Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe bydraer.
Nuwe bydraer. [boodskap #10160] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Goeienaand,
Het gisteraand toevallig by hierdie groep uitgekom.

Ek het die afgelope paar weke gereeld by
alt.penpals. forty plus years ( apfpy) ingeskakel,
en dadelik lus gevoel om deel te neem.

Ek het gedink hierdie is ook 'n lekker geselsgroep
in Afrikaans.
Ongelukkig alles behalwe.
Ek voel duidelik dat die trant heelwat ligter moet wees,
anders is dit 'n groep vir hoogdrawende besprekings.
Ontspanning is dit beslis nie.

Wat ek so pas gelees het van eie identiteit verloor,
kultuur en die res ( Afrikaner Afrikane inderdaad!)
kan ek in dagblaaie lees.
Solank 'n mens lewe, kan jy nie jou identiteit verloor nie.
Jy het nog 'n naam.

Oorspronklike, kort, spitsvondige opmerkings is
baie meer leesbaar en antwoordbaar.
Dit is 'n besprekingsgroep, in verstaanbare Afrikaans,
is dit nie?

Dit lyk meer na hoogdrawende geoefen van moontlike
tesisse, wat niemand in elk geval sou wou lees nie,
behalwe die persoon wat dit geskryf het.

Ek wag vir die vlamme wat op my gaan neerdaal.

Groetnis,
Annette
--
ann...@fast.co.za
Rooiwyn liefhebber.
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10174 is 'n antwoord op boodskap #10160] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek moet nogal met jou saamstem. Dit sou baie meer aangenaam
wees as almal net kwikslae hier aanbied. Maar nou is daar
iets anders wat ek al opgemerk het. Dis dat die hoeveelheid
boodskappe wat ek kry baie meer is wanneer daar een of
ander gestryery aan die gang is of as daar 'n ongure element
is wat die groep teister. Dus sal die NG waarskynlik baie vinnig
kwyn as almal die hele tyd net probeer pittig wees.

Verder wil ek ook sê dat ek party mense se bydraes baie interessant
vind. At deel graag met ons sy wysheid wat hy (so vermoed ek) oor
sy leeftyd versamel het. Dan is daar verskeie ander wat lyk my uit hul
werksomstandighede baie interessante aspekte van Afrikaans en
Afrikanerwees kan deel. Hierdie bydraes is partykeer lank en vol
moeilike begrippe, maar nogtans vind ek dit interessant.

> Solank 'n mens lewe, kan jy nie jou identiteit verloor nie.
> Jy het nog 'n naam.

Dis 'n baie interessante opmerking en daar is sekerlik 'n
element van waarheid in. Maar dan het die Nederlanders
'n sêding wat soos volg lui: (verskoon my gebroke
Nederlands) Na my di Zondvloed!

Dit verwoord die gesindheid van sommige mense om net
besorg te wees oor hoe dit gaan terwyl hulle self leef. Die
vraag hier is dus nie of my identiteit en taal gaan oorleef
terwyl ek nog leef nie, maar of dit nog gaan bestaan wanneer
ek nie meer hier is nie. Dit moet vreeslik wees om in die laaste
dae van mens se lewe te sien hoe alles waarmee mens mensself
geidentiseer het tot niet gaan.

> Rooiwyn liefhebber.

Ai, en hoe mis ek dit nie, hier in Kanada nie. Ek het nou maar eenmaal
nog nie 'n lekker Kanadese wyn gekry nie.

Stef
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10175 is 'n antwoord op boodskap #10160] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Aug 1997 19:29:03 GMT, "Annette" <ann...@fast.co.za> wrote:
<<>Goeienaand,
> Het gisteraand toevallig by hierdie groep uitgekom.>>

Nog een wat aan andere wil se hoe HULLE moet skryf sodat SY die
nuusgroep kan waardeer?

Is dit iets wat uit apartheid kom?
Is dit eie aan Afrikaners?
Wat gaan hier aan?

Die punt is enigiemand mag skryf soos en wat hy of sy wil. En as jy
nie daarvan hou nie, koel.
As jy Huisgenoot- kitsresepte wil pos ene gemeenplasig wil verkeer,
koel.

Maar hier is die kruks: Doen dit dan.
Moenie aan andere op die groep - wat dalk NIE dit wil doen nie - se
hulle moet dit doen nie.

