Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Biltong
Biltong [boodskap #19595] Di, 08 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Interesante feit:
So 'n twee jaar terug, het 'n soektog van Alta Vista na "Biltong" net
23 verwysings opgelewer. Nou is dit al 1131, met 'n groot persentasie
in die buiteland.

My eie biltongmaker is al besig met die derde lot biltong van die
winter!
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Biltong [boodskap #19604 is 'n antwoord op boodskap #19595] Wo, 09 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 09 Dec 1998 21:40:08 +0800, Alwyn Nel said the following:
|Ek het nog nooit geglo aan 'n "biltong maker" nie. Dit proe net nie
|dieselfde nie. Die lekkerste biltong is nog die vleisies wat gehang word
|sonder enige kunsmatige temperatuur aanpassing en droogmaak metodes.

Jammer as ek nou die ding heeltemaal te fancy laat klink het.

Ons sit hier met hoë humiditeit in die somer en in die winter verdroog
die lugversorging die lug so dat ons moet die hulp inroep van 'n
"humidifier". Dit maak my maar half bang om biltong netso op te hang
- my garage word nie deur die lugversorging bedien nie, so in die
somer moet jy hom binne hang en in die winter sal die vleis vries lank
voor hy droog word.

Laas jaar in ons "apartment" het ek toe sommer in een van die
spaarkamer se klerekaste een van daardie plat "box fans" bo-op die
draadrak neergesit dat hy afwaai en die biltong is onder hom aan die
rak gehang.

Nou is ons in ons eie huis en mammie weier om 'n rak in een van die
in-stap-affêres af te staan. Toe het ek maar belê in 'n staanrakkie
- ek dink in SA is hulle verkoop as 'n Alfa sisteem - net 'n raam met
draad mandjies wat daarin gly. Hy is hoog genoeg dat ek drie stelle
biltong onder mekaar kan hang en die boks fên word bo-op hom neergesit
sodat dit weer af waai oor die biltong. Ek het fotos op my kamara vir
my webblaaie wat seker binne so 'n paar weke ontwikkel sal wees.

My seuns het nou 'n groot karton geverf waarmee ek die sye kan toevou
net om die lugvloei meer te konsentreer.

So, daar is niks lugverwarming of iets betrokke nie, net eenvoud.

Terloops, ouens in die VSA moet onthou jy kan nou hier by al die
winkels biltong haakies te koop kry: die stewiger draadjies wat
gebruik word om ornamente aan 'n kersboom op te hang.

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Biltong [boodskap #19605 is 'n antwoord op boodskap #19595] Wo, 09 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hier in Australië mis ek my biltong vreeslik. Jy kan wel by Myers instap
en 'n stukkie kies uit 'n oer oue versameling maar die "jerky" label maak
my skoon naar. En hy's horing droog.

Ek het nog nooit geglo aan 'n "biltong maker" nie. Dit proe net nie
dieselfde nie. Die lekkerste biltong is nog die vleisies wat gehang word
sonder enige kunsmatige temperatuur aanpassing en droogmaak metodes. Julie
maand in SA, draadjies gespan oor die dakkappe in die garage, hoog genoeg
dat die honde nie kan opspring nie.... want jy los die garagedeur oop vir
die luggie om deur te trek. Dis mos biltong!

Johan wrote:

> Interesante feit:
> So 'n twee jaar terug, het 'n soektog van Alta Vista na "Biltong" net
> 23 verwysings opgelewer. Nou is dit al 1131, met 'n groot persentasie
> in die buiteland.
>
> My eie biltongmaker is al besig met die derde lot biltong van die
> winter!
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Biltong [boodskap #19614 is 'n antwoord op boodskap #19595] Vr, 11 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Alwyn Nel wrote in message ...
> Hier in Australië mis ek my biltong vreeslik. Jy kan wel by Myers instap
> en 'n stukkie kies uit 'n oer oue versameling maar die "jerky" label maak
> my skoon naar. En hy's horing droog.
>

G'Day Alwyn,

Jy sit mos hier in Perth waar ek ook is. Het jy al n' draai by Paul van der
Merwe se slaghuis in Warick Grove winkel kompleks in Warick gemaak. Daar kry
jy die beslis baie lekkerder bilton as die "jerky" wat jy ten duurste voor
betaal by Myers.

Buiten biltong kan jy die beste boerewors in die wereld (vars of droog) koop
by Paul en daarby word jy nog ook baie vriendelik in Afrikaans bedien. Tien
teen een sal daar ander Afrikaners ook wees en dan word daar somer lekker
gesels ook.

O ja! hulle verkoop ook die lekkerste koeksisters.

Catch ya later mate!

Sluiper.
Re: Biltong [boodskap #25303 is 'n antwoord op boodskap #19595] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Aug 1999 23:55:15 GMT, "PAT" wrote:

|en ingekoljander en opgehang vir die beste biltong ooit. Die man het toe
|glo elke tweede dag of so gou gaan check of dit al reg is, en toe die
|biltong eindelik (na seker 2 maande) reg was vir eet, was daar omtrent niks
|meer oor nie :-))

Dis nou 'n slim ou hierdie! Biltong neem net omtrent tien dae om reg
te wees - afhangend van hoe jy dit wil hê. So hy het alleen die
biltong opgeeet onder die voorwendsel dat hy kyk hoe dit verder! En
toe hy alles amper klaar het, verklaar hy dit reg - na twee maande!

