Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Re: JESUS IS LORD
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31662 is 'n antwoord op boodskap #16438] Sa, 17 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Na my beskeie mening: Die aardrykskunde van die Bybel kan nie gebruik word
om "te verstaan wat gebeur" het nie. Die "verstaan" wat sal volg, behoort
dan mos gelykstaande wees aan die insig van die mense van eeue gelede. Die
geskiedenis is nie objektiewe geskiedskrywing nie, maar vanuit die geloofso�
van 'n Godvresende nasie. (Selfs die verhale van die uittog uit Egipte word
eensydig vertel en soos geïnterpreteer deur die gelowige gemeenskap. (Die
ervarings, politiese en ekonomiese vrese van die Egiptenare - wat hulle
feitlik hulle hele werksmag en ekonomiese krag kwyt is tydens die
uittog-gebreure word nie neergestip nie en dit hoort ook so! Dit is immers
nie Egiptiese geskiedskrywing nie. Ander verhale vertel ons van Ramses II se
dilemma met die derduisende "vreemdelinge" in die noorde van sy land en sy
"HOP"-program om Egipte 'n magtige nasie te maak).

Die Bybel help ons nie om die geskiedenis te verstaan nie, dit help bloot om
die eensydige blik vanuit die gelowige skrywer raak te sien. Daarom verkies
ek (as Christen) om die Bybel - OU, en NUWE Testamente met ontsag as
geloofsboek te benader. Die raakpunte met die geskiedenis en aardryskunde is
verbydend en interessant - maar as dit die fokuspunt van die gesprek word,
laat dit my ongemaklik. Die bedoeling van die Bybel was immers om God se
intrede by 'n spesifieke volk te beskryf, om God se Hand in die lewens van
individue uit te wys en om hulle BEPREKTE insig oor hierdie "ingryp" in die
geskiedenis neer te skryf. (Merk asseblief my eie subjektiewe beoordeling
van die teks vanuit 'n geloofsoogpunt hier).

Alhoewel ek glo die Bybel gooi 'n bepaalde lig op die aardryskunde en die
geskiedenis - is dit belangrik om te weet WIE die flitslig vashou. God as
primôre Skrywer en die mens (met sy geloof, tradisie en kultuur en veral
W�RELDBESKOUING as agtergrond) as sekondêre skrywer - die sogenaamde
inspirasie-teorie! Dit is nodig om te onderskei wanneer daardie
wêreldbeskouing na vore kom. Die skeppingsverhale en sondvloedverhale is
klassieke voorbeelde hiervan! Vanuit my geloofsoogpunt egter, gaan Genesis
nie oor HOE daar geskep is nie, maar DAT dit EEN God is wat geskep het. Die
verhaal was immers die Judaistiese teenvoeter vir die Babiloniese en ander
skeppingsverhale wat 'n monoteistiese (een) Godheid ONTKEN. In die geval van
die sondvloed gaan dit nie oor WAAR dit gebeur het nie, maar WAT God se
aandeel en rol was. (En hier raak ek skoon kriewelrig as die toorn van God
vooropgestel word - selfs in kinderbybels - en nie sy genade nie).

Wel, ek kan ure hieroor gesels en sê dankie vir 'n interessante gesprek. Ek
volstaan egter by die wete dat die Bybel in die LAASTE plek gebruik behoort
te word om VERKLARINGS te gee in terme van aardryskunde en geskiedenis. Die
geleerdes wat weet, noem dit fundamentalisme, maar ek sal nie graag wil
"labels" hang nie. *glimlag*

Mooi bly.

Uit 'n deurmekaar Kaapstad, waar 'n somersdag winter verding
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31663 is 'n antwoord op boodskap #16438] Sa, 17 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> ervarings, politiese en ekonomiese vrese van die Egiptenare - wat hulle
> feitlik hulle hele werksmag en ekonomiese krag kwyt is tydens die
> uittog-gebreure word nie neergestip nie en dit hoort ook so! Dit is immers
> nie Egiptiese geskiedskrywing nie. Ander verhale vertel ons van Ramses II se
> dilemma met die derduisende "vreemdelinge" in die noorde van sy land en sy
> "HOP"-program om Egipte 'n magtige nasie te maak).
>

Kaapse Kind, baie dankie vir hierdie plasings.
Kan jy my geheue weer verfris: was die plae van Egipte
een van die oorsake van die Eksodus?

Gloudina
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31664 is 'n antwoord op boodskap #16438] Sa, 17 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> Vanuit my geloofsoogpunt egter, gaan Genesis
> nie oor HOE daar geskep is nie, maar DAT dit EEN God is wat geskep het. Die
> verhaal was immers die Judaistiese teenvoeter vir die Babiloniese en ander
> skeppingsverhale wat 'n monoteistiese (een) Godheid ONTKEN.

