Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Michael Moorer se storie
Michael Moorer se storie [boodskap #100008] Di, 02 November 2004 05:49 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gisteraand op Mnet het hulle die man se eensydige dokumentêr gewys waarin hy
sy bes probeer om Bush te 'vermoor' en dit het my met die volgende gedagtes
gelaat:

1. Dis altyd makliker om ná die wedstryd gespeel is, om die spel te
analiseer en dan vir mense te vertel wat hulle eintlik moes gedoen het.
2. Die probleem met Bin Laden en sy groep kom veel langer terug as die tyd
wat Bush aan bewind was. Gedurende Clinton se bewind het nasionale
sekuriteit sleg tweede gekom in die VSA en wat in NY gebeur het op September
11 was direk die gevolg van die slapgatgeid van die Demokratiese bewind.
3. Moorer beskuldig Bush dat hy die situasie plooi vir besigheid en geld
maak, maar wat doen Moorer homself? Presies dieselfde! Hy gebruik die
situasie om 'n dokumentêr te maak wat vir hom miljoene dollars gemaak het en
ek het nie gehoor dat hy bereid is om al daai geld te skenk vir die lyers
van die Bush-beleid of vir armes nie. Hy eien hom die reg toe om presies
dit te doen waarvan hy die ander beskuldig.
4. As daar mense is wat hierdie drek glo in die VSA, dan is die VSA se
mense dalk nie so gesofistikeerd en gevorderd as wat hulle aan die wêreld
wil voorhou nie?
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100013 is 'n antwoord op boodskap #100008] Di, 02 November 2004 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dis Moore. Nie Moorere nie?
Anyway, die styl is polemies en nie geskiedskrywing nie.
Jy moet so daarna kyk.
Met ander woorde eensydig, maar 'n "legitimate" kant.

Die Wit Huis doen dieselfde.

Was dit nie vir jou interressant om na al die bomme en die dooies Bin
Laden so skielik ingeskonde op tv te sien nie?

On Tue, 2 Nov 2004 07:49:28 +0200, "Suidwester" wrote:

> Gisteraand op Mnet het hulle die man se eensydige dokumentêr gewys waarin hy
> sy bes probeer om Bush te 'vermoor' en dit het my met die volgende gedagtes
> gelaat:
>
> 1. Dis altyd makliker om ná die wedstryd gespeel is, om die spel te
> analiseer en dan vir mense te vertel wat hulle eintlik moes gedoen het.
> 2. Die probleem met Bin Laden en sy groep kom veel langer terug as die tyd
> wat Bush aan bewind was. Gedurende Clinton se bewind het nasionale
> sekuriteit sleg tweede gekom in die VSA en wat in NY gebeur het op September
> 11 was direk die gevolg van die slapgatgeid van die Demokratiese bewind.
> 3. Moorer beskuldig Bush dat hy die situasie plooi vir besigheid en geld
> maak, maar wat doen Moorer homself? Presies dieselfde! Hy gebruik die
> situasie om 'n dokumentêr te maak wat vir hom miljoene dollars gemaak het en
> ek het nie gehoor dat hy bereid is om al daai geld te skenk vir die lyers
> van die Bush-beleid of vir armes nie. Hy eien hom die reg toe om presies
> dit te doen waarvan hy die ander beskuldig.
> 4. As daar mense is wat hierdie drek glo in die VSA, dan is die VSA se
> mense dalk nie so gesofistikeerd en gevorderd as wat hulle aan die wêreld
> wil voorhou nie?
>
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100014 is 'n antwoord op boodskap #100013] Di, 02 November 2004 09:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie vir jou snaaks dat hulle Sadam in 'n gat in die middel van die
woenstyn kan kry nie, maar nêrens vir Bin Laden kan opspoor nie? En Bin
Laden stuur nog vir hulle clues ook.

