Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Wat is die Bybel?
Wat is die Bybel? [boodskap #41876] Vr, 11 Mei 2001 04:36 na volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, elkeen!

Ek sien op hierdie nuusgroep word reëlmatig oor die Bybel gesels...
Hm.., hoe sien julle dit: wat is die Bybel eintlik?
-Is die Bybel waarlik dit woord van God?
-Is dalk die Bybel eintlik en slegs 'n geskiedenisboek?
-Of is die Bybel dit woord van die mense wat die Bybel geskryf het?
So, dis julle beurt alweer!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41881 is 'n antwoord op boodskap #41876] Vr, 11 Mei 2001 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die Woord van God! Punt! Amen! Njaddo! Niks meer of minder nie.
En ja dit is deur mense onder leiding van die Heilge Gees geskryf. En ja,
daars baie wat sal sê dat dit maar net 'n versameling stories is, maar dit
is nogal insiggewend dat baie van die lewenswaardes daarin in soveel van ons
"verligte, liberale, moderne" lewenstyle beleef, uitgeleef en na gestreef
word om so te kan lewe.

Ken jy die God waarvan in die Bybel geskryf is, en watter verhouding het jy
met Hom?

Nou weer julle beurt!

Thys oppie Bos

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:3afad909.3662279@news.online.be...
> Hallo, elkeen!
>
> Ek sien op hierdie nuusgroep word reëlmatig oor die Bybel gesels...
> Hm.., hoe sien julle dit: wat is die Bybel eintlik?
> -Is die Bybel waarlik dit woord van God?
> -Is dalk die Bybel eintlik en slegs 'n geskiedenisboek?
> -Of is die Bybel dit woord van die mense wat die Bybel geskryf het?
> So, dis julle beurt alweer!
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41884 is 'n antwoord op boodskap #41881] Vr, 11 Mei 2001 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" sê:
: > Hallo, elkeen!
: > Ek sien op hierdie nuusgroep word reëlmatig oor die Bybel gesels...
: > Hm.., hoe sien julle dit: wat is die Bybel eintlik?
: > -Is die Bybel waarlik dit woord van God?
: > -Is dalk die Bybel eintlik en slegs 'n geskiedenisboek?
: > -Of is die Bybel dit woord van die mense wat die Bybel geskryf het?
: > So, dis julle beurt alweer!
----------------

Die Bybel IS die Woord van ons Vader ja, maar sal net vir jou 'n
boek bly totdat jy die Gees vra om jou te leer en om jou geestes
oë en geestes oor oop te maak om te verstaan, dan raak Sy
Woord eers lewendig vir jou.
--
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41893 is 'n antwoord op boodskap #41876] Vr, 11 Mei 2001 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 May 2001 04:36:33 GMT, sterre...@online.be
(Sterrenkijker) wrote:

> Hallo, elkeen!

> -Is die Bybel waarlik dit woord van God?

> So, dis julle beurt alweer!
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
>

Ja Ja Ja, dit is die woord van God deur mense geskryf wat geinspireer
is deur die Heilige Gees. Alles in die bybel is die waarheid, ook die
deel wat leer dat God die enigste God is en dat ons slegs deur Jesus
te aanvaar as die Seun van God, gered kan word.
Die bybel leer dat die Chistelike leer die énigste ware Godsdiens is.
Dat geen ander gode gedien mag word nie maar slegs die Vader wat 'n
Seun met die naam Jesus het.

So dis nou Gloudina se beurt alweer.

DD
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41897 is 'n antwoord op boodskap #41876] Vr, 11 Mei 2001 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Norbert, jy is 'n bietjie verkeerd. Daar word nie oor die Bybel gesels nie -
sommige mense wil net alles uit die Bybel verklaar, dit is al.

>
> Ek sien op hierdie nuusgroep word reëlmatig oor die Bybel gesels...
> Hm.., hoe sien julle dit: wat is die Bybel eintlik?
> -Is die Bybel waarlik dit woord van God?
Ek weet nie - dit is wat die meeste mense my vertel - maar ek is maar
skepties.

> -Is dalk die Bybel eintlik en slegs 'n geskiedenisboek?
Wel, ek dink dit kan miskien 'n geskiedkundige verslag en verwysingsraamwerk
wees.
Dit is ook miskien nie heeltemal reg nie, want daar word tog in Openbaring
gepraat
van dinge wat nog sal gebeur - ons moet nog net uitwerk wat wanneer.

> -Of is die Bybel dit woord van die mense wat die Bybel geskryf het?

Wel, dit moet tog so wees - alhoewel hulle volgens hulle begeester was.
Ding is - elke vertaling - Afrikaans en Engels - laat sekere woorde, sinne
en versies verander - en wie se werk sal dit wees? Definitief die vertalers
s'n.

> So, dis julle beurt alweer!

Nee, dit is nou weer jou beurt om ons te vertel wat jy dink.
Annette

>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41899 is 'n antwoord op boodskap #41876] Vr, 11 Mei 2001 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
So 'n bietjie met die groot lepel geroer hier!
>
>> Die Woord van God! Punt! Amen! Njaddo! Niks meer of minder nie.
>
> Njaddo? (Moet ek 'n nuwe bril aanskaf?) :-)))

Njaddo: Zip, ens ens...
>
>> Ken jy die God waarvan in die Bybel geskryf is, en watter verhouding het jy
>> met Hom?
>
> Sjoe Thys, - ek wil nou nie lighartig wees oor jou ernstige vraag nie,
> maar mens jy klink nou nes een van daai ouens direk uit die Spanish
> Inquisition. :-)
> Hoop nie jou van is Torquemada nie! :-)

Nee, ek's g'n spaanse inkwisitor nie.
( Hoe jammer né! Sal ons so 'n sessie daar aan ottowaanse wal gaan hou het
of hoe?)
Die vraag is maar oop vir elkeen om sy eie antwoord vir homself te kry.
>
> (Ek praat in my slaap - ignoreer my maar)
Ek slaap as ek slaap, en wat ek daarin doen, weet net my vrou, en sy sê my
ook nooit niks. So ek weet nie
Soms slaap ek in my praat, maar dan is dit gewoonlik as ek na die komkommer
nuus oppie "SYBC" kyk.

En oor dit wat ek doen as ek nie slaap nie, wil my baas ook weet, maar ek
seg niets! Netnou hoor my prokureur daarvan en dan?

