Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kase
Kase [boodskap #103322] Sa, 21 Mei 2005 05:32 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Seker in die begin gedeelte sien ons van Willem Elsschot se roman "
Kaas " 'n snyend sinisme.
____________________________________________________________ _______

Eindlik skryf ek jou weer omdat daar groot dinge gaan gebeur en
wel deur toedoen van meneer Van Schoonbeke.

Jy moet weet my moeder is gestorwe.
'n Nare geskiedenis natuurlik, nie alleen vir haar maar ook vir my
susters, wat hulle byna doodgewaak het.
Sy was oud, baie oud. Op 'n paar jaar na weet ek nie hoe oud sy
presies is gewees nie. Sy was nie eintlik siek nie, maar grondig
verslete.
My ouer suster, waarby moeder het ingewoon, was goed vir haar. Sy het
haar brood geweek, gesorg vir die stoelgang en om haar besig te hou
haar aartappels gegee om te skil. Sy het geskil, geskil soos vir 'n
weermag. Ons het almal ons aartappels by ons suster gebring, ook van
die dame bo ons het sy gekry, en van 'n paar bure ook nog, want toe
hulle probeer haar 'n emmer met alreeds geskilde aartappels oor te
laat skil, deur gebrek aan voorraad, het sy dit opgemerk en warempel
gesê " die aartappels is al geskil "

Toe sy niet meer kon skil nie, omdat haar hande en oë nie so goed
meer saam gewerk het nie toe het my suster haar wol en kapok gegee,
wat deur die beslaap harde wolknoppe geword het. Dit het baie stof
gemaak en moeder was van kop tot toon een en al met pluis bedek.
So het dit maar steeds aangegaan, by nag sowel as by dag: dommel,
kapok pluis, dommel, kapok pluis. En af en toe daar 'n glimlag
deurgeen.
God weet tot wie.
Van my vader, wat pas 'n jaar of vyf dood was, het sy niks meer
geweet nie. Die het nooit meer bestaan nie, al het hulle 9 kinders
gehad. Wanneer ek haar besoek het, het ek wel eens oor hom gepraat om
haar lewensgeeste weer aan te wakker.
Ek het haar gevra of sy waaragtig Krist nie meer ken nie, want dit
was sy naam. Sy het haarself wreeslik geweld aangedoen om my vra te
verstaan. Dit het gelyk sy verstaan dat sy iets moet verstaan, het in
haar stoel naar voor gekom, en het my met 'n gespanne gesig met
swellend slaapaders aangestaar: 'n uitdowende lamp wat dreig te
ontplof by wyse van afskeid.

Na 'n rukkie het die vonk weer gedoof, en het sy 'n glimlag gegee wat
deur murg en been gegaan het. As ek te lang het aangedring het sy
bang geword. Nee, die verlede het vir haar niemeer bestaan nie. Geen
Krist geen kinders nie, alleen die pluis van kapok.
Een ding het nog deur haar hoofd gespook, naamlik 'n klein hypoteek
op een van haar huisies was nog nie afbetaal nie. Het sy die geldjies
eers nog byeen wil skraap?
My gawe suster het oor haar gepraat waar sy by gesit het, soos oor
iemand wat nie daar was nie: " Sy het vandag goed geeet. Sy is vandag
baie lastig gewees."
Toe sy niemeer kapok kon pluis nie, het sy nog 'n tyd lank met haar
blou knokkelhande parallel op haar skoot gesit of het ure lank aan
haar stoel gekrap asof die pluiswerk nog nagewerk het. Sy het gister
en môre niemeer onderskei nie.

Dit het beteken " nie nou nie ". Het dit gekom omdat haar sig
verswakte of deurdat sy deur kwaaie geeste bery is gewees? In elk
geval het sy niemeer geweet of dit dag of nag is nie, sy het
opgestaan as sy moes lê en geslaap as sy veronderstel was te praat.
As sy haarself aan mure en meubels vasgehou het kon sy nog wat loop.
Snags, as almal geslaap het, het sy opgestaan, tot in haar stoel
gesukkel en kapok begin pluis wat nie daar was nie, of sy het solank
gesoek tot sy die koffiemeul in hande gekry het, asof sy 'n plan
gehad het om vir een of ander medestaander koffie te maak.
En steeds die swarte hoed op haar grys kop, ook in die nag, as gereed
om uit te gaan.
Glo jy in heksery?
Eintlik het sy gaan lê, en toe sy gelate die hoed laat afneem, het ek
geweet sy sal nie meer opstaan nie
Re: Kase [boodskap #103326 is 'n antwoord op boodskap #103322] Sa, 21 Mei 2005 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Seker in die begin gedeelte sien ons van Willem Elsschot se roman "
> Kaas " 'n snyend sinisme.
> ____________________________________________________________ _______
>
>
> Eindlik skryf ek jou weer omdat daar groot dinge gaan gebeur en
> wel deur toedoen van meneer Van Schoonbeke.
>
> Jy moet weet my moeder is gestorwe.
> 'n Nare geskiedenis natuurlik, nie alleen vir haar maar ook vir my
> susters, wat hulle byna doodgewaak het.