Hulle pos wat hulle wil. Hulle is dalk vreeslik verveeld met
Huisgenoot-resepte en gemeenplasighede deurspek met oulike
humoristiese opmerkings.
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10176 is 'n antwoord op boodskap #10160] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thomas Jacobs  is tans af-lyn  Thomas Jacobs
Boodskappe: 49
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In "Annette" writes:

> Goeienaand,
> Het gisteraand toevallig by hierdie groep uitgekom.

> Ek het die afgelope paar weke gereeld by
> alt.penpals. forty plus years ( apfpy) ingeskakel,
> en dadelik lus gevoel om deel te neem.

> Ek het gedink hierdie is ook 'n lekker geselsgroep
> in Afrikaans.
> Ongelukkig alles behalwe.
> Ek voel duidelik dat die trant heelwat ligter moet wees,
> anders is dit 'n groep vir hoogdrawende besprekings.
> Ontspanning is dit beslis nie.

> Wat ek so pas gelees het van eie identiteit verloor,
> kultuur en die res ( Afrikaner Afrikane inderdaad!)
> kan ek in dagblaaie lees.
> Solank 'n mens lewe, kan jy nie jou identiteit verloor nie.
> Jy het nog 'n naam.

> Oorspronklike, kort, spitsvondige opmerkings is
> baie meer leesbaar en antwoordbaar.
> Dit is 'n besprekingsgroep, in verstaanbare Afrikaans,
> is dit nie?

> Dit lyk meer na hoogdrawende geoefen van moontlike
> tesisse, wat niemand in elk geval sou wou lees nie,
> behalwe die persoon wat dit geskryf het.

> Ek wag vir die vlamme wat op my gaan neerdaal.

At least I am with you, no flames from my side. Die is 'n kak nuusgroep
bedoel vir die wat nog aan die verlede PROBEER klou.
Dankie en WEERSIENS.

> Groetnis,
> Annette
> --
> ann...@fast.co.za
> Rooiwyn liefhebber.
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10227 is 'n antwoord op boodskap #10160] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John  is tans af-lyn  John
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Annette wrote:
> Rooiwyn liefhebber.

Enige spesifieke soort rooiwyn?

--
John
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10247 is 'n antwoord op boodskap #10160] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John  is tans af-lyn  John
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Annette wrote:
>
> My doel in die lewe is om al die Merlot en Cabernet Sauvignon,
> ...ter wêreld te proe.

Voorwaar 'n edel doel.
Maar dan, jy sit duidelik in die wynwêreld met voldoende geleenthede.

Ek het baie tyd vir osbloed; saam met goeie geselskap, genoeg tyd en min
verpligtinge is dit een van die lewe se beter plesiertjies. Dit neuk
egter as mens al een in die huis met so 'n voorliefde is: 'n bottel kan
mens nie alleen opdrink nie (OK, jy kan, maar..), en as hy eers oop was
is hy die volgende dag nie meer dieselfde nie. So soetwyn is my voorland
op Vrystaatse winteraande; tenminste kom hulle niks oor as jy die bottel
bêre tot anderdag nie.

Elkgeval, teen die agtergrond van beide rooiwyn en soetwyn, kom ek
anderdag 'n interessante kombinasie van die twee tee. As ek dit 'n
Cabernet Sauvignon Jerepigo noem is ek dalk nie ver verkeerd nie. Dit
word gemaak deur Mons Ruber, 'n klein keldertjie 'n entjie aan die
Oudtshoorn kant van De Rust, en hulle noem dit Elegansia. Dit het die
smaak van Cabernet, maar die Jerepigo maak die skerp rante bietjie
stomp, sonder dat dit stroperig word. Eindeffek baie glad en afgerond.
Waarskynlik nie almal se smaak nie, maar steeds interessant. Ek geniet
dit.

Groetnis
--
John
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10248 is 'n antwoord op boodskap #10160] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hallo,
My doel in die lewe is om al die Merlot en Cabernet Sauvignon,
of 'n kombinasie van die twee van al die produsente ter wêreld te proe.
Harde werk.
By Die Burger se Wynfees verlede jaar kon ek net 39 van die 59
stalletjies bybring.
Nie genoeg tyd gehad nie.
Moet kan huis toe ry na die tyd.
Annette.

