Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Viva Oom George!!!
Viva Oom George!!! [boodskap #100072] Wo, 03 November 2004 18:11 na volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gelukwensings aan George Bush kan hier aangeheg word:..............

Besware kan... (ag daar sal erens 'n site wees daarvoor:-(

DD
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100073 is 'n antwoord op boodskap #100072] Wo, 03 November 2004 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 03 Nov 2004 20:11:00 +0200, DD wrote:

>
>
> Gelukwensings aan George Bush kan hier aangeheg word:..............
>
>
> Besware kan... (ag daar sal erens 'n site wees daarvoor:-(
>
> DD

"Oom" Bush!..
Inderdaad...

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100082 is 'n antwoord op boodskap #100072] Do, 04 November 2004 05:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat van 'n groot dam vir al die trane van teleurstelling oor die meerderheid
van die Amerikaners sê onnosel kan wees? Ek verwonder my aan die Demokrate
en hul meelopers. Die lig in hulle lewens het homself in sy moer in
gespyker en onder sy bewind het hy al die probleme veroorsaak wat hulle nou
mee sukkel, hulle bring 'n vaal nat lap uit om teen Bush te staan en vroeg
in die dag begin hulle al partytjie hou.....hulle sny die velle op lááánk
voor die koei nog geslag was, en op die ou end verloor hulle met die een
ding wat hulle duidelik nie verstaan nie: Die gewone man op straat is nie
beïndruk met hoeveel vroumense die president kan bykom en met hoeveel mans
sy vrou geslaap het nie. Die meerderheid gewone Amerikaner is 'n
patriotiese wese wat vir sy land se veiligheid sal baklei en ook steeds nog
glo aan goeie gesinswaardes en moraliteit. En dan beplan die Demokrate nog
om daai tert van 'n Senator as hul volgende kandidaat ook te hê! Hoekom
maak hulle dit so maklik vir die Republikeine?

"DD" skryf in boodskap news:1l7io0t7lfemjlj8d4r78jct2f89a8ugjj@4ax.com...
>
>
> Gelukwensings aan George Bush kan hier aangeheg word:..............
>
>
> Besware kan... (ag daar sal erens 'n site wees daarvoor:-(
>
>
>
> DD
>
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100093 is 'n antwoord op boodskap #100073] Do, 04 November 2004 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
W - wonderlik ....
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100097 is 'n antwoord op boodskap #100082] Do, 04 November 2004 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Die gewone man op straat is nie
> beïndruk met hoeveel vroumense die president kan bykom en met hoeveel mans
> sy vrou geslaap het nie. Die meerderheid gewone Amerikaner is 'n
> patriotiese wese wat vir sy land se veiligheid sal baklei en ook steeds
> nog glo aan goeie gesinswaardes en moraliteit.

En ek wonder hoekom die Amerikaners nou
daardie selfde president as een van hulle bestes
beskou en gedurig praat oor hoe sy vrou in
2008 president kan word?
Dis 'n mite dat George Bush en sy soort vir
"family values" staan. Hy en die hardekool
Republikeine soos hy staan vir groot besigheid
en vir die rykes van die land, en het baie min
gedoen vir die man in die straat.
Dit het my ook al opgeval dat die sogenaamde
"evangelical christians" in die VSA ook maar
'n korrupte spul is. Ek kyk weer gisteraand na
'n program op 'n goeie Kanadese joernalistieke
kanaal oor Benny Hinn ( wat glo 'n Toronto boy
is, oorspronklik van Lebanon.) Hulle het getuies
onder sy vorige werkers van hoe die mense die
rad voor die oë gedraai word oor die soort
mirakel-genesings wat hy glo doen. En hulle
wys sy huis in Kalifornië wat om en by die
tien miljoen dollars op die mark sou haal. En
dit is alles onder die dekmantel van 'n kerk,
wat spesiale belastingsvryskeldings het.
Gloudina
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100098 is 'n antwoord op boodskap #100097] Do, 04 November 2004 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ai antie, hoekom maak jy so storietjies op? Pas na 'n verskiesing waarin
die Republikeine gewen het en jy vertel steeds 'dat die meeste
Amerikaners'.... Hoe weet jy dit? Wat is jou eie moraliteit dat jy 'n
manlike tert en sy vroulike tert vir 'n president aanvaar? Ag ekskuus tog,
jy het terrorisme toe dit jou saak gepas het, goedgekeur, so wat is 'n
hoertjie of twee dan nou tussen julle?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:77ednUQTzfFcrRfcRVn-tQ@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Die gewone man op straat is nie
>> beïndruk met hoeveel vroumense die president kan bykom en met hoeveel
>> mans sy vrou geslaap het nie. Die meerderheid gewone Amerikaner is 'n
>> patriotiese wese wat vir sy land se veiligheid sal baklei en ook steeds
>> nog glo aan goeie gesinswaardes en moraliteit.
>
> En ek wonder hoekom die Amerikaners nou
> daardie selfde president as een van hulle bestes
> beskou en gedurig praat oor hoe sy vrou in
> 2008 president kan word?
> Dis 'n mite dat George Bush en sy soort vir
> "family values" staan. Hy en die hardekool
> Republikeine soos hy staan vir groot besigheid
> en vir die rykes van die land, en het baie min
> gedoen vir die man in die straat.
> Dit het my ook al opgeval dat die sogenaamde
> "evangelical christians" in die VSA ook maar
> 'n korrupte spul is. Ek kyk weer gisteraand na
> 'n program op 'n goeie Kanadese joernalistieke
> kanaal oor Benny Hinn ( wat glo 'n Toronto boy
> is, oorspronklik van Lebanon.) Hulle het getuies
> onder sy vorige werkers van hoe die mense die
> rad voor die oë gedraai word oor die soort
> mirakel-genesings wat hy glo doen. En hulle
> wys sy huis in Kalifornië wat om en by die
> tien miljoen dollars op die mark sou haal. En
> dit is alles onder die dekmantel van 'n kerk,
> wat spesiale belastingsvryskeldings het.
> Gloudina
>
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100102 is 'n antwoord op boodskap #100098] Do, 04 November 2004 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Wat is jou eie moraliteit dat jy 'n
> manlike tert en sy vroulike tert vir 'n president aanvaar?

