsterme, is onregverdig.
Om, soos iemand anders elders anders, nou ook hooghartig
op Engels neer te sien wanneer dit vir internasionale gebruik
tot sy basiese vorm gereduseer word, is ewe belaglik. Ek
wonder of daardie persoon besef dat dit een van die dinge
was wat teen Afrikaans geslinger is toe dit nog probeer het
om as taal offisiële status te kry: dat dit plat-Hollands
is, dat dit ékitchen Dutchê is.
Laat ons dus by mekaar oor en weer leen. Niemand is
geskok as jy sê jy gaan na 'n matinee toe, of eet a la
carte nie. Almal eet sauerkraut. Die hele Engelssprekende
wêreld gebruik nou die Afrikaanse woord "trek." Wat se
wet sê dat Afrikaans nou skielik sulke suiwer Dietse woorde
vir alle rekenaarsterme moet hê.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Afrikaans language course
Volgende onderwerp: I am looking for sources of Afrikaans language on the Internet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:04:04 MGT 2024