Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » God IS goed!
Re: God IS goed! [boodskap #25528 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Aug 1999 17:49:43 +0200, "Hilda en Gervaas" wrote:

|. >Ons weet dat ons sondig is.
|
|Kan jy dit vir my verduidelik ? Hoe weet ons dat ons sondig is ?
|Dalk moet iemand ook vir my sê : wat is 'n sonde ?
|
Hilda, hierdie een kan laaaaaang besprekings aan die gang sit, maar ek gaan nie
begin nie. Net 'n interesante opmerking.

'n Oud-onderwyseres wat ek gehad het, het na haar aftree verder in die sielkunde
gestudeer en een van haar verhandelings het gegaan oor die feit dat dit baie
menslik is om iets te wil doen wat verkeerd is. Party mense parkeer vyf minute
langer as sy parkeergeld - en dis vir hom genoeg. 'n Ander ou rook skelm, en
dis weer vir hom genoeg. Ander sal weer dwelms gebruik en ander sal ernstiger
misdade pleeg.

Ek het nooit die kans gekry om die verhandeling nog te lees nie, maar ek neem
aan dit moet baie interesant wees. Die doel van die ding was om 'n bydraende
rede vir dwelmmisbruik te help vind.
Re: God IS goed! [boodskap #25529 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> (Hoe motiveer jy jou vervolging van Christene uit jou bepaalde
> oortuigings, Gloudina?)

Ha, ha, ha. Nou vervolg ek al Christene, by al my ander sondes(Angelina,
Charles Bosman, Stellenbosch en dies meer.) Jy
het weer 'n tweede asem gekry, Leendert.

Gloudina

>
Re: God IS goed! [boodskap #25530 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Hilda en Gervaas" wrote:
>> Daar kan du sslegs een Godsdiens
>> wees
>
> Wat van meer as een miljard mense wat in China gebore is ? Was hulle bloot
> so onfortuinlik om daar gebore te word en nie die "enige regte godsdiens" te
> ken nie ??
> En wie is die gelukkiges wat die ene godsdiens wel ken ? Is die katolieke
> daarby ? Die anglikane ?

Ek het al werklik gelowige mense in al die kerke teëgekom. En 'n veel
groter getal ongelowiges wat bloot nominaal Christene is. En net so
veel wat godsdiens pleeg vir hul eie doeleindes.

Wat wel waar is, is dat almal van hulle "gelukkig" is om die boodskap
van die Evangelie te ontvang het. Sekerlik nie omdat hulle dit verdien
het nie, maar slegs uit Genade.

> Die boediste ? ens, ens. Of is al daardie mense
> gedoem om in die hel te brand ... as die hel bestaan, natuurlik.

Die Skrif sê nie vir ons hoe God sal oordeel oor mense wat nooit die
boodskap van Christus gehoor het nie. Enige antwoord daaroor is, myns
insiens, blote spekulasie.

Wat wel sonder twyfel is, is Christus se laaste woorde op aarde - die
opdrag om van Hom te getuig "in Jerusalem, Judea en Samaria, en tot aan
die uiteindes van die aarde". Dit plaas 'n dure geloofsplig op elke
gelowige Christen, en ek vind dit heel sinies as iemand soos Gloudina,
wat anders so politiek korrek is, haar vriendin se reg bevraagteken om
haar geloof uit te leef deur teenoor Indiërs te getuig (mits mens
aanvaar dat die Indiërs vry is om nie na haar te luister nie :-)

> Ek wonder of iemand 'n sinnige antwoord op hierdie vrae kan gee.
> Hilda.

En Hilda skryf ook (elders):
Re: God IS goed! [boodskap #25531 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Aug 1999 15:58:43 +0200, "Pijotter" wrote:

|Wat ek hier probeer bevraagteken is nie soseer dat die God waarin ons glo
|verkeerd is nie, maar ek bevraagteken tog wel tot hoe verre ons ons
|voorgangers kan vertrou. Daar was 'n redelike klompie faksies van die
|Christelike kerk in die eerste eeu. Die ortodokse Rooms Katolieke kerk het
|op die ou end oorgeneem. Hulle het bepaal watter Boeke opgeneem sou word in
|die Bybel en basiese geloof kwesies ens.
|Hulle het ook erg polities geword deur die jare, so wat sou hulle keer om
|nie dinge aan te vul en te verander om hulle te pas nie? Sekerlik die bybel
|was deur 'n Goddelike inspirasie geskryf, maar vertaal? Hulle was tog op
|die ou end maar net mense en sondaars daarby.
|
Dis waarom ek persoonlik dink die eenvoud van die Bybel is balangriker as enige
strydvrae wat daaruit mag ontstaan. As ons glo dat God Almagtig en Alwetend is,
dan dink ek het HY geweet wat ons vermoens en ons "input" sou wees teen die tyd
dat die Bybel in ons hande beland en ek kan nie dink dat hy dan sou bedoel dat
dit onleesbaar gekompliseerd moet wees nie.

|Ek het dit nie voorskriftelik bedoel nie. Volgens my is jou geloof 'n
|private ding tussen jou en God. Nie iets wat jy by ander kan afdwing nie,
|maar slegs met dade kan oorbring
|
Ek stem. Ek het 'n paar jaar gelede met Father Bonaventure Hinwood gesels en ek
het baie van sy idee omtrent hierdie sake gehou - hy het gesê God gaan eendag na
elke ou as individu kyk en hou jy gereageer het teenoor die "input" wat jy in
jou lewe gehad het. Jy kan so 'n inboorling kry wat nog nooit die Bybel gesien
het nie, maar teenoor sy basiese begrip van goed en kwaad, reageer hy 100% en
lei 'n baie goeie lewe. Netso kan jy 'n Christen kry wat elke Sondag in die
kerk is, 'n Bybel lees, maar wat net 5% goed daarteenoor reageer. Die
inboorling sal dan 'n baie beter "Christen" wees as die ou wat in die kerk kom.
Re: God IS goed! [boodskap #25532 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Ek stem nie saam nie Gloudina. Die Bybel se duidelik dat jy slegs 'n
>> enkel God kan dien, as jy twyfel of die 'god' wat jy dien die regte een
>> is dan 'glo' jy dood eenvoudig nie!! Daar kan du sslegs een Godsdiens
>> wees en jy (jou siel dus) kan slegs gered word deur volkome geloof in
>> God die Vader, Sy seun Jesus Christus se geboorte, kruisiging, dood en
>> opstanding en die werking van Sy Heilige Gees soos beskryf in die Bybel.
>
> So, die "Bybel" is halfpad 'n Joodse geskrif, en het niks te doenmet
> die boodskap van Christus nie. Hoekom noem jy die Ou Testament
> die Bybel? Dis alleen as jy die Bybel in die regte perspektief sien, soos
> wanneer Northrop Frye dit die "Great Code" noem, dat jy kan begin
> ontsyfer wat daarin van belang is. Om die Ou en Nuwe Testament
> te verhef tot die enigste boek wat van geestelike dinge praat, beteken
> dat jy 'n kult beoefen, met die gees politiek speel.
>
> Gloudina
>

Gloudina - ek sien die Bybel as die woord van God en as sulks is dit
toepaslik. Ander sogenaamde 'geestelike' geskrifte mag daarop uitbrei,
dit probeer vertolk maar kan dit nooit vervang nie. Die ou Testament
beskryf die voorbereiding op die koms van Christus en is dus nie net 'n
'Joodse' geskrif nie maar ook van toepassing op Christen gelowiges. Net
so terloops - is die Bybel nie heeltemal deur Jode geskryf nie? Jy kan
nie dele van die Bybel aanvaar en ander nie - as jy dit doen dan is
beoefen jy 'n 'kult'. Jy het byvoorbeeld al voorheen gemeld dat jy die
Bybel lees om jou te help om ander litere werke beter te verstaan.

Maar ek sien jy gebruik nog steeds jou ou tipe redenasie - jy mag met
die gees(?) politiek speel, maar ander mag nie?
Re: God IS goed! [boodskap #25533 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Brei bietjie meer uit oor 'caritas'? Dis tog 'n Katoliek term dan nie?
>
> Ja, die Latynse benaming vir wat ons as net een woord ken - liefde. Caritas
> is nie amor nie. Caritas is daardie liefde wat jou naaste eerste stel, alhoewel
>
> mens ook caritas teenoor jouself moet beoefen. Dit roer my dat Boeddhiste
> in hulle visualisasies oefeninge het vir die ontwikkeling van caritas. En dat
> hulle, by hulle feesmale, kos uitsit vir die voels en diere buite - selfs in
> die
> middel van die winter.
>

Pas terug gekeer van die Kruger wildtuin en het gesien hoe 'n bobbejaan
mannetjie geskiet is omdat mense hom kos gegee het en hy dit later as 'n
gegewe begin aanvaar het. Mens moet baie versigtig wees as jy menslike
'charity' op diere begin toepas.
Re: God IS goed! [boodskap #25534 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> lou wrote:
>
>> Ek stem nie saam nie Gloudina. Die Bybel se duidelik dat jy slegs 'n
>> enkel God kan dien, as jy twyfel of die 'god' wat jy dien die regte een
>> is dan 'glo' jy dood eenvoudig nie!! Daar kan du sslegs een Godsdiens
>> wees en jy (jou siel dus) kan slegs gered word deur volkome geloof in
>> God die Vader, Sy seun Jesus Christus se geboorte, kruisiging, dood en
>> opstanding en die werking van Sy Heilige Gees soos beskryf in die
Bybel.
>
> So, die "Bybel" is halfpad 'n Joodse geskrif, en het niks te doenmet
> die boodskap van Christus nie.