Te oordeel na jou gepraat oor seks en die
aanloklikhede van peeping tom seks, en
na jou amper gedurige aanhalings wat verwys
na homoseksuele seks, sou ek nou verwag
dat jy nie eintlik morele oordele oor mense
kan uitspreek nie.

Tant Hessie van die Spergebied
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100104 is 'n antwoord op boodskap #100097] Do, 04 November 2004 17:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Nov 2004 08:38:13 -0500, "@rogers.com" wrote:

> En hulle
> wys sy huis in Kalifornië wat om en by die
> tien miljoen dollars op die mark sou haal. En
> dit is alles onder die dekmantel van 'n kerk,
> wat spesiale belastingsvryskeldings het.
> Gloudina
>
Hahahaaa!!! As die jare daar is kry 'n mens sy verstand, nè?

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100106 is 'n antwoord op boodskap #100102] Do, 04 November 2004 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Nov 2004 10:15:25 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Suidwester" skryf
>
> Wat is jou eie moraliteit dat jy 'n
>> manlike tert en sy vroulike tert vir 'n president aanvaar?
>
> Te oordeel na jou gepraat oor seks en die
> aanloklikhede van peeping tom seks, en
> na jou amper gedurige aanhalings wat verwys
> na homoseksuele seks, sou ek nou verwag
> dat jy nie eintlik morele oordele oor mense
> kan uitspreek nie.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>

en die Suidwsester verdien toe 'n '10 uit 10' met:
> Ag ekskuus tog,
> jy het terrorisme toe dit jou saak gepas het, goedgekeur, so wat is 'n
> hoertjie of twee dan nou tussen julle?
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100120 is 'n antwoord op boodskap #100102] Vr, 05 November 2004 05:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he!!! Is jy nie in 'n hoek nie, of hoe ou dier? Vir ingeval jy dalk
nie meer onthou wat gebeur tussen 'n man en 'n vrou nie [die Vader weet en
ek neem die ou oom nie kwalik as hy maar liewers TV kyk nie!], seks is 'n
doodnatuurlike aksie en bloot dit het niks met moraliteit te doene nie, maar
JY, jy hang hoere aan en wat maak dit jou? 'n Hoerbewonderaar? 'n
Hoeraanhanger? Soort soek soort?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:l_ednQ3Pa5IV2hfcRVn-1A@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Wat is jou eie moraliteit dat jy 'n
>> manlike tert en sy vroulike tert vir 'n president aanvaar?
>
> Te oordeel na jou gepraat oor seks en die
> aanloklikhede van peeping tom seks, en
> na jou amper gedurige aanhalings wat verwys
> na homoseksuele seks, sou ek nou verwag
> dat jy nie eintlik morele oordele oor mense
> kan uitspreek nie.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100130 is 'n antwoord op boodskap #100120] Vr, 05 November 2004 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Vir ingeval jy dalk
> nie meer onthou wat gebeur tussen 'n man en 'n vrou nie...
seks is 'n > doodnatuurlike aksie en bloot dit het niks met
moraliteit te doene nie

Maar, Suidwester, hoekom praat jy nooit van
die vreugdes van getroude seks nie. Hoekom
praat jy nooit met lof oor die heerlikheid van
die liggaam van jou beminde nie. Hoekom
praat jy altyd so smalend van vrouens? Hoekom
gooi jy om elke hoek en draai verwysings na
kringspiere en alles en nog wat in, so asof
jy 'n fasinasie het met homoseksuele seks?
Eintlik het seks alles met moraliteit te doen.
Met eerlikheid, met deernis, met liefde vir
jou naaste.

Gloudina
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100139 is 'n antwoord op boodskap #100130] Sa, 06 November 2004 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:zeydnXIZTZ15GBbcRVn-ug@rogers.com...
>
> Maar, Suidwester, hoekom praat jy nooit van
> die vreugdes van getroude seks nie. Hoekom
> praat jy nooit met lof oor die heerlikheid van
> die liggaam van jou beminde nie.
------Ek het nog nooit die behoefte gehad om daaroor te praat nie! Jy is
ook nou nie juis my keuse van 'n praatmaatjie oor seks nie. Jy verkies om
oor die lewe gediggies te skryf en droom oor die 'heerlikhede van die
liggaam van jou beminde'.....so reg uit die hart van 'n Mills en Boons uit!
Dalk het jy rede om te droom daaroor want jy fantasseer mos maar oor alles?
Ek het 'n meer praktiese aanslag: As jy 'n kar se wiel wil oppomp dan kan
jy links staan, regs staan, op jou kop staan....die lug moet in die taaier
in. As jy dit nie kan regkry nie, dan sal al die stanery en pratery oor
die taaier niks help nie.

Hoekom praat jy altyd so smalend van vrouens?
-----99% tong in die kies want die vrou en wat hulle aanmekaar steek [nie
Clinton nie!!!!] fassineer my. Ek glo vas dat as jy 'n mossie se brein in
'n vrou oorplant, dan vlieg hy agteruit! Dis nie noodwendig sleg nie want
dis juis hierdie 'on-logika' wat hulle vir die mans aantreklik maak. Die
onvoorspelbaarheid wat maak dat ons arme mans ons knieë deurkruip ons lewens
lank net om die een of ander vroumens te plesier in hoop van die een of
ander los gelukkie. Vroumense is ons mans se swakheid en is soos 'n lekker
vet stuk biltong: Jy wéét dis nie goed vir jou hart en gesondheid nie,
maar dis so lekker!

