Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » God IS goed!
God IS goed! [boodskap #25368] Wo, 18 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
flappie  is tans af-lyn  flappie
Boodskappe: 27
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Albertus van Wyk skryf:
Hel, ek weet nie hoekom mense altyd tot op 'n punt met al
die onverklaarbarhede van die lewe worstel en dan skielik
net opgee en berusting vind of dalk uitchicken met so
veralgemening soos "God is goed" nie. Wat op aarde beteken
of verklaar dit?

Vriend Albertus, laat ek heel "up front" verklaar dat ek
Christen is - soos so baie mense toutologies sê: "born
again Christian". En laat ek tweedens verklaar: God IS
goed. Dit is 'n stelling wat 'n mens alleen met volle
oortuiging kan maak nadat jy regtig glo en aanvaar dat God
jou deur die soendood van Christus, en Sy opstanding, gered
het en aan jou die ewige lewe gegee het. Wanneer jy dit glo
en aanvaar, weet jy ook jy is nie meer 'n sondaar nie, jy
is reeds vrygespreek van al jou sondes en oortredings; jy
sal nie eendag in die lewe hierna voor 'n regterstoel hoef
te verskyn om rekenskap te gee van alles wat jy gedoen het
nie. Wat 'n bevryding is dit nie wanneer jy dit besef nie!
Dan kan jy, wanneer jy dit weet en aanvaar, met groot
oortuiging verklaar: God IS goed! Al is die lewe
onregverdig, al is dit onbegryplik, al het ek nie antwoorde
op die groot raaisels en tragedies van die alledaagse dinge
nie, bo alles troon die wete: God IS goed.

Dit is nie berusting nie. Dit is nie uitchicken nie. Dis 'n
aanvaarding van 'n feit. God is goed, maar om dit te
probeer verduidelik is ewe moeilik om aan 'n blinde persoon
te probeer verduidelik dat wat dit beteken on te kan sien.
(Jy sal iets van hierdie analogie begryp as jy die fliek
"First Sight" gesien het.) My Bybel leer my nie dat ek
passief moet berus nie. My Bybel leer my dat ek in die
geloof moet worstel - kyk maar na die voorbeeld van 'n
worstelheld soos Paulus, wat byna in wanhoop uitroep: "die
goeie wat ek wil, dit doen ek nie, maar die slegte wat ek
nie wil nie, dit doen ek." Selfs Jesus worstel in die gebed
in Getsemane. En wat van Jakob wat 'n hele nag deur worstel
met God en verklaar dat hy Hom nie sal laat gaan voordat Hy
hom geseen het nie! Die uiteinde is Jakob se ontwrigde
heup, maar hy kry God se seen.

Kyk na wat ons leer uit die "gelykenis" van Job: al verloor
Job alles, en al word hy verneder tot die vlak van iemand
wat op 'n ashoop met net potskerwe om sy sere mee te krap,
kan hy steeds verklaar dat God is goed is, en dat hy steeds
weet sy verlosser leef. Later raak hy betrokke in 'n
heftige, soms bitter, soms woedende debat met God, maar
uiteindelik weet hy nog altyd: God is goed, want Job se
einde was beter as sy begin.

Ons is nie marionette met God as 'n soort marionetmeester
nie. Ons het vrye wil. Ons kan self kies. Ons kan self doen
en dink. Dit beteken dat God ons toelaat om ons eie foute
te maak, selfs om ons eie ondergang te bewerkstellig as ons
wil. Maar soos talle en talle mense deur die geskiedenis
kan getuig - en ek ook: selfs wanneer ons ons lewens
opgemors het, is God steeds daar om ons op te help en reg
te help, as ons in geloofsoorgawe tot Hom kom om Hom te vra
om te help. Dan help Hy - maar nie noodwendig soos ons dit
wil nie; Hy help soos Hy weet dit die beste is vir diegene
wat in kindskap Sy Vaderskap (om PC te wees: Sy Ouerskap)
aanvaar.

Christen wees beteken nie dat jou probleme skielik ophou en
dat alles nou gaan goed gaan nie. Jy is per slot van sake
steeds in die wêreld, en jou lewe word steeds be-invloed
deur die besluite en optredes van ander mense. Maar as
Christen het jy 'n ander dimensie betree, en jy kan - soos
Viktor Frankl - ervaar dat jy selfs in fisiese
gevangenskap, lyding en onderdrukking, die grootste vryheid
moontlik geniet.

Vir iemand wat nie Christen is nie, is hierdie stelling (en
alles hierbo) onverstaanbaar. Die feit is dat die logika
van God vir die wêreld onlogies is. God se wee" is
onverstaanbaar vir die wêreld - so verklaar Hy self: My
gedagtes is nie julle gedagtes nie. God laat Hom nie deur
mense begryp en bevat nie. Hy is groter en meer omvattend
as wat ons ooit kan besef: nou sien ons deur 'n spiee"l in
'n raaisel, maar eendag sien ons van aangesig tot aangesig.
Hier kan ons net gedeeltelik begryp, want soos die mense in
Plato se grot sien ons flikkerende skadu's teen 'n muur.
Eendag sal ons die werklikheid leer ken.

Intussen staan daar verskeie geloofswaarhede onwrikbaar en
onwankelbaar. Een daarvan is dat God goed is.

Ten slotte, vriend Abertus: moet asseblief nie in enige van
die bostaande implikasies oor jou en jou eie Christenskap
of andersins lees nie. Ek kan nie obkjektief wees oor my
geloof nie, maar niks wat ek hierbo geskryf het, is bedoel
as refleksie op jou as persoon nie; ek ken jou dan nie eens
nie!
Re: God IS goed! [boodskap #25369 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 18 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
My stuiwer in die armbeurs...

Die boek "Life's not fair, but God is good" is deur Robert H. Schuller (ek
dink hy was op 'n stadium prediker by die Crystal Gardens kerk iewers in
Kaliforni:e). Flappie som die titel goed op met sy repliek op Albertus se
klagte/opinie. Albertus kruisig die ou aan die hand van die (beperkte)
inligting wat in 'n boektitel vervat is, sonder om die moeite te doen om
die boek self te lees! Genade tog! Schuler stel die boek so bekend in sy
voorwoord: "Yes He is. God is good. He doesn't make the mistakes - He
redeems them. [...] He gives the big picture-the ability to see beyond
this temporal set-back to a glorious comeback!" So, Albertus en kie. gaan
lees die boek en kom gee dan jou opinie.

Groete,
Dries Venter

NS: Ek kon nog nooit heeltemal besluit of Schuller tot die sg. "faith
movement/prosperity gospel"-kader behoort nie, somtyds tree hy baie
Calvinisties-gereformeerd op, ander kere meer soos die voormelde beweging.
Het iemand anders 'n opinie hieroor?

> Albertus van Wyk skryf:
> Hel, ek weet nie hoekom mense altyd tot op 'n punt met al
> die onverklaarbarhede van die lewe worstel en dan skielik
> net opgee en berusting vind of dalk uitchicken met so
> veralgemening soos "God is goed" nie. Wat op aarde beteken
> of verklaar dit?

> flappie wrote in article
...

> Vriend Albertus, laat ek heel "up front" verklaar dat ek
> Christen is - soos so baie mense toutologies sê: "born
> again Christian". En laat ek tweedens verklaar: God IS
> goed. Dit is 'n stelling wat 'n mens alleen met volle
> oortuiging kan maak nadat jy regtig glo en aanvaar dat God
> jou deur die soendood van Christus, en Sy opstanding, gered
> het en aan jou die ewige lewe gegee het. Wanneer jy dit glo
> en aanvaar, weet jy ook jy is nie meer 'n sondaar nie, jy
> is reeds vrygespreek van al jou sondes en oortredings; jy
> sal nie eendag in die lewe hierna voor 'n regterstoel hoef
> te verskyn om rekenskap te gee van alles wat jy gedoen het
> nie. Wat 'n bevryding is dit nie wanneer jy dit besef nie!
> Dan kan jy, wanneer jy dit weet en aanvaar, met groot
> oortuiging verklaar: God IS goed! Al is die lewe
> onregverdig, al is dit onbegryplik, al het ek nie antwoorde
> op die groot raaisels en tragedies van die alledaagse dinge
> nie, bo alles troon die wete: God IS goed.
Re: God IS goed! [boodskap #25385 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
...@sympatico.ca wrote:
> Maar siedaar, toe
> kom die apartheidsregime en maak so baie reels en regulasies
> en saai onmin tussen die verskillende groepe,

Watter onmin het "die apartheidsregime" gesaai, Gloudina?

> en uiteindelik breek
> die C.S.V. toe op in verskillende afdelings en ek glo die hele
> sterk organisasie het toe sommer doodgeloop as 'n nasionale
> beweging. Dis wanneer jy hierdie soort dinge sien, veroorsaak
> deur "Christelike" predikante, dat jy begin wonder.

Watter "christelike" predikante het hierdie soort dinge veroorsaak,
Gloudina? Wat was hulle name, wat presies het hulle gedoen, wanneer, en
waar?

> Onthou, die Christelike bybel verklaar: sien
> eers die balk in jou eie oog, voordat jy die splinter in ander s'n sien.
>

As jy, as nie-Christen, vir ander uit die Christelike Bybel wil leer,
Gloudina, moet jy miskien jou lessies self eers leer. (Ek het al
herhaaldelik gewys op die mate waartoe jou vooroordele geensins verskil
van, sê maar, Frikkie Potgieter s'n nie.)