Na twee maande sal dit so droog wees soos die wat iemand vroeër
beskryf het sy ma met die byl se agterkant fyn gestamp het. My ouma
het dit ook gedoen - sy was 'n woonstel bewoner en sy het 'n hamer
gebruik op die voordeur se steppie waar sy gereken het sy nie so baie
raas vir die mense onder nie.
Re: Biltong [boodskap #25304 is 'n antwoord op boodskap #19595] So, 15 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het weer gesoek na die Leipoldt stuk oor Biltong en al wat
Altavista vir my opspoor is verwysing na die blad, maar wanneer ek
soontoe wil gaan, lyk dit of hy reeds verwyder is. Is daar iemand
hier war die stuk in die hande kan kry en dalk vir my kan fals of so
iets - selfs scan en e-mail. Ek sal bly wees.

Hier is die verwysing wat Altavista my gee:

". Leipoldt_biltong
BILTONG. uit. POLFYNTJIES VIR DIE PROE. deur. C. Louis Leipoldt. 26
November 1943. As D I E langverwagte Groot Afrikaanse Woordeboek
verskyn, sal ons...
URL: www.iafrica.com.na/biltongfees/Leipoldt_biltong.html
Last modified 28-Jul-98 - page size 8K - in Dutch"
Re: Biltong [boodskap #89948 is 'n antwoord op boodskap #19595] Wo, 04 Februarie 2004 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
uit te neem nie?
--
Annette

"bolander" skryf in boodskap news:4020BFD7.6080909@miami.net...
> Net voor die SAL vlugte in Miami of Atlanta land word daar 'n
> aankondiging gemaak dat dit uiters onwettig is om biltong en droe wors
> in die VSA in te bring en dit kan lei tot baie ernstige gevolge. Meeste
> SA passasiers het mos sulke produkte saamgebring as padkos of om aan
> vriende te gee maar net daar word dit uit die bagasie uithgehaal en op
> die sitplekke agtergelaat. En ja terwyl jy vir jou bagasie wag is daar
> 'n persoon wat met 'n klein beagle ronstap en die' snuffel in al wat 'n
> sak is . Die hond is ewe geklee in 'n soort uniform met die letters USDA
> groot daarop geskrywe.
>
> Raai wat? Die SAL 'crew' eet hulle dik aan biltong en wors vir die paar
> dae wat hulle daar in die VSA oorbly.
>

------------------------------------------------------------ ----------------
----
Re: Biltong [boodskap #89956 is 'n antwoord op boodskap #89948] Wo, 04 Februarie 2004 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet wat ek sou doen.....f.k Amerika en vat al die biltong!

"Annette" skryf in boodskap news:bvqjjq$38a$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
> uit te neem nie?
> --
> Annette
> "bolander" wrote in message
> news:4020BFD7.6080909@miami.net...
>> Net voor die SAL vlugte in Miami of Atlanta land word daar 'n
>> aankondiging gemaak dat dit uiters onwettig is om biltong en droe wors
>> in die VSA in te bring en dit kan lei tot baie ernstige gevolge. Meeste
>> SA passasiers het mos sulke produkte saamgebring as padkos of om aan
>> vriende te gee maar net daar word dit uit die bagasie uithgehaal en op
>> die sitplekke agtergelaat. En ja terwyl jy vir jou bagasie wag is daar
>> 'n persoon wat met 'n klein beagle ronstap en die' snuffel in al wat 'n
>> sak is . Die hond is ewe geklee in 'n soort uniform met die letters USDA
>> groot daarop geskrywe.
>>
>> Raai wat? Die SAL 'crew' eet hulle dik aan biltong en wors vir die paar
>> dae wat hulle daar in die VSA oorbly.
>>
>
>
> ------------------------------------------------------------ -------------- --
> ----
>
Re: Biltong [boodskap #89958 is 'n antwoord op boodskap #89948] Wo, 04 Februarie 2004 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
> uit te neem nie?
> --
> Annette

Waneer laas het jy SAL gevlieg? daardie affirmatives wat op die vliegtuig
werk is nie baie aangenaamse mense nie.

Met my trippie SA toe laas week het ek oor London gevlieg. Die British
Airways "Flight Crew" was wonderlik

Hoekom vlieg die Bokke met BA en nie SAL nie?
Re: Biltong [boodskap #89959 is 'n antwoord op boodskap #89956] Wo, 04 Februarie 2004 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Ek weet wat ek sou doen.....f.k Amerika en vat al die biltong!