Hoekom gooi jy om elke hoek en draai verwysings na kringspiere en alles en
nog wat in, so asof jy 'n fasinasie het met homoseksuele seks?
-----As daar 'n fassinasie is, dan sou dit wees omdat dit my met algehele
verstomming laat dat enige iemand sy plesier in 'n ander se vuilste plek kan
gaan soek. Ek het nie 'n probleem met homoseksuele nie, manlik en
vroulik.....die aarde is groot en daar's nog baie plek vir almal. Hulle
kan hulle ding in vrede doen, solank dit net ver weg van my is. Dwing hy
homself in my lewensruimte in, sal ek hom laat vertrek...vinnig.

> Met eerlikheid, met deernis, met liefde vir
> jou naaste.
----Ek is sê bly jy noem dit weer! Hoe kan 'n mens eerlik wees en 'n
naasteliefde vir jou medemens toon as jy die volgende goedkeur:
1. Die moord van onskuldige mense deur bomme in die publiek te stel en te
laat afgaan.
2. Jy 'n hele geslag jeugdiges van jou eie mense uit die skool en
opleiding weghou net vir jou eie politieke gewin. Later as jy jou
politieke doel bereik het, dan vergeet jy maar net weer van hierdie mense en
laat hulle maar toe om uit misdaad 'n bestaan te maak.
3. Jy ondersteun openlik mense in die politiek wat absoluut geen morele
waardes het nie [Bill en Hillary].
.....en jy dink deur met deernis te spyker met jou ou man gaan al bogenoemde
regmaak? Jy's erger as die kerke wat jou vergifnis laat koop vir al jou
sondes sodat die predikant met 'n groot huis, 'n slap kar en sy vrou in pels
kan rondloop. Wat sê dit vir my van jou moraliteit?
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100143 is 'n antwoord op boodskap #100139] Sa, 06 November 2004 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Ek het 'n meer praktiese aanslag: As jy 'n kar se wiel wil oppomp dan
> kan jy links staan, regs staan, op jou kop staan....die lug moet in die
> taaier in. Ek glo vas dat as jy 'n mossie se brein in
> 'n vrou oorplant, dan vlieg hy agteruit! Die onvoorspelbaarheid wat
> maak dat ons arme mans ons knieë deurkruip ons lewens lank net om die een
> of ander vroumens te plesier in hoop van die een of ander los gelukkie.

Arme arme Suidwester. Wat jy hierbo skryf,
sê boekdele van jou ou wêreldtjie, 'n baie
beperkte ou wêreldtjie, waar jy blykbaar op
jou knieë moet kruip vir gunsies. Wanneer
jy nie agter jou rekenaar wegkruip van die
regte wêreld nie.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100145 is 'n antwoord op boodskap #100139] Sa, 06 November 2004 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Ek het nie 'n probleem met homoseksuele nie, manlik en
> vroulik.....die aarde is groot en daar's nog baie plek vir almal. Hulle
> kan hulle ding in vrede doen, solank dit net ver weg van my is. Dwing hy
> homself in my lewensruimte in, sal ek hom laat vertrek...vinnig.

Ek vra weer, hoekom bring jy die "kringspiere" storie
in elke keer as jy kans kry. Let jy op dat 'n hele klomp
mense op hierdie nuusgroep oor gays kan praat sonder
om dié detail in te bring? Dis alleen mense soos jy en
Frikkie, die vreeslike kamtige macho ouens ( of wat
vir ons so wil laat dink) wat gedurig oor hierdie detail
praat. En, soos ek vantevore uitgewys het, sielkundiges
wys uit dat as mense so gedurig oor dié dinge praat,
dit hulle eintlik in die geheim stimuleer.

Gloudina
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100147 is 'n antwoord op boodskap #100143] Sa, 06 November 2004 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:49GdnYj2GMNOSRHcRVn-pQ@rogers.com...

"Suidwester" skryf

> Ek het 'n meer praktiese aanslag: As jy 'n kar se wiel wil oppomp dan
> kan jy links staan, regs staan, op jou kop staan....die lug moet in die
> taaier in. Ek glo vas dat as jy 'n mossie se brein in
> 'n vrou oorplant, dan vlieg hy agteruit! Die onvoorspelbaarheid wat
> maak dat ons arme mans ons knieë deurkruip ons lewens lank net om die een
> of ander vroumens te plesier in hoop van die een of ander los gelukkie.

Arme arme Suidwester. Wat jy hierbo skryf,
sê boekdele van jou ou wêreldtjie, 'n baie
beperkte ou wêreldtjie, waar jy blykbaar op
jou knieë moet kruip vir gunsies. Wanneer
jy nie agter jou rekenaar wegkruip van die
regte wêreld nie.

Tant Hessie van die Nossob

Ag nee wat julle twee, bly tog liewers uit mekaar se sekslewens uit, dit
verlaag darem hierdie gesprek, is beledegend, en plein onmanierlik.

Ellie van Engeland
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100150 is 'n antwoord op boodskap #100147] Sa, 06 November 2004 18:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie"

> Ag nee wat julle twee, bly tog liewers uit mekaar se sekslewens uit, dit
> verlaag darem hierdie gesprek, is beledegend, en plein onmanierlik.

Dis darem vir my baie snaaks dat Suidwester
maar aanmekaar baie persoonlike aanmerkings
kan maak oor my persoonlike lewe en niemand
tik hom op die vingers nie. (Iets wat DD ook
periodiek doen.) Maar net sodra ek
sy bluff bietjie call, dan word daar skielik
opmerkings oor gemaak. Ek dink dis nodig
om uit te wys dat Suidwester anti-vrou en
anti-die sanktiteit van die huwelik is, en dat
hy elke kans wat hy kry oor homoseksuele
praktyke praat. Aangesien hy 'n opinie
omtrent alles op hierdie nuusgroep het,
behoort hy en sy standpunte in perspektief
geplaas te word.