Annette, ek kan verskeie dinge nie verstaan nie. Iets klop
nie. Vireers, hoekom is die taal 'n snaakse mengsel van
Nederlands en Afrikaans. Willem Elsschot is tog 'n
Nederlandse skrywer. En wat het meneer Van Schoonbeke
met die prys van eiers te doen?

Gloudina
Re: Kase [boodskap #103331 is 'n antwoord op boodskap #103326] So, 22 Mei 2005 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:v6KdnQTDwZBtvRLfRVn-2Q@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
>> Seker in die begin gedeelte sien ons van Willem Elsschot se roman "
>> Kaas " 'n snyend sinisme.
>> ____________________________________________________________ _______
>>
>>
>> Eindlik skryf ek jou weer omdat daar groot dinge gaan gebeur en
>> wel deur toedoen van meneer Van Schoonbeke.
>>
>> Jy moet weet my moeder is gestorwe.
>> 'n Nare geskiedenis natuurlik, nie alleen vir haar maar ook vir my
>> susters, wat hulle byna doodgewaak het.
>
> Annette, ek kan verskeie dinge nie verstaan nie. Iets klop
> nie. Vireers, hoekom is die taal 'n snaakse mengsel van
> Nederlands en Afrikaans. Willem Elsschot is tog 'n
> Nederlandse skrywer. En wat het meneer Van Schoonbeke
> met die prys van eiers te doen?
>
> Gloudina
Fout Gloudina,W.Elsschot is een vlaamse skrywer,lees maar die link

http://www.degrootstebelg.be/dgb_master/100belgen/dgb_elssch ot_willem/index.shtml
>
Re: Kase [boodskap #103332 is 'n antwoord op boodskap #103331] So, 22 Mei 2005 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
" de boskabouter" skryf

> Fout Gloudina,W.Elsschot is een vlaamse skrywer,lees maar die link

Sover ek weet, bedien skrywers wat in Vlaandere woon
hulleself nou van Algemene Beskaafde Nederlands. Tensy
hulle in een of ander Vlaamse dialek skryf. En ek kan nie
dink dat Elsschot in dié stuk in 'n Vlaamse dialek skryf
nie. Dit klink na 'n mengsel van meestal Afrikaans en
gebroke Nederlands. Maar ek mag natuurlik verkeerd
wees.
Dan is daar nog iets wat nie in die storie klop nie. Dis
asof iemand 'n punt probeer bewys, maar nie alles
aanhaal nie. So ek is nog in die duister.

Gloudina
Re: Kase [boodskap #103333 is 'n antwoord op boodskap #103332] So, 22 Mei 2005 13:10 Na vorige boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:CMCdnQX3ZrSx8A3fRVn-jQ@rogers.com...
>
> " de boskabouter" skryf
>
>> Fout Gloudina,W.Elsschot is een vlaamse skrywer,lees maar die link
>
> Sover ek weet, bedien skrywers wat in Vlaandere woon
> hulleself nou van Algemene Beskaafde Nederlands. Tensy
> hulle in een of ander Vlaamse dialek skryf. En ek kan nie
> dink dat Elsschot in dié stuk in 'n Vlaamse dialek skryf
> nie. Dit klink na 'n mengsel van meestal Afrikaans en
> gebroke Nederlands. Maar ek mag natuurlik verkeerd
> wees.
> Dan is daar nog iets wat nie in die storie klop nie. Dis
> asof iemand 'n punt probeer bewys, maar nie alles
> aanhaal nie. So ek is nog in die duister.
>
> Gloudina
>
Daar is so iets as Noord-en Suid-Nederlands,sommige Vlaamse skrywers
gebruik soms typies Vlaamse uitdrukkinge wat vir Africaners selfs maklikker
te verstaan is as Noord-Hollands,aangesien ons Vlaamse uitdrukkinge prakties
saamstem met Africaanse daar oorspronkelyke afkomstig is uit Zeeland,dit is
tussen Vlaandere en Nederland,sonder in details te trede
Vorige onderwerp: Spoed van die aarde
Volgende onderwerp: Re: Today is Savate Day
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 03:33:16 MGT 2024