Vriendelike groete, Leendert
Re: God IS goed! [boodskap #25386 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Aug 1999 00:09:38 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Ek eer alles wat jy hierbo as jou godsdienstige oortuiginge
|beskryf het, maar ek sidder altyd 'n bietjie as iemand begin
|klink asof hy en sy godsdienstige makkers die alleenreg het
|op geloof en godsdienstige praktyk.

Jy is ALTYD welkom, soos enige iemand anders, om by die Christelike
geloof aan te sluit. Dis 'n foutiwe persepsie van buite af, dat daar
enige vorm van eksklusiwiteit aan is.

| Ek het opnuut respek
|gekry vir die praktyke van Rooms Katolieke en Jode in
|die weste, en kan nie ontslae raak van die feit dat die
|Protestantse kerke teveel praat en te min praktyke
|beoefen nie.
|
Kerke is dooie goed, Gloudina. Dis mense en hulle aksies wat daaraan
lewe gee en die praktyke beoefen. Gaan join 'n kerk en raak betrokke
en jy sal sien hoeveel lewe en hoe min praat daar in die kerke is.

BTW, die katolieke is ook Christene - as jy wil kan jy maar by een van
hulle ook aansluit!
Re: God IS goed! [boodskap #25387 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Aug 1999 19:50:00 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|So hoekom is jy teleurgesteld oor die redes waarom ek die Bybel intensief=
|bestudeer?

Ek sou wou hê dit moet wees omdat jy meer wou weet oor Woord van God en Sy wil
in jou lewe en nie ter toeligting van ander publikasies nie. Maar nou ja,
moenie dat my teleurstelling jou pla nie.

|Jy sien, jy doen wat 'n sogenaamde "Christen" (wat eksklusief
|na ander mense se godsdienstige praktyke en denke kyk) doen: jy dui
|aan dat as ek nie jou opinies oor godsdienstige sake deel nie, maar tog d=
|ie
|bybel bestudeer, ek dit vir die verkeerde rede doen.

Ek weet nie eers wat jou opinies oor godsdiens is nie, man. Jy sit die pot weer
heel mis! Jou rede vir Bybel lees het niks te doen met jou Christelike
oortuiging of die gebrek daarvan nie. Jy illustreer bloot net die miskonsepsie
wat jy van die hele scenario het.

| En dis hierdie soor=
|t
|hoogagting van hulle eie opinies wat baie mense wegjaag van sogenaamde
|Christene.

Is net JY wat hoogating raakgesien het - ek het niks hoogagting gewys nie. -
Weereens net jou persepsie van sake wat skeef is.

| Nouja, Johan, ek sal voortgaan om die bybel intensief te
|bestudeer,

Dis goed so - geniet dit - dit kan niks kwaad doen nie.

| veral omdat dit die grond vorm van die geskrifte van 'n hele
|klomp mistici, onder andere Swedenborg, aan wie ek op die oomblik baie
|aandag gee.

Ek laaik nie te veel van al die "mistici" nie - ek is mos maar 'n eenvoudige
ou....

|En ek kan jou verseker dat dit wat Christus geleer het, 'n
|baie groot deel van my emosionele en intellektuele landskap vorm.

Ek is so bly! Regtig!
Re: God IS goed! [boodskap #25388 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

flappie wrote:

> Maar as
> Christen het jy 'n ander dimensie betree,
>
> Vir iemand wat nie Christen is nie, is hierdie stelling (en
> alles hierbo) onverstaanbaar. Die feit is dat die logika
> van God vir die wêreld onlogies is.

Ek eer alles wat jy hierbo as jou godsdienstige oortuiginge
beskryf het, maar ek sidder altyd 'n bietjie as iemand begin
klink asof hy en sy godsdienstige makkers die alleenreg het
op geloof en godsdienstige praktyk. Soos die SA vriendin wat
na die Indiese subkontinent gaan om die mense daar van die
"ware" God te vertel. Of 'n ander SA vriendin wat vra hoe
ons belangstelling in Buddhiste-praktyke ons "godsdiens"
beinvloed. Ek respekteer dus die Dalai Lama wanneer hy
mense in die weste aanraai om binne hulle eie godsdienstige
kulture te bly, en die praktyk van daardie godsdienstige
kulture te bestudeer en toe te pas. Ek het opnuut respek
gekry vir die praktyke van Rooms Katolieke en Jode in
die weste, en kan nie ontslae raak van die feit dat die
Protestantse kerke teveel praat en te min praktyke
beoefen nie.

Gloudina

>
Re: God IS goed! [boodskap #25389 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Aug 1999 15:02:08 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Johan, jy neem aan dat ek min weet van die Christelikeleer en gemeenskap.

Jou eie skrywe het die indruk geskep - asof jy van buite af praat. My fout -
skuus.

|Ek het in 'n gesin grootgeword waardie Christelike leer gevolg was, my pa
|was meeste van die
|tyd diaken en toe ouderling, ek het gereeld sondagskool
|toe gegaan en sondagskoolklas gegee. Ek bestudeer nou
|n....snip-snip.....e hele
|sterk organisasie het toe sommer doodgeloop as 'n nasionale
|beweging. Dis wanneer jy hierdie soort dinge sien, veroorsaak
|deur "Christelike" predikante, dat jy begin wonder.

Oor alles wat jy hier skryf, voel ek so te sê presies dieselfde, bahlwe dat ek
effens teleurgesteld is in die rede waarom jy die Bybel intensief bestudeer.
|
|Gaan join 'n kerk? Kerke is dan dooie goed, volgens jou, Johan.

Ai, ou tante, nes ek dink mens kommunikeer hier met iemand wat meer as net die
oppervlakte breinselle gebruik, dan speel jy dom. Join dan maar 'n gemeente,
Gloudina, die mense, 'n groep mede gelowiges.

|En jy moet
|oppas dat jy nie die kerk join vir die company nie.

Dis juis waarom 'n Christen aansluit by 'n "kerk" of gemeente of groep mede
gelowiges! Vir die Company - vir die gemeenskap van mede gelowiges - vir die
krag wat daarin kan wees wanneer mense wt dieselfde voel kan saamwerk en iets
meer bereik as wanneer jy as individu alleen optree. Dis een van die grootste
redes hoekom ons by die kerk aangesluit het en gereeld deelneem aan dioe kerk se
bedrywighede. Ek dink nie Christus het erens in die Bybel bedoel ons moet
alleen en afgesonder ons godsdiens beoefen nie.

| Ek
|sal eers glo dat jy diep Christelik is, as ek ophou sien dat jy gal
|braak teen andersoortiges, en die uiters onsure taal wat jy baiekeer
|keer gebruik, temper.

Baiekeer? Sien - ek sondig ook maar. En as jy dink dis baie, dan's dit jou
opinie. Onsure taal is seker soet, maar ek kom darem nog nie by Leswin se mooi
Afrikaans nie - hou jou komplimente maar vir hom.

|Onthou, die Christelike bybel verklaar: sien
|eers die balk in jou eie oog, voordat jy die splinter in ander s'n sien.
|
Ons kan seker maar almal "practice what we preach" , ná Gloudina!
Re: God IS goed! [boodskap #25390 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
GLoudina, dankie vir die feit dat jy my oortuginge respekteer. So respekteer
ek ook ander s'n - of hulle Bhoeddis, Islam, Katoliek of wat ookal is. Om
nie saam te stem nie, beteken nie dat jy nie lewensruimte kan gun aan ander
nie. Ek stem ook nie met Leendert saam in sy sydelingse geklap na jou nie.
Lank gelede op 'n kerk se kennisgewingbord gesien: Never stoop to that which
you condemn in others.

Diegene wat ander dus verdink van verdagmakery en swartsmeerdery behoort
tweekeer te dink voor hulle dieselfde dinge doen.

My Bybel leer my dat die Christen altyd 'n sagte antwoord het op 'n harde
woord; altyd die ander wang draai, die tweede myl saamstap, die onderkleed
ook gee as die bokleed gevat word. 'n Christen leef nie deur die sward nie,
en sweer elke vorm van geweld af - sy dit geweld deur die woord of deur die
daad - selfs Christus het net een keer geweld gebruik, en dit was toe die
tempel ontheilig is en Hy dit gereinig het. Interessant om te let op WAAR en
WAARVOOR Hy geweld gebruik het by daardie geleentheid. Hy bestraf selfs Sy
dissipel wat die swaar uitpluk in die kruisigingsnag, en ten spyte van valse
beskuldigings en 'n onwettige "verhoor" gee Hy Hom aan die owerheid oor.

Jou opmerkings oor die Protestantse kerke is nie totaal onvanpas nie. Die
grootste enkele vyand van die geloof (lees: Christenskap) is seker
georganiseerde godsdiens. Die kerk wat homself eerste stel is waarskynlik as
instelling op die verkeerde koers, omdat hy homself bevorder in plaas van
die geloof in Christus. Die Katolieke kerk eis dat jy eers Katoliek moet
wees; daarna Christen. ek het uit die Nederduistch Hervormde Kerk bedank
omdat hy lidmaatskap van die blanke bevolking bokant lidmaatskap van die
kerk gestel het. So kan ek aangaan - jy begryp wat ek bedoel. In die naam
van "die kerk" is ongelooflike gruwels gepleeg. Hele volkere en beskawings
is vernietig - kyk na die Maya.