Kan jy meer oor die een-god-konsep praat.Mens weet dat in die Ou Testament die
een
god Jehova is. Maar dan hoor mens later van
die drie-enige-god wat Vader/Seun/Heilige Gees
is. En dan wonder mens of die huidige Christen
aan die Vader moet dink soos hy as Jehova
in die Ou Testament beskryf word, en of dit
'n baie meer gekompliseerde saak is. (Volgens
ons "Blake Dictionary" "according to the
rabbinical tradition, Elohim represents justice
and Jehovah mercy." Speel Elohim nog 'n rol
in die Christelike tradisie?

Gloudina

>
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31665 is 'n antwoord op boodskap #16438] Sa, 17 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KaapseKind wrote:

> Die bedoeling van die Bybel was immers om God se
> intrede by 'n spesifieke volk te beskryf, om God se Hand in die lewens van
> individue uit te wys en om hulle BEPREKTE insig oor hierdie "ingryp" in die
> geskiedenis neer te skryf. (Merk asseblief my eie subjektiewe beoordeling
> van die teks vanuit 'n geloofsoogpunt hier).
>

Mens behoort miskien die Bybel as wyer te sien.
Northrup Frye (een van die beste interpreteerders
van die geskrifte en beeldende werk van William
Blake) noem die Bybel "The Great Code." Daarmee
dink ek hy verstaan dat mens alle state van die
menslike gees en psige in die verskillende karakters
en gebeure van die Bybel kan vind, natuurlik binne
die Judeo-Christelike raamwerk. M.a.w. , waar die
Buddhis sy "Great Code" in ander raamwerke vind,
vind die Christen sy Groot Kode in die Bybel. Wat
gemeenskaplik is tussen die Christen en die Buddhis
is dus die bereiking van hierdie state van die gees en
die psige.

Gloudina
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31680 is 'n antwoord op boodskap #16438] So, 18 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dankie vir die raad Barrie.
Ek verkies egter om meer verdraagsaam te wees en my blok-funksie te benut
nie. (Ek weet in elk geval nie "hoe" nie!!) hehe

Ervaring het my gewys dat intellektuele gesprekke rondom godsdienste -
verskille en ooreenkomste - my eie geloofsdenke verhelder. (As 'n mens nie
jou intellek kan gebruik in 'n gesprek rondom godsdiens nie, dui dit
waarskynlik daarop dat 'n mens bloot glo vanwee tradisie en nie keuse nie -
keuses is immers konatief, emosioneel sowel as KOGNITIEF van aard). Ek
verstaan soveel beter wat ek glo en waarom ek so glo en respekteer die
verwysingsraamwerk van andere. My ervarings met studente is dat hulle nie
graag wil "dink" oor godsdiens nie, want hulle het gebrekkige kennis oor
hulle EIE. Basiese luiheid om die dogma en geskrifte te bestudeer vorm 'n
broeikas vir vrees met gelowiges wat dit wél doen in hulle onderskeie
godsdienste. Veral Moslems en Boeddhiste weet waarvan hulle praat en hierdie
godsdienste het nie so baie interdenominale verskille nie - wat die gesprek
selfs meer kompleks maak as drie of vier Christene met iemand van 'n ander
geloofsgroep gesels.

Daarom nooi ek enige iemand uit om in gesprek te tree.
Wat kan ek in elk geval verloor?
Is daar nie veel meer te verlore om mense uit te sluit, te verdoem en te
"blok" bloot omdat hulle anders dink nie?
Ek wonder maar net; Souy ek enigsins myself as christen kon tipeer as die
eerste christene dieselfde ingesteldheid gehad het? Die styl van Paulus was
immers om te bedink, te bevraagteken, te soek en te debateer met dié wat van
hom verskil het. (Lees maar Romeine in hierdie verband).

Ek moet vlieg - nie op die besemstok nie !! Dit is immers amper aand in die
Kaap en die paaie is nat, die mis hang laag oor die wynlande. Ek kom weer
eendag terug om my beskeie mening oor sommige sake te tik.
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31681 is 'n antwoord op boodskap #16438] So, 18 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Sover ek kan onthou, is daar nie eenstemmigheid hieroor nie - volgens
sommige godsdienskundiges het die plae 'n direkte rol gespeel (want ons
praat van ten minste twee/drie jaar!! volgens ander geskrifte). Ander
volstaan egter dat dit hoofsaaklik as gevolg van 'n Goddelike openbaring aan
leiersfigure in die Joodse tradisie was - die Beloofde Land teorie.

Om eerlik te wees, ek kan nie uit die vuis sê wie wat hieroor te sê het nie.
Ek sal later weer terugkom hierheen.