Sien jy wat ek bedoel, die afrikaners staan nooit saam nie. Sal mekaar vir
'n bietjie biltong bedonner!!!
Re: Biltong [boodskap #89962 is 'n antwoord op boodskap #89958] Wo, 04 Februarie 2004 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek vlieg al sedert 1987 nie meer SAL nie - so ek het nie 'n ingeligte mening
oor SAL nie;))
--
Annette

"Glucklich" skryf in boodskap news:Gb5Ub.4467$qK3.390@bignews3.bellsouth.net...
>> Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
>> uit te neem nie?
>> --
>> Annette
>
> Waneer laas het jy SAL gevlieg? daardie affirmatives wat op die vliegtuig
> werk is nie baie aangenaamse mense nie.
>
> Met my trippie SA toe laas week het ek oor London gevlieg. Die British
> Airways "Flight Crew" was wonderlik
>
> Hoekom vlieg die Bokke met BA en nie SAL nie?
>
Re: Biltong [boodskap #89964 is 'n antwoord op boodskap #89948] Wo, 04 Februarie 2004 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bolander  is tans af-lyn  bolander
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 2004
Karma: 0
Junior Lid
Maar juis dis in die eerste plek hoekom hulle die passasiers waarsku om
dit nie saam te neem nie. Sodoende kan hulle dit vat (en ander kos van
die vliegtuig af) sodat hulle hul daglikse dollar toelag, vir etes
bedoel, kan spaar.

Annette wrote:
> Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
> uit te neem nie?
Re: Biltong [boodskap #89965 is 'n antwoord op boodskap #89964] Wo, 04 Februarie 2004 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Skelms!! Wie se hond gebruik hulle?
--
Annette

"bolander" skryf in boodskap news:4020EEF5.4050902@miami.net...
>
> Maar juis dis in die eerste plek hoekom hulle die passasiers waarsku om
> dit nie saam te neem nie. Sodoende kan hulle dit vat (en ander kos van
> die vliegtuig af) sodat hulle hul daglikse dollar toelag, vir etes
> bedoel, kan spaar.
>
> Annette wrote:
>> Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
>> uit te neem nie?
>
Re: Biltong [boodskap #89975 is 'n antwoord op boodskap #89959] Wo, 04 Februarie 2004 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weet jy hoe lekker is biltong?

"Glucklich" skryf in boodskap news:Cd5Ub.4478$qK3.2171@bignews3.bellsouth.net...
>
>
>> Ek weet wat ek sou doen.....f.k Amerika en vat al die biltong!
>
>
> Sien jy wat ek bedoel, die afrikaners staan nooit saam nie. Sal mekaar vir
> 'n bietjie biltong bedonner!!!
>
Re: Biltong [boodskap #89980 is 'n antwoord op boodskap #89959] Wo, 04 Februarie 2004 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons het mekaar al vir veel minder as biltong bedonner;))
--
Annette

"Glucklich" skryf in boodskap news:Cd5Ub.4478$qK3.2171@bignews3.bellsouth.net...
>
>
>> Ek weet wat ek sou doen.....f.k Amerika en vat al die biltong!
>
>
> Sien jy wat ek bedoel, die afrikaners staan nooit saam nie. Sal mekaar vir
> 'n bietjie biltong bedonner!!!
>
Re: Biltong [boodskap #89994 is 'n antwoord op boodskap #89980] Do, 05 Februarie 2004 05:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Stem, maar biltong is darem spesiaal. Dis nie eers 'n kwessie van dink oor
die saak nie!

"Annette" skryf in boodskap news:bvr9sg$e7f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons het mekaar al vir veel minder as biltong bedonner;))
> --
> Annette
> "Glucklich" wrote in message
> news:Cd5Ub.4478$qK3.2171@bignews3.bellsouth.net...
>>
>>
>>> Ek weet wat ek sou doen.....f.k Amerika en vat al die biltong!
>>
>>
>> Sien jy wat ek bedoel, die afrikaners staan nooit saam nie. Sal mekaar vir
>> 'n bietjie biltong bedonner!!!
>>
>
Re: Biltong [boodskap #90011 is 'n antwoord op boodskap #89975] Do, 05 Februarie 2004 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Weet jy hoe lekker is biltong?

Ek weet!!! ek het myself laas week byna dood gevreet daaraan!!

En sommer 'n groot sak vol op die liegtuig terug verslind, maar niks gelos
vir die vliegtuig "waiters" nie.
Re: Biltong [boodskap #90013 is 'n antwoord op boodskap #89965] Do, 05 Februarie 2004 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Die Skelms!! Wie se hond gebruik hulle?

En glo my 'n hond kan met biltong omgekoop word.

Gaan vra maar my suster in Bloemfontein. Haar worshond wil wou my elke keer
as ek die deur instap verskeur, todat ek hom 'n paar stukkies biltong gevoer
het. Nou is ek sy beste vriend.
Re: Biltong [boodskap #90017 is 'n antwoord op boodskap #90013] Do, 05 Februarie 2004 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is hoekom ek so van honde hou - hulle het goeie smaak:)
--
Annette

"Glucklich" skryf in boodskap news:ZBqUb.9764$uS3.1227@bignews4.bellsouth.net...
>
>> Die Skelms!! Wie se hond gebruik hulle?
>
> En glo my 'n hond kan met biltong omgekoop word.
>
> Gaan vra maar my suster in Bloemfontein. Haar worshond wil wou my elke keer
> as ek die deur instap verskeur, todat ek hom 'n paar stukkies biltong gevoer
> het. Nou is ek sy beste vriend.
>
Re: Biltong [boodskap #90028 is 'n antwoord op boodskap #90011] Do, 05 Februarie 2004 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Feb 2004 07:21:58 -0500, "Glucklich" wrote:

>> Weet jy hoe lekker is biltong?
>
> Ek weet!!! ek het myself laas week byna dood gevreet daaraan!!
>
> En sommer 'n groot sak vol op die liegtuig terug verslind,

iets, kan dit nie mooi plaas nie, maar iets, sê vir my dat jy lieg

DD
Re: Biltong [boodskap #90037 is 'n antwoord op boodskap #90028] Do, 05 Februarie 2004 22:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Met een van my trippies terug Amerika toe m hele paar kaar gelede, het my pa
my n groot pak gekerfde biltong die hand ingestop op die lughawe, en nie een
van ons het onthou mens kan nie biltong inbring nie. Ek onthou toe n uur se
tyd voor ons moet land in Fort Lauderdale (of was dit Miami) dat ek nie met
biltong deur doane sou kom nie. Sit ek en die kinders toe en eet so veel as
wat ons kon, en toe ons land, stop ek die res van die pak in die
sitplekhouer.

Toe ons op die lughawe land, en ons staan en wag vir ons bagasie, kom n dame
met n Beagle hond wat die terugkerende mense snuif vir kontraband. Word
die Beagle toe vreeslik opgewonder toe hy by my kom, en die dame sê toe ek
moet al my bagasie oopmaak. Toe vertel ek haar die hele storie van die
biltong op die vliegtuig, en sy glo my toe (dat ek niks op my of in my
bagasie het nie). Die kinders was toe vreeslik skaam dat alle oë op ons
gerig was terwyl ons wag vir ons bagasie :-) Die hond was ook
terleurgesteld dat hy toe niks te ete kon kry van die biltong nie, sy stert
het heen en weer gewaai van opgewondenheid. Nou maak my vriendin se seun
dit in hulle garage, en dit smaak nes die ware jakob.

Ellie

"DD" skryf in boodskap news:cf0520tdod0g9chjveta7n1d5jeka89muf@4ax.com...
> On Thu, 5 Feb 2004 07:21:58 -0500, "Glucklich" wrote:
>
>>> Weet jy hoe lekker is biltong?
>>
>> Ek weet!!! ek het myself laas week byna dood gevreet daaraan!!
>>
>> En sommer 'n groot sak vol op die liegtuig terug verslind,
>
> iets, kan dit nie mooi plaas nie, maar iets, sê vir my dat jy lieg
>
> DD
>
Re: Biltong [boodskap #90043 is 'n antwoord op boodskap #90017] Vr, 06 Februarie 2004 05:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek julle vertel, honde is nie dom nie. In my dae in die RSA het ons
altyd Saterdag biltong gaan koop by Groenkloof vir die rugby die middag.
Kom ons by die huis, dan het die Weimers al klaar die reuk gekry. Om hul
opgewondenheid te tem, dan vat ek die biltong en gaan sit dit in 'n kas in
die slaapkamer en stap kombuis toe. Die honde is later uit op die gras.
Toe ek sien hulle is doer agter in die erf [het 'n ½akker erf gehad] toe
sluip ek kamer toe om darem net so 'n snytjie van die biltong te proe.....is
ook maar lus, sien? Toe ek aan daai papiersak vat en afkyk, toe sien ek
twee pare geel oë wat vir my kyk met wikkelende sterte!
Vandag is dit steeds so. Sit 'n ekstra stuk steak of iets in die
yskas na ete en daai hond sal bly sukkel en vra tot daai stuk vleis of
opgeëet word of hy sy regmatige [volgens sy opinie die grootste deel] gekry
het...

"Annette" skryf in boodskap news:bvtg78$lqd$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit is hoekom ek so van honde hou - hulle het goeie smaak:)
> --
> Annette
> "Glucklich" wrote in message
> news:ZBqUb.9764$uS3.1227@bignews4.bellsouth.net...
>>
>>> Die Skelms!! Wie se hond gebruik hulle?
>>
>> En glo my 'n hond kan met biltong omgekoop word.
>>
>> Gaan vra maar my suster in Bloemfontein. Haar worshond wil wou my elke keer
>> as ek die deur instap verskeur, todat ek hom 'n paar stukkies biltong gevoer
>> het. Nou is ek sy beste vriend.
>>
>
Re: Biltong [boodskap #90051 is 'n antwoord op boodskap #90043] Vr, 06 Februarie 2004 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My woefies kry hulle stukkie biltong as ek koop, wat maar min gebeur want ek
kry nêrens in hierdie gat lekker biltong nie. So twee weke terug het ek vis
gebak en die oorblywende stukkies in die yskas gebêre (soos mens maar maak),
later die aand haal ek die melk uit die yskas vir koffie, en manlief skrou
so in die gang af dat ek sommer vir hom die vissie moet warm maak. Ek buk
af om die vissie uit te haal en dis weg - ek kyk om na die honde en daar
staan hulle nog en lippe aflek! Ek het nie eers gesien hulle het die vis
sommer so uit die yskas gesteel nie. Die chow het ook nou slim geword en
het geleer hoe hom kaste oop te maak. Alle kos wat in die onderste kaste
was moes na hoër rakke geskyf word, want hy't homself al siek gevreet aan
lekker "gesonde" kos soos droë vrugte :-)) Hy's ook nie suining nie - alles
wat hy steel word met die kollie gedeel :))