E

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Was dit nie vir jou interressant om na al die bomme en die dooies Bin
> Laden so skielik ingeskonde op tv te sien nie?
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100029 is 'n antwoord op boodskap #100013] Di, 02 November 2004 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:t9heo0djgob6d0qnl24bdo8c32s0ris3go@4ax.com...
>
> Ek dink dis Moore. Nie Moorere nie?
----Ek dog ek spel kak, maar jy klop my! Toe sit jy nog 'n ekstra 'e'
aan..........

> Anyway, die styl is polemies en nie geskiedskrywing nie.
> Jy moet so daarna kyk.
> Met ander woorde eensydig, maar 'n "legitimate" kant.
-----Skerlik, maar jy as joernalis weet hoe maklik is dit om enige saak
stukkend te skrywe. Jy gaan haal 'n enkele geval van 'n soldaat uit wat
ontevrede is om die een of ander rede [heel moontlik omdat hy persoonlik in
die oorlog self gefaal het] en die maklikste ding om sy eie vernedering weg
te steek, is om teen die oorlog te draai. Die joernaliste suip dit soos
dors woestynhonde op en skryf dat die penne begin rook, maar wat van die
duisende soldate wat heel tevrede is om in Irak te wees? Professionele
mense wat besig is om te doen waarvoor hulle opgelei is en trots is op die
dagtaak wat hulle verrig. So 'n soldaat sal nie eers met iemand soos Moore
praat nie. Gaan 'n bietjie dieper in die spesialiseenhede van 'n weermag
in, dan mag die soldate nie met die pers [of enigiemand anders]oor hulle
werk praat nie. Dit word beskou as 'n breuk in sekerheid en iets waarvoor
jy tronk toe kan gaan vir 12 jaar. Kyk maar in SA. Die
waarheids-kommissie en die bieg van die skuldiges dat die spoeg spat. Van
die hoër mense wat reeds in die publiek se oog was het daar gaan sit en
hanna-hanna om almal tevrede te stel, maar van die WERKLIKE weermag sterk
manne en hul instellings was daar nie 'n enkele lugpoefie op die
waarheidskommissie nie. Hoekom nie? As jy in daardie afdelings wil werk
vir jou land, is die eerste en belangrikste eienskap wat jy moet hê,
lojaliteit teenoor jou land en sy regering. Daar is vele mense met baie
sensitiewe inligting wat lank verby die geheimetydperk is en steeds nie sal
praat nie. Jy is opgelei om nie te praat nie. Daai manne wat wel praat,
is die vrot appels en wie eet lekker aan hom.....daai vetgat Moore!

> Was dit nie vir jou interressant om na al die bomme en die dooies Bin
> Laden so skielik ingeskonde op tv te sien nie?
-----Jy bedoel seker ongeskonde? Ek het nogal gedink dit sal my nie
verbaas as Bush vir Bin Laden aan sy toutjiesbaard kon uitsleep die dag voor
die verkiesing nie, maar dalk het hulle hom nog nie. Gesien uit 'n
militêre oogpunt is dit dalk voordelig vir die VSA om Bin Laden nie te vang
nie? As jy weet wie jou vyand is en waar hy rondhang en jy weet hoe om hom
in te perk, is dalk veel beter as om hom vrek te skiet en van hom 'n
martelaar te maak wat die Moslems aanvuur om nog groter kak aan te jaag.
Met Bin Laden aan beheer is die kans groot dat die aanvalle deur hom beplan
en aangevoor sal word. Met hom kisboude, kan jy dalk honderde kleiner
aanvalle kry en weet jy nie waar om te keer nie.
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100030 is 'n antwoord op boodskap #100014] Di, 02 November 2004 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dalk wil hy gevang word en wil hy 'n martelaar word maar die VSA wil hom nie
daai plesier gee nie? Hy en sy mense bied ook hierdie pragtige geleenthede
aan die VSA om sy nuwe wapens in die werklikheid op mense uit te toets en
die jong manne 'n aktiewe vuurdoop te gee?