Thys oppie-Bos-mettie-groot-lepel
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41903 is 'n antwoord op boodskap #41876] Vr, 11 Mei 2001 15:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oeps!! Gaats!! Vee uit wat ek voorheen geskryf het!! Anders kan ek vergeet
om enige Afrikaanse literêre toekenning te ontvang:)))
Annette

Sterrenkijker wrote in message ...
> Hallo, elkeen!
>
> Ek sien op hierdie nuusgroep word reëlmatig oor die Bybel gesels...
> Hm.., hoe sien julle dit: wat is die Bybel eintlik?
> -Is die Bybel waarlik dit woord van God?
> -Is dalk die Bybel eintlik en slegs 'n geskiedenisboek?
> -Of is die Bybel dit woord van die mense wat die Bybel geskryf het?
> So, dis julle beurt alweer!
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41912 is 'n antwoord op boodskap #41893] Vr, 11 Mei 2001 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis schreef in berichtnieuws
pgjnftsp195h0up9jq33vhg89uq4c9pc39@4ax.com...
> Die bybel leer dat die Chistelike leer die énigste ware Godsdiens is.
> Dat geen ander gode gedien mag word nie maar slegs die Vader wat 'n
> Seun met die naam Jesus het.
>
> So dis nou Gloudina se beurt alweer.
>
> DD
>
Ek vra verskoning Davie, ek is nie Gloudina nie, maar wil tog iets se.
Jy se die bybel leer die enigste ware Godsdiens is .........
Maar se de Koran nie, die Islam is die enige Godsdiens nie???

Ek vind die vra die Norbert stel, onnosel en nie interesant nie.
Daar is 5 wereldgodsdienste, het ek geleer, en wat die bybel leer is respek
vir ons medemens.

Ek vra wel, imoet jy leef soos die bybel se??? presies na die woorde die
daar in is??
Jesus het nie saamgestem met die Farizeers en sgriftgeleerde nie, hy was
meer lief vir die mense die in die lewe staan.

Ek se dit nie, om iemand seer te maak nie, of 'n diskussie hieroor te he,
maar dit is so van die sake, die my besig hou en laat dink en twyfel.

Gr. Rico
>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41917 is 'n antwoord op boodskap #41912] Vr, 11 Mei 2001 21:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 May 2001 21:47:18 +0200, "Rico" wrote:

>
> Davie Davis schreef in berichtnieuws
> pgjnftsp195h0up9jq33vhg89uq4c9pc39@4ax.com...
> , ek is nie Gloudina nie, maar wil tog iets se.
> Jy se die bybel leer die enigste ware Godsdiens is .........
> Maar se de Koran nie, die Islam is die enige Godsdiens nie???
>
Die Koran is 'n enkele (ongeveer) ses honderd jaar oud, Rico. Dit
bestaan uit die Ou Testament wat ons ook gebruik, en dan is leringe
van Mohammed bygevoeg. Al wat ek werklik hier wil byvoeg is dit: weet
jy dat die moslems die agresiefste geloof op aarde is? Mense wat
sommer ter wille van hulle geloof drie honderd mense in 'n straler
(pasasiersvliegtuig) opblaas en dan glo hulle gaan hemel toe want
hulle het daardie mense van die aarde verlos?
>
> Ek vra wel, imoet jy leef soos die bybel se??? presies na die woorde die
> daar in is??

Heel debateerbaar en dan moet onthou word dat baie dinge daarin
geskryf is vir mense in die kultuur waarin hulle tòe gelewe het. En
ons kan dit nie sondermeer oordra nie - voorbeeld, Paulus het aan
vrouens wat blykbaar gebabbel het in die kerk (in die Korrintiese
gemeente let wel) gevra om stil te wees en hul mans na die diens vrae
te vra. Die groot kerke by ons het dit sò letterlik opgeneem dat
vrouens nòu eers na hulle dekades daarvoor veg, op die preekstoel
toegelaat word.

> Jesus het nie saamgestem met die Farizeers en sgriftgeleerde nie, hy was
> meer lief vir die mense die in die lewe staan.
>
Dit is 'n groot waarheid wat jy hier sê, Rico. Die dinge wat ons
hieroor gesels het egter, is dinge wat basiese kennis is wat elkeen
hier in SA weet. En wanneer jy noem hoe Jesus oor die skrifgeleerdes
gevoel het, moet jy ook onthou dat hy op 'n ander stadium en in ander
omstandighede vir mense gesê het "Julle gaan ten gronde weens 'n
gebrek aan kennis"

> Ek se dit nie, om iemand seer te maak nie, of 'n diskussie hieroor te he,
> maar dit is so van die sake, die my besig hou en laat dink en twyfel.

Dit weet ek Rico, en ek het ook nie 'n bespreking hieroor begin nie.
Ek het slegs gereageer toe God se naam ydelik gebruik is. Elke elke
elke elke elke brief wat daarna van my verskyn het oor Godsdiens, was
in antwoord of reaksie op wat iemand anders gesê of gevra het. Ek is
nie so slim dat ek al die vrae kan antwoord nie - en ek voel so
bietjie skuldig oor die hele relaas wat my laat lyk het asof ek 'n
baie beter mens is as wat ek werklik is.

DD

ns.
Maar steeds bly dit interessant Rico, dat ek onmiddelik nà my beswaar
oor die ydelike gebruik van Sy Naam, wild moes keer om klippe weg te
hou.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41918 is 'n antwoord op boodskap #41917] Vr, 11 Mei 2001 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis schreef...
> Die Koran is 'n enkele (ongeveer) ses honderd jaar oud, Rico. Dit
> bestaan uit die Ou Testament wat ons ook gebruik, en dan is leringe
> van Mohammed bygevoeg. Al wat ek werklik hier wil byvoeg is dit: weet
> jy dat die moslems die agresiefste geloof op aarde is? Mense wat
> sommer ter wille van hulle geloof drie honderd mense in 'n straler
> (pasasiersvliegtuig) opblaas en dan glo hulle gaan hemel toe want
> hulle het daardie mense van die aarde verlos?

De Koran is meer dan dubbel zo oud. Maar wat doet leeftijd er toe? Je zou
toch denken dat dit juist in het voordeel van de Koran spreekt; nieuwere
inzichten (in de wetenschap tenminste) benaderen de werkelijkheid vaak
beter. Vergeleken met de Koran is het Nieuwe Testament misschien wel
hopeloos verouderd en volledig achterhaald ....

Dat de Islam momenteel over komt als een zeer agressief geloof ben ik met je
eens, maar in de naam van het Christendom zijn in het verleden ook
onvoorstelbare wreedheden begaan.