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:402328e3.0@news1.mweb.co.za...
> Laat ek julle vertel, honde is nie dom nie. In my dae in die RSA het ons
> altyd Saterdag biltong gaan koop by Groenkloof vir die rugby die middag.
> Kom ons by die huis, dan het die Weimers al klaar die reuk gekry. Om hul
> opgewondenheid te tem, dan vat ek die biltong en gaan sit dit in 'n kas in
> die slaapkamer en stap kombuis toe. Die honde is later uit op die gras.
> Toe ek sien hulle is doer agter in die erf [het 'n ½akker erf gehad] toe
> sluip ek kamer toe om darem net so 'n snytjie van die biltong te proe.....is
> ook maar lus, sien? Toe ek aan daai papiersak vat en afkyk, toe sien ek
> twee pare geel oë wat vir my kyk met wikkelende sterte!
> Vandag is dit steeds so. Sit 'n ekstra stuk steak of iets in die
> yskas na ete en daai hond sal bly sukkel en vra tot daai stuk vleis of
> opgeëet word of hy sy regmatige [volgens sy opinie die grootste deel] gekry
> het...
Re: Biltong [boodskap #90052 is 'n antwoord op boodskap #90051] Vr, 06 Februarie 2004 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe ver is jy van Pretoria af? Groenkloof slaghuis so naby die SABS doer
in die skaduwee van die Unisa gebou. Beste biltong en beste boerewors.
Wat dink jy van 'n Weimeraner wat sy lus nie kon beteuel toe hy die
springboknek so op die tafel sien lê nie? hy haal hom af en gaan sit op
die stoep sy skuins teen die muur. Dan loer hy met sy geel oë so vir my en
as ek vir hom sê hy moet die vleis teruggee, dan draai hy net sy kop weg.
As ek maak of ek hom gaan boks, dan knyp hy net sy oë styf toe, maar los
daai vleis? Nie maklik nie! Daai einste reunhond se kind toe hy so 'n
opgeskote bulletjie al was, dwaal eendag in die kombuis rond en my suster
het van hierdie bierbrode gebak.....met die kaas bo-op. Weimer-seun het
toe gegaan en al op die kant van die kombuiskas af die naaste rand van die
hele brood so oor sy lengte fyntjies afgekou! Net die korsie. Ek was so
beïndruk met sy vaardigheid dat ek net kon lag.....die bakster was minder
beïndruk!

"Elaine" skryf in boodskap news:bvvlhc$rn0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My woefies kry hulle stukkie biltong as ek koop, wat maar min gebeur want ek
> kry nêrens in hierdie gat lekker biltong nie. So twee weke terug het ek vis
> gebak en die oorblywende stukkies in die yskas gebêre (soos mens maar maak),
> later die aand haal ek die melk uit die yskas vir koffie, en manlief skrou
> so in die gang af dat ek sommer vir hom die vissie moet warm maak. Ek buk
> af om die vissie uit te haal en dis weg - ek kyk om na die honde en daar
> staan hulle nog en lippe aflek! Ek het nie eers gesien hulle het die vis
> sommer so uit die yskas gesteel nie. Die chow het ook nou slim geword en
> het geleer hoe hom kaste oop te maak. Alle kos wat in die onderste kaste
> was moes na hoër rakke geskyf word, want hy't homself al siek gevreet aan
> lekker "gesonde" kos soos droë vrugte :-)) Hy's ook nie suining nie - alles
> wat hy steel word met die kollie gedeel :))
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:402328e3.0@news1.mweb.co.za...
>> Laat ek julle vertel, honde is nie dom nie. In my dae in die RSA het ons
>> altyd Saterdag biltong gaan koop by Groenkloof vir die rugby die middag.
>> Kom ons by die huis, dan het die Weimers al klaar die reuk gekry. Om hul
>> opgewondenheid te tem, dan vat ek die biltong en gaan sit dit in 'n kas in
>> die slaapkamer en stap kombuis toe. Die honde is later uit op die gras.
>> Toe ek sien hulle is doer agter in die erf [het 'n ½akker erf gehad] toe
>> sluip ek kamer toe om darem net so 'n snytjie van die biltong te proe.....is
>> ook maar lus, sien? Toe ek aan daai papiersak vat en afkyk, toe sien ek
>> twee pare geel oë wat vir my kyk met wikkelende sterte!
>> Vandag is dit steeds so. Sit 'n ekstra stuk steak of iets in die
>> yskas na ete en daai hond sal bly sukkel en vra tot daai stuk vleis of
>> opgeëet word of hy sy regmatige [volgens sy opinie die grootste deel] gekry
>> het...
>
Re: Biltong [boodskap #90053 is 'n antwoord op boodskap #90052] Vr, 06 Februarie 2004 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's amper 200km van Pretoria af - en ek gaan nie so ver ry net vir biltong
nie. In Midrand is daar 'n BP garage wat die lekkerste koedoe droëwors in
hulle shoppie verkoop. Ongelukkig bly ek nou so bietjie ver van Midrand af.
Iemand moet 'n boek skryf oor al hierdie verskillende "hond" stories, ek
vind dit vreeslik amusant. Ons is kwaad vir hulle as hulle ons kos steel,
maar later wil ons, ons doodlag vir hulle en vertel die hele wêreld en almal
wat wil luister wat ons honde gedoen het.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40236688.0@news1.mweb.co.za...
> Hoe ver is jy van Pretoria af? Groenkloof slaghuis so naby die SABS doer
> in die skaduwee van die Unisa gebou. Beste biltong en beste boerewors.
> Wat dink jy van 'n Weimeraner wat sy lus nie kon beteuel toe hy die
> springboknek so op die tafel sien lê nie? hy haal hom af en gaan sit op
> die stoep sy skuins teen die muur. Dan loer hy met sy geel oë so vir my en
> as ek vir hom sê hy moet die vleis teruggee, dan draai hy net sy kop weg.
> As ek maak of ek hom gaan boks, dan knyp hy net sy oë styf toe, maar los
> daai vleis? Nie maklik nie! Daai einste reunhond se kind toe hy so 'n
> opgeskote bulletjie al was, dwaal eendag in die kombuis rond en my suster
> het van hierdie bierbrode gebak.....met die kaas bo-op. Weimer-seun het
> toe gegaan en al op die kant van die kombuiskas af die naaste rand van die
> hele brood so oor sy lengte fyntjies afgekou! Net die korsie. Ek was so
> beïndruk met sy vaardigheid dat ek net kon lag.....die bakster was minder
> beïndruk!
Re: Biltong [boodskap #90054 is 'n antwoord op boodskap #90053] Vr, 06 Februarie 2004 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
......en is honne nie baie interessanter as mense nie? Daar kón nie iets
soos 'n Gloudina-hond wees nie.....