Dis nie wat Christus self oor die onderwerp te sê gehad het nie. Maar
aan die ander kant, ons weet reeds dat jou "christus" 'n konkoksie is
van selektiewe happies wat jy graag wil glo.

> Hoekom noem jy die Ou Testament
> die Bybel?

Jy is vry om van die Ou Testament te dink wat jy wil (God self het jou
geskep met daardie vryheid), maar op watter gronde moet die Ou
Testament deur Christene uit hul Bybels geskeur word, Gloudina?

> Dis alleen as jy die Bybel in die regte perspektief sien, soos
> wanneer Northrop Frye dit die "Great Code" noem, dat jy kan begin
> ontsyfer wat daarin van belang is. Om die Ou en Nuwe Testament
> te verhef tot die enigste boek wat van geestelike dinge praat, beteken
> dat jy 'n kult beoefen, met die gees politiek speel.

Die Ou en Nuwe Testament is sekerlik nie die enigste boeke wat oor
geestelike dinge praat nie, maar Christene glo dat dit die enigste
boeke is wat die volle waarheid daaroor praat.

Nou mag jy Chistene wel uitkryt vir kultusaanhangers. Ek dink egter nie
dat dit veel toleransie vir godsdiensvryheid aan jou kant demonstreer
nie. (Hoe motiveer jy jou vervolging van Christene uit jou bepaalde
oortuigings, Gloudina?)

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25535 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
>
>
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> (Hoe motiveer jy jou vervolging van Christene uit jou bepaalde
>> oortuigings, Gloudina?)
>
> Ha, ha, ha. Nou vervolg ek al Christene, by al my ander sondes (Angelina,
> Charles Bosman, Stellenbosch en dies meer.) Jy
> het weer 'n tweede asem gekry, Leendert.
>
> Gloudina

Wel, as jy dele van 'n gelowige (watter geloof ook al) se godsdienstige
geskrifte neem, ander dele verwerp, en die gelowige dan herhaaldelik en
oor 'n lang tyd bly verwyt en uitkryt omdat hy nie voldoen aan die
betekenis wat jy heg aan daardie dele wat jy goedkeur nie - dan dink ek
kan ons met reg van "vervolging" praat.

Hoe verantwoord jy jou op grond van jou oortuigings vir hierdie
vervolging, Gloudina?

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25536 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
. >Ons weet dat ons sondig is.

Kan jy dit vir my verduidelik ? Hoe weet ons dat ons sondig is ?
Dalk moet iemand ook vir my sê : wat is 'n sonde ?

Hilda.

Pijotter schreef in berichtnieuws
935589526.228606@ns0.klm.nl...
>>
>> Goed. 'n Afrikaans impliseer jy dat jou stelling universeel toepaslik
>> is. Dus ook op my. Ek maak beswaar daarteen.
>>
>
>
> Sorry Leendert ek moes gesê het volgens my opinie is dit verkeerd om my God,
> of geloof in my God, as die enige waarheid te bestempel en dan soseer af te
> dwing op ander. Al wat ek kan doen is om deur my dade ander te trek en te
> wys. Apologie as ek jou ingesluit het in my opinie.
>
>
>>> So wat laat jou dink die een wat hulle nou aanbid is die
>>> oorspronklike?
>>
>> Die Bybel en my geloof daarin.
>>
>
>
> Wat ek hier probeer bevraagteken is nie soseer dat die God waarin ons glo
> verkeerd is nie, maar ek bevraagteken tog wel tot hoe verre ons ons
> voorgangers kan vertrou. Daar was 'n redelike klompie faksies van die
> Christelike kerk in die eerste eeu. Die ortodokse Rooms Katolieke kerk het
> op die ou end oorgeneem. Hulle het bepaal watter Boeke opgeneem sou word in
> die Bybel en basiese geloof kwesies ens.
> Hulle het ook erg polities geword deur die jare, so wat sou hulle keer om
> nie dinge aan te vul en te verander om hulle te pas nie? Sekerlik die bybel
> was deur 'n Goddelike inspirasie geskryf, maar vertaal? Hulle was tog op
> die ou end maar net mense en sondaars daarby.
>
>>
>> Dat "Baie van die Christen geloof het ook basiese afstamminge van die
>> Egiptenare geloof...." [sic].
>>
>
> Dit kon ook 'n natuurlik proses gewees het, as jy neem dat die Jode 'n hele
> paar jaar in Egipte deurgebring het. Daar was eintlik voor en in die tyd
> van Jesus 'n redelike klompie gelowe met gode wat gesterf en weer opgestaan
> het. Osiris, Dionys etc.
>
>>>
>>> En dit beteken dat die Christelike geloof die enigste en regte is?
>>
>> CS Lewis het dit geglo.
>>
>> Ek ook, maar nie op dieselfde gronde nie.
>>
>
>
> Ek sal nie so "arrogant" kan wees om te sê my geloof is die enige ware, al
> glo ek sterk in God en ook dat ek deur sy Seun gered is.
> (Ek noem jou nie hier arrogant nie, so moet dit asb. nie so op neem nie)
>
>> Ek wonder ook. Want die stellig "'n mens se geloof is sekerlik privaat"
>> is voorskriftelik.
>>
>
>
> Ek het dit nie voorskriftelik bedoel nie. Volgens my is jou geloof 'n
> private ding tussen jou en God. Nie iets wat jy by ander kan afdwing nie,
> maar slegs met dade kan oorbring
>
>>>> Ek dink dat elke Christen sal erken dat die kerk _nie_ is soos God
>> dit
>>>> wil hê nie. Dit is juis deel van sy geloofsbeleidenis dat hy, en al
>> sy
>>>> pogings, sondig is.
>>>
>>> Nou hoekom is die kerk dan nog soos wat dit is?
>>
>> Lees weer my stelling. Die antwoord is daarin vervat.
>>
>
>
> Ek verstaan jou stelling, en ek stem daarmee saam. Die mens is nie perfek
> nie. As ons was, sou ons nie Jesus nodig gehad het om vir ons sondes te
> sterf nie. Wat ek nie kan insien nie, is jy sê dat dit deel is van ons
> geloofsbelydenis (wat eerstens nie deur Jesus gegee is nie, maar los dit
> maar daar) is. Ons weet dat ons sondig is. Maar is dit nie juis die idee
> om te probeer geestelik te groei en te verander nie? Nou lees my vraag weer
> dan kan jy miskien die konteks verstaan wat ek bedoel.
>
>
>>> Wat vir my snaaks is, dat jy sê meeste Christene dit erken, maar kom
>> jy met
>>> nuwe insigte, bevindinge en sekere kontroversiele vrae word jy as
>> heiden
>>> beskou en weggestoot.
>>
>> Dis jammer, maar dis 'n algemene ervaring.
>>
>
> Presies, Geestelike groei en verandering vind in so 'n situasie glad nie
> plaas nie. Dis vir God om te oordeel nie ons nie.
>
>>> Wat ek wel van jou pos kan aflei is dat jy bietjie angs het om jou
>> oop te
>>> maak vir ander se gedagtes en menings... Dis net 'n afleiding, jy
>> mag maar
>>> op my vloek en skel as ek verkeerd is - of dit net sê.
>>
>> Dis verkeerd.
>>
>
>
> Ek is verheug dat ek tog verkeerd is. Want deur ander se gedagtes en
> menings voel ek kan ek regtig groei in my geloof. Ervaar jy dieselfde?
>
>>
>> Ek dink nie daar is fout mee nie. Daar is nie eens fout mee as jy jou
>> afleidings op my van toepassing maak nie. Daar is wel fout mee as jy my
>> die reg ontsê om beswaar te maak teen jou toepassing van jou afleidings
>> op my.
>>
>
>
> Nee ek sal nie jou reg ontneem om beswaar te maak op wat ek sê nie, jy het
> ook 'n reg op jou menings. My menings is ook nie die volle enige waarheid
> nie... ek is mens en maak foute, ek aanvaar dit, en juis daarom probeer ek
> dit verander deur te groei...
>
>>> Doen jouself 'n guns en lees 'n bietjie van die boeke wat nie in die
>> Bybel
>>> opgeneem is nie. bv. Gospel of Thomas, Gospel of Phillip, the (First)
>>> Apocalypse of James, the (Second) Apocalypse of James ens ens. Van
>> hulle
>>> staan ook bekend as die Gnostic Gospels en eksemplare daarvan is in
>> Egipte
>>> gevind rond die 1940 igs. Hulle noem dit die Nag Hammadi tekste...
>>
>> Daar is tonne boeke wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Die Egiptiese
>> Boek van die Dooies is een, en so ook die Odissee. Satanic Verses is
>> nog een - en Faust en Lady Chatterly's Lover ens.
>>
>
> Ja, hierdie boeke is inderdaad nie opgeneem nie! Maar hulle was ook nie
> deur apostels geskryf nie. Waar die boeke wat ek noem wel deur hulle
> geskryf is. James = Johannis ens.
>
> Hierdie boeke was afgekeur deur 'n komissie van Rooms Katolieke Christene
> laat in die eerste of tweede eeu toe hulle die Bybel saamgestel het. (Plek
> en presiese datum het ek nie nou in my hoof nie, sal wel gaan opsoek as jy
> wil) Gospel of Thomas bestaan bv. basies uit 'n hele klomp gesegdes wat
> Jesus gese het. Hoekom was dit uitgelaat? Weet nie, maar soos ek voorheen
> gesê het was daar 'n hele paar Christelike faksies in die eerste eeu na
> Jesus se dood. Kon dit miskien idees weergegee het wat hulle voel die
> "uninitiated" (hiermee bedoel ek die menigte) nie kon verstaan nie? Of was
> dit maar net 'n gewone "power struggle"... Vandag kan ons (ek) maar net
> daaroor gis, die waarheid is verlore in die tyd.
>
Re: God IS goed! [boodskap #25537 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
As God die mense na sy beeld geskape het, en die sondeval
het wel plaasgevind, wat Hy geweet het gaan gebeur, hoekom
iemand stuur om mense se sonde op die kruis te
vergewe? Hoekom +- 33 jaar op aarde deurbring, en aan 'n
kruis gaan sterf vir sondes. Dit is 'n mors van tyd. God
kan mos mense se sonde in die Hemel vergewe. Dit maak nie
sin nie.

