Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Invoere, die Sjinese & Amazon.com
Invoere, die Sjinese & Amazon.com [boodskap #103094] So, 15 Mei 2005 13:34 na volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
> koebaai, ek ry nou Thirsty's toe.
> Nie om 'n thirst te les nie, maar daar is iets
> wat ek wil gaan haal by die vlooimark.
> Iets waaroor ek netnou wil gesels.
> Sien julle.

Dit het ek netnou vir Jonas gesê. Ek het my kope gaan koop.
Toe ek terug kom, sê Ferdi:

> Kry dit in Sandton by een van die groot CD-winkels (dis nou die DVD wat ek kry) teen fokken R350 !!
> Gaan toe laggend huis toe en bestel dit van Amazon. Wag twee weke en
> kry dit vir R120 - alles ingesluit.
> Weet die mense dat hulle op die punt is om al hul kliente te verloor?

Dit staan in verhouding met mekaar.

Die land se klerevervaardigers vra dat invoere uit die Ooste gestaak
word. Die regering probeer dit moeilik maak vir die invoerders en 'n
regeringswoordvoerder vra dat 'die land se mense lokaal koop.'

* * * * * *
Intussen erken die binnelandse vervaardigers van klere dat die
ingevoerde produk BETER is as die lokaal vervaardigde produk.
* * * * * *

Ek dra kortbroeke want ek woon in 'n sub-tropiese klimaat.
'n Kortbroek by Edgars kos my twee maande gelede R150.00 en 'n paar
dae later koop ek 'n 'JEEP" kortbroek vir R200.

Toe koop ek 'n handvol broeke by die vlooimark op die strand
vir R15.00 stuk! Julle het reg gelees, R15!
Annette sal dit ook weet, want sy woon ook in 'n strandstad.
Beslis is dit binnelands ook verkrygbaar.

Op my Edgars kortbroeke staan 'Dow Jones' en 'Jeep'
geskryf. Op die vlooimark broeke staan niks. Nie eens
'made in China' nie. Niks, en dit sit beter, en die materiaal
is van dieselfde hoogstaande gehalte. Net 3 sizes S M & L
en vele van die groottes verskil van mekaar (ek neem een saam om
as maatstaf te gebruik) maar dit ward uit bale verkoop, en jy moet
soek wat pas.

Netnou toe ek ry, was ek by twee vlooimarkte. By een het ek
kortbroeke vir R15 gekry en by die ander vir R30.
Die R30 kortbroeke is van nog beter gehalte 'double stich' en dies
meer. En 'n baie mooi logo daarop.

Die eienaar van die (R30) stal vertel my toe dat hy die klere self
maak en beduie my waar sy winkel/fabriek is. Baie naby, miskien 5
kilos van waar ek woon. So, hy voer nie eens baalgewyse in nie, maar
huur 'n perseel, betaal personeel, en verkoop oor 'n toonbank.
Beter gehalte as die winkels van naam se R199.99 produkte.

DD
Re: Invoere, die Sjinese & Amazon.com [boodskap #103098 is 'n antwoord op boodskap #103094] So, 15 Mei 2005 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die wonder van kompetisie - as mens Sondae by die groot vlooimark by
Groenpunt gaan ronddwaal, en jy kan onthou wat jy waar teen watter prys
gesien het, sal jy altyd die beste produk teen die goedkoopste prys kan kry.
Ek koop al lankal net geskenke, en soms selfs klere net daar.
--
Groetnis
Annette