"Elaine" skryf in boodskap news:cm7ihk$818$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Is dit nie vir jou snaaks dat hulle Sadam in 'n gat in die middel van die
> woenstyn kan kry nie, maar nêrens vir Bin Laden kan opspoor nie? En Bin
> Laden stuur nog vir hulle clues ook.
>
> E
>
> "Ferdi Greyling" wrote:

>> Was dit nie vir jou interressant om na al die bomme en die dooies Bin
>> Laden so skielik ingeskonde op tv te sien nie?
>
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100034 is 'n antwoord op boodskap #100008] Di, 02 November 2004 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester - ek stem saam. Ek het lanklaas sulke eensydige en selektiewe
beriggewing gesien.
(Dit sal bepaald by Ferdietjiekie byval vind.)
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100040 is 'n antwoord op boodskap #100013] Di, 02 November 2004 18:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 02 Nov 2004 10:30:33 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
> Ek dink dis Moore. Nie Moorere nie?

en nou wil hy Bush se harde werk moore?

DD
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100041 is 'n antwoord op boodskap #100029] Di, 02 November 2004 18:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 2 Nov 2004 15:14:17 +0200, "Suidwester" wrote:

>
> Kyk maar in SA. Die
> waarheids-kommissie en die bieg van die skuldiges dat die spoeg spat. Van
> die hoër mense wat reeds in die publiek se oog was het daar gaan sit en
> hanna-hanna om almal tevrede te stel, maar van die WERKLIKE weermag sterk
> manne en hul instellings was daar nie 'n enkele lugpoefie op die
> waarheidskommissie nie. Hoekom nie? As jy in daardie afdelings wil werk
> vir jou land, is die eerste en belangrikste eienskap wat jy moet hê,
> lojaliteit teenoor jou land en sy regering. Daar is vele mense met baie
> sensitiewe inligting wat lank verby die geheimetydperk is en steeds nie sal
> praat nie. Jy is opgelei om nie te praat nie. Daai manne wat wel praat,
> is die vrot appels en wie eet lekker aan hom.....daai vetgat Moore!
>

jy laat my nou weer dink aan PW wat die anc uitgedaag het om hom voor
die waarheids-kommissie te daag. Wat aangedring het daarop om
gedagvaar te word, maar om een of ander verbloemde rede, was hulle
vrekbang vir hom:-)

DD
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100048 is 'n antwoord op boodskap #100041] Wo, 03 November 2004 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit verstom my altyd dat die sogenaamde 'ingeligde' mense sover verkeerd
kan wees. Die SAW was 'n uiters professionele eenheid [veral die spesiale
eenhede] en die scenario van wat sou kon gebeur sou dinge skeef loop, was
lankal geprojekteer en voor beplan. Enigiemand met net 'n halwe ordentlike
beplande sekerheid werk so dat eintlik nie veel mense werklik die volle
prentjie ken nie.....'need to know'-grondslag. So, al sou jy enkelinge kon
raakloop wat deel was van die stelsel, het hy heel moontlik slegs 'n
beperkte visie van wat rondom hom aangegaan het en sal sy storie nie veel
beteken nie.
Net so sit daar vandag sterk manne in die regerings van beide SA en Nam
wat in die ou dae goed verdien het deur die agterklap-palm van rande te vat
en informant te speel vir die weermag. Groot manne is uit die tronke
vrygelaat met 'n lekker klap geld met die versekering van toekomstige
samewerking. Dis van daardie manne wat ernstig aan't swete sou gaan as sy
'comrades' moet hoor dat hy eintlik beide kante van die draad
speel...........

"DD" skryf in boodskap news:nllfo0tc8akk3691arkpettb0al126gbkt@4ax.com...
>
> jy laat my nou weer dink aan PW wat die anc uitgedaag het om hom voor
> die waarheids-kommissie te daag. Wat aangedring het daarop om
> gedagvaar te word, maar om een of ander verbloemde rede, was hulle
> vrekbang vir hom:-)
>
> DD
>
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100051 is 'n antwoord op boodskap #100030] Wo, 03 November 2004 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 2 Nov 2004 15:27:43 +0200, "Suidwester" wrote:

> Dalk wil hy gevang word en wil hy 'n martelaar word maar die VSA wil hom nie
> daai plesier gee nie? Hy en sy mense bied ook hierdie pragtige geleenthede
> aan die VSA om sy nuwe wapens in die werklikheid op mense uit te toets en
> die jong manne 'n aktiewe vuurdoop te gee?

