Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons nuwe duikbote
Ons nuwe duikbote [boodskap #101675] Do, 03 Maart 2005 08:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaan mos nou per vragskip afgelewer word.
Volgens die koerant is dit omdat die 90 bemanningslede wat 2 jaar in
Duitsland opleiding ontvang het ( saamgestel streng volgens die
bevolkingsamestelling) nie in staat is om dit op eie stoom hier te kry nie.
Volgens 'n politikus vanoggend, omdat al die ander bote glo so afgelewer is.

Feit is, is dat die fregatte wat so afgelewer was net leë doppe was, en eers
hier toegerus is. Die duikbote is ten volle toegerus, en heeltemal in staat
om op eie stoom hier te kom met 'n opgeleide bemanning.....

Wonder net hoe lank neem dit om 90 bemanningslede op te lei, as twee jaar in
die vreemde nie genoeg is nie...
--
Groetnis
Annette
Re: Ons nuwe duikbote [boodskap #101677 is 'n antwoord op boodskap #101675] Do, 03 Maart 2005 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Waar's die dae toe die SA Lugmag toe hulle die eerste Mirages in Frankryk
gaan haal [rondom 1963]het en die manne wat gestuur was om die opleiding te
kry, het gou truuks met die Mirages gedoen wat die Franse verstom gelaat
het? Dis wat my die meeste irriteer van die nuwe Afrika: Die
aanvaarbaarheid van die verlaging van standaarde.

"Annette" skryf in boodskap news:d06h2h$9df$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gaan mos nou per vragskip afgelewer word.
> Volgens die koerant is dit omdat die 90 bemanningslede wat 2 jaar in
> Duitsland opleiding ontvang het ( saamgestel streng volgens die
> bevolkingsamestelling) nie in staat is om dit op eie stoom hier te kry
> nie.
> Volgens 'n politikus vanoggend, omdat al die ander bote glo so afgelewer
> is.
>
> Feit is, is dat die fregatte wat so afgelewer was net leë doppe was, en
> eers
> hier toegerus is. Die duikbote is ten volle toegerus, en heeltemal in
> staat
> om op eie stoom hier te kom met 'n opgeleide bemanning.....
>
> Wonder net hoe lank neem dit om 90 bemanningslede op te lei, as twee jaar
> in
> die vreemde nie genoeg is nie...
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Ons nuwe duikbote [boodskap #101682 is 'n antwoord op boodskap #101675] Do, 03 Maart 2005 09:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Mar 2005 10:14:49 +0200, "Annette" wrote:

> Gaan mos nou per vragskip afgelewer word.

Die "up side" is dat die bote at least nie gesink gaan word nie - soos
ons vloot in die 80's met een van ons twee oorlogskepe gedoen het!
Re: Ons nuwe duikbote [boodskap #101683 is 'n antwoord op boodskap #101675] Do, 03 Maart 2005 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sal Kaapstad se kanale, PE of Durban se akwariums dan groot genoeg wees vir
veilige opleiding?

Toerisme aantreklikheid - die enigste land met 'n sub in 'n dam?

Wanneer gaan die sub dan uiteindelik die Kaap van Storms aansak?

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:d06h2h$9df$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gaan mos nou per vragskip afgelewer word.
> Volgens die koerant is dit omdat die 90 bemanningslede wat 2 jaar in
> Duitsland opleiding ontvang het ( saamgestel streng volgens die
> bevolkingsamestelling) nie in staat is om dit op eie stoom hier te kry nie.
> Volgens 'n politikus vanoggend, omdat al die ander bote glo so afgelewer is.
>
> Feit is, is dat die fregatte wat so afgelewer was net leë doppe was, en eers
> hier toegerus is. Die duikbote is ten volle toegerus, en heeltemal in staat
> om op eie stoom hier te kom met 'n opgeleide bemanning.....
>
> Wonder net hoe lank neem dit om 90 bemanningslede op te lei, as twee jaar in
> die vreemde nie genoeg is nie...
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Ons nuwe duikbote [boodskap #101687 is 'n antwoord op boodskap #101675] Do, 03 Maart 2005 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is bly oor die ID kaarte - my ID boeke is aan flarde:))
--
Groetnis
Annette
.com> skryf in boodskap news:d07cs6$54b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maar - die doel van die oefening was nie om duikbote te koop nie. Dit was
> bloot die rookskerm waarvolgens kickbacks bekom kon word. Soos die nuwe
> bestuurlisensies wat daarop gemik was om die Shaik-bende te verryk.
>
> En nou kry ons nuwe ID-kaarte. Wat 'n grap. Daar is absoluut niks verkeerd
> met die bestaande ID-bewys nie. Maar daar is 'n baie groot probleem met die
> uiteikings- en beheerstelsel. Nuwe ID-kaarte gaan nie die duisende onwettige
> dokumente aanspreek nie.
>
Re: Ons nuwe duikbote [boodskap #101693 is 'n antwoord op boodskap #101675] Vr, 04 Maart 2005 02:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Maar - die doel van die oefening was nie om duikbote te koop nie. Dit was
bloot die rookskerm waarvolgens kickbacks bekom kon word. Soos die nuwe
bestuurlisensies wat daarop gemik was om die Shaik-bende te verryk.

En nou kry ons nuwe ID-kaarte. Wat 'n grap. Daar is absoluut niks verkeerd
met die bestaande ID-bewys nie. Maar daar is 'n baie groot probleem met die
uiteikings- en beheerstelsel. Nuwe ID-kaarte gaan nie die duisende onwettige
dokumente aanspreek nie.
Re: Ons nuwe duikbote [boodskap #101711 is 'n antwoord op boodskap #101675] Vr, 04 Maart 2005 23:24 Na vorige boodskap
petrus[3]  is tans af-lyn  petrus[3]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
wat anders vervag julle van die nuwe sa?
ferdi begin wakker word, maar sal nooit heeltemal wakker word nie.
Vorige onderwerp: Re: Lewer 'n bydrae ...
Volgende onderwerp: Waterwerke opgegradeer na 1 450 siek word
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 12:10:24 MGT 2024