"Dave" skryf in boodskap news:o4ie811pqk218r5fg45qe0dsmoigf32tld@4ax.com...
>
>
>> koebaai, ek ry nou Thirsty's toe.
>> Nie om 'n thirst te les nie, maar daar is iets
>> wat ek wil gaan haal by die vlooimark.
>> Iets waaroor ek netnou wil gesels.
>> Sien julle.
>
> Dit het ek netnou vir Jonas gesê. Ek het my kope gaan koop.
> Toe ek terug kom, sê Ferdi:
>
>> Kry dit in Sandton by een van die groot CD-winkels (dis nou die DVD wat ek kry) teen fokken R350 !!
>> Gaan toe laggend huis toe en bestel dit van Amazon. Wag twee weke en
>> kry dit vir R120 - alles ingesluit.
>> Weet die mense dat hulle op die punt is om al hul kliente te verloor?
>
> Dit staan in verhouding met mekaar.
>
> Die land se klerevervaardigers vra dat invoere uit die Ooste gestaak
> word. Die regering probeer dit moeilik maak vir die invoerders en 'n
> regeringswoordvoerder vra dat 'die land se mense lokaal koop.'
>
> * * * * * *
> Intussen erken die binnelandse vervaardigers van klere dat die
> ingevoerde produk BETER is as die lokaal vervaardigde produk.
> * * * * * *
>
> Ek dra kortbroeke want ek woon in 'n sub-tropiese klimaat.
> 'n Kortbroek by Edgars kos my twee maande gelede R150.00 en 'n paar
> dae later koop ek 'n 'JEEP" kortbroek vir R200.
>
> Toe koop ek 'n handvol broeke by die vlooimark op die strand
> vir R15.00 stuk! Julle het reg gelees, R15!
> Annette sal dit ook weet, want sy woon ook in 'n strandstad.
> Beslis is dit binnelands ook verkrygbaar.
>
> Op my Edgars kortbroeke staan 'Dow Jones' en 'Jeep'
> geskryf. Op die vlooimark broeke staan niks. Nie eens
> 'made in China' nie. Niks, en dit sit beter, en die materiaal
> is van dieselfde hoogstaande gehalte. Net 3 sizes S M & L
> en vele van die groottes verskil van mekaar (ek neem een saam om
> as maatstaf te gebruik) maar dit ward uit bale verkoop, en jy moet
> soek wat pas.
>
> Netnou toe ek ry, was ek by twee vlooimarkte. By een het ek
> kortbroeke vir R15 gekry en by die ander vir R30.
> Die R30 kortbroeke is van nog beter gehalte 'double stich' en dies
> meer. En 'n baie mooi logo daarop.
>
> Die eienaar van die (R30) stal vertel my toe dat hy die klere self
> maak en beduie my waar sy winkel/fabriek is. Baie naby, miskien 5
> kilos van waar ek woon. So, hy voer nie eens baalgewyse in nie, maar
> huur 'n perseel, betaal personeel, en verkoop oor 'n toonbank.
> Beter gehalte as die winkels van naam se R199.99 produkte.
>
> DD
>
Re: Invoere, die Sjinese & Amazon.com [boodskap #103103 is 'n antwoord op boodskap #103098] So, 15 Mei 2005 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 May 2005 16:57:28 +0200, "Annette" wrote:

> Die wonder van kompetisie - as mens Sondae by die groot vlooimark by
> Groenpunt gaan ronddwaal, en jy kan onthou wat jy waar teen watter prys
> gesien het, sal jy altyd die beste produk teen die goedkoopste prys kan kry.
> Ek koop al lankal net geskenke, en soms selfs klere net daar.

Die wonder van kompetisie sê jy - as mens naweke by die vlooimarkte
inloer, en jy sien waarvoor produkte verkoop waar kompeterendes
skouer aan skouer staan, en jy vergelyk dit met die pryse van
groot winkels, dan staan jy in verwondering oor die winsgrens wat
gehef word.
En dan sien jy die belaglikheid van die anc spreker wat vra
dat kopers die lokale markte moet ondersteun. Die belaglikheid daarvan
om te vra dat mens moet ter wille van lojoliteit 5 to 10 maal (nie
oordrewe) die prys betaal, vir 'n meer minderwaardige produk.
(Nou dat ek dit op papier sien, raak ek eers die donner in!)

DD

'meer minderwaardig'
- die beskrywing klink heel lekker
en minder en minder minderwaardig
en ek bedoel geen meerderwaardigheid by die spog nie.
Re: Invoere, die Sjinese & Amazon.com [boodskap #103104 is 'n antwoord op boodskap #103103] So, 15 Mei 2005 15:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Punt is, dat by die vlooimark die basiese ekonomiese beginsels geld - almal
is in kompetisie met mekaar, en elkeen sal sy ware aanbied of verkoop teen
die prys waarmee hulle gemaklik voel.
In teenstelling sit ons met die groot klerewinkels byvoorbeeld, wat oral in
nuwe sentrums opduik, en die meeste vloerspasie beklee in ou sentrums, wat
duidelik met mekaar ooreenkom wie wat teen watter prys sal verkoop - en dit
terwyl ons geagte Minister van Handel en Nywerheid openlik verklaar dat
prysvasstelling glo onwettig is.
Al ooit opgemerk dat geen twee groot klerewinkels presies op dieselfde tyd
in 'n sentrum 'n uitverkoping aandie gang het nie?
Advertensiegewys word die datums van uitverkopings al die vorige jaar bepaal
vir begrotingsdoeleindes, en sodat die advertensiemasjien en veldtogte
genoeg tyd het om alles mooi en betyds klaar te kry.

Dan kos die klere by di vlooimark nog steeds goedkoper as die
uitverkoopgoed, en geen vlooimarkstalletjie het ooit 'n uitverkopingbordjie
op nie.