Miskien moet hulle die wa;pens eerder op Namibiers uittoets? Ek meen
Nujoma is mos 'n diktator reg vir regime change, of so iets.

So, wat van hulle bom die kak uit julle uit? Dan kan jy (voor jy
sterf) die wapens sommer eerstehands sien.
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100054 is 'n antwoord op boodskap #100051] Wo, 03 November 2004 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ho-ho-hoooo!!!! Solank JY die soldaat is wat die skietery kom doen, dan
sal ons heel veilig wees want 'n groter slapgat as jy weet ek nie eintlik
van nie! Julle Bobbejaansbergers moes ons hoeka wegsteek op veilige
plekke sodat die terroriste julle nie kan bykom en uitmoor nie.....dis nou
na die 6 weke se uitvars van al die dagga en drank as julle by die kamp
aangekom het. G'n bleddie wonder julle is so bang vir oorlog nie......'n
stofpoep sal jou omwaai!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:hiaho0di6hvkdnteloioori6msn4nk0uu3@4ax.com...
> On Tue, 2 Nov 2004 15:27:43 +0200, "Suidwester"
> Miskien moet hulle die wa;pens eerder op Namibiers uittoets? Ek meen
> Nujoma is mos 'n diktator reg vir regime change, of so iets.
>
> So, wat van hulle bom die kak uit julle uit? Dan kan jy (voor jy
> sterf) die wapens sommer eerstehands sien.
>
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100057 is 'n antwoord op boodskap #100030] Wo, 03 November 2004 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dis een van twee dinge. Hulle wil hom gebruik as 'n verskoning om
aan te hou moor en oorlog of hulle is bang vir die gevolge en wat die Islams
aan hulle gaan doen wanneer hulle hom gevang het.

E

"Suidwester" wrote:
> Dalk wil hy gevang word en wil hy 'n martelaar word maar die VSA wil hom nie
> daai plesier gee nie? Hy en sy mense bied ook hierdie pragtige geleenthede
> aan die VSA om sy nuwe wapens in die werklikheid op mense uit te toets en
> die jong manne 'n aktiewe vuurdoop te gee?
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100060 is 'n antwoord op boodskap #100054] Wo, 03 November 2004 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 3 Nov 2004 12:22:39 +0200, "Suidwester" wrote:

> Ho-ho-hoooo!!!! Solank JY die soldaat is wat die skietery kom
doen,

Nee dit moet jou heroes die Yanks wees.

Dan kan jy met 'n lied in die hart sterf - doodgemaak deur die mense
wat jy so admireer. Reken net die voorreg om deur 'n AMERIKAANSE B52
gebom te word.

Ek is seker jy raak skoon styf as jy nou daaraan dink.
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100061 is 'n antwoord op boodskap #100057] Wo, 03 November 2004 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 3 Nov 2004 13:32:58 +0200, "Elaine" wrote:

> Ek dink dis een van twee dinge. Hulle wil hom gebruik as 'n verskoning om
> aan te hou moor en oorlog of hulle is bang vir die gevolge en wat die Islams
> aan hulle gaan doen wanneer hulle hom gevang het.

Oorweeg die volgende.
Hulle kan hom nie vang nie. Hulle weet nie waar op aarde hy is nie en
niemand wil vir hulle se nie.

Dink jy Bush sou wonder hoekom niemand vir hulle sou wil se nie?

Ergste van alles - se nou maar hy sit in Saoedi Arabie"?
En se nou dit raak bekend en die Saudies wil of kan hom nie uitlewer
nie?

Gaan die VSA Saoedi Arabie bom?