Ons as Christene het egter onteenseglik 'n sendingopdrag ontvang van niemand
anders as Christus self nie. Maar nie die opdrag om ons geloof in ander se
kele af te druk, of om hulle te veroordeel omdat hulle nie Christen wil wees
nie. Nog minder die reg om te verklaar dat hulle verlore is en vir ewig in
die hel sal brand - wat en waar dit ookal is. Dit is God se prerogatief -
nie myne nie.

Voor ek oorslaan in 'n preek, gaan ek nou hier ophou. My getuienis is
gelewer, en daardeur ook 'n deel van my sendingopdrag.

Groetnis uit Pennsylvania, waar my (en baie ander namens my) gebede verhoor
is: ons aansoek om groen kaarte is gister na minder as vyf maande
goedgekeur - ten spyte van waglyste van mar as 800,000 en wagtydperke van
twee tot drie jaar. Ons dogter word oor drie dae 21, en as die goedkeuring
nie gekom het nie, was sy nie ingesluit by my groen kaart nie. God IS goed.

Henry
Re: God IS goed! [boodskap #25391 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> On Thu, 19 Aug 1999 15:02:08 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |Johan, jy neem aan dat ek min weet van die Christelike leer en gemeenskap.
>
> Jou eie skrywe het die indruk geskep - asof jy van buite af praat. My fout -
> skuus.
> .Oor alles wat jy hier skryf, voel ek so te sê presies dieselfde, bahlwe dat ek
> effens teleurgesteld is in die rede waarom jy die Bybel intensief bestudeer.

So hoekom is jy teleurgesteld oor die redes waarom ek die Bybel intensiefbestudeer?
Jy sien, jy doen wat 'n sogenaamde "Christen" (wat eksklusief
na ander mense se godsdienstige praktyke en denke kyk) doen: jy dui
aan dat as ek nie jou opinies oor godsdienstige sake deel nie, maar tog die
bybel bestudeer, ek dit vir die verkeerde rede doen. En dis hierdie soort
hoogagting van hulle eie opinies wat baie mense wegjaag van sogenaamde
Christene. Nouja, Johan, ek sal voortgaan om die bybel intensief te
bestudeer, veral omdat dit die grond vorm van die geskrifte van 'n hele
klomp mistici, onder andere Swedenborg, aan wie ek op die oomblik baie
aandag gee. En ek kan jou verseker dat dit wat Christus geleer het, 'n
baie groot deel van my emosionele en intellektuele landskap vorm. Ek kan
jou egter ook verseker dat ek soms meer godsdienstige kontak het met
ware praktiserende Hindoes, Buddhiste en Moslems, as met hooghartige
Christene wat met die mond een ding praat maar hulle dade wys dat dit
net woorde is.

Gloudina

>
Re: God IS goed! [boodskap #25392 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> As jy, as nie-Christen, vir ander uit die Christelike Bybel wil leer,
> Gloudina, moet jy miskien jou lessies self eers leer. (Ek het al
> herhaaldelik gewys op die mate waartoe jou vooroordele geensins verskil
> van, sê maar, Frikkie Potgieter s'n nie.)

En hoekom, my liewe Leendert, bestempel jy my as 'n "nie-Christen."Sien jy
die dinamiek van die sogenaamde Christene wat wil uitsluit
alles waarmee hulle nie saamstem nie. En dan moet jy nog in ag neem:
baie van die dinge wat Christene as gospel beskryf: die "bestaan" van
"God" en wat na die fisiese dood met mense "gebeur" is baie meer
gebaseer op opvattings wat ge-erf is van die Griekse en dus heidense
agtergrond, as wat dit is van dinge wat hulle in die bybel lees.

Gloudina


>
Re: God IS goed! [boodskap #25393 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pierre Du Plessis  is tans af-lyn  Pierre Du Plessis
Boodskappe: 7
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is ook in Pennsylvania (Pittsburgh) en my I-140 (petition) is nou al 4 maande
gelede ingedien ... ek wag nog steeds. Hoe het julle dit reg gekry om so vinnig
deur die proses te gaan. Was dit ook 'n "Employment based" aansoek en was dit 5
maande vir die hele proses (labor certification, petition & adjustment of
status). Hang dit maar van die prokureers af of is dit die INS? Kan my
werkgewer die aansoek vertraag om my sodoende te vorseer om langer vir hulle te
werk a.g.v. die H1 visum?

Kwarantyn wrote:

> GLoudina, dankie vir die feit dat jy my oortuginge respekteer. So respekteer
> ek ook ander s'n - of hulle Bhoeddis, Islam, Katoliek of wat ookal is. Om
> nie saam te stem nie, beteken nie dat jy nie lewensruimte kan gun aan ander
> nie. Ek stem ook nie met Leendert saam in sy sydelingse geklap na jou nie.
> Lank gelede op 'n kerk se kennisgewingbord gesien: Never stoop to that which
> you condemn in others.
>
> Diegene wat ander dus verdink van verdagmakery en swartsmeerdery behoort
> tweekeer te dink voor hulle dieselfde dinge doen.
>
> My Bybel leer my dat die Christen altyd 'n sagte antwoord het op 'n harde
> woord; altyd die ander wang draai, die tweede myl saamstap, die onderkleed
> ook gee as die bokleed gevat word. 'n Christen leef nie deur die sward nie,
> en sweer elke vorm van geweld af - sy dit geweld deur die woord of deur die
> daad - selfs Christus het net een keer geweld gebruik, en dit was toe die
> tempel ontheilig is en Hy dit gereinig het. Interessant om te let op WAAR en
> WAARVOOR Hy geweld gebruik het by daardie geleentheid. Hy bestraf selfs Sy
> dissipel wat die swaar uitpluk in die kruisigingsnag, en ten spyte van valse
> beskuldigings en 'n onwettige "verhoor" gee Hy Hom aan die owerheid oor.
>
> Jou opmerkings oor die Protestantse kerke is nie totaal onvanpas nie. Die
> grootste enkele vyand van die geloof (lees: Christenskap) is seker
> georganiseerde godsdiens. Die kerk wat homself eerste stel is waarskynlik as
> instelling op die verkeerde koers, omdat hy homself bevorder in plaas van
> die geloof in Christus. Die Katolieke kerk eis dat jy eers Katoliek moet
> wees; daarna Christen. ek het uit die Nederduistch Hervormde Kerk bedank
> omdat hy lidmaatskap van die blanke bevolking bokant lidmaatskap van die
> kerk gestel het. So kan ek aangaan - jy begryp wat ek bedoel. In die naam
> van "die kerk" is ongelooflike gruwels gepleeg. Hele volkere en beskawings
> is vernietig - kyk na die Maya.
>
> Ons as Christene het egter onteenseglik 'n sendingopdrag ontvang van niemand
> anders as Christus self nie. Maar nie die opdrag om ons geloof in ander se
> kele af te druk, of om hulle te veroordeel omdat hulle nie Christen wil wees
> nie. Nog minder die reg om te verklaar dat hulle verlore is en vir ewig in
> die hel sal brand - wat en waar dit ookal is. Dit is God se prerogatief -
> nie myne nie.
>
> Voor ek oorslaan in 'n preek, gaan ek nou hier ophou. My getuienis is
> gelewer, en daardeur ook 'n deel van my sendingopdrag.
>
> Groetnis uit Pennsylvania, waar my (en baie ander namens my) gebede verhoor
> is: ons aansoek om groen kaarte is gister na minder as vyf maande
> goedgekeur - ten spyte van waglyste van mar as 800,000 en wagtydperke van
> twee tot drie jaar. Ons dogter word oor drie dae 21, en as die goedkeuring
> nie gekom het nie, was sy nie ingesluit by my groen kaart nie. God IS goed.
>
> Henry
Re: God IS goed! [boodskap #25394 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
>
> Ek eer alles wat jy hierbo as jou godsdienstige oortuiginge
> beskryf het, maar ek sidder altyd 'n bietjie as iemand begin
> klink asof hy en sy godsdienstige makkers die alleenreg het
> op geloof en godsdienstige praktyk. Soos die SA vriendin wat
> na die Indiese subkontinent gaan om die mense daar van die
> "ware" God te vertel. Of 'n ander SA vriendin wat vra hoe
> ons belangstelling in Buddhiste-praktyke ons "godsdiens"
> beinvloed.

Maar jy weerhou jou nie daarvan om kommentaar uit die hoogte te maak
oor godsdienstige prkatyke wat jou nie aanstaan nie, nie waar nie?

> Ek respekteer dus die Dalai Lama wanneer hy
> mense in die weste aanraai om binne hulle eie godsdienstige
> kulture te bly, en die praktyk van daardie godsdienstige
> kulture te bestudeer en toe te pas.

Stem. Die meeste westerlinge weet nie eens genoeg om hul eie kultuur te
verstaan nie, wat nog van die kulture van die Ooste of van Afrika.

> Ek het opnuut respek
> gekry vir die praktyke van Rooms Katolieke en Jode in
> die weste, en kan nie ontslae raak van die feit dat die
> Protestantse kerke teveel praat en te min praktyke
> beoefen nie.

Sien, jou bek kan jy nie van ander se godsdiens afhou nie, maar jy kerm
dat dit kraak as ander mense opmerkings het oor jou religieuse
voorkeure.