Gloudina
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100151 is 'n antwoord op boodskap #100150] Sa, 06 November 2004 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Nov 2004 13:03:38 -0500, "@rogers.com" wrote:

> Dis darem vir my baie snaaks dat Suidwester
> maar aanmekaar baie persoonlike aanmerkings
> kan maak oor my persoonlike lewe en niemand
> tik hom op die vingers nie. (Iets wat DD ook
> periodiek doen.)
>
> Gloudina
>

Nee Tannie Gloudina, jy is totaal verkeerd.
Dat DD jaanmerkings gemaak het oor jou
persoonlike lewe, was nie 'off-topic' nie.
Jy het aanhoudend persoonlike aanvalle op die
'apartheidsvarke' gedoen, en ék, my tannie, ék,
het jòu bluf gecall. Dit was in verhouding met
waaroor jy àl die jare praat!

Jy het gereeld persoonlike aanvalle gedoen
op die mense hier, en ek het net op 'n stadium gekom
waar ek besluit het, dat as die mense hier dit nie weet nie,
wil ek daarop wys dat jy jou eie taal verwerp het.
Dat jou hele gesin dit verwerp het.

Dat jy, Gloudina, getroud is met 'n man
wat sê dat hy Afrikaans verwerp as gevolg
van die apartheidsbeleid wat hoofsaaklik deur
buitelandse instansies soos Anglo, Gold Fields,
Ford, Merc... onderskryf is, want dit het vir hulle
goedkoop arbeid beteken. En Gloudina, wat
maak jou man? Hy verruil dit vir die taal van
die engelsman wat lank voor apartheid
vroue en kinders in die land vermoor het.
Kom ek herhaal dit vir die wat stadig lees -
jy verdedig sy verwerping van Afrikaans
met 'apartheid' as verskoning. Watter verskoning
gebruik jy dat hy dit verruil het vir die taal van dié
wat na goud hier ontdek is, vrouens en kinders hier
in konsentrasiekampe vermoor het?
Hierby kan dus die afleiding gemaak word dat hy
apartheid afgekeur het, maar die moord
in konsentrasiekampe op vrouens en kinders nie.

Wanneer jy weer hier spot met mense wat vleis braai
langs die lyke van moordenaars wat verbrand word,
kan jy gerus ook 'n stukkie bylas oor die konsentrasiekamp
moorde, en die taal van daardie moordenaars wat nou
jul gekose taal is.

Jou geveg met Suidwester was jou geveg.
Dit is nie interessant genoeg vir enige aanmerking nie,
maar na aanleiding van wat jy van my sê, moes ek jou daarop
wys, dat dit wat ek sê, ten minste deur sommiges raak gesien word.

Lees weer my eerste twee sinne.

DD
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100155 is 'n antwoord op boodskap #100151] Sa, 06 November 2004 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf

> Jy het gereeld persoonlike aanvalle gedoen
> op die mense hier, en ek het net op 'n stadium gekom
> waar ek besluit het, dat as die mense hier dit nie weet nie,
> wil ek daarop wys dat jy jou eie taal verwerp het.
> Dat jou hele gesin dit verwerp het.
>
> Dat jy, Gloudina, getroud is met 'n man
> wat sê dat hy Afrikaans verwerp as gevolg
> van die apartheidsbeleid

Bewys vir my eenkeer waar ek die gesin
van enigiemand op hierdie nuusgroep
aangeval het. Jy daarenteen, het nie net
onder verskillende skuilname allerhande
onsmaaklike dinge omtrent my man gesê
nie, maar ook my kinders gekritiseer.

Gloudina
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100156 is 'n antwoord op boodskap #100151] Sa, 06 November 2004 23:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf

die apartheidsbeleid wat hoofsaaklik deur
> buitelandse instansies soos Anglo, Gold Fields,
> Ford, Merc... onderskryf is, want dit het vir hulle
> goedkoop arbeid beteken.

O, nou het ek die laaste een gehoor. Nou
is Anglo-American en Ford ens. die vaders
van apartheid. Bloei jou hande nie soms as
jy hulle so aanmekaar probeer was nie?

Tant Hessie van Riviersonderend
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100157 is 'n antwoord op boodskap #100155] So, 07 November 2004 05:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Nov 2004 18:25:21 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Dave" skryf
>
>> Jy het gereeld persoonlike aanvalle gedoen
>> op die mense hier, en ek het net op 'n stadium gekom
>> waar ek besluit het, dat as die mense hier dit nie weet nie,
>> wil ek daarop wys dat jy jou eie taal verwerp het.
>> Dat jou hele gesin dit verwerp het.

>> Dat jy, Gloudina, getroud is met 'n man
>> wat sê dat hy Afrikaans verwerp as gevolg
>> van die apartheidsbeleid
>
> Bewys vir my eenkeer waar ek die gesin
> van enigiemand op hierdie nuusgroep
> aangeval het. Jy daarenteen, het nie net
> onder verskillende skuilname allerhande
> onsmaaklike dinge omtrent my man gesê
> nie, maar ook my kinders gekritiseer.
>
> Gloudina
>

Jy het my van onder die vaandel van soveel skuilname wees, beskuldig,
dat dit vir my snaaks (funny) was. Mense op hierdie groep het jou
gereeld daarop gewys dat dit nie ek is nie, en ek het agtergekom
dat daar slegs een manier is om jou tevredenheid te gee, en dit
is deur dit maar te erken dat dit ek is. Andere hier het, ietwat
verbloemd, gesê dat hulle dit nogal geniet.

