Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaners en apartheid - vorentoe
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8323 is 'n antwoord op boodskap #8056] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:
> Ek het hierdie stuk geweldig interessant gevind.
> Kan jy voortgaan om oor Twente te skryf ?
> 'n Mens dink natuurlik ook in Suid-Afrikaanse
> verband aan die diaspora van nie-blankes uit SA
> in die afgelope dekades, en hulle terugkom na SA
> as bevrugtend.

Ek het vertel dat die bewuswording van gesosialiseerde onderwys (nie
solsialistiese onderwys nie) myns insiens die gevolg was van die kruistog
wat deur die Twenters aangepak is. 'n Interessante gevolg hiervan was dat
die universitiete van die Twente in hulle beginjare 'n baie interssante
vereiste gehad het: 'n student moes ook bewys gelewer het dat hy gedurende
sy studiejare gereis het en wat hy daardeur geleer het!

Die kruistog het self op 'n baie laat stadium plaasgevind. Omdat Twente so
arm en onherbergsaam is, het die heel laaste die Katolieke kerk se aandag
geniet. Hulle stuur toe 'n priester uit Frankryk en 'n evangelis uit
Engeland om die spul barbare te katoliseer. Kort na hulle aankoms begin die
biskop toe rekenings uitreik: Omdat julle nou gered is, skuld julle my een
bees, twee varke en tien hoenders per jaar. Daar is self 'n paar afdrukke
van die skuldbriewe in die boek. Tien jaar later pos die Twenters die biskop
en sy helpers terug Frankryk toe met die woorde: ons wil nie 'n hier 'n kerk
he wat soos julle s'n werk nie. (Onthou, die bybel was 'n geslote boek in
daardie dae!)

Die lidwoord gebruik het. Ek het dus moeilik gebyt aan die verklaring oor die
Engelse invloed. Wat was my verbasing groot toe ek op 'n afdruk van 'n
geskrif in Twents (in die geskiedenisboek oor Twente) afgekom het waarin
die lidwoord
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8324 is 'n antwoord op boodskap #8056] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 3 Feb 1997 09:58:09 GMT, amde...@gold.up.ac.za wrote:

>

Asseblief.
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8392 is 'n antwoord op boodskap #8056] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 6 Feb 1997 08:09:25 GMT, amde...@gold.up.ac.za wrote:

nadat ek geskryf het: "Later dalk nog meer."[/color]
>> Asseblief.>>>

So wat moet ek se? Dankie vir niks?

Jy begin met 'n interresante storie waarin jy so half wil neig na
genetiese geheue (iemand anders in 'n ander groep het terloops nou
die dag gese die Swede is die langste mense in Europa) en dan
swaai jy skielik om in 'n "defence" vir Leendert en beveel aan
dat ons almal hom moet glo omdat hy 'n soort siener is wat ons sal
kan red teen wat ook al .
Die bouer van die toring.
Ons moet hom nie bevraagteken nie.
Al weerspreek hy hom in sy postings asof dit uit die mode raak.
Al gaan hy in elke pos om met hoofsaaklik halwe waarhede
onderskraag deur gelaaide persepsies.

Klink DIT nie vir jou bekend nie?

("Glo vir dominee Jannie! Hy weet waarvan hy praat." - soveel ma's
en pa's.

"Ek wil net hier vir jou se dat ek oor meer inligting as jy beskik.
Aanvaar dat wat ek se reg is." - PW Botha/ Pik Botha/Magnus Malan.

"Ons het met die inligting waartoe ons beskik het opgetree in die
belang van Suid-Afrika en sy inwoners" Die een of ander De
Kock-persoon.)

Lieg en Bieg-kommissie? As daar al ooit 'n oordeel uit 'n term
gestraal het is dit uit hierdie naam.

Wat van die volgende teorie:
Daar is twee bene in sommige post-apartheid-regses se aanslag. Hulle
is gewoonlik die intellektuele regses. Hulle het toevallig net so 'n
afsku aan die AWB's as die lefties.
Die twee bene is: 1. Daar moet die idee tuisgebring word dat die
verlede nie so sleg was nie. Dat daar nie werklik baie lelike dinge
gebeur het nie. Waar die lelike dinge nie ontken kan word nie, moet
daar die idee tuisgebring word dat die slagoffer ook maar sleg was
en dit "eintlik verdien het". Ons is "eintlik baie beter af sonder
hom of haar".
2. Die ANC is sleg. Hulle is gevaarlik vir ons en daar kom
groot probleme omdat hulle so sleg is. Daar moet ook die idee
tuisgebring word dat hulle, die ANC, lieg. As hulle dus goeie goed
se, moet dit betwyfel word.

Die twee dinamieke werk dan saam om te se: A. Die leiers en die
bestel van die verlede kan vertrou word.. B. Die huidige een kan nie
vertrou word nie en is gevaarlik vir "ons".