John wrote in article ...
> Annette wrote:
>> Rooiwyn liefhebber.
>
> Enige spesifieke soort rooiwyn?
>
> --
> John
>
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10257 is 'n antwoord op boodskap #10160] Wo, 06 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
George  is tans af-lyn  George
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
"Annette" wrote:

> Goeienaand,
> Het gisteraand toevallig by hierdie groep uitgekom.

> Ek het die afgelope paar weke gereeld by
> alt.penpals. forty plus years ( apfpy) ingeskakel,
> en dadelik lus gevoel om deel te neem.

> Ek het gedink hierdie is ook 'n lekker geselsgroep
> in Afrikaans.
> Ongelukkig alles behalwe.
> Ek voel duidelik dat die trant heelwat ligter moet wees,
> anders is dit 'n groep vir hoogdrawende besprekings.
> Ontspanning is dit beslis nie.

> Wat ek so pas gelees het van eie identiteit verloor,
> kultuur en die res ( Afrikaner Afrikane inderdaad!)
> kan ek in dagblaaie lees.
> Solank 'n mens lewe, kan jy nie jou identiteit verloor nie.
> Jy het nog 'n naam.

> Oorspronklike, kort, spitsvondige opmerkings is
> baie meer leesbaar en antwoordbaar.
> Dit is 'n besprekingsgroep, in verstaanbare Afrikaans,
> is dit nie?

> Dit lyk meer na hoogdrawende geoefen van moontlike
> tesisse, wat niemand in elk geval sou wou lees nie,
> behalwe die persoon wat dit geskryf het.

> Ek wag vir die vlamme wat op my gaan neerdaal.

> Groetnis,
> Annette
> --
Annette, as die vlamme op jou gaan neerdaal oor jou intelligente en
verstaanbare kritiek teenoor hierdie nuusgroep se swaarverteerbare en
soms onleesbare taalgebruik staan ek saam met jou. Ek lees ook
hierdie roep gereeld maar vind dit nogal moeilik om op enige iets saam
te praat. Dit is in die eerste plek *baie* polities en soms te
"hoogdrawend" om jou aan te haal.

Nou ja, laat ons saamstaan teen die vure! :)

George

"Ek wil net vir u sê, hierdie land sal NOOIT deur kommuniste regeer word nie, en daarvoor sal die Nasionale Party sorg." - Pik Botha (1986)
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10290 is 'n antwoord op boodskap #10160] Sa, 09 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 09 Aug 1997 21:12:48 -0400, Chris Theron <cth...@iafrica.com> wrote:
<<>WAT, WAT op aarde het dit met AFRIKAANS as taal te doen??
>
> Pos dit asseblief liewers op die nuusgroep wat met die
> Suid Afrikaanse politiek te doen het. (soc.culture.south-africa?)
>
> Daar is dalk van ons wat nie belanstel in kleinlike politieke
> 'oorloggies' nie maar wat dit waardeer as daar van ons
> 'weggeloopte' taalgenote van hul intense liefde vir Afrikaans, en ons
> mooi land hier met mooi en goed bedoelde idees hier met ons deel
>
> (Gloudina, hoor jy my?)
>
> Chris Theron
> Durbanville
> South Africa>>>>>

Kan ek jou daarop wys dat:
1. Dit 'n antwoord op iemand se opmerking was.
2. Ek mag praat waaroor ek wil.
3. Dit toevallig nie oor politiek gaan nie.
4. Selfs al het dit ook politiek gegaan, jy werklik 'n vreemde mind
set het as jy dink a.) 'n mens kan nie die politiek in Afrikaans
bespreek of baklei nie (het nuus vir jou, china....nuus wat veeeer uit
die verlede kom...) en b.) daar nie politiek op die nuusgroep gepraat
word nie!

N.S. Dit maak my sooo pissed off - die neorotiese pogings wat so
gereeld opduik om voor te skryf waaroor daar op die groep gepraat MAG
of BEHOORT te word.

Fok sensuur.