Overigens denk ik dat de mensen wreed zijn, niet het geloof persê. Het komt
er vaak maar net op aan op welke wijze de gevestigde orde de heilige
geschriften interpreteert (lees: misbruikt). Dat is één van de gevaren van
onvoorwaardelijk geloven in woorden op papier.

Groeten,
Arthur
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41919 is 'n antwoord op boodskap #41893] Vr, 11 Mei 2001 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> Die bybel leer dat die Chistelike leer die énigste ware Godsdiens is.
> Dat geen ander gode gedien mag word nie maar slegs die Vader wat 'n
> Seun met die naam Jesus het.
>
> So dis nou Gloudina se beurt alweer.

Wel, kom ons kyk wat William Blake die Bybel noem. Ekkies hom, omdat
al sy referensiepunte uit die Bybel kom. Hy
noem die Bybel "The Great Code" en meen dat, as mens net
weet hoe om die Bybel te lees, jy kan leer hoe om in die staat
van Eden te leef - hy noem dit "The New Jerusalem." Maar
dit beteken nie dat "die Christelike leer" "die enigste wáre
godsdiens" is nie. Dit beteken dat daar 'n Val was en dat
daar weer teruggekeer kan word na die staat voor die Val.
En alle informasie is in die Bybel vir die wat die Bybel
gebruik. ( Let wel, dit sluit dus nie die Buddhis uit wat presies
dieselfde ding glo, maar net ander referensie-punte gebruik, en
wie miskien bietjie meer prakties die weg na die staat voor die
val soek nie.)
Nou, mens kan nie hoop om alles oor Blake in 'n neutedop
te sit nie, maar daar is een ding wat Blake baie duidelik oor is.
En dit is dat die mense wat Jehovah-god aanbid as skepper en
diktator, op 'n dwaalspoor is, en 'n god aanbid wat van hulle
eie maaksel is. (In sy skilderwerk teken hy hierdie skepping as
'n ou man met wit hare en met die twee klippe met die tien gebooie
daarop geskryf.)
Mens moet natuurlik onthou dat vir Blake die Natuur ook 'n
skepping van die gees is (Vala, die emanasie van Luvah, die zoa
van gevoel.) Christene, net soos Buddhiste, glo dat alles die skepping
van die "godheid" is. So al hierdie mense wat glo aan 'n materialistiese
skepping, waar "ek" hier eenkant is, en "God" daar anderkant, sit die
stoel heeltemal mis, en moet teruggaan en kyk wat die Bybel werklik
sê.

Gloudina


>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41921 is 'n antwoord op boodskap #41876] Sa, 12 Mei 2001 00:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 May 2001 22:36:59 GMT, @home.com wrote:

> Davie Davis wrote:
>
>> Die bybel leer dat die Chistelike leer die énigste ware Godsdiens is.
>> Dat geen ander gode gedien mag word nie maar slegs die Vader wat 'n
>> Seun met die naam Jesus het.

>> So dis nou Gloudina se beurt alweer.
>
> Wel, kom ons kyk wat William Blake die Bybel noem. Ekkies hom, omdat
> al sy referensiepunte uit die Bybel kom. Hy
> noem die Bybel "The Great Code" en meen dat, as mens net
> weet hoe om die Bybel te lees, jy kan leer hoe om in die staat
> van Eden te leef - hy noem dit "The New Jerusalem."

Vreeslik interessant Gloudina. Die 'bybelkode' het my nie
geintereseer nie tot ek eendag (ietwat toevallig) daarna gekyk het.
Ek kan niks meer sê as dat dit interessant lyk op die oog af nie. Ook
di redes waarom die teenstanders daarvan dit nie aanvaar nie, het
grond.

Ek kan nie sien waarom die Groot Inteligensie vir ons dommelinge op
aarde 'n aanwysingboek sou gee wat 'n 'n kode geskryf is wat eers in
die rekenaar eeu kon ontsyfer word nie, maar steeds lyk dit boeiend.

> Maar
> dit beteken nie dat "die Christelike leer" "die enigste wáre
> godsdiens" is nie.

Hier Gloudina, sal ons weer verskil want ek het net een Handboek om
volgens te werk en daarin staan geskryf dat dìt die énigste Weg is.

> Dit beteken dat daar 'n Val was en dat
> daar weer teruggekeer kan word na die staat voor die Val.

Hier praat jy en ek dieselfde taal. 'n Val wat was voor die skepping
waarvan ons in Genesis lees.

> En alle informasie is in die Bybel vir die wat die Bybel
> gebruik. ( Let wel, dit sluit dus nie die Buddhis uit wat presies
> dieselfde ding glo, maar net ander referensie-punte gebruik, en
> wie miskien bietjie meer prakties die weg na die staat voor die
> val soek nie.)

Wat jy hier sê is sò verskriklik debateerbaar. Die Skrif sê dat dit
die enigste Weg is. Steeds sê 'menslike logika' vir ons dat daar vir
die mens wat slegs Buddhisme (of watter lering ookal) geken het, ook
genade moet wees. Want ons glo tog dat ons na aanleiding van wat ons
weet, geoordeel sal word.
Ek weet hoe jy nou redeneer - vir die Moslem om tot die Christendom te
bekeer moet tog net so fel (fel?) wees as andersom. Want hulle het
groot geword met daardie leringe. En ons dien 'n genadige God. Hier
moet ons dus op eiers loop.

> Nou, mens kan nie hoop om alles oor Blake in 'n neutedop
> te sit nie, maar daar is een ding wat Blake baie duidelik oor is.
> En dit is dat die mense wat Jehovah-god aanbid as skepper en
> diktator, op 'n dwaalspoor is, en 'n god aanbid wat van hulle
> eie maaksel is. (In sy skilderwerk teken hy hierdie skepping as
> 'n ou man met wit hare en met die twee klippe met die tien gebooie
> daarop geskryf.)
> Mens moet natuurlik onthou dat vir Blake die Natuur ook 'n
> skepping van die gees is (Vala, die emanasie van Luvah, die zoa
> van gevoel.) Christene, net soos Buddhiste, glo dat alles die skepping
> van die "godheid" is.
> So al hierdie mense wat glo aan 'n materialistiese
> skepping, waar "ek" hier eenkant is, en "God" daar anderkant, sit die
> stoel heeltemal mis, en moet teruggaan en kyk wat die Bybel werklik
> sê.
>
> Gloudina
>
>
Dit is 02:10vm maw lankal reeds Saterdag hier en jy geniet nog 'n 'n
vroeë Vrydag aand. Lekker slaap.