Eenmaal het ek wel, terwille van 'n grap, die plaasvark nagemaak en
met opset 'n spelfout in die naam gemaak, om dit ooglopend te maak.
Die reaksie daarop was nie goed nie, en dit is dit. Maar jy het elke
nuweling hier, as ek beskou. Nou nog. Selfs voor dit.

En as jy oplettend is, sou jy oor die jare al opgemerk het, dat ek
baie maklik die skuld vir iets op myself neem. Al is dit nie ek nie.
Want dan is daar geen stryery meer nie.

Kan nie onthou dat ek jou kinders op enige manier gekritiseer het nie,
en dit sal heel interessant wees as jy dit sou aanhaal.

Hier het jy in 'n rusie met Suidwester betrokke geraak, en my naam
ingesleep. Jy ken my lank genoeg om te weet dat ek nie Suidwester se
manier van praat onderskryf nie. Ek hou nie daarvan nie. Maar daar is
mense wat al daarop gereageer het, asof dit hulle geval, en indien
wel, het hy net soveel reg hier as ek. Dan, in teenstelling daarmee,
kan die man somtyds 'n heel interessante gesprek voer, wat die indruk
laat dat hy sy feite bevestig eer hy iets sê. Daarom gesels hy en ek
somtyds lekker.

Terug na die feit dat jy my naam in julle onsmaaklike rusie ingesleep
het met verwysing na persoonlike aanvalle: Dit het gegaan oor
Afrikaans.
Die laaste wat ons hieroor gesels het, was ek tevrede toe
ek jou laat erken het dat Afrikaans in julle huis verwerp is. Die
oomblik toe jy die bekentenis maak, het ek gesê "I rest my kys' wat ek
nogal by jou geleer het:-)
En die kys sou gerest gebly het, as jy dit nie weer
opgehaal het nie. Ek het dit as afgehandel beskou, al was daar dinge
wat ongesê gebly het.

Ek bly by twee stellings.

1. Dit wat ek gesê het van jou man ondermeer, was nie buite die lyn
van die gesprek nie, omdat jy mense hier hewig aanval oor die
miskenning van Afrikaans. Dit doen jy terwyl jy deel is van 'n
huisopset waar Afrikaans verwerp word. En dus aandeel daarin het.

2. Die verwysing na jou man was omdat jy dubbele standaarde handhaaf.
Jy val die geringste gebruik van slêng hier aan terwyl jy jou man se
verwerping van Afrikaans verdedig met een of ander storie oor die
gebruik van Caspirs in die apartheidsjare. Toe het hy besluit dat hy
nie die taal van sulke mense praat nie, al is dit sy eie taal.
Maaar... hy aanvaar die taal van diegene wat jare voor apartheid die
Afrikaner se voorouers, (sy eie voorouers) vermoor het. Hy aanvaar die
taal van die mense wat vrouens en kinders in konsentrasiekampe vermoor
het. Dit, Gloudina,..en Isak..., is VERAGTELIK!
Veràgtelik is die woord daarvoor.

Die ander opset kan natuurlik ook wees dat apartheid nie werklik sy
rede was nie, maar dat hy slegs een van daai mense is wat dit as grênd
beskou om engels te praat. Dìt hou nogal tred met die feit dat hy
gehoop het om nie 'n Afrikaanse aksent te hê nie. En dat jý toe
besluit het om die apartheidsverskoning namens hom op te dis.
En nie verder gedink het nie.
En às sy rede die genoemde 'grênd probeer wees' rede was, sou dit nie
minder verwerplik gewees het nie.

Niks aan die feite is verander nie. Julle het, as aanvallers van
apartheid, die taal aanvaar van dieselfde mense wat vrouens
en kinders vermoor het in konsentrasiekampe! Julle eie voorouers
is deur hulle vermoor. Julle eie voorouers se plaashuise is deur hulle
afgebrand. Julle eie voorouers se land is met geweld deur hulle gevat
ter wille van goud. En dan maak julle hul taal jul eie, en praat
smalend van insidente wat in hierdie land gebeur het, wat menige van
ons al ons spyt oor uitgespreek het.

Het die koningin van julle taal al haar spyt uitgespreek oor wat hulle
hier gedoen het in dié land? Het die regering van die taal wat julle
jul eie gemaak het, al gesê dat hulle jammer is oor die vat van ons
land omdat hier goud was? Iets wat hulle gedink het, sou wees 'taking
candy from a baby' want dit is wat hulle probeer het, maar almal was
nie baby's soos julle nie.

As 'n laaste gedagte, Gloudina. Jy het gesê dat die aanvalle wat jy
loods op alles wat om verskyn, 'n rol is wat jy speel om die groep
aktief te hou. Mooi; jy slaag. Ek het in teenstelling daarmee gesê dat
niemand 'n rol anders as sy eie persoonlikheid so lank kan vertolk as
wat jy dit doen nie. So, dit moet die regte jy wees wat ons hier ken.

Waarom het julle nie Zulu jul huistaal gemaak nie?
Dit sou op meer vaste voete gestaan het.

DD
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100158 is 'n antwoord op boodskap #100156] So, 07 November 2004 05:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Nov 2004 18:27:39 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Dave" skryf
>
> die apartheidsbeleid wat hoofsaaklik deur
>> buitelandse instansies soos Anglo, Gold Fields,
>> Ford, Merc... onderskryf is, want dit het vir hulle
>> goedkoop arbeid beteken.
>
> O, nou het ek die laaste een gehoor. Nou
> is Anglo-American en Ford ens. die vaders
> van apartheid. Bloei jou hande nie soms as
> jy hulle so aanmekaar probeer was nie?
>
> Tant Hessie van Riviersonderend
>

Wys vir my waar ek dit gesê het?
Ek het gesê dat hulle dit ook ernstig ondersteun het,
ter will van die goedkoop arbeid wat hulle daardeur verkry het.