"Elaine" skryf in boodskap news:bvvrh0$4fv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek's amper 200km van Pretoria af - en ek gaan nie so ver ry net vir biltong
> nie. In Midrand is daar 'n BP garage wat die lekkerste koedoe droëwors in
> hulle shoppie verkoop. Ongelukkig bly ek nou so bietjie ver van Midrand af.
> Iemand moet 'n boek skryf oor al hierdie verskillende "hond" stories, ek
> vind dit vreeslik amusant. Ons is kwaad vir hulle as hulle ons kos steel,
> maar later wil ons, ons doodlag vir hulle en vertel die hele wêreld en almal
> wat wil luister wat ons honde gedoen het.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40236688.0@news1.mweb.co.za...
>> Hoe ver is jy van Pretoria af? Groenkloof slaghuis so naby die SABS doer
>> in die skaduwee van die Unisa gebou. Beste biltong en beste boerewors.
>> Wat dink jy van 'n Weimeraner wat sy lus nie kon beteuel toe hy die
>> springboknek so op die tafel sien lê nie? hy haal hom af en gaan sit op
>> die stoep sy skuins teen die muur. Dan loer hy met sy geel oë so vir my en
>> as ek vir hom sê hy moet die vleis teruggee, dan draai hy net sy kop weg.
>> As ek maak of ek hom gaan boks, dan knyp hy net sy oë styf toe, maar los
>> daai vleis? Nie maklik nie! Daai einste reunhond se kind toe hy so 'n
>> opgeskote bulletjie al was, dwaal eendag in die kombuis rond en my suster
>> het van hierdie bierbrode gebak.....met die kaas bo-op. Weimer-seun het
>> toe gegaan en al op die kant van die kombuiskas af die naaste rand van die
>> hele brood so oor sy lengte fyntjies afgekou! Net die korsie. Ek was so
>> beïndruk met sy vaardigheid dat ek net kon lag.....die bakster was minder
>> beïndruk!
>
Re: Biltong [boodskap #90055 is 'n antwoord op boodskap #90053] Vr, 06 Februarie 2004 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net 200km? Vir lekker biltong? 'n Bargain!!

"Elaine" skryf in boodskap news:bvvrh0$4fv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek's amper 200km van Pretoria af - en ek gaan nie so ver ry net vir biltong
> nie. In Midrand is daar 'n BP garage wat die lekkerste koedoe droëwors in
> hulle shoppie verkoop. Ongelukkig bly ek nou so bietjie ver van Midrand af.
> Iemand moet 'n boek skryf oor al hierdie verskillende "hond" stories, ek
> vind dit vreeslik amusant. Ons is kwaad vir hulle as hulle ons kos steel,
> maar later wil ons, ons doodlag vir hulle en vertel die hele wêreld en almal
> wat wil luister wat ons honde gedoen het.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40236688.0@news1.mweb.co.za...
>> Hoe ver is jy van Pretoria af? Groenkloof slaghuis so naby die SABS doer
>> in die skaduwee van die Unisa gebou. Beste biltong en beste boerewors.
>> Wat dink jy van 'n Weimeraner wat sy lus nie kon beteuel toe hy die
>> springboknek so op die tafel sien lê nie? hy haal hom af en gaan sit op
>> die stoep sy skuins teen die muur. Dan loer hy met sy geel oë so vir my en
>> as ek vir hom sê hy moet die vleis teruggee, dan draai hy net sy kop weg.
>> As ek maak of ek hom gaan boks, dan knyp hy net sy oë styf toe, maar los
>> daai vleis? Nie maklik nie! Daai einste reunhond se kind toe hy so 'n
>> opgeskote bulletjie al was, dwaal eendag in die kombuis rond en my suster
>> het van hierdie bierbrode gebak.....met die kaas bo-op. Weimer-seun het
>> toe gegaan en al op die kant van die kombuiskas af die naaste rand van die
>> hele brood so oor sy lengte fyntjies afgekou! Net die korsie. Ek was so
>> beïndruk met sy vaardigheid dat ek net kon lag.....die bakster was minder
>> beïndruk!
>
Re: Biltong [boodskap #90058 is 'n antwoord op boodskap #90054] Vr, 06 Februarie 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Honde is beslis lojaler, liefdevoller en vriendeliker as baie mense wat ek
ken. Ek verkies ook my honne se geselskap bo baie mense s'n.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:402383ba.0@news1.mweb.co.za...
> ......en is honne nie baie interessanter as mense nie? Daar kón nie iets
> soos 'n Gloudina-hond wees nie.....
Re: Biltong [boodskap #90059 is 'n antwoord op boodskap #90055] Vr, 06 Februarie 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat ek dinkie so nie.

