Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Testikels afgesny toe dokter glo fout maak
Testikels afgesny toe dokter glo fout maak [boodskap #102735] Di, 26 April 2005 19:06
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
Testikels afgesny toe dokter glo fout maak
Alet Rademeyer

"Oom, ek voel soos 'n groot aap. Ons het die verkeerde operasie op jou uitgevoer, ons het nooit na jou lêer gekyk nie."

Dít was na bewering die woorde van 'n dokter aan 'n bejaarde man van Volksrust in Mpumalanga nadat dié 72-jarige man se testikels pleks van sy prostaat tydens 'n operasie in die Pretoriase Akademiese Hospitaal verwyder is.

Die man het 'n klag ingedien by die Raad op Gesondheidsberoepe, wat moontlike onprofessionele gedrag ondersoek teen die Pretoriase dokter wat die operasie in 2002 gedoen het.

Weens die "sensitiewe" aard van die saak het dr. P.J. Barnard, voorsitter van die raad se tugkomitee, gister in Pretoria gelas dat die identiteit van die man sowel as dié van die betrokke twee dokters nie in die media bekend gemaak word nie.

Die verhoor van die dokters is saamgevoeg en albei ontken skuld.

In sy klagbrief voer die man aan 'n foutiewe operasie is op hom uitgevoer en dat die verwydering van sy testikels nie die operasie was waaroor hy ingelig en voorbereid op was nie.
Luidens die brief het 'n dokter - nié die dokter wat die operasie uitgevoer het nie - ná die operasie glo aan hom gesê die verkeerde operasie is uitgevoer.

Die dokter wat die operasie gedoen het, word onder meer daarvan aangekla dat hy prof. S. Reif, wat die pasiënt vir 'n prostaatverwydering verwys het, nie gekonsulteer het toe onduidelikheid ontstaan het oor watter operasie uitgevoer moes word nie.

Die man het gister in kruisondervraging gesê die dokter het wel net voor die operasie aan hom verduidelik wat die verwydering van sy testikels sou behels en wat die newe-effekte sou wees. Hy was in daardie stadium tevrede met die dokter se verduideliking dat dit 'n nuwe tegniek is om eers die testikels te verwyder en daarna ook die prostaat indien 'n verbetering nie intree nie.

Dit was eers ná die operasie dat hy weer daaroor gaan dink het en besluit het om 'n klag in te dien.
In sy klagbrief meld hy dat hy emosionele probleme sowel as warm gloede ondervind ná die testikeloperasie.

"Ek is ook humeurig en het sowat 10 kg opgetel," het hy gesê.
Die verhoor duur voort.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1695724,00. html
Vorige onderwerp: Hofsake in 'n ry
Volgende onderwerp: Schabir Shaik se woonstel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 16:25:08 MGT 2024