--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za

"Dave" skryf in boodskap news:gbqe81pv5clkoeqd1mivmegr5876ptr9fc@4ax.com...
> On Sun, 15 May 2005 16:57:28 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Die wonder van kompetisie - as mens Sondae by die groot vlooimark by
>> Groenpunt gaan ronddwaal, en jy kan onthou wat jy waar teen watter prys
>> gesien het, sal jy altyd die beste produk teen die goedkoopste prys kan kry.
>> Ek koop al lankal net geskenke, en soms selfs klere net daar.
>
>
> Die wonder van kompetisie sê jy - as mens naweke by die vlooimarkte
> inloer, en jy sien waarvoor produkte verkoop waar kompeterendes
> skouer aan skouer staan, en jy vergelyk dit met die pryse van
> groot winkels, dan staan jy in verwondering oor die winsgrens wat
> gehef word.
> En dan sien jy die belaglikheid van die anc spreker wat vra
> dat kopers die lokale markte moet ondersteun. Die belaglikheid daarvan
> om te vra dat mens moet ter wille van lojoliteit 5 to 10 maal (nie
> oordrewe) die prys betaal, vir 'n meer minderwaardige produk.
> (Nou dat ek dit op papier sien, raak ek eers die donner in!)
>
> DD
>
> 'meer minderwaardig'
> - die beskrywing klink heel lekker
> en minder en minder minderwaardig
> en ek bedoel geen meerderwaardigheid by die spog nie.
>
Re: Invoere, die Sjinese & Amazon.com [boodskap #103109 is 'n antwoord op boodskap #103104] So, 15 Mei 2005 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 May 2005 17:49:19 +0200, "Annette" wrote:

> Al ooit opgemerk dat geen twee groot klerewinkels presies op dieselfde tyd
> in 'n sentrum 'n uitverkoping aandie gang het nie?

nog nie opgemerk nie, maar nou dat jy dit noem, klink dit bekend.

> Advertensiegewys word die datums van uitverkopings al die vorige jaar bepaal
> vir begrotingsdoeleindes, en sodat die advertensiemasjien en veldtogte
> genoeg tyd het om alles mooi en betyds klaar te kry.
>

Die groot winkels, en natuurlik geld dit vir meubels ens. is totaal
afhanklik van vaste kliënte, MAW rekeninghouers.

> Dan kos die klere by di vlooimark nog steeds goedkoper as die
> uitverkoopgoed, en geen vlooimarkstalletjie het ooit 'n uitverkopingbordjie
> op nie.

Jy het netnou iets anders genoem, wat die mense weer aan moet dink.
Jy het gepraat van geskenke koop.
Wenk aan die mense wat vele geskenke uitdeel oor Kersfees,
en dan kla oor die pryse daarvan:
Koop nòu reeds vir die komende Kersfees geskenke.

DD
Re: Invoere, die Sjinese & Amazon.com [boodskap #103127 is 'n antwoord op boodskap #103094] Ma, 16 Mei 2005 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 May 2005 15:34:13 +0200, Dave wrote:

> Dit staan in verhouding met mekaar.
>
> Die land se klerevervaardigers vra dat invoere uit die Ooste gestaak
> word. Die regering probeer dit moeilik maak vir die invoerders en 'n
> regeringswoordvoerder vra dat 'die land se mense lokaal koop.'

Een belangrike verskil - die winkel wat die DVD verkoop voer dit OOK
in van die VSA.

Ek ken iemand wat by 'n groot boekwinkel werk wat ook DVD's verkoop en
hy se baie kere as hulle bestellings kry, bestel HULLE dit van Amazon,
ontvang dit, sit 'n price hike op en bel die klient.

Die klere is anders want goed word van China ingevoer en dit maak 'n
plaaslike mark dood. Ek praat hier nie van hoekom en waar nie, bloot
van die die struktuur van die ding.
Dis ingevoerde klere vs. plaaslik vervaardigde klere.

Wanneer dit by DVD's kom is dit ingevoerde DVD's vs ingevoerde DVD's.

Die winkel voer dit in, betaal belasting en verkoop dit.
As ek by Amazon bestel, doen ek presies dieselfde. Ek voer in en
betaal belasting. Maar dis amper 50% goedkoper!!!

Ander aspek van die klere uit China. In die elgemeen het Oosterse
mense 'n ander "body type" as Europese mense. In SA is die meeste mans
- van alle rasse - Europese body types. Langer bene, in die algemeen.