"Suidwester" skryf in boodskap news:402383ec.0@news1.mweb.co.za...
> Net 200km? Vir lekker biltong? 'n Bargain!!
Re: Biltong [boodskap #90060 is 'n antwoord op boodskap #90051] Vr, 06 Februarie 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy het 'n slim kollie daar - laat die chow al die werk doen.
--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:bvvlhc$rn0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My woefies kry hulle stukkie biltong as ek koop, wat maar min gebeur want ek
> kry nêrens in hierdie gat lekker biltong nie. So twee weke terug het ek vis
> gebak en die oorblywende stukkies in die yskas gebêre (soos mens maar maak),
> later die aand haal ek die melk uit die yskas vir koffie, en manlief skrou
> so in die gang af dat ek sommer vir hom die vissie moet warm maak. Ek buk
> af om die vissie uit te haal en dis weg - ek kyk om na die honde en daar
> staan hulle nog en lippe aflek! Ek het nie eers gesien hulle het die vis
> sommer so uit die yskas gesteel nie. Die chow het ook nou slim geword en
> het geleer hoe hom kaste oop te maak. Alle kos wat in die onderste kaste
> was moes na hoër rakke geskyf word, want hy't homself al siek gevreet aan
> lekker "gesonde" kos soos droë vrugte :-)) Hy's ook nie suining nie - alles
> wat hy steel word met die kollie gedeel :))
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:402328e3.0@news1.mweb.co.za...
>> Laat ek julle vertel, honde is nie dom nie. In my dae in die RSA het ons
>> altyd Saterdag biltong gaan koop by Groenkloof vir die rugby die middag.
>> Kom ons by die huis, dan het die Weimers al klaar die reuk gekry. Om hul
>> opgewondenheid te tem, dan vat ek die biltong en gaan sit dit in 'n kas in
>> die slaapkamer en stap kombuis toe. Die honde is later uit op die gras.
>> Toe ek sien hulle is doer agter in die erf [het 'n ½akker erf gehad] toe
>> sluip ek kamer toe om darem net so 'n snytjie van die biltong te proe.....is
>> ook maar lus, sien? Toe ek aan daai papiersak vat en afkyk, toe sien ek
>> twee pare geel oë wat vir my kyk met wikkelende sterte!
>> Vandag is dit steeds so. Sit 'n ekstra stuk steak of iets in die
>> yskas na ete en daai hond sal bly sukkel en vra tot daai stuk vleis of
>> opgeëet word of hy sy regmatige [volgens sy opinie die grootste deel] gekry
>> het...
>
Re: Biltong [boodskap #90061 is 'n antwoord op boodskap #19595] Vr, 06 Februarie 2004 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar ja gelukkig was daar iemand om die oomblik op kamera vas te vang

"bolander" skryf in boodskap news:40237D1C.8020307@miami.net...
> Honde hou ook van......................
>
Re: Biltong [boodskap #90065 is 'n antwoord op boodskap #90059] Vr, 06 Februarie 2004 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag ja, maar dan bly julle ook in daai rookgat........hier by ons ry ons
maklik so 300-500km op 'n Sondagoggend net om rond te ry en mooi fotos te
neem. Ek's al vir 'n stuk biltong Usakos toe....soos die kraai vlieg seker
145km een kant toe waarvan 125 lekker tawwe grondpad is.....lekker.

"Elaine" skryf in boodskap news:c0030d$9td$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee wat ek dinkie so nie.
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:402383ec.0@news1.mweb.co.za...
>> Net 200km? Vir lekker biltong? 'n Bargain!!
>
Re: Biltong [boodskap #90072 is 'n antwoord op boodskap #90060] Vr, 06 Februarie 2004 17:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lui sou ek sê :))

"Annette" skryf in boodskap news:c0037v$a3p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy het 'n slim kollie daar - laat die chow al die werk doen.
> --
> Annette
Re: Biltong [boodskap #90094 is 'n antwoord op boodskap #90028] Sa, 07 Februarie 2004 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
>
>>> Weet jy hoe lekker is biltong?
>>
>> Ek weet!!! ek het myself laas week byna dood gevreet daaraan!!
>>
>> En sommer 'n groot sak vol op die liegtuig terug verslind,
>
> iets, kan dit nie mooi plaas nie, maar iets, sê vir my dat jy lieg
>
> DD
>
>

Blikemmer jy's 'n aap!!!!!