DD
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41922 is 'n antwoord op boodskap #41876] Sa, 12 Mei 2001 03:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> net een Handboek om
> volgens te werk en daarin staan geskryf dat dìt die énigste Weg is.
>
>
> . Die Skrif sê dat dit
> die enigste Weg is.
>

Ek wonder hoeveel van hierdie soort gepraat dat daar
net één handboek is ensovoorts, is werklik skriptuurlik?
Sê Christus nie een plek dat daar ander lede van sy
kudde is waarvoor hy ook 'n plek moet berei nie? En
wanneer Christus sê dat hy die enigste weg is, verwys
hy nie na 'n "metode" liewers as 'n persoon nie. Soms
klink dit asof hy guru-yoga verkondig, soos die Buddhiste
dit noem.
In alle geval, Davie, wat wel van belang is, is om die
preskripsies van die Bybel fyn te bestudeer en na te volg.
En letterlik op te neem. Daar waar dit staan dat die saad
eers kan vrug dra as dit doodgegaan het aan homself, moet
mens die ding baie ernstig opneem. Jy moet daagliks die
vrugte ondersoek van jou geestelike lewe, daagliks mediteer
oor die ewige dinge en hoe mens jou weg terug kan vind
na 'n staat voor die val (wat daagliks kan plaasvind, maar
wat die Buddhis tog glo dat jy permanent kan bereik as
nirvana.)
En Davie Davis, elke keer as ek hierdie amper skokkende
uitlatings sien wat jy maak oor swartmense op hierdie nuusgroep,
dan weet ek hierdie outjie het nog 'n baie lang pad om te loop.
Ek hoop jy is ernstig oor die verdieping van jou geestelike lewe,
en gebruik die Christelike godsdiens nie maar vir politieke
doeleindes nie.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41926 is 'n antwoord op boodskap #41876] Sa, 12 Mei 2001 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 May 2001 20:32:09 -0400, Danielle wrote:

>
> DD, dink jy nie nou dalk aan die 'bybelkode' van Michael Drosnin,
> nie?. :-)
>

Presies Danielle

DD
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41927 is 'n antwoord op boodskap #41912] Sa, 12 Mei 2001 08:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
en selfs die Koran sê dat jy die Bybel moet lees.
--

"Rico" :
: Jy se die bybel leer die enigste ware Godsdiens is .........
: Maar se de Koran nie, die Islam is die enige Godsdiens nie???
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41928 is 'n antwoord op boodskap #41897] Sa, 12 Mei 2001 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
>
>> So, dis julle beurt alweer!
>
> Nee, dit is nou weer jou beurt om ons te vertel wat jy dink.
> Annette
>
O.K., Annette!

-Alles wat ek weet is dat die Bybel in grote mate inderdaad 'n
geskiedenisboek is, selfs 'n heel interessant letterkundig en
argeologies dokument... Ek dink die Bybel is gewoon 'n kroniek
van die geskiedenis van die Jode vermeng met algemene
morele regelgewing. Die algemene ondertoon was: "God lei ons
volk!"
-Die Bybel is deur mense geskryf!
-Of nou die Bybel egt dit woord is van God.., hierdie hang daarvan af
of jy simpatiek vind wat in die Bybel staan geskryf en of jy dit wil
glo.
Dis alles wat ik daaroor kan sê. Die stelling dat die Bybel daarom
per definisie die woord is van God kan egter niemand bewys.

Met beste groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41929 is 'n antwoord op boodskap #41912] Sa, 12 Mei 2001 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
en selfs die Koran sê dat jy die Bybel moet lees.
Daar is selfs 'n hoofstuk oor Jesus en 'n hoofstuk oor Maria Sy
moeder.
--

"Rico" :
: Jy se die Bybel leer die enigste ware Godsdiens is .........
: Maar se de Koran nie, die Islam is die enige Godsdiens nie???
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41934 is 'n antwoord op boodskap #41929] Sa, 12 Mei 2001 10:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
So ons kan nie se daar is baie verskil in die Godsdienste nie

Tobie schreef in berichtnieuws
9dirgi$hgt$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> en selfs die Koran sê dat jy die Bybel moet lees.
> Daar is selfs 'n hoofstuk oor Jesus en 'n hoofstuk oor Maria Sy
> moeder.
> --
>
> "Rico" :
> : Jy se die Bybel leer die enigste ware Godsdiens is .........
> : Maar se de Koran nie, die Islam is die enige Godsdiens nie???
>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41940 is 'n antwoord op boodskap #41876] Sa, 12 Mei 2001 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 May 2001 03:36:20 GMT, @home.com wrote:

> Davie Davis wrote:
>
>> net een Handboek om
>> volgens te werk en daarin staan geskryf dat dìt die énigste Weg is.


>> . Die Skrif sê dat dit
>> die enigste Weg is.

>
> weet ek hierdie outjie het nog 'n baie lang pad om te loop.
Natuurlik het ek hope dinge om nog te leer - kon andersins heel
vervelig gewees het né!

>

Ek sien dit as volg en wil graag hiermee volstaan:

Heelwat mense waaronder Annette bv. sorteer, gebruik so graag (so
vreeslik graag!) die holrug geryde stelling dat die bybel etlike kere
vertaal is en dat die vertalers kon foute maak - die bybel is nié
etlike kere vertaal nié maar word elke keer (veronderstel om te wees)
uit die oorspronklikste moontlike Hebreeus en Grieks vertaal.

Cenario - jy is die eienaar van 'n motorhawe (en ek praat met jòu wat
so graag die vertalings die skuld gee waarom jy nie glo nie - waarom
gaan swot jy dan nie Grieks en Hebreeus nie, dis tog so belangrik om
die waarheid te ken - en dàn sal jy hopelik die vertaling glo)
Terug na die cenario - jy is die eienaar van 'n motorherstelplek en
drie luukse Merc's wat môreoggend 'n belangrike konvooi moet lei, word
na jou gestuur vir diens.

Aan elke een van jou drie motorwerktuigkundiges gee jy 'n handboek
waarvolgens hulle die diens moet doen en jy's nice genoeg om dit vir
die Afrikaansprekende outjies in Afrikaans te laat vertaal uit die
oorspronklike Duits.

