Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!!
'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!! [boodskap #9913] Ma, 07 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Het julle dalk die 1ste fotos gesien wat die ruimtetuigie
gister van Mars se oppervlak geneem het ??

Dit lyk wragtie presies nes die karooo !!
Klipperig met klipkoppies in die agtergrond !

Hulle se dit is mos vreeslik warm daar ook.
Nou wonder ek darem:
Miskien het die ruimtetuig onwetend van baan verander en
al die tyd weer op die aarde, iewers in die karoo kom land.
Dalk ry die verkenningskarretjie nog so rond en kom op 'n
turksvybos af: Ek sien al die berigte in die koerant:
"LIFE ON MARS!!".
En dan ry die karretjie verder en kom dalk op 'n boer of 'n
windpomp af. Dit sal die wereld behoorlik aan die gons he:
"STRANGE, ANCIENT FORM OF LIFE FOUND ON MARS!!"
Dit sal natuurlik die laaste prentjie wees wat die ding stuur,
want daarna sal die boer se boerboel die karretjie toetakel
en sy "nek" afbyt.

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: 'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!! [boodskap #9915 is 'n antwoord op boodskap #9913] Di, 08 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Eintlik is dit baie koud op Mars. So -25 Celsius op die beste. Hoe
verder mens van die son af gaan hoe KOUER word dit

On 7 Jul 97 06:46:01 GMT, gal...@ibm.net wrote:

> Het julle dalk die 1ste fotos gesien wat die ruimtetuigie
> gister van Mars se oppervlak geneem het ??
>
> Dit lyk wragtie presies nes die karooo !!
> Klipperig met klipkoppies in die agtergrond !
>
> Hulle se dit is mos vreeslik warm daar ook.
> Nou wonder ek darem:
> Miskien het die ruimtetuig onwetend van baan verander en
> al die tyd weer op die aarde, iewers in die karoo kom land.
> Dalk ry die verkenningskarretjie nog so rond en kom op 'n
> turksvybos af: Ek sien al die berigte in die koerant:
> "LIFE ON MARS!!".
> En dan ry die karretjie verder en kom dalk op 'n boer of 'n
> windpomp af. Dit sal die wereld behoorlik aan die gons he:
> "STRANGE, ANCIENT FORM OF LIFE FOUND ON MARS!!"
> Dit sal natuurlik die laaste prentjie wees wat die ding stuur,
> want daarna sal die boer se boerboel die karretjie toetakel
> en sy "nek" afbyt.
>
>
> Vriendelike groete!
> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
>
Re: 'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!! [boodskap #9922 is 'n antwoord op boodskap #9913] Wo, 09 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
en die Mars buggy kry die boer se trekker in sy "sights" en raak on-the-spot
smoorverlief. So verlief hy volg net nog die ou trekker rond, maar hy's sooo
mooi, jo jo jo-hn deere, en neem net nog fotos van die ding, al hoe nader volg
hy hom, tot hy net nog close-ups stuur. 'n Hele reeks van die trekker se nuwe
tyres, en die TV berigte vertel van die egalige rye heuwels en valleie op Mars
se landskap, en die god het selfs sy naam daarop laat kerf Vulcan... die res is
afgesny.

Hy gaan slaap toe by die trekker onder sy afdak, en die wêreld sien
moontlikhede vir die "ready-made galvanised steel" grotte.

Die volgende oggend gaan maai die boer, en die klein ou buggytjie sien net hoe
reën dit koring soos Manna uit die hemele. Daar word algemeen besluit dit is
die belofte land vir die Aardsmense wat hulle eie nou omtrent klaar verw-oes
het, en al die slim Amerikaners klim dadelik op 'n ruimtetuig Mars toe, terwyl
ons boere wat hier sit maar aangaan met ons daaglikse taak.

Miskien sal hulle van Mars af ons vertel wat alles verkeerd is met ons Aarde,
of miskien sal hulle wens hulle het genoeg voema gehad om weer terug te kom.

he he he
Vira.
Re: 'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!! [boodskap #9953 is 'n antwoord op boodskap #9913] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Jul 97 06:46:01 GMT, gal...@ibm.net wrote:
<<>Het julle dalk die 1ste fotos gesien wat die ruimtetuigie
> gister van Mars se oppervlak geneem het ??>>

In die jare 60 het Raport berig oor 'n UFO wat in die Karoo op die
skool se netbalbaan geland het.
Toe word dit weer een aand gesien en die polisie word geroep.
Die polisieman het dadelik sy diensrewolwer uitgehaal en op die lig in
die lug losgebrand.

So ken ons hulle mos... :)
Re: 'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!! - me970723.jpg (0/1) [boodskap #10091 is 'n antwoord op boodskap #9913] So, 27 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Jan Diedeleff[2]  is tans af-lyn  Jan Diedeleff[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Madam en Eve 23/7/97 jpg aangeheg.
Lyk my 'n minibus-taxi het die hond voorgespring.

> On 7 Jul 97 06:46:01 GMT, gal...@ibm.net wrote:
>
>> Het julle dalk die 1ste fotos gesien wat die ruimtetuigie
>> gister van Mars se oppervlak geneem het ??
>> Dit lyk wragtie presies nes die karooo !!
>> Klipperig met klipkoppies in die agtergrond !
>> Hulle se dit is mos vreeslik warm daar ook.
>> Nou wonder ek darem:
>> Miskien het die ruimtetuig onwetend van baan verander en
>> al die tyd weer op die aarde, iewers in die karoo kom land.
>> Dalk ry die verkenningskarretjie nog so rond en kom op 'n
>> turksvybos af: Ek sien al die berigte in die koerant:
>> "LIFE ON MARS!!".
>> En dan ry die karretjie verder en kom dalk op 'n boer of 'n
>> windpomp af. Dit sal die wereld behoorlik aan die gons he:
>> "STRANGE, ANCIENT FORM OF LIFE FOUND ON MARS!!"
>> Dit sal natuurlik die laaste prentjie wees wat die ding stuur,
>> want daarna sal die boer se boerboel die karretjie toetakel
>> en sy "nek" afbyt.
Vorige onderwerp: "Vrede" deur J.C. Steyn
Volgende onderwerp: Re: Nou word rassisme GEKWEEK!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 21:35:16 MGT 2024