Nie eens God kan die verlede verander nie. Jesus se
prim^ere boodskap is die van Genesing. Jesus het vir 'n
vrou gesê haar sondes is haar vergewe. M.a.w. hy stel glad
nie belang in haar sondes nie. Hy weet dit en hoef haar nie
daaraan te herinner nie, om haar siel af te breek nie. Net
om vir haar genesing te bring in haar huidige situasie. Dit
is die verskil. Die Kruisiging is 'n verdraaisel, om Jesus
se boodskap van Geneser te verdraai as Verlosser van sonde
en sodoende 'n gaping te verkry tussens Jesus en mense. Ek
sien die Kruisigingsdaad as die grootste kriminele daad
teen enige mens, wat mense gesond wou maak, een nooit teen
die Staat laat opstaan het nie.

Wanneer 'n mens tergende vrae vra, en in Oosterse gelowe
rondkrap, dan word Jesus 'n Yogi - wat vir mense die regte
pad wys om te loop, terug na God toe. D.m.v. twee wette -
liefde vir God, en liefde vir ons medemens. Asook om vir
ons vyande te bid, soos die Tibetaane doen.

Ek veronderstel CS Lewis het Shadowlands geskryf - sy
outobiografie. Julle skryf hy het alle godsdienste
bestudeer, en homself bekeer na die Christelike godsdiens
toe. Wanneer ons die hele boek van Job lees, kom ons agter
dat ons lewe 'n moelike tyd deurgaan, deur die oue te
vervang met 'n beter nuwe. Voor CS Lewis se bekering, het
hy 'n filosoferings lewe gely, ek dink. En nooit by die
liefde uitgekom nie. Sy keuse dus na die Christelike
godsdiens, is dus a.g.v. liefde - waarna hy gesmag het in
sy lewe. Die liefde lê agter die filosoferings ideologie,
wat hy sy hele lewe probeer weg argumenteer het. Die
probleem met filosofering is dat 'n mens sienies oor die
liefde raak, wat miskien in sy geval gebeur het.

Re: God IS goed! [boodskap #25538 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
>
> Goed. 'n Afrikaans impliseer jy dat jou stelling universeel toepaslik
> is. Dus ook op my. Ek maak beswaar daarteen.
>

Sorry Leendert ek moes gesê het volgens my opinie is dit verkeerd om my God,
of geloof in my God, as die enige waarheid te bestempel en dan soseer af te
dwing op ander. Al wat ek kan doen is om deur my dade ander te trek en te
wys. Apologie as ek jou ingesluit het in my opinie.

>> So wat laat jou dink die een wat hulle nou aanbid is die
>> oorspronklike?
>
> Die Bybel en my geloof daarin.
>

Wat ek hier probeer bevraagteken is nie soseer dat die God waarin ons glo
verkeerd is nie, maar ek bevraagteken tog wel tot hoe verre ons ons
voorgangers kan vertrou. Daar was 'n redelike klompie faksies van die
Christelike kerk in die eerste eeu. Die ortodokse Rooms Katolieke kerk het
op die ou end oorgeneem. Hulle het bepaal watter Boeke opgeneem sou word in
die Bybel en basiese geloof kwesies ens.
Hulle het ook erg polities geword deur die jare, so wat sou hulle keer om
nie dinge aan te vul en te verander om hulle te pas nie? Sekerlik die bybel
was deur 'n Goddelike inspirasie geskryf, maar vertaal? Hulle was tog op
die ou end maar net mense en sondaars daarby.

>
> Dat "Baie van die Christen geloof het ook basiese afstamminge van die
> Egiptenare geloof...." [sic].
>

Dit kon ook 'n natuurlik proses gewees het, as jy neem dat die Jode 'n hele
paar jaar in Egipte deurgebring het. Daar was eintlik voor en in die tyd
van Jesus 'n redelike klompie gelowe met gode wat gesterf en weer opgestaan
het. Osiris, Dionys etc.

>>
>> En dit beteken dat die Christelike geloof die enigste en regte is?
>
> CS Lewis het dit geglo.
>
> Ek ook, maar nie op dieselfde gronde nie.
>

Ek sal nie so "arrogant" kan wees om te sê my geloof is die enige ware, al
glo ek sterk in God en ook dat ek deur sy Seun gered is.
(Ek noem jou nie hier arrogant nie, so moet dit asb. nie so op neem nie)

> Ek wonder ook. Want die stellig "'n mens se geloof is sekerlik privaat"
> is voorskriftelik.
>

Ek het dit nie voorskriftelik bedoel nie. Volgens my is jou geloof 'n
private ding tussen jou en God. Nie iets wat jy by ander kan afdwing nie,
maar slegs met dade kan oorbring

>>> Ek dink dat elke Christen sal erken dat die kerk _nie_ is soos God
> dit
>>> wil hê nie. Dit is juis deel van sy geloofsbeleidenis dat hy, en al
> sy
>>> pogings, sondig is.
>>
>> Nou hoekom is die kerk dan nog soos wat dit is?
>
> Lees weer my stelling. Die antwoord is daarin vervat.
>

Ek verstaan jou stelling, en ek stem daarmee saam. Die mens is nie perfek
nie. As ons was, sou ons nie Jesus nodig gehad het om vir ons sondes te
sterf nie. Wat ek nie kan insien nie, is jy sê dat dit deel is van ons
geloofsbelydenis (wat eerstens nie deur Jesus gegee is nie, maar los dit
maar daar) is. Ons weet dat ons sondig is. Maar is dit nie juis die idee
om te probeer geestelik te groei en te verander nie? Nou lees my vraag weer
dan kan jy miskien die konteks verstaan wat ek bedoel.

>> Wat vir my snaaks is, dat jy sê meeste Christene dit erken, maar kom
> jy met
>> nuwe insigte, bevindinge en sekere kontroversiele vrae word jy as
> heiden
>> beskou en weggestoot.
>
> Dis jammer, maar dis 'n algemene ervaring.
>

Presies, Geestelike groei en verandering vind in so 'n situasie glad nie
plaas nie. Dis vir God om te oordeel nie ons nie.

>> Wat ek wel van jou pos kan aflei is dat jy bietjie angs het om jou
> oop te
>> maak vir ander se gedagtes en menings... Dis net 'n afleiding, jy
> mag maar
>> op my vloek en skel as ek verkeerd is - of dit net sê.
>
> Dis verkeerd.
>

Ek is verheug dat ek tog verkeerd is. Want deur ander se gedagtes en
menings voel ek kan ek regtig groei in my geloof. Ervaar jy dieselfde?

>
> Ek dink nie daar is fout mee nie. Daar is nie eens fout mee as jy jou
> afleidings op my van toepassing maak nie. Daar is wel fout mee as jy my
> die reg ontsê om beswaar te maak teen jou toepassing van jou afleidings
> op my.
>

Nee ek sal nie jou reg ontneem om beswaar te maak op wat ek sê nie, jy het
ook 'n reg op jou menings. My menings is ook nie die volle enige waarheid
nie... ek is mens en maak foute, ek aanvaar dit, en juis daarom probeer ek
dit verander deur te groei...

>> Doen jouself 'n guns en lees 'n bietjie van die boeke wat nie in die
> Bybel
>> opgeneem is nie. bv. Gospel of Thomas, Gospel of Phillip, the (First)
>> Apocalypse of James, the (Second) Apocalypse of James ens ens. Van
> hulle
>> staan ook bekend as die Gnostic Gospels en eksemplare daarvan is in
> Egipte
>> gevind rond die 1940 igs. Hulle noem dit die Nag Hammadi tekste...
>
> Daar is tonne boeke wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Die Egiptiese
> Boek van die Dooies is een, en so ook die Odissee. Satanic Verses is
> nog een - en Faust en Lady Chatterly's Lover ens.
>

Ja, hierdie boeke is inderdaad nie opgeneem nie! Maar hulle was ook nie
deur apostels geskryf nie. Waar die boeke wat ek noem wel deur hulle
geskryf is. James = Johannis ens.