("Shit!!! Al daai olie!!! " Skreeu Kleingeorge en Dickie gelyk en
slaan die tafel met hul vuiste. Condoleeza deins terug met 'n geskokte
uitdrukking op die gesig. Colin mompel vir homself en drink 'n slukkie
whiskey. In die hoek grynslag Wolfie en maak 'n oproep na Dick Perl.)
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100064 is 'n antwoord op boodskap #100057] Wo, 03 November 2004 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As Bin Laden gevang sou word, dan gaan sy 'exposure' van hom een baie groter
held en martelaar maak as wat hy ooit kon hoop om te wees. Kry hy
bloedkeel, dan gaan daar duisende klein Bin Laden'tjies opspring wat
dieslefde sal wil doen. Dit sal veel makliker wees om die man aan die
lewe te hou en laat hy maar dreig en video's maak. Sy dreigemente hou die
VSA en die Westerse wêreld net meer paraat. Die mense raak hoeka te
slapgat deesdae!

"Elaine" skryf in boodskap news:cmafln$r1i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek dink dis een van twee dinge. Hulle wil hom gebruik as 'n verskoning om
> aan te hou moor en oorlog of hulle is bang vir die gevolge en wat die
> Islams
> aan hulle gaan doen wanneer hulle hom gevang het.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote:
>> Dalk wil hy gevang word en wil hy 'n martelaar word maar die VSA wil hom
> nie
>> daai plesier gee nie? Hy en sy mense bied ook hierdie pragtige
> geleenthede
>> aan die VSA om sy nuwe wapens in die werklikheid op mense uit te toets en
>> die jong manne 'n aktiewe vuurdoop te gee?
>
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100069 is 'n antwoord op boodskap #100060] Wo, 03 November 2004 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Beter om so styf te word as soos jy wat gefassineerd is deur 'n vuil
kringspier! Wat jy nie verstaan nie, is dat jy nie sal kan raakskiet
nie.....te veel van 'n trol.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:5liho01lud1gibs664j61sp95p9dsce927@4ax.com...
> On Wed, 3 Nov 2004 12:22:39 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> doen,
>
> Nee dit moet jou heroes die Yanks wees.
>
> Dan kan jy met 'n lied in die hart sterf - doodgemaak deur die mense
> wat jy so admireer. Reken net die voorreg om deur 'n AMERIKAANSE B52
> gebom te word.
>
> Ek is seker jy raak skoon styf as jy nou daaraan dink.
>
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100070 is 'n antwoord op boodskap #100060] Wo, 03 November 2004 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net vir die interessantgeid......daai laaste aanmerking van jou plaas jou
vir my presies hoekom jy in jou beroep sit waar jy sit. Foeitog, kan ook
seker nie beter nie, hmm?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:5liho01lud1gibs664j61sp95p9dsce927@4ax.com...
> On Wed, 3 Nov 2004 12:22:39 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> doen,
>
> Nee dit moet jou heroes die Yanks wees.
>
> Dan kan jy met 'n lied in die hart sterf - doodgemaak deur die mense
> wat jy so admireer. Reken net die voorreg om deur 'n AMERIKAANSE B52
> gebom te word.
>
> Ek is seker jy raak skoon styf as jy nou daaraan dink.
>
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100083 is 'n antwoord op boodskap #100034] Do, 04 November 2004 05:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja foeitog, en toe verloor ou langkakebeen kerry toe nog ook die verkiesing
en die eerste ding waaroor die mense in Afrika tjank is die feit dat hulle
nou minder hulp kan verwag van die VSA. Ons is mos 'n nasie van bedelaars.
Stel onbevoegde mense aan en dan moet die res van die wêreld betaal vir
hulle foute en korrupsie. Sal Ferdi dit ooit insien? Nie maklik nie, hy
is deel van die 'sisteem'.