Maar dit pas by jou gevestigde partoon van redeneer uit jou
vooroordele, en jou dubbele waardestelsel

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25395 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Kwarantyn" wrote:
> GLoudina, dankie vir die feit dat jy my oortuginge respekteer. So respekteer
> ek ook ander s'n - of hulle Bhoeddis, Islam, Katoliek of wat ookal is. Om
> nie saam te stem nie, beteken nie dat jy nie lewensruimte kan gun aan ander
> nie. Ek stem ook nie met Leendert saam in sy sydelingse geklap na jou nie.
> Lank gelede op 'n kerk se kennisgewingbord gesien: Never stoop to that which
> you condemn in others.

Ek het nie probleme daarmee dat jy nie met my saamstem nie, Henry.

Ek het wel probleme daarmee dat jy na my frontaanvalle verwys as 'n
"sydelingse geklap"!

En ja, mens moet die wang draai.

Maar mens het ook 'n plig om dié tereg te wys wat afdwaal :-)

Groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25396 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf hier onder en ek antwoord net bo dit:

Antie, jy spreek in tale! Daar is nou nie 'n jota of 'n titel wat ek
kan verander in jou geskrif hier onder nie. Good on you !

Alwyn - uit Perth

> Ek eer alles wat jy hierbo as jou godsdienstige oortuiginge
> beskryf het, maar ek sidder altyd 'n bietjie as iemand begin
> klink asof hy en sy godsdienstige makkers die alleenreg het
> op geloof en godsdienstige praktyk. >
> Gloudina
>
>>
>
Re: God IS goed! [boodskap #25397 is 'n antwoord op boodskap #25368] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> |Jy is ALTYD welkom, soos enige iemand anders, om by die Christelike
> geloof aan te sluit.

Johan, jy neem aan dat ek min weet van die Christelikeleer en gemeenskap.
Ek het in 'n gesin grootgeword waardie Christelike leer gevolg was, my pa
was meeste van die
tyd diaken en toe ouderling, ek het gereeld sondagskool
toe gegaan en sondagskoolklas gegee. Ek bestudeer nou
nog die Bybel intensief, veral omdat jy alleen die gedagtes
van William Blake intens kan verstaan as jy 'n baie baie
goeie kennis van die Christelike bybel het. In SA het ek
egter gerebelleer teen die verpolitiseerde NG Kerk, en teen
die tendens van die protestantse kerke in SA om die "Roomse"
kerk en die charismatiese kerke af te maak as iets uit die bose.
Ek het, gedurende my studentedae, intensief deelgeneem aan
die werk van die C.S.V (was groepsleidster en dies meer),
en het hulle gerespekteer vir die manier waarop hulle tussen alle
rassegroepe en taalgroepe rondbeweeg het. Maar siedaar, toe
kom die apartheidsregime en maak so baie reels en regulasies
en saai onmin tussen die verskillende groepe, en uiteindelik breek
die C.S.V. toe op in verskillende afdelings en ek glo die hele
sterk organisasie het toe sommer doodgeloop as 'n nasionale
beweging. Dis wanneer jy hierdie soort dinge sien, veroorsaak
deur "Christelike" predikante, dat jy begin wonder.

> Kerke is dooie goed, Gloudina. Dis mense en hulle aksies wat daaraan
> lewe gee en die praktyke beoefen. Gaan join 'n kerk en raak betrokke
> en jy sal sien hoeveel lewe en hoe min praat daar in die kerke is.

Gaan join 'n kerk? Kerke is dan dooie goed, volgens jou, Johan.En jy moet
oppas dat jy nie die kerk join vir die company nie. Ek
sal eers glo dat jy diep Christelik is, as ek ophou sien dat jy gal
braak teen andersoortiges, en die uiters onsure taal wat jy baiekeer
keer gebruik, temper. Onthou, die Christelike bybel verklaar: sien
eers die balk in jou eie oog, voordat jy die splinter in ander s'n sien.

Gloudina

>

>
Re: God IS goed! [boodskap #25419 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
> En hoekom, my liewe Leendert, bestempel jy my as 'n "nie-Christen."

Dit is jy self wat dit gedoen het, Gloudina.

> Sien j=
> y
> die dinamiek van die sogenaamde Christene wat wil uitsluit
> alles waarmee hulle nie saamstem nie.

En waarmee stem ek nie saam nie Gloudina?

> En dan moet jy nog in ag neem:
> baie van die dinge wat Christene as gospel beskryf: die "bestaan" van
> "God" en wat na die fisiese dood met mense "gebeur" is baie meer
> gebaseer op opvattings wat ge-erf is van die Griekse en dus heidense
> agtergrond, as wat dit is van dinge wat hulle in die bybel lees.

God openbaar hom - volgens die Bybel self, nie slegs in die Bybel nie
(As jy Paulus se brief aan die Romeine gelees het, sou dit dit weet.)

Maar ek is tog ge-interesseerd in meer besonderhede van hierdie
bewering van jou (as dit meer behels as verwysings na die invloed van
Plato en Aristoteles op die Middeleeuse Kerk).

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25420 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Maar ek is tog ge-interesseerd in meer besonderhede van hierdie
> bewering van jou (as dit meer behels as verwysings na die invloed van
> Plato en Aristoteles op die Middeleeuse Kerk).

Dis baie meer diepgaande as dit. Die Grieke se invloed op die denkevan die
Weste was dit: hullet die westerse mens gedwing het in 'n
manier van dink wat dualisties en materialisties is. (Daar was Griekse
filosowe wat nie so gedink het nie, maar hulle stemme is gestil en die
wetenskaplike materialiste het die stryd gewen.) Nou sit moderne
Christendom met die erfenis: daar is 'n wereld hier wat ondermaans en
geval en vol sonde is, en daar is 'n God en 'n hemel wat nie so is nie.
Maar waar is dit gesetel? Up in the sky somewhere? Baie ander
godsdienste is nie in so 'n hoek ingeverf nie. Later verduidelik ek vir
jou ook watter groot invloed die Midde-Oosterse natuurgodsdienste
op die Ou en Nuwe Testament se denke gehad het.

Gloudina

>
Re: God IS goed! [boodskap #25421 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:

> En ek kan jou verseker dat dit wat Christus geleer het, 'n
> baie groot deel van my emosionele en intellektuele landskap vorm. Ek
> kan

Tog jammer dat dit nie ook deel vorm van jou gedragslandskap nie.

Of miskien is dit omdat jy nie _alles_ wat Christus geleer het aanvaar
nie, maar selektief met sy lering werk gaan?

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25422 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Pijotter" wrote:
> Ek moet met jou saamstem.
>
> As 'n hobby hou ek daarvan om oor ou kulture en beskawings te lees, ook
> sommer net geskiedenis vind ek baie interessant. Met die lees het ek agter
> gekom dat baie gelowe in die wereld basiese ooreenstemminge met mekaar het,
> en dat mens nie "eintlik" kan sê ons "God" is die enigste en regte "God"
> nie.

So lank jy dit net vir jou self sê, en nie begin voorskryf vir "'n
mens" soos jy hier doen nie.

>
> 'n Interesante ding wat ek gelees het was bv. dat die Jode nog in David en
> Salomo se tyd ook 'n "Godin" gehad het. God = Vader, Godin = Moeder en dan
> het Jesus as die seun gekom. Die Godin se naam kan ek nie nou by uitkom
> nie, maar as iemand belangstel kan ek dit gaan opsoek.

Baie Israeliete het baie afgode aanbid, waaronder verskeie godinne,
soos astarte.

>
> Baie van die Christen geloof het ook basiese afstamminge van die Egiptenare
> geloof van Isis en haar "man" Osiris wat ook uit die dood verwek is. (deur
> Isis)

Die feit dat daar ooreenkoms tussen gelowe is (daar is baie meer as wat
jy hier aangee) beteken nie noodwendig dat jou afleidings oor die
opvolging korrek is nie.

In die geval van CS Lewis het hy, as ateistiese letterkundige, juis die
ooreenkomste tussen die verskillende gelowe bestudeer - en hom op grond
daarvan tot die Christendom bekeer.

>
> 'n mens se geloof is sekerlik privaat, maar om te kan sê, vandag, ons alleen
> is korrek, dink ek nie is moontlik nie.

Ek hoop jy sal toegee dat ek anders kan dink?

> Een voorbeeld - hoe weet ons
> eintlik dat die kerk wat ons vandag hier het, eintlik is hoe Jesus dit wou
> gehad het. Dit is so baie deur mense verander met hulle eie agendatjies en
> politiese motiewe.

Ek dink dat elke Christen sal erken dat die kerk _nie_ is soos God dit
wil hê nie. Dit is juis deel van sy geloofsbeleidenis dat hy, en al sy
pogings, sondig is.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25423 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Maar ek is tog ge-interesseerd in meer besonderhede van hierdie
>> bewering van jou (as dit meer behels as verwysings na die invloed van
>> Plato en Aristoteles op die Middeleeuse Kerk).
>
> Dis baie meer diepgaande as dit. Die Grieke se invloed op die denkevan die
> Weste was dit: hullet die westerse mens gedwing het

Watter vorm van dwang is hier gebruik?

> in 'n
> manier van dink wat dualisties en materialisties is.

Plato en Aristoteles, dus.