Hierdie boeke was afgekeur deur 'n komissie van Rooms Katolieke Christene
laat in die eerste of tweede eeu toe hulle die Bybel saamgestel het. (Plek
en presiese datum het ek nie nou in my hoof nie, sal wel gaan opsoek as jy
wil) Gospel of Thomas bestaan bv. basies uit 'n hele klomp gesegdes wat
Jesus gese het. Hoekom was dit uitgelaat? Weet nie, maar soos ek voorheen
gesê het was daar 'n hele paar Christelike faksies in die eerste eeu na
Jesus se dood. Kon dit miskien idees weergegee het wat hulle voel die
"uninitiated" (hiermee bedoel ek die menigte) nie kon verstaan nie? Of was
dit maar net 'n gewone "power struggle"... Vandag kan ons (ek) maar net
daaroor gis, die waarheid is verlore in die tyd.
Re: God IS goed! [boodskap #25561 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Pijotter wrote:

> Wel ons is nie perfek nie, is ons?
>
> Ons haat, ons is jaloers, ons beny ander hulle geluk, ons dink net aan
> onsself, ons maak dood, ons steel, ons pleeg egbreuk, ons maak ander seer...
>
> . Geen mens is perfek nie - elkeen het sy ou foutjies. Dis
> juis om daai foutjies raak te sien, en van binne te probeer reg maak,
> waaroor geloof vir my gaan.

Wanneer Christene van die "erfsonde" en van "die Val" praat, dink ek nie datdit
noodwendig gaan oor die enumerasie van individuele "verkeerde" dade nie.
Dit gaan oor die uitgeskop word uit die Paradys, en dit wat daartoe gelei het.
Dis hierdie proses wat die Boedhiste tot in die kleinste detail bepeins.

Gloudina

>
Re: God IS goed! [boodskap #25563 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
>
> Wanneer Christene van die "erfsonde" en van "die Val" praat, dink ek nie datdit
> noodwendig gaan oor die enumerasie van individuele "verkeerde" dade nie.
> Dit gaan oor die uitgeskop word uit die Paradys, en dit wat daartoe gelei het.
> Dis hierdie proses wat die Boedhiste tot in die kleinste detail bepeins.
>
> Gloudina
>

Volgens die Skrif - en gevolglik volgens die dogma van al die ortodokse
(kleinletter) kerke, gaan die erfsonde _wel_ oor individuele sondigheid
en verdorwenheid (elkeen in sonde ontvang en gebore....dra dus by
geboorte reeds die smet van die erfsonde en die verdoemenis wat daarmee
saamgaan)

Dis een rede waarom die Kerk van Rome kinders so gou as moontlik na
geboorte (individueel) doop, veral as hulle sieklik is.

Die soendood van Christus, so verloop die redenasie, het slegs sin in
die lig van hierdie universele verdorwenheid van elke individuele mens
enersyds, en Sy eie sondeloosheid andersinds.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25564 is 'n antwoord op boodskap #25536] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wel ons is nie perfek nie, is ons?

Ons haat, ons is jaloers, ons beny ander hulle geluk, ons dink net aan
onsself, ons maak dood, ons steel, ons pleeg egbreuk, ons maak ander seer...

Met ons bedoel ek nie elkeen doen al hierdie dinge nie, maar dis 'n
veralgemening. Geen mens is perfek nie - elkeen het sy ou foutjies. Dis
juis om daai foutjies raak te sien, en van binne te probeer reg maak,
waaroor geloof vir my gaan.

Wat is perfek dan gaan jy sekerlik volgende vra... ek weet nie, net dat dit
nie is wat die mens op die oomblik bereik het nie.
Hilda en Gervaas wrote in message ...
> . >Ons weet dat ons sondig is.
>
> Kan jy dit vir my verduidelik ? Hoe weet ons dat ons sondig is ?
> Dalk moet iemand ook vir my sê : wat is 'n sonde ?
>
> Hilda.
>
>
> Pijotter schreef in berichtnieuws
> 935589526.228606@ns0.klm.nl...
>>>
>>> Goed. 'n Afrikaans impliseer jy dat jou stelling universeel toepaslik
>>> is. Dus ook op my. Ek maak beswaar daarteen.
>>>
>>
>>
>> Sorry Leendert ek moes gesê het volgens my opinie is dit verkeerd om my
> God,
>> of geloof in my God, as die enige waarheid te bestempel en dan soseer af
> te
>> dwing op ander. Al wat ek kan doen is om deur my dade ander te trek en te
>> wys. Apologie as ek jou ingesluit het in my opinie.
>>
>>
>>>> So wat laat jou dink die een wat hulle nou aanbid is die
>>>> oorspronklike?
>>>
>>> Die Bybel en my geloof daarin.
>>>
>>
>>
>> Wat ek hier probeer bevraagteken is nie soseer dat die God waarin ons glo
>> verkeerd is nie, maar ek bevraagteken tog wel tot hoe verre ons ons
>> voorgangers kan vertrou. Daar was 'n redelike klompie faksies van die
>> Christelike kerk in die eerste eeu. Die ortodokse Rooms Katolieke kerk
> het
>> op die ou end oorgeneem. Hulle het bepaal watter Boeke opgeneem sou word
> in
>> die Bybel en basiese geloof kwesies ens.
>> Hulle het ook erg polities geword deur die jare, so wat sou hulle keer om
>> nie dinge aan te vul en te verander om hulle te pas nie? Sekerlik die
> bybel
>> was deur 'n Goddelike inspirasie geskryf, maar vertaal? Hulle was tog op
>> die ou end maar net mense en sondaars daarby.
>>
>>>
>>> Dat "Baie van die Christen geloof het ook basiese afstamminge van die
>>> Egiptenare geloof...." [sic].
>>>
>>
>> Dit kon ook 'n natuurlik proses gewees het, as jy neem dat die Jode 'n
> hele
>> paar jaar in Egipte deurgebring het. Daar was eintlik voor en in die tyd
>> van Jesus 'n redelike klompie gelowe met gode wat gesterf en weer
> opgestaan
>> het. Osiris, Dionys etc.
>>
>>>>
>>>> En dit beteken dat die Christelike geloof die enigste en regte is?
>>>
>>> CS Lewis het dit geglo.
>>>
>>> Ek ook, maar nie op dieselfde gronde nie.
>>>
>>
>>
>> Ek sal nie so "arrogant" kan wees om te sê my geloof is die enige ware, al
>> glo ek sterk in God en ook dat ek deur sy Seun gered is.
>> (Ek noem jou nie hier arrogant nie, so moet dit asb. nie so op neem nie)
>>
>>> Ek wonder ook. Want die stellig "'n mens se geloof is sekerlik privaat"
>>> is voorskriftelik.
>>>
>>
>>
>> Ek het dit nie voorskriftelik bedoel nie. Volgens my is jou geloof 'n
>> private ding tussen jou en God. Nie iets wat jy by ander kan afdwing nie,
>> maar slegs met dade kan oorbring
>>
>>>> >Ek dink dat elke Christen sal erken dat die kerk _nie_ is soos God
>>> dit
>>>> >wil hê nie. Dit is juis deel van sy geloofsbeleidenis dat hy, en al
>>> sy
>>>> >pogings, sondig is.
>>>>
>>>> Nou hoekom is die kerk dan nog soos wat dit is?
>>>
>>> Lees weer my stelling. Die antwoord is daarin vervat.
>>>
>>
>>
>> Ek verstaan jou stelling, en ek stem daarmee saam. Die mens is nie perfek
>> nie. As ons was, sou ons nie Jesus nodig gehad het om vir ons sondes te
>> sterf nie. Wat ek nie kan insien nie, is jy sê dat dit deel is van ons
>> geloofsbelydenis (wat eerstens nie deur Jesus gegee is nie, maar los dit
>> maar daar) is. Ons weet dat ons sondig is. Maar is dit nie juis die idee
>> om te probeer geestelik te groei en te verander nie? Nou lees my vraag
> weer
>> dan kan jy miskien die konteks verstaan wat ek bedoel.
>>
>>
>>>> Wat vir my snaaks is, dat jy sê meeste Christene dit erken, maar kom
>>> jy met
>>>> nuwe insigte, bevindinge en sekere kontroversiele vrae word jy as
>>> heiden
>>>> beskou en weggestoot.
>>>
>>> Dis jammer, maar dis 'n algemene ervaring.
>>>
>>
>> Presies, Geestelike groei en verandering vind in so 'n situasie glad nie
>> plaas nie. Dis vir God om te oordeel nie ons nie.
>>
>>>> Wat ek wel van jou pos kan aflei is dat jy bietjie angs het om jou
>>> oop te
>>>> maak vir ander se gedagtes en menings... Dis net 'n afleiding, jy
>>> mag maar
>>>> op my vloek en skel as ek verkeerd is - of dit net sê.
>>>
>>> Dis verkeerd.
>>>
>>
>>
>> Ek is verheug dat ek tog verkeerd is. Want deur ander se gedagtes en
>> menings voel ek kan ek regtig groei in my geloof. Ervaar jy dieselfde?
>>
>>>
>>> Ek dink nie daar is fout mee nie. Daar is nie eens fout mee as jy jou
>>> afleidings op my van toepassing maak nie. Daar is wel fout mee as jy my
>>> die reg ontsê om beswaar te maak teen jou toepassing van jou afleidings
>>> op my.
>>>
>>
>>
>> Nee ek sal nie jou reg ontneem om beswaar te maak op wat ek sê nie, jy het
>> ook 'n reg op jou menings. My menings is ook nie die volle enige waarheid
>> nie... ek is mens en maak foute, ek aanvaar dit, en juis daarom probeer
> ek
>> dit verander deur te groei...
>>
>>>> Doen jouself 'n guns en lees 'n bietjie van die boeke wat nie in die
>>> Bybel
>>>> opgeneem is nie. bv. Gospel of Thomas, Gospel of Phillip, the (First)
>>>> Apocalypse of James, the (Second) Apocalypse of James ens ens. Van
>>> hulle
>>>> staan ook bekend as die Gnostic Gospels en eksemplare daarvan is in
>>> Egipte
>>>> gevind rond die 1940 igs. Hulle noem dit die Nag Hammadi tekste...
>>>
>>> Daar is tonne boeke wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Die Egiptiese
>>> Boek van die Dooies is een, en so ook die Odissee. Satanic Verses is
>>> nog een - en Faust en Lady Chatterly's Lover ens.
>>>
>>
>> Ja, hierdie boeke is inderdaad nie opgeneem nie! Maar hulle was ook nie
>> deur apostels geskryf nie. Waar die boeke wat ek noem wel deur hulle
>> geskryf is. James = Johannis ens.
>>
>> Hierdie boeke was afgekeur deur 'n komissie van Rooms Katolieke Christene
>> laat in die eerste of tweede eeu toe hulle die Bybel saamgestel het. (Plek
>> en presiese datum het ek nie nou in my hoof nie, sal wel gaan opsoek as jy
>> wil) Gospel of Thomas bestaan bv. basies uit 'n hele klomp gesegdes wat
>> Jesus gese het. Hoekom was dit uitgelaat? Weet nie, maar soos ek
> voorheen
>> gesê het was daar 'n hele paar Christelike faksies in die eerste eeu na
>> Jesus se dood. Kon dit miskien idees weergegee het wat hulle voel die
>> "uninitiated" (hiermee bedoel ek die menigte) nie kon verstaan nie? Of
> was
>> dit maar net 'n gewone "power struggle"... Vandag kan ons (ek) maar net
>> daaroor gis, die waarheid is verlore in die tyd.
>>
>
Re: God IS goed! [boodskap #25565 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Leendert:

(De Chardin het ook baie ander erg wetenswaardige dinge oor
menslike evolusie te sê gehad, wat met die koms van die
internet veral nogal veel betekenis kry. Ek dink egter dat
sy idee van die omegapunt - die mens ontwikkel tot
goddelike perfeksie - ver weg van die moontlike is.)

Gloudina:

Ek dink jou interpretasie van Teilhard se "omegapunt" as
dat diemens dan = sou
ontwikkel tot "goddelike perfeksie" is effens verwyderd van
wat de Chardin regtig bedoel het. Ek sal later teruggaan en
bietjie aanhaal wat hy werklik verklaar het.

Leendert:

Jy is moontlik reg - ek het baie vinnig geskryf. Sy
"omegapunt" is eintlik nog meer misties as dit - 'n
vereniging met Christus, soos ek onthou.

Maar my belangstelling in sy idees gaan meer oor die konsep
van die "noosfeer", die "kefalisering" van die menslike ras
wat hy sien as iets wat ontwikkel in die rigting van 'n
enkele organisme met 'n gemeenskaplike "brein", ens.

Heel grillerig, as mens nou kyk na die internet en so.

Re: God IS goed! [boodskap #25566 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hilda en Gervaas wrote:
>
>> Daar kan du sslegs een Godsdiens
>> wees
>
> Wat van meer as een miljard mense wat in China gebore is ? Was hulle bloot
> so onfortuinlik om daar gebore te word en nie die "enige regte godsdiens" te
> ken nie ??

Interesante punt - maar die Bybel stel dit duidelik dat daar slegs een
God is - ek skryf nie voor aan die Boedis, Hindu of Moslem wie om te
sien as sy spesifieke 'god' nie. Ek kan wel bid vir hulle, en heel
moontlik sending werk doen (maar Gloudina hou nie daarvan nie), maar die
wee van God is vir my as mens ondeurgrondelik. Let ook asb. op dat ek
die Godsdiens me 'n hoofletter spel. Daar kan wel ander godsdienste wees
maar in terme van my geloof is hulle dus verkeerd want hulle dien nie
die ware God nie.

> En wie is die gelukkiges wat die ene godsdiens wel ken ? Is die katolieke
> daarby ? Die anglikane ? Die boediste ? ens, ens. Of is al daardie mense
> gedoem om in die hel te brand ... as die hel bestaan, natuurlik.
> Ek wonder of iemand 'n sinnige antwoord op hierdie vrae kan gee.
> Hilda.

Ek het ook al daaroor gedink - die geloof wat jy aanhang is meestal die
waarin jy groot geword het. Dit is waar die 'Uitverkiesings Leer' so 'n
duistere veld is - ek glo dat my godsdiens die regte is, as ek twyfel,
dan het ek duidelik probleme in my geloof (en heel menslik gebeur dit
van tyd tot tyd). Ken jy die vers wat (ek parafraseer) dat die wee van
God soos 'n raaisel in 'n spieel is, dat ons huidiglik slegs Sy wee
gedeeltelik kan verstaan? Hoekom is een mens verkies terwyl 'n ander 'n
agnostikus/Boedis/Hindu is? Geen mens kan jou daardie antwoord gee nie.

Net so terloops - die hel wat brand is 'n menslike 'uitvinding'.
Re: God IS goed! [boodskap #25567 is 'n antwoord op boodskap #25538] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Pijotter" wrote:
>>
>> Goed. 'n Afrikaans impliseer jy dat jou stelling universeel toepaslik
>> is. Dus ook op my. Ek maak beswaar daarteen.
>>
>
> Sorry Leendert ek moes gesê het volgens my opinie is dit verkeerd om my God,
> of geloof in my God, as die enige waarheid te bestempel en dan soseer af te
> dwing op ander.

Hoe dwing 'n mens geloof af op ander - selfs as jy hom vasbind terwyl
jy met hom praat - of selfs al beboet jy hom as hy op Sondag visvang?
(Nie dat ek enige van die twee praktyke goedpraat nie.)

> Al wat ek kan doen is om deur my dade ander te trek en te
> wys. Apologie as ek jou ingesluit het in my opinie.

Dis OK. Ek neem dit nie persoonlik op nie - wou maar net jou aandag
daarop vestig dat jou politieke korrektheid nie op peil is nie :-)

>
>>> So wat laat jou dink die een wat hulle nou aanbid is die
>>> oorspronklike?
>>
>> Die Bybel en my geloof daarin.
>>
>
> Wat ek hier probeer bevraagteken is nie soseer dat die God waarin ons glo
> verkeerd is nie, maar ek bevraagteken tog wel tot hoe verre ons ons
> voorgangers kan vertrou.

Mens kan so 'n stelling as realisties beskou, maar dit kan ook arrogant
wees - asof ons onsself kan vertrou, maar nie ons voorsate nie!

> Daar was 'n redelike klompie faksies van die
> Christelike kerk in die eerste eeu. Die ortodokse Rooms Katolieke kerk het
> op die ou end oorgeneem. Hulle het bepaal watter Boeke opgeneem sou word in
> die Bybel en basiese geloof kwesies ens.
> Hulle het ook erg polities geword deur die jare, so wat sou hulle keer om
> nie dinge aan te vul en te verander om hulle te pas nie? Sekerlik die bybel
> was deur 'n Goddelike inspirasie geskryf, maar vertaal? Hulle was tog op
> die ou end maar net mense en sondaars daarby.

Inderdaad. So lank ons nie dink dat ons voorsate dommer was as ons, of
meer sondig, of meer onder die invloed van die politieke korrektheid
van hul tyd nie. Ek ken geen getuienis wat sulke standpunte kan
ondersteun nie.

Persoonlik het ek al te veel ervaar hoe (soos ek dit sien) God se wil
geskied ten spyte van al ons en ander se pogings om Hom te dwarsboom.

Ek glo dus dat God ook Sy wil laat geskied het met die samestelling van
die Bybel, en die besluite oor watter boeke as kanoniek beskou sal
word, en watter boeke as apokrief.

Dieselfde geld vir die akkuraatheid van vertalings.