Vanuit 'n Kaap waar miswolke spoel oor Tafelberg...
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31682 is 'n antwoord op boodskap #16438] So, 18 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Barrie Barnard wrote:

> Kaapse Kind
>
> Soos gewoonlik het die ou tante drie poste nodig om een gedagte oor te dra.
> Sy is so slim oor die Bybel, maar glo blykbaar meer in die oosterse gelowe
> as in Christus.
> Blok haar, man, sy korrupteer en net ape glo in haar hoogheiligheid.
>

Dierbaarheid, Barrie, en dan is jy glo 'n
praktiserende Christen, volgens jou eie
beskrywing as ek reg onthou.

Gloudina
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31683 is 'n antwoord op boodskap #16438] So, 18 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirkie van der Watt  is tans af-lyn  Dirkie van der Watt
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina

Die drie-enige -god kom vind ons alreeds in Genesis 1. GOD het die hemele
en aarde geskape, sy GEES het op die water gesweef en die skeping het plaas
gevind deur die spreek van die WOORD. Die God van die ou testament en die
nuwe testament is nie twee verskillende gode maar een en dieselfde God. Dit
is die interpretrasie wat mense aan die twee testamente gee wat dit laat lyk
asof die twee gode is.

As jy Psalms lees dan sien jy dat Dawid voor Christus meer verstaan het van
die genade en reddenswerk van God (in Christus of deur) as wat mense dit
vandag verstaan nadat ons die nuwe testament het.

Ek vertrou dit beantwoord jou vraag

Dirkie

skryf in boodskap news:394BA201.7BA6E6F0@home.com...
> KaapseKind wrote:
>
>> Vanuit my geloofsoogpunt egter, gaan Genesis
>> nie oor HOE daar geskep is nie, maar DAT dit EEN God is wat geskep het. Die
>> verhaal was immers die Judaistiese teenvoeter vir die Babiloniese en ander
>> skeppingsverhale wat 'n monoteistiese (een) Godheid ONTKEN.
>
> Kan jy meer oor die een-god-konsep praat.Mens weet dat in die Ou Testament die
> een
> god Jehova is. Maar dan hoor mens later van
> die drie-enige-god wat Vader/Seun/Heilige Gees
> is. En dan wonder mens of die huidige Christen
> aan die Vader moet dink soos hy as Jehova
> in die Ou Testament beskryf word, en of dit
> 'n baie meer gekompliseerde saak is. (Volgens
> ons "Blake Dictionary" "according to the
> rabbinical tradition, Elohim represents justice
> and Jehovah mercy." Speel Elohim nog 'n rol
> in die Christelike tradisie?
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31684 is 'n antwoord op boodskap #16438] So, 18 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
us...  is tans af-lyn  us...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Also sprach Gloudina:
-> Kaapse Kind, baie dankie vir hierdie plasings.
-> Kan jy my geheue weer verfris: was die plae van Egipte
-> een van die oorsake van die Eksodus?

Watter eksodus? Daar is omtrent sewe
eksodusse geboekstaaf. Nie een van hulle is
gelei deur iemand met die naam Moses nie.
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31702 is 'n antwoord op boodskap #16438] Ma, 19 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

A.S. Pris wrote:

> Also sprach Gloudina:
> -> Kaapse Kind, baie dankie vir hierdie plasings.
> -> Kan jy my geheue weer verfris: was die plae van Egipte
> -> een van die oorsake van die Eksodus?
>
> Watter eksodus? Daar is omtrent sewe
> eksodusse geboekstaaf. Nie een van hulle is
> gelei deur iemand met die naam Moses nie.

So waarom vertel jy nie vir ons van al seweeksodusse nie.

Also sprach Tante Hessie
Re: JESUS IS LORD [boodskap #31767 is 'n antwoord op boodskap #16438] Sa, 24 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskap
CHS  is tans af-lyn  CHS
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek luister ook.
Sal graag wil weet watter bronne jy gebruik....

--
CH Steenkamp
skryf in boodskap news:394E0DD6.109CC22D@home.com...
> A.S. Pris wrote:
>
>> Also sprach Gloudina:
>> -> Kaapse Kind, baie dankie vir hierdie plasings.
>> -> Kan jy my geheue weer verfris: was die plae van Egipte
>> -> een van die oorsake van die Eksodus?
>>
>> Watter eksodus? Daar is omtrent sewe
>> eksodusse geboekstaaf. Nie een van hulle is
>> gelei deur iemand met die naam Moses nie.
>
> So waarom vertel jy nie vir ons van al seweeksodusse nie.
>
> Also sprach Tante Hessie
>
Vorige onderwerp: waarheidskommissie en ngkerk
Volgende onderwerp: Die Apokriewe Boeke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 17:27:16 MGT 2024