Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » APARTHEID: E.T. gly op 'n koekie seep.....
APARTHEID: E.T. gly op 'n koekie seep..... [boodskap #10069] Di, 22 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees Eugene Terreblanche (E.T.) gaan nou tronk toe.
Hy het 'n petroljoggie erg aangerand wat 'n diefstal
gerapporteer het waarin 'n blanke betrokke was.

Gestel hy kry swart tronkwagte en hul gee hom hel....

Gestel ons nuwe swart regering besluit om mense soos E.T.
en die ou wat Chris Hani vermoor het te behandel soos baie
swartes destyds behandel is:

Dan "gly" hul dalk op 'n koekie seep en "stamp" hul kop.
Of "hang hulself in hul selle op",
of "verdwyn sommer net, of
hul familie kry 'n plofpakkie deur die pos.
En as iemand hul lyke kom haal en elektriese skokmerke,
uitgetrekte naels, gebreekte tande, koelgate in hul rug ens. kry,
sal dit natuurlik deur die owerhede verduister word.
Die koerante sal niks kan se nie, want hul sal gesnoer word.
(Die Burger, Beeld sal die eerste wees om verban te word)
Kommisies van ondersoek sal bevind dat niemand verantwoordelik gehou
kan word nie. Politici sal ontken dat daar iets aangaan of dat hulle
bewus is van enigiets onderduims...ens ens...
Miskien is ons swart vriende nie lus vir allerhande truuks met gif
en goeters nie, dalk donner hulle sommer die ouens tot hul dood is.
Hulle sal mos immuun wees teen enige vervolging.
En ouens soos ou PW wat nie wil erken nie - hulle kan mos geslaan
word tot hul erken...

Gelukkig is daar nie sulke weerwraak vanuit die ANC nie.
Mens sou dit nie kon goedkeur nie,
maar mens kan verstaan dat baie sulke wraakgedagtes het.

Wat anders dan as daar nie wraak is nie?
'n Hofsaak wat Apartheid regmatig voor die hof sleep en in die
beskuldigdebank laat staan?. Die swartes het alle reg om Apartheid
en sy trawante hof toe te vat en straf en vergoeding te eis.
Die belhamels van apartheid moet gevonnis word met vonnisse
wat by hul dade pas. Dit is wat hulle verdien. Dit is reg.
(wie sou die nuwe regering kon kwalik neem ?)
Apartheid was 'n onmenslike gruwel, digene wat dit uitgevoer het
is skuldig ! (Ek hoop julle hoor dit oor en oor en oor,
en as julle gatvol is daarvoor, hou julle monde en dink aan
lank die swartes se monde gesnoer is.)

Gelukkig vir die blankes is daar nie so 'n hofsaak nie.
In plaas van wraak en 'n ordentlike verhoor kry die land 'n
waarheidskommissie. Die vaders van apartheid en hul trawante verdien
dit egter nie. Dit is te goed en gaaf. Dit wil te maklik vergifnis gee.
Die hele punt word gemis: Dat apartheid in die beskuldigdebank moet
staan. Die waarheidskomissie gee die indruk by baie blankes dat
aangesien die ANC ook gruweldade gepleeg het,
is altwee kante se hande mos ewe vuil. (tipies van die NP,
wat bloed aan sy hande het en nou gedurig sy bek vol het,
die ongelooflike vermetelheid darem !)
Altwee se hande is nie ewe vuil nie ! Het party van julle nog net
mooi niks uit die bose verlede geleer nie ?
In kort: Die Nasionale Party en die Afrikaner is grotendeels
verantwoordelik vir die gruwels van Apartheid.
Maar afrikaners wil dit nie erken of hoor nie,
Vir baie Afrikaners is dit altyd "JA MAAR dit en JA MAAR dat,
en daar moet altyd uitsonderings gemaak word oor hoekom hul eintlik
nie skuldig is nie of dat die ANC net so skuldig was ens..."
Nou is die tyd vir Afrikaners om hul mond te hou en te luister,
en elke dag herrinner te word aan hul apartheidsondes.

Van ANC geweld gepraat:
Die logika van party mense is mos as volg: Ontneem die swartes van
hul stemreg dat hulle nie hul se kan se nie. As hulle dan met jou
kom praat daaroor, klap die deur vir dialoog toe. As hul dan
organisasies buite die parlement stig, protesteer of staak,
verban jy hulle, sluit hul op, vermoor hulle en skiet op hulle.
As daar dan uiteindelik net mooi niks oor is vir hulle behalwe
om ondergronds te gaan en geweldadig te raak nie,
dan blameer jy hulle oor hul geweld gebruik.
Wonderlik!, Die logika van apartheid !

Vergewe en vergeet ???
groete.
Re: APARTHEID: E.T. gly op 'n koekie seep..... [boodskap #10076 is 'n antwoord op boodskap #10069] Do, 24 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net writes: >
>
> Gelukkig vir die blankes is daar nie so 'n hofsaak nie.
> In plaas van wraak en 'n ordentlike verhoor kry die land 'n
> waarheidskommissie. Die vaders van apartheid en hul trawante verdien
> dit egter nie. Dit is te goed en gaaf.
>
>
> Vergewe en vergeet ???
> groete.
>

Hierdie paragrawe kom uit De Kat van Februarie 1997.
Dit is uit 'n onderhoud wat Victor Munnik met Jacques
Pauw gehad het. Jacques is hier aan die woord:
"Eintlik gee ek nie 'n f** om of F.W. geweet het
of nie. Die gruwel kom al van D.F. Malan af. Die
ideologie van apartheid en die totale aanslag is
almal se verskoning. Maar dis rassisme wat swart-
mense so verontmenslik het dat dit maklik was om
hulle te martel en dood te maak. Weet jy, die Vlak-
plaas-ouens praat altyd van "die onderwerp", nooit
van 'n persoon of mens nie.
" Jy kom tot die gevolgtrekking dat hulle dit moes
geniet het. 'n Adrenalien-trip. Met baie geld. En die
mag oor lewe en dood. Dit was wreedheid en boosheid
op sy ergste. Vat byvoorbeeld een van die moorde wat
De Kock in die tronk laat beland het; die vier mense
wat in die minibus op Nelspruit doodgeskiet is en toe
verbrand is. Daar was 'n vyfde slagoffer, Sweet Sambo.
Hy is ontvoer, en by 'n ou mynskag doodgeskiet. Toe
moes hulle van die liggaam ontslae raak. Eers het twee
Vlakplaas-ouens die horlosie en skoene van die lyk
afgesteel. Toe is hy opgeblaas. Nou moet twee Askari's
-swart ouens - die groter stukkies bymekaar maak, en
op 'n hopie sit sodat hy weer opgeblaas kan word. Of
in 'n ander geval, waar slagoffers 'n dag en 'n nag lank
oral aan hulle lywe geskok is. Voor hulle dood-geskok
is, is die een gedwing om regop te staan en "Nkosi te
sing. Selfs in oorlog - as hierdie dan 'n oorlog was, wat
De Kock se regter nie geglo het nie - selfs in 'n oorlog
is daar reëls."

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Bye 4 now
Volgende onderwerp: "Vrede" deur J.C. Steyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 11:13:41 MGT 2024