>
> Ek sal nie so "arrogant" kan wees om te sê my geloof is die enige ware, al
> glo ek sterk in God en ook dat ek deur sy Seun gered is.
> (Ek noem jou nie hier arrogant nie, so moet dit asb. nie so op neem
nie)

Of so iets "arrogant" is, hang eintlik af van wat ek glo - of ek glo
dat God die mens geskape het, of dat die mens god geskape het. As ek
laasgenoemde glo, dan sou ek saamstem dat dit erg arrogant is, sonder
aanhalingstekens, om te beweer dat die god wat ek geskape het, die
enigste ware god is.

As ek egter glo dat God die mens geskape het, en dat Hy self teenoor
die mens verklaar dat Hy die enigste ware God is, dink ek nie dat
"arrogansie" enigsins ter sprake kan wees by die wat Hom glo nie.

Want as ek glo dat Hy die mens geskep het, en Hy verklaar - in die
selfde bron van openbaring - dat Hy die enigste ware God is, skep dit
vir my 'n groot probleem om om te draai en te verklaar - nee, maar daar
is ook ander ware gode. Op water gronde sal ek Hom op die een punt glo
(dat hy my geskape het) en op die ander punt tot leuenaar maak (dat Hy
die enigste ware God is)? Sodra ek die een glo en die ander verwerp,
het ek 'n god in my eie beeld geskep, en daarmee die fondament van my
geloof oorboord gegooi.

Oor jou geloof moet jy self verantwoording doen.

Waar dit my aangaan, glo ek dat die God wat ek aanbid die enigste ware
God is. Ek glo so omdat Hy self daardie aanspraak maak in dit wat ek
glo Sy Woord is.

Jy hoef nie so te glo nie (tensy jy aan 'n kerk behoort wat van jou
vereis om so 'n geloof te bely).

My "geloof" al dan nie is eintlik nie ter sprake nie. Veral aangesien
my geloof self 'n gawe van God is, en niks vir my is om op te roem nie.
Dit is onverdiende Genade, en arrogansie sou in so 'n konteks inderdaad
sondig wees.

>
>> Ek wonder ook. Want die stellig "'n mens se geloof is sekerlik privaat"
>> is voorskriftelik.
>>
>
> Ek het dit nie voorskriftelik bedoel nie. Volgens my is jou geloof 'n
> private ding tussen jou en God. Nie iets wat jy by ander kan afdwing nie,
> maar slegs met dade kan oorbring

Ek het 'n probleem as mense geloof terugdwing in die private sfeer, en
dit uitweer uit die openbare diskoers. Die idee dat mens nie in die
openbaar oor jou geloof mag praat, of jou keuses op grond van geloof
verantwoord of motiveer nie.

> Ek verstaan jou stelling, en ek stem daarmee saam. Die mens is nie perfek
> nie. As ons was, sou ons nie Jesus nodig gehad het om vir ons sondes te
> sterf nie. Wat ek nie kan insien nie, is jy sê dat dit deel is van ons
> geloofsbelydenis (wat eerstens nie deur Jesus gegee is nie, maar los dit
> maar daar)

Dit is wel. Die aanvaarde geloofsbelydenisse is juis dit waaroor kerke
saamstem dat dit wergee wat Christus gesê het.

> is. Ons weet dat ons sondig is. Maar is dit nie juis die idee
> om te probeer geestelik te groei en te verander nie? Nou lees my vraag weer
> dan kan jy miskien die konteks verstaan wat ek bedoel.

Dit is waar. Ons probeer om geestelik te groei, uit dankbaarheid. Maar
in Bybelse perspektief is ons hoogste staat van perfeksie (in die
individuele lewe) steeds 'n staat van algehele gebrokenheid voor God.

In die kollektief (soos in 'n kerk, wat hier ter sprake is) is die
situasie so dat elke geslag hom van voor af moet bekeer (God het, per
slot van rekening, nie "kleinkinders" nie!) en van voor af moet stry
teen die sonde.

Uit 'n Westers-modernistiese perspektief het ons die idee van die
geskiedenis as 'n progressie - dinge wat later in tyd kom, is "beter"
of "meer gevorderd" as dinge wat vroeër in tyd kom, neem ons aan. Die
ontwikkeling van die wetenskap, die tegnologie, en die verandering in
ons fisiese sigbare omgewing versterk hierdie idee. Maar ons het geen
rede om te glo dat dit ook die geval is met ons menslike staat nie.

Daar is wel mense soos die paleo-antropoloog Theillard de Chardin ('n
Roomse priester - wat self verklaar het dat hy geen teoloog is nie -
wie se werk deur 'n verbod van die Vatikaan nie tydens sy leeftyd
gepubliseer kon word nie) wat die idee gehad het van 'n kollektiewe
menslike morele evolusie tot op die punt waar die mens aan Christus
gelyk is. Ek reken egter dat dit bloot dit is - 'n idee wat nie uit die
Skrif of uit die werklikheid verantwoord kan word nie. (De Chardin het
ook baie ander erg wetenswaardige dinge oor menslike evolusie te sê
gehad, wat met die koms van die internet veral nogal veel betekenis
kry. Ek dink egter dat sy idee van die omegapunt - die mens ontwikkel
tot goddelike perfeksie - ver weg van die moontlike is.)

[...]

>
> Ja, hierdie boeke is inderdaad nie opgeneem nie! Maar hulle was ook nie
> deur apostels geskryf nie. Waar die boeke wat ek noem wel deur hulle
> geskryf is. James = Johannis ens.
>
> Hierdie boeke was afgekeur deur 'n komissie van Rooms Katolieke Christene
> laat in die eerste of tweede eeu toe hulle die Bybel saamgestel het. (Plek
> en presiese datum het ek nie nou in my hoof nie, sal wel gaan opsoek as jy
> wil) Gospel of Thomas bestaan bv. basies uit 'n hele klomp gesegdes wat
> Jesus gese het. Hoekom was dit uitgelaat? Weet nie, maar soos ek voorheen
> gesê het was daar 'n hele paar Christelike faksies in die eerste eeu na
> Jesus se dood. Kon dit miskien idees weergegee het wat hulle voel die
> "uninitiated" (hiermee bedoel ek die menigte) nie kon verstaan nie? Of was
> dit maar net 'n gewone "power struggle"... Vandag kan ons (ek) maar net
> daaroor gis, die waarheid is verlore in die tyd.

Die Katolieke kerk, soos ons dit vandag ken, het nie in die tweede eeu
bestaan nie. Daar was, as ek reg onthou, vyf bisdomme van dieselfde
kerk - die bisdomme van Rome, Alexandri�, ens. (Een van die ander het
later die bisdom van Constantinopel geword.) Ek onthou die bg drie,
want hulle het onderskeidelik ontwikkel (in die later eeue) tot die
Katolieke, Koptiese, en Ortodokse kerke. ("Katoliek" beteken bloot
"algemeen" vandaar dat die frase "Heilige Algemene Kerk" uit die
Apostoliese geloofsbelydenis op Engels lui: "Holy Catholic Church" -
ook in Engelse gemeentes van die NG Kerk.) Om die waarheid te sê, een
van die titels van die Pous is steeds die titel "Biskop van Rome". Die
Ortodokse kerk beskou die pous ook steeds as 'n Ortodokse biskop wat
bietjie sy eie kop volg :-)

In elk geval: die invoeging en uitlating van onderskeidelik die
kanonieke en apokriewe boeke is deur verskeie konsillies gedoen -
waarby al vyf die bisdomme betrokke was. Die konsillie van Nicea was
die eerste grote, en daar is die belydenis van Nicea ook aanvaar, waar
gelowiges probeer uiteensit presies wat dit is wat hulle glo. Dieselfde
belydenis word steeds deur kerke soos die Afrikaanse susterkerke
aanvaar en in kategese en eredienste gebruik.

En ja, dit is moontlik dat Jakobus (James = Jakobus; nie Johannes nie.
Johannes = John op Engels) ook 'n evangelie geskryf het. Ek is nie
bekend met die redes waarom sulke boeke nie as kanoniek beskou word
nie. Dit is, byvoorbeeld, moontlik dat die kerkvaders van oordeel was
dat daar onvoldoende getuienis is dat die beskikbare afskrifte
outentiek en onveranderd was.

En nee. Die apokriewe boeke is nie uit die bose nie, en word nie (in
elk geval deur die Afrikaanse susterkerke) verwerp nie. Om die waarheid
te sê, die apokriewe boeke het vroeër vanjaar in Afrikaanse vertaling
verskyn - daar bestaan nogal heelwat uit die Ou en die Nuwe Testament.
Uit die Ou Testament is daar byvoorbeeld die boek Judith. Daar is ook,
so ver ek weet, nie wesenlike teenstrydighede tussen die apokriewe
boeke en die kanonieke boeke nie. Wat wel waar is, is dat die kerke
aanvaar dat daar onvoldoende getuienis is dat die betrokke boeke wel
die Woord van God is. (Daar is, verneem ek, wel sommige apokriewe boeke
wat deur Rome as kanoniek aanvaar word, maar ek is nie seker daarvan
nie.)