(Daar was Griekse
> filosowe wat nie so gedink het nie, maar hulle stemme is gestil en die
> wetenskaplike materialiste het die stryd gewen.)

Wie het hulle stemme gestil, en watter metodes is daarvoor gebruik?

> Nou sit moderne
> Christendom met die erfenis: daar is 'n wereld hier wat ondermaans en
> geval en vol sonde is, en daar is 'n God en 'n hemel wat nie so is nie.
> Maar waar is dit gesetel? Up in the sky somewhere? Baie ander
> godsdienste is nie in so 'n hoek ingeverf nie.

Die Christelike godsdiens ook nie. Jou opsomming hierbo is 'n
karikatuur, wat algemeen is onder mense wat as kinders soetsappige
"bybelstories" gevoer is, wie se kennis op daardie vlak gebly het. (Een
rede waarom my kinders nie Sondagskool toe gaan nie.)

Min christene sal sal dit herken as iets waarin hulle glo.

> Later verduidelik ek vir
> jou ook watter groot invloed die Midde-Oosterse natuurgodsdienste
> op die Ou en Nuwe Testament se denke gehad het.

Verduidelik maar eers my vrae hierbo.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25424 is 'n antwoord op boodskap #25368] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet met jou saamstem.

As 'n hobby hou ek daarvan om oor ou kulture en beskawings te lees, ook
sommer net geskiedenis vind ek baie interessant. Met die lees het ek agter
gekom dat baie gelowe in die wereld basiese ooreenstemminge met mekaar het,
en dat mens nie "eintlik" kan sê ons "God" is die enigste en regte "God"
nie.

'n Interesante ding wat ek gelees het was bv. dat die Jode nog in David en
Salomo se tyd ook 'n "Godin" gehad het. God = Vader, Godin = Moeder en dan
het Jesus as die seun gekom. Die Godin se naam kan ek nie nou by uitkom
nie, maar as iemand belangstel kan ek dit gaan opsoek.

Baie van die Christen geloof het ook basiese afstamminge van die Egiptenare
geloof van Isis en haar "man" Osiris wat ook uit die dood verwek is. (deur
Isis)

'n mens se geloof is sekerlik privaat, maar om te kan sê, vandag, ons alleen
is korrek, dink ek nie is moontlik nie. Een voorbeeld - hoe weet ons
eintlik dat die kerk wat ons vandag hier het, eintlik is hoe Jesus dit wou
gehad het. Dit is so baie deur mense verander met hulle eie agendatjies en
politiese motiewe.

My 5c
Pieter

@sympatico.ca wrote in message
...
> flappie wrote:
>
>> Maar as
>> Christen het jy 'n ander dimensie betree,
>>
>> Vir iemand wat nie Christen is nie, is hierdie stelling (en
>> alles hierbo) onverstaanbaar. Die feit is dat die logika
>> van God vir die wêreld onlogies is.
>
> Ek eer alles wat jy hierbo as jou godsdienstige oortuiginge
> beskryf het, maar ek sidder altyd 'n bietjie as iemand begin
> klink asof hy en sy godsdienstige makkers die alleenreg het
> op geloof en godsdienstige praktyk. Soos die SA vriendin wat
> na die Indiese subkontinent gaan om die mense daar van die
> "ware" God te vertel. Of 'n ander SA vriendin wat vra hoe
> ons belangstelling in Buddhiste-praktyke ons "godsdiens"
> beinvloed. Ek respekteer dus die Dalai Lama wanneer hy
> mense in die weste aanraai om binne hulle eie godsdienstige
> kulture te bly, en die praktyk van daardie godsdienstige
> kulture te bestudeer en toe te pas. Ek het opnuut respek
> gekry vir die praktyke van Rooms Katolieke en Jode in
> die weste, en kan nie ontslae raak van die feit dat die
> Protestantse kerke teveel praat en te min praktyke
> beoefen nie.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: God IS goed! [boodskap #25447 is 'n antwoord op boodskap #25368] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Neels Kriek" wrote:
> -----BEGIN PGP SIGNED MESSAGE-----
> Hash: SHA1
>
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
> [snip]
>>
>> In die geval van CS Lewis het hy, as ateistiese letterkundige, juis
>> die ooreenkomste tussen die verskillende gelowe bestudeer - en hom
>> op grond daarvan tot die Christendom bekeer.
>
> Leendert, 'n vraag wat ek hier het : Hoe seker is jy dat hy OP GROND
> van sy kennis van ander gelowe tot christendom bekeer is?

Dit is hoe ek sy outobiografiese materiaal verstaan. (Die enigste geval
waarvan ek weet van iemand wat op grond van die algemene openbaring tot
bekering gekom het.) Het jy 'n ander perspektief?

> Hierdie is
> nie 'n aanval op jou stelling nie maar net 'n vraag.

:-))) Dis net party mense teenoor wie ek so liggeraak is!

Groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25448 is 'n antwoord op boodskap #25368] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...
[snip]
>
> In die geval van CS Lewis het hy, as ateistiese letterkundige, juis
> die ooreenkomste tussen die verskillende gelowe bestudeer - en hom
> op grond daarvan tot die Christendom bekeer.

Leendert, 'n vraag wat ek hier het : Hoe seker is jy dat hy OP GROND
van sy kennis van ander gelowe tot christendom bekeer is? Hierdie is
nie 'n aanval op jou stelling nie maar net 'n vraag.

Groete
Neels
Re: God IS goed! [boodskap #25470 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Aug 1999 20:17:14 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Nee, Lou, jy is verkeerd as jy konstateer dat enige persoon watglo dat
|sondes deur Christus se kruisiging en opstanding vergewe is,
|per definisie moet glo dat ander godsdienste "verkeerd" is.Al wat
|die Christen moet glo, met sy hele hart en siel, is dat daar vergifnis is
|in die liefdedaad wat Christus betoon het deur sy lewe af te lê vir
|die sondes van die mensdom. In hierdie geloofsdaad is sy redding.
|In ander dade in ander "godsdienste" is daar redding vir die siel.
|As jy anders glo, speel jy politiek met die Christelike boodskap
|van caritas.
|
Sou jy dan sê dat God in sy almagtigheid verskillende vorme kan aannneem om vir
verskillende mense op verskillende maniere vergifnis van sonde te gee?
Re: God IS goed! [boodskap #25471 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Per definisie - as jy glo dat God die enige God is en dat jou sondes
> deur Jesus Christus se Kruisiging, dood en opstanding vergewe is, dan
> glo jy dat ander 'godsdienste' verkeerd is. Die twee is nie versoenbaar
> nie en is uitsluitend - of jy glo in die Christelike leer of glo jy ook
> in dat daar ander gode is.

Nee, Lou, jy is verkeerd as jy konstateer dat enige persoon watglo dat
sondes deur Christus se kruisiging en opstanding vergewe is,
per definisie moet glo dat ander godsdienste "verkeerd" is.Al wat
die Christen moet glo, met sy hele hart en siel, is dat daar vergifnis is
in die liefdedaad wat Christus betoon het deur sy lewe af te lê vir
die sondes van die mensdom. In hierdie geloofsdaad is sy redding.
In ander dade in ander "godsdienste" is daar redding vir die siel.
As jy anders glo, speel jy politiek met die Christelike boodskap
van caritas.

Gloudina
Re: God IS goed! [boodskap #25472 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Lou se antwoord op die thread tot dusver:
> Per definisie - as jy glo dat God die enige God is en dat jou sondes
> deur Jesus Christus se Kruisiging, dood en opstanding vergewe is, dan
> glo jy dat ander 'godsdienste' verkeerd is. Die twee is nie versoenbaar
> nie en is uitsluitend - of jy glo in die Christelike leer of glo jy ook
> in dat daar ander gode is. Net so kan 'n Jood nie sy Godsdiens beoefen
> en maar ook onseker wees of Christus wel gekom het nie.
>
Mooi so, Lou!
Dries

lou wrote in article
...
> @sympatico.ca wrote:
>>
>> flappie wrote:
>>
>>> Maar as
>>> Christen het jy 'n ander dimensie betree,
>>>
>>> Vir iemand wat nie Christen is nie, is hierdie stelling (en
>>> alles hierbo) onverstaanbaar. Die feit is dat die logika
>>> van God vir die wêreld onlogies is.
>>
>> Ek eer alles wat jy hierbo as jou godsdienstige oortuiginge
>> beskryf het, maar ek sidder altyd 'n bietjie as iemand begin
>> klink asof hy en sy godsdienstige makkers die alleenreg het
>> op geloof en godsdienstige praktyk. Soos die SA vriendin wat
Re: God IS goed! [boodskap #25473 is 'n antwoord op boodskap #25368] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> flappie wrote:
>
>> Maar as
>> Christen het jy 'n ander dimensie betree,
>>
>> Vir iemand wat nie Christen is nie, is hierdie stelling (en
>> alles hierbo) onverstaanbaar. Die feit is dat die logika
>> van God vir die wêreld onlogies is.
>
> Ek eer alles wat jy hierbo as jou godsdienstige oortuiginge
> beskryf het, maar ek sidder altyd 'n bietjie as iemand begin
> klink asof hy en sy godsdienstige makkers die alleenreg het
> op geloof en godsdienstige praktyk. Soos die SA vriendin wat
> na die Indiese subkontinent gaan om die mense daar van die
> "ware" God te vertel. Of 'n ander SA vriendin wat vra hoe
> ons belangstelling in Buddhiste-praktyke ons "godsdiens"
> beinvloed. Ek respekteer dus die Dalai Lama wanneer hy
> mense in die weste aanraai om binne hulle eie godsdienstige
> kulture te bly, en die praktyk van daardie godsdienstige
> kulture te bestudeer en toe te pas. Ek het opnuut respek
> gekry vir die praktyke van Rooms Katolieke en Jode in
> die weste, en kan nie ontslae raak van die feit dat die
> Protestantse kerke teveel praat en te min praktyke
> beoefen nie.
>

