Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reg Ontsê
Reg Ontsê [boodskap #101543] Ma, 21 Februarie 2005 11:21 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lyk my die grootste skeeuers vir die reg van mense om gehoor te word, is nou
net so daarteen.
Ons praat van muh Yvonne Malan wat die grootste voorskreeuer was vir die
ere-doktorsgraad vir Bram Fischer, maar nou word daar geëis dat alhoewel Dan
Roodt 'n uitnodiging as spreker na die Woordfees ontvang het, dat sy
uitnodiging terug getrek word of dat hy die kampus verbied word.
Lees dat daar nou op Litnet 'n bespreking is oor die saak onder: Waar moet
die pleister geplak word?
Ek sou sê op almal wat hulle 'n gat in die kop laat praat om hulle nie die
geleentheid te gee om hul eie mening omtrent die boks te vorm nie.

--
Groetnis
Annette
Re: Reg Ontsê [boodskap #101545 is 'n antwoord op boodskap #101543] Ma, 21 Februarie 2005 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Lyk my die grootste skeeuers vir die reg van mense om gehoor te word, is nou
> net so daarteen.
> Ons praat van muh Yvonne Malan wat die grootste voorskreeuer was vir die
> ere-doktorsgraad vir Bram Fischer, maar nou word daar geëis dat alhoewel Dan
> Roodt 'n uitnodiging as spreker na die Woordfees ontvang het, dat sy
> uitnodiging terug getrek word of dat hy die kampus verbied word.
> Lees dat daar nou op Litnet 'n bespreking is

Het die komitee op Stellenbosch nie besluit dat
Roodt wel kan kom praat nie?
Hoekom wil jy Yvonne Malan die reg ontneem om
haar opinies uit te spreek. Daar moet seker 'n groot
kamp onder Afrikaner geledere wees wat vrees dat
Dan Roodt se opinies as dié van die deursnee-Afrikaner
geneem word. En hoe meer vokaal hulle is, hoe beter
vir SA in die algemeen en vir die Afrikaner in die
besonder.

Gloudina
Re: Reg Ontsê [boodskap #101548 is 'n antwoord op boodskap #101543] Ma, 21 Februarie 2005 23:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

Waarskynlik gegrond op 'n
> ongebalanseerde lewenswyse - kom ons hou haar maar net dop.
> Ek sal egter baie graag ietsie van haar agtergrond wil weet - ek het 'n
> vermoede dat hier moontlik 'n skroef, of 'n moer, los kan wees.

Ag tog. Jy het maar nog die apartheidsvark-
mentaliteit, wat dink dat spioeneer op mense
en dan vir hulle dreig met "die gevolge van
hul dade" nog sal werk. Dieselfde tegnieke
wat hulle agter die Ystergorden in die goeie
ou dae van die koue oorlog gehad het, en
wat ek dink hulle nou seker ook in die VSA
sal begin ontwikkel.
Ek wonder hoeveel jy blootgestel was aan
hierdie spioeneer op mense wat hulle in die
apartheidsjare in SA gedoen het. Dit was nie
so moeilik om dit te sien nie. 'n Man wat eers
die wetenskaplike adviseur van die President
was, en toe onder "verdenking" gekom het omdat
hy aan 'n Christelike groep behoort het wat meer-
rassig was, is beskuldig daarvan dat hy aan 'n
kult behoort. Ons het op 'n besoek in 1981 van hierdie
byeenkomste saam met hom bygewoon. Dit was
'n diep geestelike ondervinding. Maar dit was vir
my ook so duidelik wie die regeringsspioen in
hulle midde was. 'n Blonde jong Afrikaner met
'n dik Afrikaanse aksent. Ek dink die groep het
dit ook geweet. Net die spioen het gedink
niemand weet nie.
'n Lektrise by UNISA het ook vertel hoe haar
studente vir haar kom waarsku wie die spioen in
hulle midde is.
Maar hopelik, ou Jonas, is daardie dae verby.
Net soos die terreurdae van die apartheidsvarke
verby is.