Die volgende dag is twee van die drie motors se tyd in sy maai - die
enjin kan nie eens aan die gang kom nie en jy moet vinnig 'n spesialis
laat kom om dit te herstel. Ten minste is hulle binne en buite gewas.
Die derde kar is steeds net so vuil soos gister en die mis wat in sy
enjin was is steeds daar. Die sitplekke is vuil en papiere lê op die
vloer.

Nà alles hou jy 'n ondersoek met hulle in jou kantoor.

1.
Werktuigkundige een se verskoning - hy het gedink dat die vertaling
verkeerd was en het sy eie kop gevolg. Gedoen soos hy gedink het die
vertaling moes lees en eintlik die vonkproppe ingesit wat hy gedink
het die vertaler moes skryf. Skuus, dit het nie gewerk nie.

2.
Die tweede outjie sê dat jy maar kan kyk, hy het gedoen presies soos
die boek sê hy moet maar dit het nie gewerk nie want, die vertaler het
'n fout gemaak. Eintlik was die vonkprop tipe bedoel vir die Duitse
weer en so ook die tydstelling. Maar hy het die handboek gevolg soos
jy gesê het hy moet doen. Skuus dit het nie gewerk nie.

3.
En die derde een sê dat hy niks gedoen aan die kar nie want dis 'n
vertaling wat jy aan hom gegee het, en vertalings kan verkeerd wees.
Die vertaler kon 'n fout gemaak het en hy verstaan nie Duits nie so hy
het niks gedoen nie. Dé, daar's jou kar sommer net so vuil soos hy
gister was terug. Want sê nou die vertaler het selfs met die
voorgeskrewe sjampoe gefouteer en die verf is beskadig. En sê nou net
die politoer wat die boek sê jy op die buitebande moes gebruik, word
met ander komponente vervaardig in SA.

Jy sal 'n bevinding moet doen oor die drie en hul werklewering.

Soos ek gesê het, wil ek volstaan hiermee maar dit beteken nie dat die
Annette's en die's meer wat vertalings as verskonings (verskonings?)
gebruik, hoef nie op die een te antwoord nie.

Soos Rico sê, 'k soek nie 'n faait nie, wil net weet'.

DD
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41950 is 'n antwoord op boodskap #41876] Sa, 12 Mei 2001 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> Cenario - jy is die eienaar van 'n motorhawe (en ek praat met jòu wat
> so graag die vertalings die skuld gee waarom jy nie glo nie - waarom
> gaan swot jy dan nie Grieks en Hebreeus nie, dis tog so belangrik om
> die waarheid te ken - en dàn sal jy hopelik die vertaling glo)
> Terug na die cenario - jy is die eienaar van 'n motorherstelplek en
> drie luukse Merc's

Dis hierdie soort sofistrie wat mense gebruik om te klinkasof hulle die
wysheid in pag het oor "godsdiens." Goeie
vertalings, slegte vertalings - niks neem weg van die krag
en die waarhede wat mens vind in die Bergprediking
en die ou sutras in Pali wat lank voor Christus geskryf is nie.
As mens net wil luister, skree die reddende waarheid vir
jou van die bergtoppe in baie verskillende "godsdienste" en
sommige wat hulself nie godsdienste noem nie.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41952 is 'n antwoord op boodskap #41940] Sa, 12 Mei 2001 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Het ek dit gesê Davie?????????
Verskoon my, maar ek verstaan nie wat jy nou sêhier nie.

:-)))
Kun jy my uitleg, waar jy naar verwys????

Gr. Rico

> Soos Rico sê, 'k soek nie 'n faait nie, wil net weet'.
>
> DD
>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41953 is 'n antwoord op boodskap #41952] Sa, 12 Mei 2001 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 May 2001 19:18:50 +0200, "Rico" wrote:

> Het ek dit gesê Davie?????????
> Verskoon my, maar ek verstaan nie wat jy nou sêhier nie.
>
> :-)))
> Kun jy my uitleg, waar jy naar verwys????
>
> Gr. Rico
>
>> Soos Rico sê, 'k soek nie 'n faait nie, wil net weet'.

>> DD

Ek se dit nie, om iemand seer te maak nie, of 'n diskussie hieroor te
he,
maar dit is so van die sake, die my besig hou en laat dink en twyfel.

Gr. Rico
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41957 is 'n antwoord op boodskap #41953] Sa, 12 Mei 2001 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Weer 'n dankie Davie, nou verstaan ek wat jy bedoel :-))

Gr. Rico
Davie Davis schreef in berichtnieuws
4vsqftgi7ssgob46nf8cs5fd9l1nb1a97b@4ax.com...
> On Sat, 12 May 2001 19:18:50 +0200, "Rico"
> wrote:
>
>> Het ek dit gesê Davie?????????
>> Verskoon my, maar ek verstaan nie wat jy nou sêhier nie.
>>
>> :-)))
>> Kun jy my uitleg, waar jy naar verwys????
>>
>> Gr. Rico
>>
>>> Soos Rico sê, 'k soek nie 'n faait nie, wil net weet'.
>
>>> DD
>
> Ek se dit nie, om iemand seer te maak nie, of 'n diskussie hieroor te
> he,
> maar dit is so van die sake, die my besig hou en laat dink en twyfel.
>
> Gr. Rico
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41958 is 'n antwoord op boodskap #41957] Sa, 12 Mei 2001 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 May 2001 20:08:53 +0200, "Rico" wrote:

> Weer 'n dankie Davie, nou verstaan ek wat jy bedoel :-))
>
> Gr. Rico
>
Dankie vir jou Dankie, Rico

Groetjes

DD
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41961 is 'n antwoord op boodskap #41912] Sa, 12 Mei 2001 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Rico,

Jy is nie heeltemal reg as jy sê dat Jesus nie saamgestem het met die
Fariseërs en die skrifgeleerdes nie. Hy hêt met hulle saamgestem oor die
uitleg en kennis van die Skrif. Waar hy vreeslik teen hulle te velde getrek
het, is dat hulle huigelaars was - hulle sê "Doen so en maak sus", maar doen
dit nie self nie. Ook oor hulle innerlike beweegrede om vroom en
godsdienstig te lyk - wat dikwels meer vir vertoon as ware, opregte
godsdiens was.

Ons moet leef na die (perfekte) voorbeeld van Jesus, hy het tog gesê dat Hý
die vervullingvan die woord is. Oor enige van die Bybelse gebruike kan 'n
mens lank redeneer of dit sonder meer op ons hedendaagse samelewing toegepas
kan word. Ons leef immers in 'n ander milieu en tydsgewrig, met ander denke
en ander norme.