"Jonas" skryf in boodskap news:cm7hs7$6lu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester - ek stem saam. Ek het lanklaas sulke eensydige en selektiewe
> beriggewing gesien.
> (Dit sal bepaald by Ferdietjiekie byval vind.)
>
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100105 is 'n antwoord op boodskap #100083] Do, 04 November 2004 18:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Nov 2004 07:51:43 +0200, "Suidwester" wrote:

> Ja foeitog, en toe verloor ou langkakebeen kerry toe nog ook die verkiesing
> en die eerste ding waaroor die mense in Afrika tjank is die feit dat hulle
> nou minder hulp kan verwag van die VSA.

erens het ek gelees dat 80% swart Amerikaners vir Kerry (sou) gestem
het. Dit was voor die verkiesing, so dit was blykbaar gegrond op 'n
tipe menings opname.

Nevermaaind dit, vanmore so omtrent 0930 kom hier 'n bootjie verby.
In ge'escort' met 3 weermag choppers, so moet vir geen oomblik dink
dat die escorts movement nie so ver reik as die weermag nie.

Daars natuurlik nie 'n kans dat ek die bootjie toe nie kliek nie, en
toe gooi dit nog boonop anker ook hier, waar dit nou nog lê.

Al peinsend dat dit van die bekende z.u.m.a. - r500 000 reeks is,
zoom ek dit toe ook so bietjie, om toe te sien dat die
reeksno. F148 is.

http://davedup.bravehost.com/photos/DSCFrance4757.jpg

http://davedup.bravehost.com/photos/DSCFrance4754.jpg
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100121 is 'n antwoord op boodskap #100105] Vr, 05 November 2004 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:c9tko094iiav6lb3bnfdt7hv5nk618cm5v@4ax.com...
> On Thu, 4 Nov 2004 07:51:43 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> Nevermaaind dit, vanmore so omtrent 0930 kom hier 'n bootjie verby.
> In ge'escort' met 3 weermag choppers, so moet vir geen oomblik dink
> dat die escorts movement nie so ver reik as die weermag nie.
----Jy moet die 'escorts' hier in Nam sien! Oom Sam en sy Eeerste Minister
beweeg nêrens sonder hul klingende konvooi nie. Elke dag deur Windhoek se
strate na hul 'werkplek' toe. Dis soldate met AK47's wat op die strate
staan, spietkoppe op motorfietse en die string swart karre wat hul groot
ghoeroe vervoer. O, en moenie die Chinese lugafweer kanonnetjie uit die
dertigerjare vergeet nie. Dit kan nie meer 'n duik in 'n drol inskiet nie,
maar dit lyk reg en die plebs op straat word hopelik beïndruk. Die kak kos
ons land jaarliks baie miljoene, maar konvooi die ry hulle. Meer
verstommend dat dit wet is dat as jy bv op pad sou wees van Swakopmund af
binneland toe en jy ry van agter nader aan 'n groep staatsvoetruie wat as 'n
konvooi gereken word, mag jy nie by hulle verby nie. As hulle teen 80km/u
sou ry, dan moet jy agter hulle bly. Gaan jy verby, dan arresteer hulle
jou! Daar was 'n bekende geval van 'n man en sy meisie op hul super bike
wat by so 'n groep voertuie verbygeglip het en hulle is op Usakos
gearresteer toe hulle petrol ingooi.
>
> Al peinsend dat dit van die bekende z.u.m.a. - r500 000 reeks is,
> zoom ek dit toe ook so bietjie, om toe te sien dat die
> reeksno. F148 is.
----Dis nie dalk een van die nuwe bote wat aangekoop is wat daar in Durban
toegerus moet word met sy wapenstelsels nie?
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100131 is 'n antwoord op boodskap #100121] Vr, 05 November 2004 17:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 5 Nov 2004 07:53:08 +0200, "Suidwester" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> Meer
> verstommend dat dit wet is dat as jy bv op pad sou wees van Swakopmund af
> binneland toe en jy ry van agter nader aan 'n groep staatsvoetruie wat as 'n
> konvooi gereken word, mag jy nie by hulle verby nie. As hulle teen 80km/u
> sou ry, dan moet jy agter hulle bly. Gaan jy verby, dan arresteer hulle
> jou! Daar was 'n bekende geval van 'n man en sy meisie op hul super bike
> wat by so 'n groep voertuie verbygeglip het en hulle is op Usakos
> gearresteer toe hulle petrol ingooi.