Per definisie - as jy glo dat God die enige God is en dat jou sondes
deur Jesus Christus se Kruisiging, dood en opstanding vergewe is, dan
glo jy dat ander 'godsdienste' verkeerd is. Die twee is nie versoenbaar
nie en is uitsluitend - of jy glo in die Christelike leer of glo jy ook
in dat daar ander gode is. Net so kan 'n Jood nie sy Godsdiens beoefen
en maar ook onseker wees of Christus wel gekom het nie.
Re: God IS goed! [boodskap #25496 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> In article ,
> "Pijotter" wrote:
>> Ek moet met jou saamstem.
>>
>> As 'n hobby hou ek daarvan om oor ou kulture en beskawings te lees, ook
>> sommer net geskiedenis vind ek baie interessant. Met die lees het ek agter
>> gekom dat baie gelowe in die wereld basiese ooreenstemminge met mekaar het,
>> en dat mens nie "eintlik" kan sê ons "God" is die enigste en regte "God"
>> nie.
>
> So lank jy dit net vir jou self sê, en nie begin voorskryf vir "'n
> mens" soos jy hier doen nie.
>

Ek dink jy moet maar liewers jou bril opsit, ek het nie gesê 'n mens nie,
maar mens...

So ek skryf dit nie voor nie ek lig 'n opinie... ek hoop jy is magtig om
dit te kan verstaan.

>>
>> 'n Interesante ding wat ek gelees het was bv. dat die Jode nog in David en
>> Salomo se tyd ook 'n "Godin" gehad het. God = Vader, Godin = Moeder en dan
>> het Jesus as die seun gekom. Die Godin se naam kan ek nie nou by uitkom
>> nie, maar as iemand belangstel kan ek dit gaan opsoek.
>
> Baie Israeliete het baie afgode aanbid, waaronder verskeie godinne,
> soos astarte.
>

So wat laat jou dink die een wat hulle nou aanbid is die oorspronklike?

>>
>> Baie van die Christen geloof het ook basiese afstamminge van die Egiptenare
>> geloof van Isis en haar "man" Osiris wat ook uit die dood verwek is. (deur
>> Isis)
>
> Die feit dat daar ooreenkoms tussen gelowe is (daar is baie meer as wat
> jy hier aangee) beteken nie noodwendig dat jou afleidings oor die
> opvolging korrek is nie.
>

Watter afleidings?

> In die geval van CS Lewis het hy, as ateistiese letterkundige, juis die
> ooreenkomste tussen die verskillende gelowe bestudeer - en hom op grond
> daarvan tot die Christendom bekeer.

En dit beteken dat die Christelike geloof die enigste en regte is?

>>
>> 'n mens se geloof is sekerlik privaat, maar om te kan sê, vandag, ons alleen
>> is korrek, dink ek nie is moontlik nie.
>
> Ek hoop jy sal toegee dat ek anders kan dink?
>

Natuurlik, ek lig MY mening... hoekom sou ek vir jou wil voorskryf wat jy
moet glo?

>> Een voorbeeld - hoe weet ons
>> eintlik dat die kerk wat ons vandag hier het, eintlik is hoe Jesus dit wou
>> gehad het. Dit is so baie deur mense verander met hulle eie agendatjies en
>> politiese motiewe.
>
> Ek dink dat elke Christen sal erken dat die kerk _nie_ is soos God dit
> wil hê nie. Dit is juis deel van sy geloofsbeleidenis dat hy, en al sy
> pogings, sondig is.

Nou hoekom is die kerk dan nog soos wat dit is?

Wat vir my snaaks is, dat jy sê meeste Christene dit erken, maar kom jy met
nuwe insigte, bevindinge en sekere kontroversiele vrae word jy as heiden
beskou en weggestoot.

Soos wat jy sê ek kan jou nie voorskryf nie, het ook nie probeer nie. Ek
het 'n paar interesante dinge wat ek raak geloop het hier gedeel.

Wat ek wel van jou pos kan aflei is dat jy bietjie angs het om jou oop te
maak vir ander se gedagtes en menings... Dis net 'n afleiding, jy mag maar
op my vloek en skel as ek verkeerd is - of dit net sê.

Ek is 'n Christen, maar wat ek glo is nie alles wat hulle voorskryf in die
NG kerk nie (om maar net een voorbeeld te noem) Ek is oop vir almal se
gedagtes en menings (ook atieste), want ek glo dit sal my geloof net aanvul
en versterk. En dis waaroor dit op die einde van die dag gaan, nê? Die
geloof in Jesus en God.

Doen jouself 'n guns en lees 'n bietjie van die boeke wat nie in die Bybel
opgeneem is nie. bv. Gospel of Thomas, Gospel of Phillip, the (First)
Apocalypse of James, the (Second) Apocalypse of James ens ens. Van hulle
staan ook bekend as die Gnostic Gospels en eksemplare daarvan is in Egipte
gevind rond die 1940 igs. Hulle noem dit die Nag Hammadi tekste...

> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25497 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Per definisie - as jy glo dat God die enige God is en dat jou sondes
>> deur Jesus Christus se Kruisiging, dood en opstanding vergewe is, dan
>> glo jy dat ander 'godsdienste' verkeerd is. Die twee is nie versoenbaar
>> nie en is uitsluitend - of jy glo in die Christelike leer of glo jy ook
>> in dat daar ander gode is.
>
> Nee, Lou, jy is verkeerd as jy konstateer dat enige persoon watglo dat
> sondes deur Christus se kruisiging en opstanding vergewe is,
> per definisie moet glo dat ander godsdienste "verkeerd" is.Al wat
> die Christen moet glo, met sy hele hart en siel, is dat daar vergifnis is
> in die liefdedaad wat Christus betoon het deur sy lewe af te lê vir
> die sondes van die mensdom. In hierdie geloofsdaad is sy redding.
> In ander dade in ander "godsdienste" is daar redding vir die siel.
> As jy anders glo, speel jy politiek met die Christelike boodskap
> van caritas.
>
> Gloudina

Ek stem nie saam nie Gloudina. Die Bybel se duidelik dat jy slegs 'n
enkel God kan dien, as jy twyfel of die 'god' wat jy dien die regte een
is dan 'glo' jy dood eenvoudig nie!! Daar kan du sslegs een Godsdiens
wees en jy (jou siel dus) kan slegs gered word deur volkome geloof in
God die Vader, Sy seun Jesus Christus se geboorte, kruisiging, dood en
opstanding en die werking van Sy Heilige Gees soos beskryf in die Bybel.

As jy andersins glo dan is jy in Christelike terme 'n ongelowige en jy
sal ook sien dat meeste 'godsdienste' dit ook so het bv. Protestants,
Moslem, Joods, Katoliek. Ek het nie werklik 'n idee oor die boedisme nie
maar ek kan nie sien dat hulle glo dat jy twee gode kan dien nie.

Ek stem egter met jou saam die kerk te belangrik probeer wees, dit gaan
nie slegs oor die dien van God nie maar oor die belangrikheid van die
kerk en sy ampsdraers. Dan eindig ons op soos die situasie waar die kerk
vandag sê apartheid is reg en more is dit verkeerd, of waar 'n mens -
soos die maagd Maria in die Katolieke Kerk - to 'n godelikheid verhoog
word. Net 'n laaste - moenie dat die werke van die mense in die kerk en
in die naam van God - bv. soos in jou verwysings na die protestantse
kerk - jou van God wegdryf nie.

Brei bietjie meer uit oor 'caritas'? Dis tog 'n Katoliek term dan nie?
Re: God IS goed! [boodskap #25498 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Pijotter" wrote:

>>> en dat mens nie "eintlik" kan sê ons "God" is die enigste en regte
>> "God"
>>> nie.
>>
>> So lank jy dit net vir jou self sê, en nie begin voorskryf vir "'n
>> mens" soos jy hier doen nie.
>>
>
> Ek dink jy moet maar liewers jou bril opsit, ek het nie gesê 'n mens nie,
> maar mens...

Goed. 'n Afrikaans impliseer jy dat jou stelling universeel toepaslik
is. Dus ook op my. Ek maak beswaar daarteen.

>
> So ek skryf dit nie voor nie ek lig 'n opinie... ek hoop jy is magtig om
> dit te kan verstaan.

Ek verstaan dit. Ook dat jy geen gronde het waarop jy opinies (van
hierdie aard) oor my kan huldig nie.

[...]

>> Baie Israeliete het baie afgode aanbid, waaronder verskeie godinne,
>> soos astarte.
>>
>
> So wat laat jou dink die een wat hulle nou aanbid is die
oorspronklike?

Die Bybel en my geloof daarin.