Máár. Die Moslems neem byv baie van die Ou-Testamentiese gebruike nog net
so op in hulle samelewing. Ortodokse Jode ook. Byv die reëls rondom sg
rein en onrein diere het in die Ou Testament se tyd sin gemaak, daar hulle
(die Israeliete) van baie peste en plae gevrywaar is, soos "varkmasels"
(lintwurm), die goeie dreinering van die vleis het bakteriegroei aan bande
gelê in 'n tyd wat daar nie verkoelingsgeriewe was nie. Aan die anderkant,
dink aan al vandag se siektes wat verband hou met die "onrein" gedeeltes van
dierkarkasse (wat vir mens en diervoedsel gebruik word), byv Groenaap
siekte, malkoeisiekte, Ebola, ens - dan is daar dalk weer sin daarin om
terug te gaan na die kosher-wette toe, né.

Groete,
Dries

"Rico" skryf in boodskap news:9dhfem$t19$1@news1.xs4all.nl...
> Ek vra wel, imoet jy leef soos die bybel se??? presies na die woorde die
> daar in is??
> Jesus het nie saamgestem met die Farizeers en sgriftgeleerde nie, hy was
> meer lief vir die mense die in die lewe staan.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41965 is 'n antwoord op boodskap #41934] Sa, 12 Mei 2001 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
moet nie woorde in my mond lê nie
--

"Rico" skryf in boodskap news:9dj1r3$nj6$1@news1.xs4all.nl...
: So ons kan nie se daar is baie verskil in die Godsdienste nie
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41980 is 'n antwoord op boodskap #41881] So, 13 Mei 2001 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jacquesviviers  is tans af-lyn  jacquesviviers
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Die Bybel is 'n padwyser an die saligheid, koninkryk, hemel, paradys,
toestand voor die val (net wat jy dit wil noem) vir die siel, die onsienbare
deel van die mens, dit het nie te doen met met natuurlike dinge nie (hoewel
dit so mag lyk) die dinge wat ons so letterlik wil opneem is slegs 'n manier
waarop God vir ons die geestelike wil verduidelik

Jacques.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41983 is 'n antwoord op boodskap #41980] So, 13 Mei 2001 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

jacquesviviers wrote:

> Die Bybel is 'n padwyser an die saligheid, koninkryk, hemel, paradys,
> toestand voor die val (net wat jy dit wil noem) vir die siel, die onsienbare
> deel van die mens, dit het nie te doen met met natuurlike dinge nie (hoewel
> dit so mag lyk) die dinge wat ons so letterlik wil opneem is slegs 'n manier
> waarop God vir ons die geestelike wil verduidelik
>

Jy is soooo wys. Jy praat soos William Blake praat. In Japan
glo 'n sekere Buddhiste-lering dat alles die droom van Vairocana
is. (Variocana is die sentrale buddha, waarvan die ander buddhas
aspekte is- amper soos in Blake waar al die zoas (of lewende
dinge uit die Bybel) aspekte is van Urthona.) 'n Ateistiese
sielkundige lees doodeenvoudig hier - die verskillende dele van
die brainstem en korteks. En hy is ook reg.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41992 is 'n antwoord op boodskap #41876] So, 13 Mei 2001 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien die Buddhiste nie as 'n gevaar vir die Christendom nie, vir my is
die Buddhistische leer meer 'n aanvulling op my eie glo.
Net soos God se woord, is die Buddhisme 'n leer die liefde baie belangrik
vind.

Miskien doen ek aan Godsdiens shopping :-), ek haal ooral die beste uit.

Gr. Rico

Ek wonder hoeveel van hierdie soort gepraat dat daar
net één handboek is ensovoorts, is werklik skriptuurlik?
Sê Christus nie een plek dat daar ander lede van sy
kudde is waarvoor hy ook 'n plek moet berei nie? En
wanneer Christus sê dat hy die enigste weg is, verwys
hy nie na 'n "metode" liewers as 'n persoon nie. Soms
klink dit asof hy guru-yoga verkondig, soos die Buddhiste
dit noem.
In alle geval, Davie, wat wel van belang is, is om die
preskripsies van die Bybel fyn te bestudeer en na te volg.
En letterlik op te neem. Daar waar dit staan dat die saad
eers kan vrug dra as dit doodgegaan het aan homself, moet
mens die ding baie ernstig opneem. Jy moet daagliks die
vrugte ondersoek van jou geestelike lewe, daagliks mediteer
oor die ewige dinge en hoe mens jou weg terug kan vind
na 'n staat voor die val (wat daagliks kan plaasvind, maar
wat die Buddhis tog glo dat jy permanent kan bereik as
nirvana.)
En Davie Davis, elke keer as ek hierdie amper skokkende
uitlatings sien wat jy maak oor swartmense op hierdie nuusgroep,
dan weet ek hierdie outjie het nog 'n baie lang pad om te loop.
Ek hoop jy is ernstig oor die verdieping van jou geestelike lewe,
en gebruik die Christelike godsdiens nie maar vir politieke
doeleindes nie.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #41996 is 'n antwoord op boodskap #41876] So, 13 Mei 2001 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jacquesviviers  is tans af-lyn  jacquesviviers
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek gaan hier probeer om so op die punt af as moontik te wees, ek vra dan
sommer by voorbaat verskoning as dit lyk asof ek op enigiemand se tone wil
trap...

Liewe Gloudina...

Jy praat van Blake, verskeie Buddhiste-leringe, ateïste ens. se menings, dit
klink asof jy meen hulle almal is reg.
Tog sê jy: "In alle geval, Davie, wat wel van belang is, is om die
preskripsies van die Bybel fyn te bestudeer en na te volg.
En letterlik op te neem." Wat vir my sê jy glo die Bybel is tóg reg. Die
Bybel getuig egter van 'n God wat alleen gedien moet word, wat nou weer in
teenstelling is met wat die ateïs byvoorbeeld sê. Nou is my vraag: Wat glo
JY? Want dit lyk asof jy in die selde bootjie is as die samaritaanse vrou in
Joh4:16-18 --> Wie is jóú man?
Van daar kan ons verder praat oor bv. deiniesies van Die skepping, God,
hemel(e)... omdat ons dan op square 1 sal wees.