Daar sal waarskynlik Kanadese verdediging wees daarvoor:-(
En ek weet- daar was al mediadekking daaroor. Dat mense uit
die pad moet wees as hulle daar is. Maar dit is mos outokraties.
En wat sou die klag teen sulke mense wees? Dat hulle die
vermetelheid gehad het om die sp verby te ry? Of bloot
oortreding van law nr 3 articel a-one of so iets?

>> Al peinsend dat dit van die bekende z.u.m.a. - r500 000 reeks is,
>> zoom ek dit toe ook so bietjie, om toe te sien dat die
>> reeksno. F148 is.
> ----Dis nie dalk een van die nuwe bote wat aangekoop is wat daar in Durban
> toegerus moet word met sy wapenstelsels nie?
>
Lees weer mooi die reeks nommer wat ek gegee het.
En maak die r gerieflikheidshalwe 'n hoofletter - met Xabier Shaick
(sp) as verdedigings adviseur:-))) en jy sal sien dat ons van
dieselfde oorlogskepe praat- heelwaarskynlik van Frankryk af aangekom.
(Jy ken mos die R500 000 per jaar storie - vandaar die reeksnommer
afgelei:-)

Dit is nog steeds hier - met 'n massa mense vanmiddag op 'n
plesiervaart - heelwaarskynlik Ethekweni raadslede

DD
Re: Michael Moorer se storie [boodskap #100138 is 'n antwoord op boodskap #100131] Sa, 06 November 2004 05:54 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:6qeno01ehud8hkgijtltmhduorqj0kmt0e@4ax.com...
> On Fri, 5 Nov 2004 07:53:08 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> En wat sou die klag teen sulke mense wees? Dat hulle die
> vermetelheid gehad het om die sp verby te ry? Of bloot
> oortreding van law nr 3 articel a-one of so iets?
----Dis geskrewe wet want jou aksie kan glo 'n potensiële gevaar bring vir
die VIP's. Maar soos die Antie, weet die spul van ons regering duidelik
ook nie veel van sekuriteit nie. Dis alles vertoon en jy moet die hart van
die Owambo's verstaan om dit te verstaan. Vir hulle moet 'n man sy sukses
en mag duidelik wys met oorgroot huis, kar en klere. Hierdie klingelende
konvooie skree 'n uitnodiging aan enige kwaaddoener uit: "Kom skiet my!"
Maar hulle is nie belangrik genoeg om geskiet te word nie, maar darem dink
die gewone swart man op straat hierdie mense in daai karre is nekke.

> Dit is nog steeds hier - met 'n massa mense vanmiddag op 'n
> plesiervaart - heelwaarskynlik Ethekweni raadslede
----Ons ken ook van daai kak. Ons regering het so pas twee van die
gevorderdste helikopters in ontvangs geneem wat luuks ingerig is sodat die
president en sy gardes orals vervoer kan word en in styl arriveer op enige
plek. 'n Meer praktiese helikopter is nie aanvaarbaar nie, dit moet groter
en blinker wees as die 'Boere' s'n. Sommer amper so op die eerste ernstige
vlug op na Owamboland toe met 'n hoop partymense by vir die 'joyride' toe
leer hulle die les wat die SA Lugmag sommer jarre gelede al in owamboland
geleer het. Stof en 'n helikopter se turbines se lemme is nie
speelmaatjies nie en het die stof en sand wat hulle opgewek het deur so
spelend orals in die veld te land, miljoene rande se skade aan die enjins
van die choppers veroorsaak. Vroeër jare het die Lugmag mos filters gemaak
vir beide die Puma's en die Allouettes wat selfs die Franse vervaardigers
stom gelaat het.
Vorige onderwerp: Twee vrae
Volgende onderwerp: Teacher gets public whipping
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 15:23:31 MGT 2024