Gloudina
Re: Reg Ontsê [boodskap #101549 is 'n antwoord op boodskap #101545] Di, 22 Februarie 2005 02:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Me Yvonne Malan lyk my is die ene wat bang is vir dit wat Roodt te sê het -
om watter ander rede wil sy hom nie daar hê nie?
Annette - ek vermoed jou vermoedens is korrek. Hierdie meisie stel nie in
die minste belang in die bevordering van demokrasie nie - eerder die
bevordering haar verwronge politieke sieninge. Waarskynlik gegrond op 'n
ongebalanseerde lewenswyse - kom ons hou haar maar net dop.
Ek sal egter baie graag ietsie van haar agtergrond wil weet - ek het 'n
vermoede dat hier moontlik 'n skroef, of 'n moer, los kan wees.
Re: Reg Ontsê [boodskap #101552 is 'n antwoord op boodskap #101548] Di, 22 Februarie 2005 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blitzkrieg  is tans af-lyn  Blitzkrieg
Boodskappe: 32
Geregistreer: Februarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Waarskynlik gegrond op 'n ongebalanseerde lewenswyse"

Jonas hoekom is jy so gou om ander mense se karakter af te melt in iets
minderwaardig, asof jy 'n pyn vang vir ander. Lyk my jy lei aan 'n
minderwaardigheids kompleks nou probeer jy almal afkraak om vir jouself
beter te laat lyk en voel. Hou op om die hoofrol in jou eie verbeelding te
speel!
Re: Reg Ontsê [boodskap #101622 is 'n antwoord op boodskap #101543] Sa, 26 Februarie 2005 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van Bewakers van en sedes gepraat.
Reuben Mbuli, is 'n senior ondersoekbeampte van die Kantoor van die
Openbare beskermer, die offisiële wag van ons land se morele waardes.
Hy is glo eers slegs vir 3 maande aangestel in hierdie pos, en dus was 'n
agtergrondsondersoek tov sy kwalifikasies en vorige werke glo nie nodig nie.
Die snaar is nou al 'n jaar in die hoge pos, en nou kom dit uit dat hy as
hoofadministrateur van Vista in 2000 afgedank is, skuus, sy kontrak is nie
hernu nie, omdat hy tienduisende rande as dankiesêgeld ( omkoopgeld) ontvang
het van kontrakteurs vir tenders wat aan hulle toegestaan is.
--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:cvp3hd$du$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti - lyk my jy is behep met spioene. Nog een van jou verbeeldingsvlugte.
> Nee - wat my altyd opval is dat die groot bewakers van die sedes en hoër
> morele waardes gewoonlik verrot is op persoonlike vlak. Ek aanvaar dis maar
> weereens 'n refleksie op hul eie gebreke.
> Anti - jy is ook 'n voorbeeld hiervan. Jy hou jou as die groot kampvegter
> vir Afrikaans en Afrikaner voor - maar jou hele gesinnetjie praat net
> Engels. Jy het in Natal vir solank gebly en waneer ek verwys na die
> diskriminasie teen Afrikaners in Natal, dan ontken jy dit. Bloot omdat jy
> nie daar binne Afrikaner-sirkels beweeg het nie.
>
Re: Reg Ontsê [boodskap #101623 is 'n antwoord op boodskap #101543] Sa, 26 Februarie 2005 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja die ou dier skeit mos in haar rok as enigiemand iets in Engels plaas,
maar as Ferdi in Engels pos oor HC Bosman, dan kraai sy van die plesier.
So ken ons haar...draai soos 'n weerhaan

