Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " 'n Pass op 'n pap hart " deur DANIE MARAIS
" 'n Pass op 'n pap hart " deur DANIE MARAIS [boodskap #102923] So, 08 Mei 2005 20:50 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Pass op 'n pap hart
Danie Marais

Twee Vrydae gelede toe
-- virrie eerste keer in 'n laaaaang tyd --
maak 'n meisie 'n pass op my --
veral eers na sy gehoor het
dat ek van ver gekom het vir 'n ander vrou.
Sy sê dis wonderlik,
jy't jou hart gevolg.
O, as iemand so iets vir haar sou doen...
Sy sê sy's moeg om Sondae alleen wakker te word.

En ek sê maar ek's dalk bietjie dronk,
maar dit werkie so nie.
Die hart is 'n erdwurm --
jy kan hom nie volg nie.
Jy sny net stukkies wurm af,
aspris of per ongeluk,
en hulle sukkel-wriemel blind "weiter"
in die seesand van kleintyd
in ander tale
in jou ouma se Bybel
in jou ma'le se bedkassie
in ou girl friends se foto's
in ou vriende se bier ...

Ek sê snags assie huise asem-ophou luister,
hoe die maan ou geheime in kat-ore fluister,
weet jy die hart se brûe bly onverbrand,
selfs al woon jy ver in 'n an-
der land.
Re: " 'n Pass op 'n pap hart " deur DANIE MARAIS [boodskap #102958 is 'n antwoord op boodskap #102923] Ma, 09 Mei 2005 21:58 Na vorige boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 8 May 2005 16:50:33 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> 'n Pass op 'n pap hart
> Danie Marais
>
> Twee Vrydae gelede toe
> -- virrie eerste keer in 'n laaaaang tyd --
> maak 'n meisie 'n pass op my --
> veral eers na sy gehoor het

Dankie Tannie, dis mooi!
Vorige onderwerp: Doof, balhorig of moedswillig
Volgende onderwerp: Twee aparte wêrelde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 17:37:54 MGT 2024