(Daar's nou 'n lekker ekonomiese sin vir jou om aan te suig.)
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10291 is 'n antwoord op boodskap #10160] Sa, 09 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Aug 1997 18:42:05 GMT, jo...@fourie.com (jopie) wrote:
<<>fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>
>> Hulle pos wat hulle wil. Hulle is dalk vreeslik verveeld met
>> Huisgenoot-resepte en gemeenplasighede deurspek met oulike
>> humoristiese opmerkings.
>
>
> Koos, jy lees miskien nie meer Huisgenoot in die openbaar nie, maar jy
> bly darem maar net die soort Afrikaner wat van Suid-Afrika gemaak het
> wat dit nou is.>>

Wat bedoel jy?
1. Het ek die ANC tot oorwinning gelei?
2. Het ek John Voster destyds aan bewind gehou?
3. Het ek die goudmyne gegrawe?
4. Het ek die Boere-oorlog baklei?
5. Het ek die landbou ontwikkel?

Hel, dis vyf wat ek vinnig aan kan dink wat SA gemaak het wat dit is.
Kies een - of se duideliker wat jy wil - dan kan ek dit ontken of vir
jou vertel hoe ek dit gedoen het.

(N.S. Tot jy verduidelik, aanvaar ek dat jou opmerking 'n uiting van
admirasie vir my is. In daardie lig aanvaar ek jou huldiging van my,
maar raai jou af om dit so hard te se. Ek is die nederige soort. Jy
sal my verleë maak as jy my weer so hardop huldig.)
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10292 is 'n antwoord op boodskap #10160] Sa, 09 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cth...  is tans af-lyn  cth...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>
> On Wed, 06 Aug 1997 18:42:05 GMT, jo...@fourie.com (jopie) wrote:
>
>> Wat bedoel jy?
> 1. Het ek die ANC tot oorwinning gelei?
> 2. Het ek John Voster destyds aan bewind gehou?
> 3. Het ek die goudmyne gegrawe?
> 4. Het ek die Boere-oorlog baklei?
> 5. Het ek die landbou ontwikkel?
>
> --

WAT, WAT op aarde het dit met AFRIKAANS as taal te doen??

Pos dit asseblief liewers op die nuusgroep wat met die
Suid Afrikaanse politiek te doen het. (soc.culture.south-africa?)

Daar is dalk van ons wat nie belanstel in kleinlike politieke
'oorloggies' nie maar wat dit waardeer as daar van ons
'weggeloopte' taalgenote van hul intense liefde vir Afrikaans, en ons
mooi land hier met mooi en goed bedoelde idees hier met ons deel

(Gloudina, hoor jy my?)

Chris Theron
Durbanville
South Africa
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10302 is 'n antwoord op boodskap #10160] So, 10 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
George wrote in article
...
> "Annette" wrote:
>> Groetnis,
>> Annette
>> --
> Annette, as die vlamme op jou gaan neerdaal oor jou intelligente en
> verstaanbare kritiek teenoor hierdie nuusgroep se swaarverteerbare en
> soms onleesbare taalgebruik staan ek saam met jou. Ek lees ook
> hierdie roep gereeld maar vind dit nogal moeilik om op enige iets saam
> te praat. Dit is in die eerste plek *baie* polities en soms te
> "hoogdrawend" om jou aan te haal.
>
> Nou ja, laat ons saamstaan teen die vure! :)
>
> George
>
>
> "Ek wil net vir u sê, hierdie land sal NOOIT deur kommuniste regeer word nie, en daarvoor sal die Nasionale Party sorg." - Pik Botha (1986)
>
>
Dankie George,
Die ergste, nee enigste vlam wat ek van weet, is dat ek Die Huisgenoot
se kitsresepte lees.
Voorwaar 'n onintelligente opmerking, as jy my vra.

Wie lees nog Die Huisgenoot met hulle verspotte artikels?
( Voordat daar weer gevolgtrekkings gemaak word -
Ek kan die inhoud op die voorblaaie lees. Ek hoef nie tyd te
spandeer om dit deur te blaai nie)

Annette.
ann...@fast.co.za
Re: Nuwe bydraer. [boodskap #10310 is 'n antwoord op boodskap #10160] Ma, 11 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Vy...[1]  is tans af-lyn  Vy...[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
aanhouer wen,
moet jou tog nie laat afsit nie !
-Vyg
Vorige onderwerp: Hoe is dit met ons boeremense ?????
Volgende onderwerp: Blokkiesraaisels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 03:36:00 MGT 2024