Goedkoop ingevoerde jeans se bene is vir my baie kere te kort en die
middel te wyd. So 3 jaar gelede soek ek toe jeans en loop al die sg.
beter winkels plat -Stuttafords and such ingesluit. Oral kry ek jeans
met kort bene en wye middels. Dit was toe die Rand swak was. My
afleiding was dat daar op skaal van die Ooste ingevoer was.

Soek nou die dag weer jeans. Nou is my probleem die lae snit wat
tieners dra. Die broeke hyang mos op hulle gatte. Dis ongemaklik en is
anyway te oud vir sulke kak.

Toe kry ek oplaas jeans wat perfek pas by Marlboro. R500. Ha fokken
ha. Se toe vir die ou ek weier om si baie te betaal vir 'n stuk denim
wat iewers in 'n sweat shop gemaak is en waarskynlik vir R30 aangekoop
is. Gaan toe langsaan na Markams - laaste poging voor ek in 'n huff
huis toe ry. Kry toeamper perfekte pas vir R150.

Moral van die lang storie: Ek sal bereid wees om R200 te betaal vir
PLAASLIK vervaardigde jeans wat fokken pas eerder as R50 vir Chinese
jeans wat heel waarskynlik nie gaan pas nie.

Maar R500? No ways.
Re: Invoere, die Sjinese & Amazon.com [boodskap #103130 is 'n antwoord op boodskap #103127] Ma, 16 Mei 2005 07:57 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek was nog nooit teleurgesteld by Mr Price nie - hulle het klere daar wat
tot vir die moeilikste lyfies pas.
Ek kry altyd jeans daar, en het nog nooit meer as R80 betaal nie.

--
Groetnis
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:bdjg815a7diobjn1l2j447fck9tcbopfu1@4ax.com...
> On Sun, 15 May 2005 15:34:13 +0200, Dave wrote:
>
> >
>> Die land se klerevervaardigers vra dat invoere uit die Ooste gestaak
>> word. Die regering probeer dit moeilik maak vir die invoerders en 'n
>> regeringswoordvoerder vra dat 'die land se mense lokaal koop.'
>
> Een belangrike verskil - die winkel wat die DVD verkoop voer dit OOK
> in van die VSA.
>
> Ek ken iemand wat by 'n groot boekwinkel werk wat ook DVD's verkoop en
> hy se baie kere as hulle bestellings kry, bestel HULLE dit van Amazon,
> ontvang dit, sit 'n price hike op en bel die klient.
>
> Die klere is anders want goed word van China ingevoer en dit maak 'n
> plaaslike mark dood. Ek praat hier nie van hoekom en waar nie, bloot
> van die die struktuur van die ding.
> Dis ingevoerde klere vs. plaaslik vervaardigde klere.
>
> Wanneer dit by DVD's kom is dit ingevoerde DVD's vs ingevoerde DVD's.
>
> Die winkel voer dit in, betaal belasting en verkoop dit.
> As ek by Amazon bestel, doen ek presies dieselfde. Ek voer in en
> betaal belasting. Maar dis amper 50% goedkoper!!!
>
> Ander aspek van die klere uit China. In die elgemeen het Oosterse
> mense 'n ander "body type" as Europese mense. In SA is die meeste mans
> - van alle rasse - Europese body types. Langer bene, in die algemeen.
>
> Goedkoop ingevoerde jeans se bene is vir my baie kere te kort en die
> middel te wyd. So 3 jaar gelede soek ek toe jeans en loop al die sg.
> beter winkels plat -Stuttafords and such ingesluit. Oral kry ek jeans
> met kort bene en wye middels. Dit was toe die Rand swak was. My
> afleiding was dat daar op skaal van die Ooste ingevoer was.
>
> Soek nou die dag weer jeans. Nou is my probleem die lae snit wat
> tieners dra. Die broeke hyang mos op hulle gatte. Dis ongemaklik en is
> anyway te oud vir sulke kak.
>
> Toe kry ek oplaas jeans wat perfek pas by Marlboro. R500. Ha fokken
> ha. Se toe vir die ou ek weier om si baie te betaal vir 'n stuk denim
> wat iewers in 'n sweat shop gemaak is en waarskynlik vir R30 aangekoop
> is. Gaan toe langsaan na Markams - laaste poging voor ek in 'n huff
> huis toe ry. Kry toeamper perfekte pas vir R150.
>
> Moral van die lang storie: Ek sal bereid wees om R200 te betaal vir
> PLAASLIK vervaardigde jeans wat fokken pas eerder as R50 vir Chinese
> jeans wat heel waarskynlik nie gaan pas nie.
>
> Maar R500? No ways.
>
Vorige onderwerp: Globalisasie
Volgende onderwerp: Moleste in Orania
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 05:08:22 MGT 2024