Ek sal begin deur te sê:

Ek noem myself 'n Christen (maar moenie geflous wees en my onder die selde
kam as ander mense skeer wat ook beweer dat hulle Christene is nie >lekker
debat< ), dat ek hoor wat die ander gelowe sê, maar dat ek alles wat ek sien
mense daar kan kry ek ook kry waar ek is.
Ek sal vir jou sê: die die Goddelike "nirvana" is great! Oor die kwessie van
vertalings: kom ons neem aan dat al die vertaling deur God geïnspireer is,
dan moet almal van dieselfde ding praat, dis waar dit begin lekker raak: om
te bewys dat wat die verskilende mense vertaal einlik die selfde ding is.
(bv. waar Matthéus en Lukas vir Judas op verskillende maniere sien sterf:
albei is reg).

Jacques.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42000 is 'n antwoord op boodskap #41992] So, 13 Mei 2001 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 May 2001 21:49:55 +0200, "Rico" wrote:

Baie dankie vir die taalrkorrigering op die NL groep, Rico.
My brief gekry?

DD
>
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42002 is 'n antwoord op boodskap #42000] So, 13 Mei 2001 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 May 2001 22:29:13 +0200, Davie Davis wrote:

> On Sun, 13 May 2001 21:49:55 +0200, "Rico"
> wrote:
>
> Baie dankie vir die taalrkorrigering op die NL groep, Rico.
> My brief gekry?
>
> DD


Skuus maar op 'n manier het dié brief die verkeerde pad gevolg.

DD
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42004 is 'n antwoord op boodskap #42002] So, 13 Mei 2001 22:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die brief gekry en antwoord gegee :-))

Gr. Rico
Davie Davis schreef in berichtnieuws
1pstftocqks07qf7nlcpiodehfbvjunb87@4ax.com...
> On Sun, 13 May 2001 22:29:13 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> On Sun, 13 May 2001 21:49:55 +0200, "Rico"
>> wrote:
>>
>> Baie dankie vir die taalrkorrigering op die NL groep, Rico.
>> My brief gekry?
>>
>> DD
>
>
> Skuus maar op 'n manier het dié brief die verkeerde pad gevolg.
>
> DD
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42007 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 14 Mei 2001 00:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

jacquesviviers wrote:

> Jy praat van Blake, verskeie Buddhiste-leringe, ateïste ens. se menings, dit
> klink asof jy meen hulle almal is reg.
> Tog sê jy: "In alle geval, Davie, wat wel van belang is, is om die
> preskripsies van die Bybel fyn te bestudeer en na te volg.
> En letterlik op te neem." Wat vir my sê jy glo die Bybel is tóg reg.

Jacques, ek is nie uit om vir mense te vertel dat hulle "reg" is enander dus "
verkeerd" nie. Maar mens kan in alle geval by een
van bostaande begin en 'n gesprek begin wat sinvol vir albei kan
wees. Neem nou maar die ateistiese sielkundige, wat vir my
aanval oor die feit dat ek verskeie geestelike rigtings bestudeer
en verskeie praktyke beoefen. As hy vir my sê dat alles maar
net skeppinge van die breinstam en die korteks is, kan ek met
hom saamstem maar tog uitwys dat uit hierdie oorsprong daar
die konsepte van "gode" en "God" en "hemel" en "nirvana" en
"redding" ensovoorts is, en dat dit dus altyd nog sin maak om
oor hierdie dinge te praat. Ek weet nie hoe goed jy William
Blake ken nie. Hy word meer en meer aangedui, nie net as 'n
groot Christelike profeet nie, maar ook as iemand wie se
uitsprake meer en meer sin maak hoe moderner ons word.
Wanneer ek vir Davie Davis sê dat as hy die Christelike
pad volg, dit nodig is om die Bybel baie ernstig en diep te
bestudeer en letterlik op te neem in sommige plekke, dan bedoel
ek dit. Ek dink iets wat amper soos 'n swerende inflammasie is
op die Christelike scene is, is dat daar mense wat in die Bybel sit
en lees om dinge te bewys oor rasse-aangeleenthede, of dat hulle
die enigste wysheid in pag het, maar dan vind mens uit hulle spandeer
min tyd in meditasie op hulle knieë, en as mens na hulle ander poste
op die nuusgroep kyk, dan sien mens die sweer etter.
Wat ek van die Buddhiste die meeste waardeer, is die hoeveel-
heid meditasie wat daar gedoen word. Hoeveel daar na binne gekyk
word.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42008 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 14 Mei 2001 00:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

jacquesviviers wrote:

> Nou is my vraag: Wat glo
> JY? Want dit lyk asof jy in die selde bootjie is as die samaritaanse vrou in
> Joh4:16-18 --> Wie is jóú man?

Gaan 'n entjie terug waar Danielle die tuisblad van William Edelen
gepos het, en lees sommige van sy ander essays. Kyk na wat hy
sê oor wat Albert Einstein sê. Ek is jammer, maar jou vraag hierbo
grens vir my aan sofistrie wanneer jy vra "wie is jou man." Albert
Einstein het aangedui dat hierdie storie van 'n "personal god" iets
is wat sal moet gaan voordat die Christelike godsdiens-stroom
volwasse kan word. Thomas Altizer, geinspireer deur die lees
van William Blake, het tot dieselfde konklusie gekom en leier van
die "Death of God"-beweging in die Amerikaanse teologie in die
sewentigerjare geword. Let wel, nie die death of Christ-movement
nie. Al hoe meer sentreer die Christelike godsdiens om die leer van
Christus, die dade van Christus, die krag van Christus. Daardie
mense wat vergeet wat Jesus in die Bergpredikasie gepredik het,
maar hell en brimstone staan en skree teen enigiemand wat nie
hulle "God" as die enigste aanneem nie, is 'n etterende seer op die
liggaam van die Christendom. Die Pous is 'n gloeiende voorbeeld
van iemand wat rondgaan om die wonde te heel, en 'n lewende
voorbeeld is van "Blessed are the meek, for they will inherit the kingdom
of God." Die meek kan natuurlik ook die geldwisselaars uit die tempel
gooi.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42009 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 14 Mei 2001 00:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

jacquesviviers wrote:

> Ek noem myself 'n Christen (maar moenie geflous wees en my onder die selde
> kam as ander mense skeer wat ook beweer dat hulle Christene is nie >lekker
> debat< ), dat ek hoor wat die ander gelowe sê, maar dat ek alles wat ek sien
> mense daar kan kry ek ook kry waar ek is.