In elk geval, my geloof is dat die hand van God ook die samestelling
van die Bybel soos hy nou is bepaal het.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25568 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Of is al daardie mense
>> gedoem om in die hel te brand ... as die hel bestaan, natuurlik.
>> Ek wonder of iemand 'n sinnige antwoord op hierdie vrae kan gee.
>> Hilda.
>
> Ek het ook al daaroor gedink - die geloof wat jy aanhang is meestal die
> waarin jy groot geword het. Dit is waar die 'Uitverkiesings Leer' so 'n
> duistere veld is - ek glo dat my godsdiens die regte is, as ek twyfel,
> dan het ek duidelik probleme in my geloof (en heel menslik gebeur dit
> van tyd tot tyd). Ken jy die vers wat (ek parafraseer) dat die wee van
> God soos 'n raaisel in 'n spieel is, dat ons huidiglik slegs Sy wee
> gedeeltelik kan verstaan? Hoekom is een mens verkies terwyl 'n ander 'n
> agnostikus/Boedis/Hindu is? Geen mens kan jou daardie antwoord gee nie.

Miskien moet mens die saak van die ander kant af bekyk. Swedenborgglo dat die hel
en die hemel bestaan en jy bevind jou, deur jou eie keuse
en dade, of in die een of die ander. Ek glo ook dat dit dit is wat die
Boedhiste probeer aandui. Jy is dan alleen verantwoordelik vir die staat
waarin jy is. Volgens die Boedhiste is daar metodes en strategiee om
aan die helle te ontsnap. So dit maak nie saak of jy "Christen" of iets
anders is nie - jy soek of die hemel, of anders bevind jy jou in die hel.

Gloudina

>
>
> Net so terloops - die hel wat brand is 'n menslike 'uitvinding'.
Re: God IS goed! [boodskap #25569 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vroeer 'n groot fout begaan. Die Kruisiging en
die Sonde Vergifnis beginsels is nie verdraaisels nie. Dit
is nodig. 'n Mens kan jou self ontwikkel tot op 'n punt,
maar het altyd sonde vergifnis nodig om tot by perfeksie
uit te kom. Geloof sonder dade is 'n dooie geloof. Die klem
van 'n mens se lewe moet op self ontwikkeling wees, en nie
alles aan vergifnis van sonde oorlaat nie, en geestelik
stagneer nie.

Iemand het vroeer die Dalai Lama aangehaal, wat sê 'n mens
moet in jou geloof bly. Dit is reg. Indien 'n mens na ander
gelowe of New Age gaan rondkrap, moet jy daardie inligting
terug bring na jou oorspronklike godsdiens toe, en dit op
'n hoger vlak interpreteer. Die Bybel kan glo op +- 77
verskillende vlakke interpreteer word. Vir party is dit nie
nodig om in andere godsdienste rond te krap nie, maar vir
ander is dit.

Alle godsdienste lei na dieselfde punt toe. Ekstern
(eksotories) is hulle verskillend, bid hulle verkskillend,
ens. Maar intern (esotories) is hulle min of meer
dieselfde. Alle paaie lei na Rome.

Re: God IS goed! [boodskap #25570 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Daar is wel mense soos die paleo-antropoloog Theillard de Chardin ('n
> Roomse priester - wat self verklaar het dat hy geen teoloog is nie -
> wie se werk deur 'n verbod van die Vatikaan nie tydens sy leeftyd
> gepubliseer kon word nie) wat die idee gehad het van 'n kollektiewe
> menslike morele evolusie tot op die punt waar die mens aan Christus
> gelyk is. Ek reken egter dat dit bloot dit is - 'n idee wat nie uit die
> Skrif of uit die werklikheid verantwoord kan word nie. (De Chardin het
> ook baie ander erg wetenswaardige dinge oor menslike evolusie te sê
> gehad, wat met die koms van die internet veral nogal veel betekenis
> kry. Ek dink egter dat sy idee van die omegapunt - die mens ontwikkel
> tot goddelike perfeksie - ver weg van die moontlike is.)

Ek dink jou interpretasie van Teilhard se "omegapunt" as dat diemens dan sou
ontwikkel tot "goddelike perfeksie" is effens
verwyderd van wat de Chardin regtig bedoel het. Ek sal later
teruggaan en bietjie aanhaal wat hy werklik verklaar het.
Interessant om te weet dat Teilhard Suid-Afrika tweekeer in
die vyftigerjare besoek het om na paleontologiese vondse te
kyk. Hy net ook met Professor Matie Taljaard van Stellenbosch
geskerts dat hulle name dieselfde oorsprong het.

Gloudina

>
Re: God IS goed! [boodskap #25595 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 27 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Of is al daardie mense
>>> gedoem om in die hel te brand ... as die hel bestaan, natuurlik.
>>> Ek wonder of iemand 'n sinnige antwoord op hierdie vrae kan gee.
>>> Hilda.
>>
>> Ek het ook al daaroor gedink - die geloof wat jy aanhang is meestal die
>> waarin jy groot geword het. Dit is waar die 'Uitverkiesings Leer' so 'n
>> duistere veld is - ek glo dat my godsdiens die regte is, as ek twyfel,
>> dan het ek duidelik probleme in my geloof (en heel menslik gebeur dit
>> van tyd tot tyd). Ken jy die vers wat (ek parafraseer) dat die wee van
>> God soos 'n raaisel in 'n spieel is, dat ons huidiglik slegs Sy wee
>> gedeeltelik kan verstaan? Hoekom is een mens verkies terwyl 'n ander 'n
>> agnostikus/Boedis/Hindu is? Geen mens kan jou daardie antwoord gee nie.
>
> Miskien moet mens die saak van die ander kant af bekyk. Swedenborgglo dat die hel
> en die hemel bestaan en jy bevind jou, deur jou eie keuse
> en dade, of in die een of die ander. Ek glo ook dat dit dit is wat die
> Boedhiste probeer aandui. Jy is dan alleen verantwoordelik vir die staat
> waarin jy is.

Vir Christene kan jy slegs gered word deur die genade van God. So deur
jou dade op aarde kan jy nie die hemel verdien nie, dit is ook een van
die groot probleme (myns insiens) met die kerke - te veel word geheg aan
uiterlike dade, nagmaal, doop, mass ens. Mense raak later so meegevoer
deur die rituele dat hulle vergeet waaroor dit eintlik gaan.
Re: God IS goed! [boodskap #25596 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 27 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:

> Volgens die Boedhiste is daar metodes en strategiee om
> aan die helle te ontsnap.

Die belangrikste hiervan is, klaarblyklik, om uit Gloudina se pad te
bly :-)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Boeke oor die Bybel (was God IS goed!) [boodskap #25597 is 'n antwoord op boodskap #25567] Vr, 27 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dries - BAIE, BAIE dankie dat jy my oorspronklike boodskap
se titel/onderwerp verander het. Ek het my regtig begin
skaam vir sommige van die boodskappe wat onder daardie
titel verskyn het - veral die kleinlike gekap van sommige
bydraers na mekaar. Hulle weet wie hulle is, en elkeen moet
maar die skoen aantrek soos dit hom pas.

God is goed; dit sien ek elke dag van my lewe raak, maar
die koers wat die bespreking onder daardie titel geloop
het, doen Sy Naam nie juis veel eer aan nie, en dis hoekom
ek my aan die bespreking onttrek het.

Gegroet uit Pennsylvania
Henry

Re: God IS goed! [boodskap #25598 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 27 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Vir Christene kan jy slegs gered word deur die genade van God. So deur
> jou dade op aarde kan jy nie die hemel verdien nie, dit is ook een van
> die groot probleme (myns insiens) met die kerke - te veel word geheg aan
> uiterlike dade, nagmaal, doop, mass ens. Mense raak later so meegevoer
> deur die rituele dat hulle vergeet waaroor dit eintlik gaan.

Maar, Lou, in die "genade van God" is daar die moontlikheid van vrye keuse
tussen hemel en hel. En volgens die Christelike persuasie wat jy volg, is daardie
geseteldheid in hemel of hel uitsluitlik gebaseer op die beoefening van Liefde.
So, deur die "genade van God" word jy, volgens die Christen, gered deur die
aanname dat die beoefening van liefde die reddingsgeheim is. Waaroor gaan
dit anders?

Gloudina
Re: God IS goed! [boodskap #25621 is 'n antwoord op boodskap #25368] Sa, 28 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> lou wrote:
>
>
> Maar, Lou, in die "genade van God" is daar die moontlikheid van vrye keuse
> tussen hemel en hel. En volgens die Christelike persuasie wat jy volg, is daardie
> geseteldheid in hemel of hel uitsluitlik gebaseer op die beoefening van Liefde.
> So, deur die "genade van God" word jy, volgens die Christen, gered deur die
> aanname dat die beoefening van liefde die reddingsgeheim is.

Nee, Gloudina. "Die beoefening van liefde" is nie "die reddingsgeheim"
volgens "die Christen" nie.

> Waaroor gaan
> dit anders?

Gaan lees die Apostoliese geloofsbelydenis - wat jy self moes afgelê
het as jy Sondagskool gegee het.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25622 is 'n antwoord op boodskap #25368] Sa, 28 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Aug 1999 16:21:59 GMT, "PAT" wrote:

|Baptistekerk se dit glad nie, alhoewel die ander kerke (Katoliek
|en Presbeteriaans) dit wel sê. Ek kan
|nie mooi die Baptiste hier in Amerika opsom nie, hulle is so
|verskillend
|van die Baptistekerke in Suid Afrika en elders.
|
|Pat

Pat, ons sê dit ook nie in die United Methodist Church nie...
Wat word dit in Engels genoem?
Re: God IS goed! [boodskap #25623 is 'n antwoord op boodskap #25368] Sa, 28 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in article
> Gaan lees die Apostoliese geloofsbelydenis - wat jy self moes afgelê
> het as jy Sondagskool gegee het.