>
>>>
>>> Baie van die Christen geloof het ook basiese afstamminge van die
>> Egiptenare
>>> geloof van Isis en haar "man" Osiris wat ook uit die dood verwek
is.
>> (deur
>>> Isis)
>>
>> Die feit dat daar ooreenkoms tussen gelowe is (daar is baie meer as wat
>> jy hier aangee) beteken nie noodwendig dat jou afleidings oor die
>> opvolging korrek is nie.
>>
>
> Watter afleidings?

Dat "Baie van die Christen geloof het ook basiese afstamminge van die
Egiptenare geloof...." [sic].

>
>> In die geval van CS Lewis het hy, as ateistiese letterkundige, juis die
>> ooreenkomste tussen die verskillende gelowe bestudeer - en hom op grond
>> daarvan tot die Christendom bekeer.
>
> En dit beteken dat die Christelike geloof die enigste en regte is?

CS Lewis het dit geglo.

Ek ook, maar nie op dieselfde gronde nie.

>
>>>
>>> 'n mens se geloof is sekerlik privaat, maar om te kan sê, vandag,
ons
>> alleen
>>> is korrek, dink ek nie is moontlik nie.
>>
>> Ek hoop jy sal toegee dat ek anders kan dink?
>>
>
> Natuurlik, ek lig MY mening... hoekom sou ek vir jou wil voorskryf wat jy
> moet glo?

Ek wonder ook. Want die stellig "'n mens se geloof is sekerlik privaat"
is voorskriftelik.

>> Ek dink dat elke Christen sal erken dat die kerk _nie_ is soos God dit
>> wil hê nie. Dit is juis deel van sy geloofsbeleidenis dat hy, en al sy
>> pogings, sondig is.
>
> Nou hoekom is die kerk dan nog soos wat dit is?

Lees weer my stelling. Die antwoord is daarin vervat.

>
> Wat vir my snaaks is, dat jy sê meeste Christene dit erken, maar kom jy met
> nuwe insigte, bevindinge en sekere kontroversiele vrae word jy as heiden
> beskou en weggestoot.

Dis jammer, maar dis 'n algemene ervaring.

> Soos wat jy sê ek kan jou nie voorskryf nie, het ook nie probeer nie. Ek
> het 'n paar interesante dinge wat ek raak geloop het hier gedeel.

Ek dink tog dat jy aansprake maak wat noodwendig op my van toepassing
is. Ek ontken dit bloot - ek dissosieer my van jou aansprake.

>
> Wat ek wel van jou pos kan aflei is dat jy bietjie angs het om jou oop te
> maak vir ander se gedagtes en menings... Dis net 'n afleiding, jy mag maar
> op my vloek en skel as ek verkeerd is - of dit net sê.

Dis verkeerd.

>
> Ek is 'n Christen, maar wat ek glo is nie alles wat hulle voorskryf in die
> NG kerk nie (om maar net een voorbeeld te noem) Ek is oop vir almal se
> gedagtes en menings (ook atieste), want ek glo dit sal my geloof net aanvul
> en versterk. En dis waaroor dit op die einde van die dag gaan, nê? Die
> geloof in Jesus en God.

Ek dink nie daar is fout mee nie. Daar is nie eens fout mee as jy jou
afleidings op my van toepassing maak nie. Daar is wel fout mee as jy my
die reg ontsê om beswaar te maak teen jou toepassing van jou afleidings
op my.

>
> Doen jouself 'n guns en lees 'n bietjie van die boeke wat nie in die Bybel
> opgeneem is nie. bv. Gospel of Thomas, Gospel of Phillip, the (First)
> Apocalypse of James, the (Second) Apocalypse of James ens ens. Van hulle
> staan ook bekend as die Gnostic Gospels en eksemplare daarvan is in Egipte
> gevind rond die 1940 igs. Hulle noem dit die Nag Hammadi tekste...

Daar is tonne boeke wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Die Egiptiese
Boek van die Dooies is een, en so ook die Odissee. Satanic Verses is
nog een - en Faust en Lady Chatterly's Lover ens.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25499 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Aug 1999 17:48:51 GMT, @sympatico.ca wrote:

| So, die "Bybel" is halfpad 'n Joodse geskrif, en het niks te doenmet
|die boodskap van Christus nie.

Vir iemand wat vertel uit hoeke Christelike huis sy grootgeword het, het jy maar
'n baie skewe begrip van die godsdiens - 'n baie gebrekkige opinie van die
Christendom en sy volgelinge.

| Hoekom noem jy die Ou Testament
|die Bybel? Dis alleen as jy die Bybel in die regte perspektief sien, soos
|wanneer Northrop Frye dit die "Great Code" noem, dat jy kan begin
|ontsyfer wat daarin van belang is.

Defnitief nie! God se Woord (die Bybel) is maar een van Sy manifestasies op
aarde waardeur Hy hom aan ons openbaar. En dis gelukkig baie eenvoudiger as wat
jy dit hier probeer maak - die Bybel is vir almal verstaanbaar, nie net die wat
dit in Frye se perspektief sien nie. Die Bybel is eenvoudig en ongekompliseerd.

Netsoos Christenwees ook nie gekompliseerd is nie. En die Bybel sê ook boonop
dat 'n mens hierdie strydvae moet vermei - dit het niks met jou of jou medemens
se saligheid of die verheerliking van God te doen nie.

|Om die Ou en Nuwe Testament
|te verhef tot die enigste boek wat van geestelike dinge praat, beteken
|dat jy 'n kult beoefen, met die gees politiek speel.
|
As 'n Christen sonder 'n Bybel op 'n strand uitspoel, sou hy slegs een van sy
bonusse kwyt wees, maar hy sal nog baie ander openbaringe van God hê om hom te
lei.
Re: God IS goed! [boodskap #25500 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> In article ,
> "Neels Kriek" wrote:
>> -----BEGIN PGP SIGNED MESSAGE-----
>> Hash: SHA1
>>
>> Leendert van Oostrum wrote in message
>> ...
>> [snip]
>>>
>>> In die geval van CS Lewis het hy, as ateistiese letterkundige, juis
>>> die ooreenkomste tussen die verskillende gelowe bestudeer - en hom
>>> op grond daarvan tot die Christendom bekeer.
>>
>> Leendert, 'n vraag wat ek hier het : Hoe seker is jy dat hy OP GROND
>> van sy kennis van ander gelowe tot christendom bekeer is?
>
> Dit is hoe ek sy outobiografiese materiaal verstaan. (Die enigste geval
> waarvan ek weet van iemand wat op grond van die algemene openbaring tot
> bekering gekom het.) Het jy 'n ander perspektief?
>
>> Hierdie is
>> nie 'n aanval op jou stelling nie maar net 'n vraag.
>
> :-))) Dis net party mense teenoor wie ek so liggeraak is!
>

Jy bedoel seker party mense se menings... of is jy maar van nature so
"biased"

> Groete, Leendert
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25501 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Brei bietjie meer uit oor 'caritas'? Dis tog 'n Katoliek term dan nie?

Ja, die Latynse benaming vir wat ons as net een woord ken - liefde. Caritas
is nie amor nie. Caritas is daardie liefde wat jou naaste eerste stel, alhoewel

mens ook caritas teenoor jouself moet beoefen. Dit roer my dat Boeddhiste
in hulle visualisasies oefeninge het vir die ontwikkeling van caritas. En dat
hulle, by hulle feesmale, kos uitsit vir die voels en diere buite - selfs in
die
middel van die winter.

Gloudina
Re: God IS goed! [boodskap #25502 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotter  is tans af-lyn  Pijotter
Boodskappe: 107
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

het jy miskien 'n paar verwysings na boeke wat ek kan opsoek, ek vind dit
naamlik heel interesant?

Dank by voorbaad
Pieter

@sympatico.ca wrote in message
...
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Maar ek is tog ge-interesseerd in meer besonderhede van hierdie
>> bewering van jou (as dit meer behels as verwysings na die invloed van
>> Plato en Aristoteles op die Middeleeuse Kerk).
>
> Dis baie meer diepgaande as dit. Die Grieke se invloed op die denkevan die
> Weste was dit: hullet die westerse mens gedwing het in 'n
> manier van dink wat dualisties en materialisties is. (Daar was Griekse
> filosowe wat nie so gedink het nie, maar hulle stemme is gestil en die
> wetenskaplike materialiste het die stryd gewen.) Nou sit moderne
> Christendom met die erfenis: daar is 'n wereld hier wat ondermaans en
> geval en vol sonde is, en daar is 'n God en 'n hemel wat nie so is nie.
> Maar waar is dit gesetel? Up in the sky somewhere? Baie ander
> godsdienste is nie in so 'n hoek ingeverf nie. Later verduidelik ek vir
> jou ook watter groot invloed die Midde-Oosterse natuurgodsdienste
> op die Ou en Nuwe Testament se denke gehad het.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: God IS goed! [boodskap #25503 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Aug 1999 01:52:30 GMT, @sympatico.ca wrote:

|> Sou jy dan sê dat God in sy almagtigheid verskillende vorme kan aannn=
|eem om vir
|> verskillende mense op verskillende maniere vergifnis van sonde te gee?
|
|Ek is nie in staat om vir jou te vertel wat "God" kan en nie kan doennie.=

Jy het net gesê hy kan nie die enigste een wees wat vergewe van sonde
nie.
Re: God IS goed! [boodskap #25504 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Aug 1999 17:55:29 GMT, @sympatico.ca wrote:

| Dit roer my dat Boeddhiste
|in hulle visualisasies oefeninge het vir die ontwikkeling van caritas. En dat
|hulle, by hulle feesmale, kos uitsit vir die voels en diere buite - selfs in
|die
|middel van die winter.
|
Is nie uniek aan die Boedisme nie - my Ouma het altyd van haar tafel se kos
buite vir die voels gegee en vandaar het ek en my vrou die gewoonte aangeleer om
nooit voels van die vrugte bome of van die groente tuin af te verwilder nie -
ons sê altyd dis die engele se deel (menende die voels sal dit kom eet).

