Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sangoma gee ander man se huis weg.
Sangoma gee ander man se huis weg. [boodskap #102106] Di, 29 Maart 2005 22:50
ek.kyk....@gmail.com  is tans af-lyn  ek.kyk....@gmail.com
Boodskappe: 67
Geregistreer: Maart 2005
Karma: 0
Volle Lid
Ja, Ferdi, Gloudina en kie, ons ou landjie gaan beslis vooruit. Kop
eerste by die voorruit uit!

-----------------------------------------------------------

Sangoma gee gesin se huis weg
Virginia Keppler

'n Gesin van Meyerspark in Pretoria kon hul ore nie glo nie toe hulle
van vakansie af terugkom en hoor 'n sangoma het hul huis aan 'n
vreemdeling gegee.

Mnr. Marius Lombard (41, gesigfoto) sê toe hy en sy gesin
Maandagmiddag by hul huis aankom, was die elektriese hekke met slotte
gesluit. Lombard, sy vrou, Waldette, en hul vyf kinders was die naweek
aan die KwaZulu-Natalse Suidkus vir 'n kort vakansie.

"Ek het eers gedink iemand het by ons huis ingebreek en dat die
veiligheidsmaatskappy die hekke gesluit het, maar hulle het van niks
geweet nie."

Lombard het toe sy buurman, mnr. Norbet Allgeier, gevra of hy die hekke
gesluit het, maar hy het ook van niks geweet nie.

"Ek het die plek heeltyd dopgehou en nooit iets gesien nie," het
Allgeier Dinsdag gesê.

Lombard en Allgeier het toe besluit om die slotte oop te knip.

"Terwyl ons die eerste slot oopgeknip het, het 'n man daar aangekom. Hy
vra my toe wie my die reg gegee het om sy slotte oop te knip, want hy
het sleutels daarvoor.

"Hy het die sleutels vir my gegee en tot my verbasing het dit die ander
slot oopgesluit."

Volgens Lombard het die man toe al 'n hele paar dae op sy erf gewoon.
Hy het ook 'n sak met klere daar gehad.

"Die man het vertel dat 'n sangoma vir hom gesê het hy moet 'n huis
gaan uitkies en die hekke sluit, want dan word dit syne.

"Toe ek sê ek gaan die polisie bel, het hy gesê dis reg so, want dan
kan hy die polisie self vertel dit is sy huis."

Die polisie het die man uiteindelik verwyder. Lombard het geen klag
teen hom aanhangig gemaak nie.

"Hy het niks beskadig of gesteel nie en hy het nie in die huis gebly
nie" het Lombard Dinsdag gesê.
Vorige onderwerp: Zal het Afrikaans verdwiijnen?
Volgende onderwerp: Doemprofete oor niks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 06:25:56 MGT 2024