Snaaks genoeg, die Apostoliese geloofsbelydenis kom nerens
in die Bybel voor nie, en vir daardie rede erken die
Baptistekerk se dit glad nie, alhoewel die ander kerke (Katoliek
en Presbeteriaans) dit wel sê. Ek kan
nie mooi die Baptiste hier in Amerika opsom nie, hulle is so
verskillend
van die Baptistekerke in Suid Afrika en elders.

Pat
Re: God IS goed! [boodskap #25644 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:

> So, deur die "genade van God" word jy, volgens die Christen, gered deur die
> aanname dat die beoefening van liefde die reddingsgeheim is. Waaroor gaan
> dit anders?

Weet jy Gloudina, dit tref my nou: Die wanbegrip wat jy
hier verkondig, is die kern waaroor die reformasie gegaan
het - en die gevolglike kontrareformasie in Rome.

Luther se insig was dit: Anders as wat die kerk in daardie
tyd verkondig het, kon die saligheid nie deur werke
("beoefening van die liefde") verwerf word nie, maar slegs
deur geloof.

Jy sal miskien onthou dat die insig tot hom gekom het
terwyl hy besig was met meervoudige prostrasies en
herhaling van gebede - "goeie werke", dus. Jy kan gerus kyk
na sy 95 stellings vir ander voorbeelde van goeie werke wat
eintlik deur die kerk gebruik is om gelowiges te mislei en
selfs uit te buit - soos die geval met aflaatbriewe.

Die Skriftuurlike waarheid, dat verlossing slegs deur
geloof moontlik is en nie deur werke ("beoefening van die
liefde", soos jy dit stel) nie is met die reformasie
herwin, en het later ook, in die kontrareformasie, weer sy
regmatige plek in die dogma van die Katolieke kerk gekry.

Dus: Jou stelling hierbo is nie verteenwoordigend van
Christelike geloof nie. Dit is 'n dwaalleer wat gelei het
tot een van die grootste revolusies in die geskiedenis van
Europese denke (indien nie die grootste nie), en tot groot
bloedvergieting en smart.

Dit is 'n dwaalleer wat direk daartoe gelei het dat die
Franse Hugenote in Suid-Afrika gevestig het, omdat hulle
dit verwerp het.

Groete, Leendert

Re: God IS goed! [boodskap #25645 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"PAT" wrote:

> Snaaks genoeg, die Apostoliese geloofsbelydenis kom nerens
> in die Bybel voor nie, en vir daardie rede erken die
> Baptistekerk se dit glad nie, alhoewel die ander kerke (Katoliek
> en Presbeteriaans) dit wel sê.

Die Apostoliese (soos die ander bekende) geloofbelydenisse kom nie in
die Bybel voor nie, juis omdat dit 'n opsomming is van die Bybel - of
liewer, van wat Christene glo omtrent die Bybel.

Ek dink jy moet miskien ook weker maak of die Baptiste (watter tak?)
die Apostoliese belydenis verwerp, en of hulle dit bloot nie gebruik in
hul liturgie nie.

> Ek kan
> nie mooi die Baptiste hier in Amerika opsom nie, hulle is so
> verskillend
> van die Baptistekerke in Suid Afrika en elders.

Ek ken nie die Baptiste nie, maar ek het wel al agtergekom dat daar
groot verskille is tussen verskillende kerke wat hulself almal
"Baptiste" noem.

En die Baptistestrominge wat nou uit die VSA kom, lyk asof hulle baie
meer konserwatief is (teologies en andersinds) as meeste van die wat al
lank hier in SA is, en wat partykeer 'n sterk Britse invloed het.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25646 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Net so terloops - die hel wat brand is 'n menslike 'uitvinding'.

My siening oor hel is dat jy heeltemal van God en sy genade afgesny word na
die dood...
Re: God IS goed! [boodskap #25647 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Vir Christene kan jy slegs gered word deur die genade van God. So deur
>> jou dade op aarde kan jy nie die hemel verdien nie, dit is ook een van
>> die groot probleme (myns insiens) met die kerke - te veel word geheg aan
>> uiterlike dade, nagmaal, doop, mass ens. Mense raak later so meegevoer
>> deur die rituele dat hulle vergeet waaroor dit eintlik gaan.
>
> Maar, Lou, in die "genade van God" is daar die moontlikheid van vrye keuse
> tussen hemel en hel. En volgens die Christelike persuasie wat jy volg, is daardie
> geseteldheid in hemel of hel uitsluitlik gebaseer op die beoefening van Liefde.
> So, deur die "genade van God" word jy, volgens die Christen, gered deur die
> aanname dat die beoefening van liefde die reddingsgeheim is. Waaroor gaan
> dit anders?
>

Persuasie ~= oortuiging?

Jy het die keuse Gloudina - as jy nie glo, deur die genade van God, dat
jy gered is deur die liefdes offer van Jesus Christus, dan kies jy die
hel. Maklik ne? Onthou ' ... want so lief het God die wêreld gehad dat
hy sy seun gegee het dat hy kan sterf vir ons sondes ...'.

Jy kies dele uit die Christelike geloof om jou geloof te pas - maar as
jy nie die fundamentele geloof het nie dan kies jy die 'geween en
gekners van tande'. Onthou ook dat deur jou eie dade jy nie in toegang
tot die hemel kan verdien nie.
Re: God IS goed! [boodskap #25800 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> @sympatico.ca wrote:
>>
>> Wanneer Christene van die "erfsonde" en van "die Val" praat, dink ek nie datdit
>> noodwendig gaan oor die enumerasie van individuele "verkeerde" dade nie.
>> Dit gaan oor die uitgeskop word uit die Paradys, en dit wat daartoe gelei het.
>> Dis hierdie proses wat die Boedhiste tot in die kleinste detail bepeins.
>>
>> Gloudina
>
> Die Boediste glo dus dat daar wel 'n Paradys en Sondeval was?

Ja, ek dink dat hulle glo dat die mens normaalweg onkundig is van hoe
mens moet leef om in nirvana te leef. Dus is die "sondeval" moontlik in
hierdie lewe, en die moontlikheid om nirvana te bereik ook in hierdie
lewe (of in die volgende reinkarnasie.) Ek stel veral belang in hulle
psigologiese metodes, en is geen outoriteit oor hulle verskillende soorte
dogma nie.

Gloudina
Re: God IS goed! [boodskap #25801 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Wanneer Christene van die "erfsonde" en van "die Val" praat, dink ek nie datdit
> noodwendig gaan oor die enumerasie van individuele "verkeerde" dade nie.
> Dit gaan oor die uitgeskop word uit die Paradys, en dit wat daartoe gelei het.
> Dis hierdie proses wat die Boedhiste tot in die kleinste detail bepeins.
>
> Gloudina

Die Boediste glo dus dat daar wel 'n Paradys en Sondeval was?
Re: God IS goed! [boodskap #25855 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> lou wrote:
>
>> @sympatico.ca wrote:
>>>
>>> Wanneer Christene van die "erfsonde" en van "die Val" praat, dink ek nie datdit
>>> noodwendig gaan oor die enumerasie van individuele "verkeerde" dade nie.
>>> Dit gaan oor die uitgeskop word uit die Paradys, en dit wat daartoe gelei het.
>>> Dis hierdie proses wat die Boedhiste tot in die kleinste detail bepeins.
>>>
>>> Gloudina
>>
>> Die Boediste glo dus dat daar wel 'n Paradys en Sondeval was?
>
> Ja, ek dink dat hulle glo dat die mens normaalweg onkundig is van hoe
> mens moet leef om in nirvana te leef.

"Van nature geneig tot die sonde", dus.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25937 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 06 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca lieg al weer:
>
> lou wrote:
>
>> @sympatico.ca lieg al weer:
>>>
>>> Dis hierdie proses wat die Boedhiste tot in die kleinste detail bepeins.
>>>
>>> Gloudina
>>
>> Die Boediste glo dus dat daar wel 'n Paradys en Sondeval was?
>
> Ja, ek dink dat hulle glo dat die mens normaalweg onkundig is van hoe
> mens moet leef om in nirvana te leef. Dus is die "sondeval" moontlik in
> hierdie lewe, en die moontlikheid om nirvana te bereik ook in hierdie
> lewe (of in die volgende reinkarnasie.) Ek stel veral belang in hulle
> psigologiese metodes, en is geen outoriteit oor hulle verskillende soorte
> dogma nie.
>
> Gloudina

Jy dink? Is 'geen outoriteit'? So jy is nie 'n Boedisme kenner soos jy
jou al die tyd uitgegee het nie.

Sies man - sit innie hoekie - jy lieg al weer!
Vorige onderwerp: Is geloof alleen genoeg?
Volgende onderwerp: Dankie Katolieke Kerk en Pous Johannes Paulus II
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:19:16 MGT 2024