"Jonas" skryf in boodskap news:cvp3hd$du$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti - lyk my jy is behep met spioene. Nog een van jou verbeeldingsvlugte.
> Nee - wat my altyd opval is dat die groot bewakers van die sedes en hoër
> morele waardes gewoonlik verrot is op persoonlike vlak. Ek aanvaar dis
> maar
> weereens 'n refleksie op hul eie gebreke.
> Anti - jy is ook 'n voorbeeld hiervan. Jy hou jou as die groot kampvegter
> vir Afrikaans en Afrikaner voor - maar jou hele gesinnetjie praat net
> Engels. Jy het in Natal vir solank gebly en waneer ek verwys na die
> diskriminasie teen Afrikaners in Natal, dan ontken jy dit. Bloot omdat jy
> nie daar binne Afrikaner-sirkels beweeg het nie.
>
Re: Reg Ontsê [boodskap #101624 is 'n antwoord op boodskap #101543] Sa, 26 Februarie 2005 09:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek skat die outjie so net onder die 16 jaar oud.

"Jonas" skryf in boodskap news:cvp37p$sug$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ou Blitzkrieg - ek kan sien jy's 'n nuwe outjie op die ng. O.a. na
> aanleiding van jou posting oor die 3 bere - dis so +/- 6 maande oud ...
> Interessant hoe jy presies dieselfde dinge toepas waarvan jy my
> beskuldig -
> so ek kan maar seker aanvaar ons het beide minderwaardigheidskomplekse -
> waar het jy joune opgedoen? (Toemaar ek stel nie rêrig belang nie.)
>
Re: Reg Ontsê [boodskap #101627 is 'n antwoord op boodskap #101543] Sa, 26 Februarie 2005 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

. Jy het in Natal vir solank gebly en waneer ek verwys na die
> diskriminasie teen Afrikaners in Natal, dan ontken jy dit. Bloot omdat jy
> nie daar binne Afrikaner-sirkels beweeg het nie.

En ek weet ook dat "Afrikaners" soos jy altyd
sit en tjank oor "diskriminasie" omdat julle nie
genoeg umpf het om in die werkplaas saam te
kompeteer nie. Ek het geen diskriminasie gesien
onder die Afrikaners wat ek in Durban ontmoet
het nie. Maar miskien het ek net met die room
van die Afrikaners in aanraking gekom. Soos
die hoof van die Wolraad, of omroepers by die
SAUK, of dokters by die hospitale. En toe die
apartheidsvarke nou in Natal oorneem, tóé moes
jy die diskriminasie sien teen almal wat NIE
Afrikaners was nie. Engelse, Zulus, Indiërs.

Gloudina
Re: Reg Ontsê [boodskap #101628 is 'n antwoord op boodskap #101545] Sa, 26 Februarie 2005 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ou Blitzkrieg - ek kan sien jy's 'n nuwe outjie op die ng. O.a. na
aanleiding van jou posting oor die 3 bere - dis so +/- 6 maande oud ...
Interessant hoe jy presies dieselfde dinge toepas waarvan jy my beskuldig -
so ek kan maar seker aanvaar ons het beide minderwaardigheidskomplekse -
waar het jy joune opgedoen? (Toemaar ek stel nie rêrig belang nie.)
Re: Reg Ontsê [boodskap #101629 is 'n antwoord op boodskap #101545] Sa, 26 Februarie 2005 16:04 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - lyk my jy is behep met spioene. Nog een van jou verbeeldingsvlugte.
Nee - wat my altyd opval is dat die groot bewakers van die sedes en hoër
morele waardes gewoonlik verrot is op persoonlike vlak. Ek aanvaar dis maar
weereens 'n refleksie op hul eie gebreke.
Anti - jy is ook 'n voorbeeld hiervan. Jy hou jou as die groot kampvegter
vir Afrikaans en Afrikaner voor - maar jou hele gesinnetjie praat net
Engels. Jy het in Natal vir solank gebly en waneer ek verwys na die
diskriminasie teen Afrikaners in Natal, dan ontken jy dit. Bloot omdat jy
nie daar binne Afrikaner-sirkels beweeg het nie.
Vorige onderwerp: Re: Walvisbaai se 'koning'....
Volgende onderwerp: Iets om mee te speel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 12:18:04 MGT 2024