Kleinboet DD van scsaa se Waarheidskommissie
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100161 is 'n antwoord op boodskap #100158] So, 07 November 2004 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave Du Plessis sowat 'n uur later,
pas 'n koel bad gehad en dus
heel afgekoel ...
met een van sy mooiste smiles...

Vrede Tant Hester ... :-)

DD
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100166 is 'n antwoord op boodskap #100139] So, 07 November 2004 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote:

> Hoekom praat jy altyd so smalend van vrouens?
> -----99% tong in die kies want die vrou en wat hulle aanmekaar steek [nie
> Clinton nie!!!!] fassineer my. Ek glo vas dat as jy 'n mossie se brein in
> 'n vrou oorplant, dan vlieg hy agteruit! Dis nie noodwendig sleg nie want
> dis juis hierdie 'on-logika' wat hulle vir die mans aantreklik maak. Die
> onvoorspelbaarheid wat maak dat ons arme mans ons knieë deurkruip ons lewens
> lank net om die een of ander vroumens te plesier in hoop van die een of
> ander los gelukkie. Vroumense is ons mans se swakheid en is soos 'n lekker
> vet stuk biltong: Jy wéét dis nie goed vir jou hart en gesondheid nie,
> maar dis so lekker!

Het jy dieselfde neerhalende opinie van jou ma - of is sy die uitsondering
op die reël?
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100172 is 'n antwoord op boodskap #100157] So, 07 November 2004 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

omdat jy mense hier hewig aanval oor die
> miskenning van Afrikaans

Jy verdraai natuurlik die waarheid. Ek verdedig
alleen hierdie nuusgroep teen die gevaar van
oorgeneem te word deur 'n klomp stoereboere
wat daarop staan om Engels te gebruik. Hierdie
nuusgroep is gestig om die gebruik van Afrikaans
in die kuberruimte te bestendig. As iemand, al was
hy vantevore 'n Afrikaner, 'n klomp Australiese
grappe uit Australië in Engels pos, dan maak
ek beswaar. As Frikkie in sy gebroke Engels
op hierdie nuusgroep gesprekke in gebroke
Engels wil voer, dan maak ek beswaar.

Gloudina
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100173 is 'n antwoord op boodskap #100157] So, 07 November 2004 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

Julle eie voorouers
> is deur hulle vermoor. Julle eie voorouers se plaashuise is deur hulle
> afgebrand. Julle eie voorouers se land is met geweld deur hulle gevat
> ter wille van goud.

Hokaai. My voorouers het almal grootgeword
in daardie deel van Suid-Afrika wat nie agter
die pap-en-wors gordyn was nie.

Gloudina
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100175 is 'n antwoord op boodskap #100172] So, 07 November 2004 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Nov 2004 08:15:50 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
> omdat jy mense hier hewig aanval oor die
>> miskenning van Afrikaans
>
> Jy verdraai natuurlik die waarheid. Ek verdedig
> alleen hierdie nuusgroep teen die gevaar van
> oorgeneem te word deur 'n klomp stoereboere
> wat daarop staan om Engels te gebruik. Hierdie
> nuusgroep is gestig om die gebruik van Afrikaans
> in die kuberruimte te bestendig. As iemand, al was
> hy vantevore 'n Afrikaner, 'n klomp Australiese
> grappe uit Australië in Engels pos, dan maak
> ek beswaar. As Frikkie in sy gebroke Engels
> op hierdie nuusgroep gesprekke in gebroke
> Engels wil voer, dan maak ek beswaar.
>
> Gloudina
>

ek is bly dat jy dit doen. Die Afrikaans wat hier gebesig word
is dikwels maar beroerd. En wat eintlik bietjie van 'n klap in die
gesig is, is dat mense soos Katryn, Ellie, en dan met spesiale klem,
Lorinda, hier Afrikaans praat wat ons soos souties laat klink.
Lorinda se naam spesifiseer ek spesifiek, nie net omdat ek steeds
bietjie verlief is op haar nie, maar ook omdat die vroumens Iers is
en nie eens Afrikaans nie. Daarbenewens praat sy ook Grieks en
dan klink dit vir my Grieks.

Jy kan ook die standaard manier van praat hier luister, en jy sal
agterkom dat die mense wat so lekker slêng, eintlik goed Afrikaans
magtig is.
Een tyd was daar gesê dat die rede daarvoor die feit is dat die
Engelse woorde korter is as die Afrikaanse weergawes daarvan.
Daarom word die Engelse vorm gebruik. Dit maak nogal sin vir my.
Dit is tog waarom ons praat van 'n Carburator en nie Vergasser nie,
soos ons ook ter wille van die korter woord eerder reverse as om tru
te ry. En ek let nou eendag op dat my kar seat covers op die sitplekke
het want bekleedsel is ok maar lank. Net so is dit terwille van
noodsaaklike tyd wat die rugbyspelers skram wanneer hulle moet skrum.
Ek sal nog moet uitwerk waarom ek hier by my rekenaar baie ceedee's
het en geen seedee's nie:-) Daar is dan tot mense wat eerder 'n
plaayers gebruik as 'n tang. Lengte van woorde, sien:-)

Weet jy hoeveel Afrikaanse woode het Suid Afrikaanse Engels in hul
woordeboek opgeneem?

Daar is natuurlik ook mense wat dit taalgroei noem. Wat sê dat enige
taal behalwe Latyn op daardie manier groei. Het die lokale Engels
gegroei toe dit nuwe (Afrikaanse) woorde opgeneem het in hul nuutste
woordeboek?

En as dit wat ek hier sê klink na sleng goedpraat, het ek myself swak
uitgedruk.