Waaroor sal ek nou lieg? Moet ek my "boarding passes" scan en vir jou stuur
sodat jy kan sien waneer ek daar galand het en waneer ek daar vertrek het.

Ongelukkig het ek nie die kwitansies gehou van al my biltong aankope nie
maar as jy nou rerig wil weet ry sommer na die plaasopstal so 15 km suid van
Ventergburg oppad Winburg toe op die N1, en gaan vra die oom daar oor my,
ek het lank met hom gestaan en gesels. Ek het R100 se gekerfde biltong & R50
se droe wors by hom gekoop oppad Bloenfontein toe, en weer R100 se gekerfde
biltong oppad terug jan Smuts toe.(sy droe wors was nie baie lekker nie).
In Bloemfontein het ek ook baie Biltong gekoop, meestal by die winkeltjie
langs die ingang van die Pick n Pay in Langenhovenpark. Rofweg so R200 se
biltong deur die week wat ek daar was maar die biltong was met die familie
gedeel.

En wat de emmer is jou probleem, is jy jaloers omdat jy nie baie gereeld 'n
stukkie biltong kry nie of wat? Onthou ek kry nog minder die geleentheid.
"And that's no l:ie"
Re: Biltong [boodskap #90095 is 'n antwoord op boodskap #90058] Sa, 07 Februarie 2004 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
> Ek verkies ook my honne se geselskap bo baie mense s'n.

Kan jy blaf?
Re: Biltong [boodskap #90097 is 'n antwoord op boodskap #90094] Sa, 07 Februarie 2004 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kalm bly Vrolik, hy het jou maar net gespot omdat liegtuig ipv vliegtuig
geskryf is;))
Niemand lieg oor biltong nie;:)
--
Annette

"Glucklich" skryf in boodskap news:SJ4Vb.12453$8a5.9023@bignews1.bellsouth.net...
>>
>>>> Weet jy hoe lekker is biltong?
>>>
>>> Ek weet!!! ek het myself laas week byna dood gevreet daaraan!!
>>>
>>> En sommer 'n groot sak vol op die liegtuig terug verslind,
>>
>> iets, kan dit nie mooi plaas nie, maar iets, sê vir my dat jy lieg
>>
>> DD
>>
>
> Blikemmer jy's 'n aap!!!!!
>
> Waaroor sal ek nou lieg? Moet ek my "boarding passes" scan en vir jou stuur
> sodat jy kan sien waneer ek daar galand het en waneer ek daar vertrek het.
>
> Ongelukkig het ek nie die kwitansies gehou van al my biltong aankope nie
> maar as jy nou rerig wil weet ry sommer na die plaasopstal so 15 km suid van
> Ventergburg oppad Winburg toe op die N1, en gaan vra die oom daar oor my,
> ek het lank met hom gestaan en gesels. Ek het R100 se gekerfde biltong & R50
> se droe wors by hom gekoop oppad Bloenfontein toe, en weer R100 se gekerfde
> biltong oppad terug jan Smuts toe.(sy droe wors was nie baie lekker nie).
> In Bloemfontein het ek ook baie Biltong gekoop, meestal by die winkeltjie
> langs die ingang van die Pick n Pay in Langenhovenpark. Rofweg so R200 se
> biltong deur die week wat ek daar was maar die biltong was met die familie
> gedeel.
>
> En wat de emmer is jou probleem, is jy jaloers omdat jy nie baie gereeld 'n
> stukkie biltong kry nie of wat? Onthou ek kry nog minder die geleentheid.
> "And that's no l:ie"
>
Re: Biltong [boodskap #90098 is 'n antwoord op boodskap #90095] Sa, 07 Februarie 2004 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Enige normale mens sal honde se geselskap bo mense s'n verkies:)
--
Annette

"Glucklich" skryf in boodskap news:MR4Vb.7800$UF1.6647@bignews6.bellsouth.net...
>> Ek verkies ook my honne se geselskap bo baie mense s'n.
>
> Kan jy blaf?
>
Re: Biltong [boodskap #90122 is 'n antwoord op boodskap #90097] So, 08 Februarie 2004 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glucklich[2]  is tans af-lyn  Glucklich[2]
Boodskappe: 93
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Hel eks somtyds lekker aan die slaap ek sien nou eers die foutjie wat ek
gemaak het met daai Vliegtuig se spelling.

Waar's die antie doen sy nie meer haar werk nie?
Re: Biltong [boodskap #90123 is 'n antwoord op boodskap #90095] So, 08 Februarie 2004 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek kan grom ook - wil jy hoor?

E

"Glucklich" wrote:
>
> Kan jy blaf?
>
Re: Biltong [boodskap #90124 is 'n antwoord op boodskap #90098] So, 08 Februarie 2004 11:46 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
:))) Ek ken baie mense wat net so gou 'n hond sal doodskop as wat hulle 'n
stuk tjoklit koek sal eet. Ek het 'n vriend gehad wat, as hy bestuur het,
vir honde gemik het en hulle probeer doodry het. Ek hou nie meer van hom
nie.

E

"Annette" skryf in boodskap news:c02pf9$ku$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Enige normale mens sal honde se geselskap bo mense s'n verkies:)
> --
> Annette
Vorige onderwerp: Max se Hoender
Volgende onderwerp: Veselperskes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 19:06:45 MGT 2024