Wel, dit sal interessant wees. Natuurlik kan die Christen alles wat hynodig
het, in die Bybel kry. Dis vir Blake "The Great Code." En dis
die Great Code wat belangrik is, nie al die ander dinge waarvoor mense
gods-diens probeer gebruik nie. So as die Buddhis sy Great Code
bestudeer en beoefen, doen hy maar net miskien dieselfde as wat
jy doen. En julle albei sal aan die vrugte wat julle dra, geken word.
Jy noem jouself 'n Christen, maar wil nie oor dieselfde kam geskeer
wees as ander mense wat hulle Christene noem nie. Hoe kan jy
so 'n ding sê. Christene word tog geken aan die vrugte wat hulle
dra. Anders gebruik hulle dit vir politieke doeleindes, word 'n
wolf in skaapsklere. En al sal die leeu by die lam gaan lê in Eden,
sal die leeu nie so 'n fool wees om gefool te raak deur 'n wolf in
skaapsklere nie. Daardie wolf sal 'n gonner wees. Hy hoef nie
hulp te soek by die lam nie. Die lam is ook nie stupid nie.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42010 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 14 Mei 2001 01:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

jacquesviviers wrote:

> Oor die kwessie van
> vertalings: kom ons neem aan dat al die vertaling deur God geïnspireer is,
> dan moet almal van dieselfde ding praat, dis waar dit begin lekker raak: om
> te bewys dat wat die verskilende mense vertaal einlik die selfde ding is.
> (bv. waar Matthéus en Lukas vir Judas op verskillende maniere sien sterf:
> albei is reg).
>

Ek sien uit na meer van jou bydraes. En is effens
nuuskierig aan watter "label" jy uiteindelik om jou
nek hang. Ek hou nie van labels nie, maar nou ja,
dit nou daargelaat.

Gloudina.
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42020 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 14 Mei 2001 06:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
So as die lam daar in Kanada dan nie so stupid is nie, waarom peuter die lam
daar dan nog met ander gedagtes. Jy weet tog wat die Waarheid is. Hoekom
soek na ander? Of hoekom ander idees soek by hulle wat nie die Waarheid het
nie?
Het jy Jesus as jou persoonlike Verlosser aanvaar, en leef jy om 'n dissipel
van die Verlosser te wees? (Let wel Nie 'n getuie van Jehowa nie)
Watter vrugte dra jy? Een van vergewing? Een van vergewing in die
gesindheid van Christus aan die kruis waar hy tot sy Vader bid "Vergeef
hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie"?

Kom nou Gloudina. Gee ons 'n eerlike antwoord: Ons wag in spanning. En
Gloudina, daar is 'n verskil tussen die kennis van Jesus en die persoonlike
kennis van Jesus.

Wat sê jou Boedhiste van die ewige lewe? En hoe/wat doen mens om dit te
bereik?
Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3AFF2E61.2948822F@home.com...

Wel, dit sal interessant wees. Natuurlik kan die Christen alles wat hynodig
het, in die Bybel kry. Dis vir Blake "The Great Code." En dis
die Great Code wat belangrik is, nie al die ander dinge waarvoor mense
gods-diens probeer gebruik nie. So as die Buddhis sy Great Code
bestudeer en beoefen, doen hy maar net miskien dieselfde as wat
jy doen. En julle albei sal aan die vrugte wat julle dra, geken word.
Jy noem jouself 'n Christen, maar wil nie oor dieselfde kam geskeer
wees as ander mense wat hulle Christene noem nie. Hoe kan jy
so 'n ding sê. Christene word tog geken aan die vrugte wat hulle
dra. Anders gebruik hulle dit vir politieke doeleindes, word 'n
wolf in skaapsklere. En al sal die leeu by die lam gaan lê in Eden,
sal die leeu nie so 'n fool wees om gefool te raak deur 'n wolf in
skaapsklere nie. Daardie wolf sal 'n gonner wees. Hy hoef nie
hulp te soek by die lam nie. Die lam is ook nie stupid nie.

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42026 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 14 Mei 2001 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Jy weet tog wat die Waarheid is. Hoekom
> soek na ander? Of hoekom ander idees soek by hulle wat nie die Waarheid het
> nie?

So Thys, jy is nou nie so blatant as sommige van die ander
the-christian-doctrine-is-the-only-true-doctrine chauvinist pigs nie,
maar jy verkondig dan ook maar dat jy in besit van "die
Waarheid," en jy praat hooghartig van "hulle wat nie die
Waarheid het nie." Wat maak jou so seker dat jy die
Waarheid het, tensy jy diep dink oor ewige dinge en altyd
'n soeker van waarhede bly. Mens kan nie met Christian
chauvinist pigs argumenteer nie. Mens kan wel diep en innig
omgaan met opregte Christine en opregte Buddhiste en
Moslems en Noord-Amerikaanse Eerste Nasies. Die Gees
is lewend. Maar daardie mense wat politiek speel deur te
verklaar dat hulle "waarheid" die enigste waarheid is, is op
'n dwaalspoor. Dit is my opinie dat hierdie soort arrogante
isolasionisme al hoe meer passé gaan raak in die een-en-
twintigste eeu. Sover ek kan sien, is daar tekens van daardie
wyer dink al teenwoordig in die geskrifte van Christina Landman
en 'n paar ander. Wat dink jy van Christina Landman?

Gloudina
Re: Wat is die Bybel? [boodskap #42030 is 'n antwoord op boodskap #41876] Ma, 14 Mei 2001 12:53 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Het jy nog nie gemerk dat dit en apartheid Gloudina se enigste
belangstelling is nie.

Haar stories groei ook nie, en kom ook nooit by die punt nie. Sy't 18 maande
gelede, toe ek hierdie NG ontdek het ook so geklink, en ek dink dat sy oor
vyf jaar ook nie anders gaan klink nie.

Sy hou darem die nuusgroep in stand...

Danielle schreef in berichtnieuws
doeuftg08u8h9mrjngs1e9h4r656d5spc3@4ax.com...
> On Mon, 14 May 2001 00:17:47 GMT, @home.com wrote:
>
>> Wat ek van die Buddhiste die meeste waardeer, is die hoeveel-
>> heid meditasie wat daar gedoen word. Hoeveel daar na binne gekyk
>> word.
>
> Is dit net ek, of is hier ander mense wat nou ook siek en sat raak vir
> hierdie blatante en aanhoudende Boedistiese proseliterring?
>
Vorige onderwerp: Bybel vs Rassisme
Volgende onderwerp: Lunch with God
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 18:37:38 MGT 2024