DD
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100182 is 'n antwoord op boodskap #100145] Ma, 08 November 2004 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nie almal is vasgekluister onder 'n hoop sneeu agter jou rekenaar soos jy
nie. Ek het vele dinge om te doen.....soos om die mooi land van my af te
neem en nog mooier probeer maak. Kringspiere? Ons mense hier praat maar
so beduidend en met humor....iets wat jy duidelik nie het nie. Ek het nog
die hele tyd gedink kringspiere is veel sagter as 'n hoop ander dinge wat jy
dit kan noem? Ek laaik van daai sielkundiges van jou! Wat sê hulle van
jou ewige gesanik oor apartheid? Is dit wat JOU lekkerkry gee? Is dit
seksueel vir jou? Vra tog jou sielkundige en laat weet asseblief!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:gYKdnQZILq9-SBHcRVn-qg@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Ek het nie 'n probleem met homoseksuele nie, manlik en
>> vroulik.....die aarde is groot en daar's nog baie plek vir almal. Hulle
>> kan hulle ding in vrede doen, solank dit net ver weg van my is. Dwing
>> hy homself in my lewensruimte in, sal ek hom laat vertrek...vinnig.
>
> Ek vra weer, hoekom bring jy die "kringspiere" storie
> in elke keer as jy kans kry. Let jy op dat 'n hele klomp
> mense op hierdie nuusgroep oor gays kan praat sonder
> om dié detail in te bring? Dis alleen mense soos jy en
> Frikkie, die vreeslike kamtige macho ouens ( of wat
> vir ons so wil laat dink) wat gedurig oor hierdie detail
> praat. En, soos ek vantevore uitgewys het, sielkundiges
> wys uit dat as mense so gedurig oor dié dinge praat,
> dit hulle eintlik in die geheim stimuleer.
>
> Gloudina
>
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100183 is 'n antwoord op boodskap #100173] Ma, 08 November 2004 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Dis voor hulle noord-wes getrek het en toe te bang was om die
grootrivier oor te steek?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:2emdndxG14dOvRPcRVn-pw@rogers.com...
>
> "DD" skryf
>
> Julle eie voorouers
>> is deur hulle vermoor. Julle eie voorouers se plaashuise is deur hulle
>> afgebrand. Julle eie voorouers se land is met geweld deur hulle gevat
>> ter wille van goud.
>
> Hokaai. My voorouers het almal grootgeword
> in daardie deel van Suid-Afrika wat nie agter
> die pap-en-wors gordyn was nie.
>
> Gloudina
>
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100184 is 'n antwoord op boodskap #100150] Ma, 08 November 2004 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:jPednRsveNZsjBDcRVn-3w@rogers.com...
> Dis darem vir my baie snaaks dat Suidwester
> maar aanmekaar baie persoonlike aanmerkings
> kan maak oor my persoonlike lewe en niemand
> tik hom op die vingers nie.
----Jou persoonlike lewe? Het ek al ooit vir jou uitgevra oor jou man, jou
kinders of private omstandighede? Jy is vir my iemand wat 'n sekere opinie
oor dinge in Afrika het waarvan ek nie hou nie en ek redeneer met jou. Ek
wil nie met jou trou nie, nie met jou vry nie en jou ook nie ontmoet nie.
Vir al wat ek weet kan jy netsowel 'n donkie se agterkant wees.....dit maak
nie saak nie.

Ek dink dis nodig om uit te wys dat Suidwester anti-vrou
----Darem baie snaaks dat jy as vrou 'n opinie teenoor mans mag uitspreek,
maar die oomblik as 'n man 'n opinie oor die vrou uitspreek, dan is hy
anti-vrou? Jy sit en baklei vir die reg van vryheid van spraak, maar as jy
nie daarvan hou nie, dan is die vryheid skielik weg? Dis natuurlik niks
snaaks nie, want dit wys presies hoe vlak jou aanslag werklik is. Plus
natuurlik dat jy 'n ernstige skoot humorsin kort.

en anti-die sanktiteit van die huwelik is, en dat
----Waar het ek dit gesê? Ek reken dit vra wel mannemoed om 'n leeftyd
saam met 'n vroumens uit te hou en nie self mal te raak nie, maar dan is
mans mos maar dapper goed [so dink ons!].

hy elke kans wat hy kry oor homoseksuele praktyke praat.
---Nie meer as oor enigiets anders wat opkom nie en gewoonlik ook in reaksie
op iets wat iemand anders sê, MAAR dit sê nie dat ek homoseksualiteit
aanvaarbaar vind nie. Tog kan elke mens sy eie keuse maak en ek voel as 'n
man verkies om sy lewe te slyt saam met 'n ander man, dan is hy welkom om
dit te doen, solank hy my net nie daarby betrek nie. Wat meer wil jy hê
moet ek doen?

Aangesien hy 'n opinie omtrent alles op hierdie nuusgroep het,
----en wat, oudste van dae, is dan juis die doeltjie van hierdie
nuusgroepie?
> Gloudina
>
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100185 is 'n antwoord op boodskap #100143] Ma, 08 November 2004 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ai tog antie, kom laat ek dit vir jou mooi stadig sê: Meeste van die
vroumense wat ek ken is pragtige goed [nie almal soos baie ouens wil voor
gee nie want dan lieg hulle!], maar 'n man en 'n vrou het 'n verskillende
aanslag op die lewe. Uit my ondervinding is, is mans meer prakties en die
vroumense meer gevoelgedrewe en daarom meer onvoorspelbaar. As 'n 'control
freak' is ek nie gek oor daardie onvoorspelbaarheid nie, so jy neem 'n
besluit: Kan jy daarmee saamleef of kan jy nie?
Wat die kruip aanbetref, as jy humorloos is, dan kan ek jou nie help
nie.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:49GdnYj2GMNOSRHcRVn-pQ@rogers.com...
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100186 is 'n antwoord op boodskap #100147] Ma, 08 November 2004 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" wrote in message
news:sW5jd.1913$_J2.1613@newsread2.news.atl.earthlink.net...
>
> Ag nee wat julle twee, bly tog liewers uit mekaar se sekslewens uit, dit
> verlaag darem hierdie gesprek, is beledegend, en plein onmanierlik.
>
> Ellie van Engeland