Hier by ons huidige kerk ken ek ook 'n ouerige dame by wie ek al aan huis was,
wat vir die voels kos uitgesit het en daarmee saam so in die tuin in gesê het:
"While I have food, you will not go hungry!"
Re: God IS goed! [boodskap #25505 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> On Mon, 23 Aug 1999 20:17:14 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |Nee, Lou, jy is verkeerd as jy konstateer dat enige persoon watglo dat
> |sondes deur Christus se kruisiging en opstanding vergewe is,
> |per definisie moet glo dat ander godsdienste "verkeerd" is.Al wat
> |die Christen moet glo, met sy hele hart en siel, is dat daar vergifnis is
> |in die liefdedaad wat Christus betoon het deur sy lewe af te lê vir
> |die sondes van die mensdom. In hierdie geloofsdaad is sy redding.
> |In ander dade in ander "godsdienste" is daar redding vir die siel.
> |As jy anders glo, speel jy politiek met die Christelike boodskap
> |van caritas.
> |

> Sou jy dan sê dat God in sy almagtigheid verskillende vorme kan aannneem om vir
> verskillende mense op verskillende maniere vergifnis van sonde te gee?

Ek is nie in staat om vir jou te vertel wat "God" kan en nie kan doennie. Ek is nie
so seker dat ek "God" kan definieer nie. Ek is veral
versigtig wanneer ek met Protestante oor "God" praat, want hulle het
gewoonlik baie nou omskrewe riglyne waarbinne "God" moet
opereer, anders is hy skielik nie meer "God" nie. Maar om jou vraag
te antwoord, daar is baie verskillende maniere waarop mense dwarsoor
die wereld voel dat hulle vergifnis van hulle "sondes" kan kry. In die
Christelike tradisie is die aksent op die "gevoel" - daar is ander
tradisies wat baie meer aksent plaas op die wil of die intellek. Maar
in alle tradisies is die einddoel lyk dit vir my dieselfde.

Gloudina
Re: God IS goed! [boodskap #25506 is 'n antwoord op boodskap #25368] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Ek stem nie saam nie Gloudina. Die Bybel se duidelik dat jy slegs 'n
> enkel God kan dien, as jy twyfel of die 'god' wat jy dien die regte een
> is dan 'glo' jy dood eenvoudig nie!! Daar kan du sslegs een Godsdiens
> wees en jy (jou siel dus) kan slegs gered word deur volkome geloof in
> God die Vader, Sy seun Jesus Christus se geboorte, kruisiging, dood en
> opstanding en die werking van Sy Heilige Gees soos beskryf in die Bybel.

So, die "Bybel" is halfpad 'n Joodse geskrif, en het niks te doenmet
die boodskap van Christus nie. Hoekom noem jy die Ou Testament
die Bybel? Dis alleen as jy die Bybel in die regte perspektief sien, soos
wanneer Northrop Frye dit die "Great Code" noem, dat jy kan begin
ontsyfer wat daarin van belang is. Om die Ou en Nuwe Testament
te verhef tot die enigste boek wat van geestelike dinge praat, beteken
dat jy 'n kult beoefen, met die gees politiek speel.

Gloudina

>
Re: God IS goed! [boodskap #25526 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> lou wrote:
>
>> Brei bietjie meer uit oor 'caritas'? Dis tog 'n Katoliek term dan
nie?
>
> Ja, die Latynse benaming vir wat ons as net een woord ken - liefde. Caritas
> is nie amor nie. Caritas is daardie liefde wat jou naaste eerste stel, alhoewel
>
> mens ook caritas teenoor jouself moet beoefen.

Nee. Die Christelike caritas is gegrond in die Goddelike opdrag "jy
moet jou naaste liefhê soos jouself".

In hierdie konsep is die liefde vir die self die model van die liefde
van die gelowige vir ander moet betoon.

Daar is hoegenaamd geen sprake daarvan dat die naaste "eerste" gestel
moet word nie.

Dit is waarom die Christelike caritas onvolkome is sonder Christelike
geregtigheid (want God is nie bloot "goed" nie - God is getrou _en_
regverdig).

Caritas sonder geregtigheid word so dikwels eiegeregtigheid - ons het
voorbeelde hiervan gehad in 'n onlangse gesprek oor aborsie en
euthanasie. Mens vind dit dikwels waar die beoefenaar van "caritas"
kort voor lank beter weet wat goed is vir die objek van sy/haar
"caritas" as die slagoffer [sic] self.

> Dit roer my dat Boeddhiste
> in hulle visualisasies oefeninge het vir die ontwikkeling van caritas. En dat
> hulle, by hulle feesmale, kos uitsit vir die voels en diere buite - selfs in
> die
> middel van die winter.

Middel van die winter is _juis_ die tyd wat diere dit die moeilikste
vind om kos te kry, Gloudina.

En: die voer van wilde diere is in baie opsigte _juis_ 'n voorbeeld van
hoe onwys dit is om "caritas" te beoefen sonder geregtigheid. Want kort
voor lank neem die ekologie dan oor met sy eie vorm van geregtigheid.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: God IS goed! [boodskap #25527 is 'n antwoord op boodskap #25368] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Daar kan du sslegs een Godsdiens
> wees

Wat van meer as een miljard mense wat in China gebore is ? Was hulle bloot
so onfortuinlik om daar gebore te word en nie die "enige regte godsdiens" te
ken nie ??
En wie is die gelukkiges wat die ene godsdiens wel ken ? Is die katolieke
daarby ? Die anglikane ? Die boediste ? ens, ens. Of is al daardie mense
gedoem om in die hel te brand ... as die hel bestaan, natuurlik.
Ek wonder of iemand 'n sinnige antwoord op hierdie vrae kan gee.
Hilda.
lou schreef in berichtnieuws
37C25B10.44B2@hotmail.dinges.com...
> @sympatico.ca wrote:
>>
>> lou wrote:
>>
>>> Per definisie - as jy glo dat God die enige God is en dat jou sondes
>>> deur Jesus Christus se Kruisiging, dood en opstanding vergewe is, dan
>>> glo jy dat ander 'godsdienste' verkeerd is. Die twee is nie versoenbaar
>>> nie en is uitsluitend - of jy glo in die Christelike leer of glo jy ook
>>> in dat daar ander gode is.
>>
>> Nee, Lou, jy is verkeerd as jy konstateer dat enige persoon watglo dat
>> sondes deur Christus se kruisiging en opstanding vergewe is,
>> per definisie moet glo dat ander godsdienste "verkeerd" is.Al wat
>> die Christen moet glo, met sy hele hart en siel, is dat daar vergifnis is
>> in die liefdedaad wat Christus betoon het deur sy lewe af te lê vir
>> die sondes van die mensdom. In hierdie geloofsdaad is sy redding.
>> In ander dade in ander "godsdienste" is daar redding vir die siel.
>> As jy anders glo, speel jy politiek met die Christelike boodskap
>> van caritas.
>>
>> Gloudina
>
> Ek stem nie saam nie Gloudina. Die Bybel se duidelik dat jy slegs 'n
> enkel God kan dien, as jy twyfel of die 'god' wat jy dien die regte een
> is dan 'glo' jy dood eenvoudig nie!! Daar kan du sslegs een Godsdiens
> wees en jy (jou siel dus) kan slegs gered word deur volkome geloof in
> God die Vader, Sy seun Jesus Christus se geboorte, kruisiging, dood en
> opstanding en die werking van Sy Heilige Gees soos beskryf in die Bybel.
>
> As jy andersins glo dan is jy in Christelike terme 'n ongelowige en jy
> sal ook sien dat meeste 'godsdienste' dit ook so het bv. Protestants,
> Moslem, Joods, Katoliek. Ek het nie werklik 'n idee oor die boedisme nie
> maar ek kan nie sien dat hulle glo dat jy twee gode kan dien nie.
>
> Ek stem egter met jou saam die kerk te belangrik probeer wees, dit gaan
> nie slegs oor die dien van God nie maar oor die belangrikheid van die
> kerk en sy ampsdraers. Dan eindig ons op soos die situasie waar die kerk
> vandag sê apartheid is reg en more is dit verkeerd, of waar 'n mens -
> soos die maagd Maria in die Katolieke Kerk - to 'n godelikheid verhoog
> word. Net 'n laaste - moenie dat die werke van die mense in die kerk en
> in die naam van God - bv. soos in jou verwysings na die protestantse
> kerk - jou van God wegdryf nie.
>
> Brei bietjie meer uit oor 'caritas'? Dis tog 'n Katoliek term dan nie?
Vorige onderwerp: Is geloof alleen genoeg?
Volgende onderwerp: Dankie Katolieke Kerk en Pous Johannes Paulus II
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:18:08 MGT 2024