Miskien moet jy eerder die konteks van die boodskappe lees voor jy bek rek?
Dit het absoluut niks met enigiemand se sekslewens te doene nie, bloot net
twee mense se benadering daaroor. Sy kom uit die oertye en ek so 'n
bietjie nader aan die hede. JY? Jy kan te enige tyd, net wanneer jy wil,
en totaal willekeurig, oorkliek na 'n ander boodskap toe. Jy hoef dit nie
te lees nie!
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100191 is 'n antwoord op boodskap #100184] Ma, 08 November 2004 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Tog kan elke mens sy eie keuse maak en ek voel as 'n
> man verkies om sy lewe te slyt saam met 'n ander man, dan is hy welkom om
> dit te doen, solank hy my net nie daarby betrek nie. Wat meer wil jy hê
> moet ek doen?

Ek stel voor dat jy nie elke hawerklaps oor kringspiere
praat in verband met homoseksualiteit nie. Ek neem aan
meeste mense op hierdie nuusgroep vind sulke soort
gepraat onsmaaklik. Ek kan jou ook verseker dat dit 'n
baie negatiewe beeld skep van jou kuberpersoonlikheid.

Tant Hessie van die Spergebied
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100192 is 'n antwoord op boodskap #100182] Ma, 08 November 2004 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Kringspiere? Ons mense hier praat maar
> so beduidend en met humor....iets wat jy duidelik nie het nie. Ek het
> nog die hele tyd gedink kringspiere is veel sagter as 'n hoop ander dinge
> wat jy dit kan noem? Ek laaik van daai sielkundiges van jou! Wat sê
> hulle van jou ewige gesanik oor apartheid? Is dit wat JOU lekkerkry gee?
> Is dit seksueel vir jou? Vra tog jou sielkundige en laat weet asseblief!

Moet ek dus aanneem dat jy saamstem met die
sielkundiges wat sê dat mans wat gedurig oor
homoseksuele praktyke praat ( en in die uiterste
gevalle gays aanval in die strate) eintlik 'n geheime
fasinasie met die praktyk het, en daardeur seksueel
gestimuleer word?
En terwyl jy nou self die onderwerp van apartheid
by hierdie gesprek intrek: Jy moet sien wat sielkundiges
maak van die fasinasie wat die apartheidsvarke met
seks gehad het. Hulle het dit probeer verban tussen
wit en nie-blankes, maar dis 'n welbekende feit dat
die mees stoereboerse wittes eintlik die maklikste
in die donker oor die rassegrens seks gehad het.

Gloudina
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100193 is 'n antwoord op boodskap #100191] Ma, 08 November 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek voel vere vir die negtiewe beeld, maar ek sal miet jou 'n ooreenkoms
aangaan. As jy ophou met jou negatiewe apartheidsvark-stories, dan sal ek
die kringspiere laat gaan, dan bou ons beide aan ons positiewe
persoonlikhede? Jinne, nou voel ek so tuis met jou...........

"@rogers.com" skryf in boodskap news:NLCdnf_VGsgvHxLcRVn-rQ@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Tog kan elke mens sy eie keuse maak en ek voel as 'n
>> man verkies om sy lewe te slyt saam met 'n ander man, dan is hy welkom om
>> dit te doen, solank hy my net nie daarby betrek nie. Wat meer wil jy hê
>> moet ek doen?
>
> Ek stel voor dat jy nie elke hawerklaps oor kringspiere
> praat in verband met homoseksualiteit nie. Ek neem aan
> meeste mense op hierdie nuusgroep vind sulke soort
> gepraat onsmaaklik. Ek kan jou ook verseker dat dit 'n
> baie negatiewe beeld skep van jou kuberpersoonlikheid.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: Viva Oom George!!! [boodskap #100194 is 'n antwoord op boodskap #100192] Ma, 08 November 2004 14:55 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:EtKdna50ydYIGRLcRVn-hA@rogers.com...
> Moet ek dus aanneem dat jy saamstem met die
> sielkundiges wat sê dat mans wat gedurig oor
> homoseksuele praktyke praat ( en in die uiterste
> gevalle gays aanval in die strate) eintlik 'n geheime
> fasinasie met die praktyk het, en daardeur seksueel
> gestimuleer word?
----As mens jou tipe van karakter het, ja, dan dink ek hulle het 'n punt
beet.

> En terwyl jy nou self die onderwerp van apartheid
> by hierdie gesprek intrek:
----En jy kon nie wag nie, want nou kan jy weer iemand 'n apartheidsvark
noem.

Jy moet sien wat sielkundiges
> maak van die fasinasie wat die apartheidsvarke met
> seks gehad het. Hulle het dit probeer verban tussen
> wit en nie-blankes, maar dis 'n welbekende feit dat
> die mees stoereboerse wittes eintlik die maklikste
> in die donker oor die rassegrens seks gehad het.
----As ek nou hierdie strek van jou afleidings reg lees en JOU fassinasie
met die apartheidsvarke dan is dit jou lewensdroom om met 'n wit man seks te
hê? Praat van uit ondervinding?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: Stupid Americans! -- Stupid... Stupid... STUPID!!! __________==___ jeshokan
Volgende onderwerp: Bye-bye, Mnr Bi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 23:46:26 MGT 2024