Dan moet ons wat lig van vel is mos almal na die leiers en die
denkwyse van die verlede hardloop wat ons in die een of ander
beskermende Volkstaat sal plaas. Waar ons veilig sal wees teen die
hede en onder bekwame leierskap van die verlede sal wees.

Wat se jy van die storie, At?

(Hy het nog 'n hoofstukkie of wat. As jy vra sal ek jou vertel.)

By the way, ek en my familie kom nie van Twente af nie.
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8393 is 'n antwoord op boodskap #8056] Do, 06 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos (ek het vergeet hoe om uit te werk watter een, vra
nadat ek geskryf het: "Later dalk nog meer."
> Asseblief.

Dis natuurlik oor die Twente gebied van Nederland. Hierdie gebied is rofweg
die oostelike gedeelte van Nederland wat teen Duitsland grens. Dit was eeue
gelede heideveld en moerasse - en daarom die armste gedeelte van Nederland.

Die Romeine het hoekal al hulle verkyk aan die hemelbesems onder die vroue
van Twente - alhoewel hulle nie veel gevang kon kry nie. Dit is vandag nog
so. Die Nederlanders is die langste nasie in Europa en dit is Twente wat
die verskil maak. My tweede oudste dogter is self 'n hemelbesem. Toe haar
jonger sussie skryf van die lang mense, veral vroue, wou sy opsluit wegloop
Nederland toe. So, as jy 'n bietjie lank is na jou sin, dan weet jy nou waar
party van jou gene vandaan kom.

Dit is nie net die gene wat lengte bepaal wat hier by ons rondswerf nie,
maar ook die gene vir dwarstrek. Nadat Twente uiteindelik bekwaamlik
gekatoliseer is, is daar besluit om 'n ho"e toring (+- 80 meter) by die
Domkerk in Utrecht te bou. (Utrecht is nie eintlik meer in Twente nie - te
veel wes. Maar dit is baie sentraal gelee vir Nederland). Die idee was dat
die toring vir wagwerk gebou moes word. Omdat Nederland plat is, sou 'n mens
die 'n toring van ver af kon sien. Skaars begin, of die toring is vergelyk
met die een van Babel. Elke ongeluk is voorgehou as 'n oordeel. Daar is
gestaak vir die vale. Eers na amper 'n honderd jaar het die toring begin lyk
na een! Klink dit nie bekend nie?

Maar daar is ander geen wat ek graag hier wil voorhou. Terwyl ek die dik
boek oor die geskiedenis van Twente deurgewerk het, het ek gewonder of die
tientalle medewerkers aan die boek nie dalk in die geheim saamgesweer het
nie. Daar was honderde voorbeelde, sommige kostelik, alreeds van die Romeine
sa dae af, wat wys dat die Twenters baie naief opgetree het. So het hulle
dikwels vir hulself 'n lat gepluk. Maar in die baie van die voorbeelde het
dit nie daar gebly nie. Die Twenters het 'n uitsonderlike vermo"e gehad om
uiteidelik verby al die skimme te kom tot by die konkrete werklikheid. So is
baie van hulle verleenthede omskep in oorwinnings.

Hierdie sin vir die realiteit het reeds die Romeine verbaas. Selfs in die
Toring van die Domkerk is iets hiervan te sien. Nog lank voordat die
Hervorming plaasgevind het, is die toring gebou. Maar die uitlandse biskoppe
wat die toring laat bou het, het ook vermoed dat Die Tewnters se naiwiteit
nie te vetrou is nie. Hulle het allerhande geheime gange in die toring
bekonkel waarlangs hulle ongesiens sou kon vlug wanneer die dag van
afrekening sou aanbreek.

Is ons as Afrikaners nie ook dikwels beide naief en realisties nie? Is dit
nie wat die meeste Afrikaners by die lieg-en-bieg kommissie moet gaan
openbaar nie. Van al die nasies in die wereld, is dit nou juis hulle wat
die werklikheid van rassewrywing raakgesien het en 'n plan daarmee probeer
maak het. Moet hulle bieg dat hulle nooit 'n plan moes maak nie? Moet
hulle bieg dat hulle so naief was om te glo dat hulle plan sou werk?

Leendert baklei kliphard dat ons moet ophou om na na skimme te kyk en die
werklikheid moet raaksien. Hy wil 'n toring oprig waarmee ons na die vertes
kan tuur - die toring van realiteit. Maar al wat hy kry, is dwarstrek. Ai,
die gene tog.

Een van die skimme waarteen hy baklei, is dat antropologiese (sosiale)
ingenieurswese 'n werkbare opsie is. Hy het dit spesifiek teen
antropologiese ingenieurswese op skole. Apartheid was antropologiese
ingenieurswese op 'n groot skaal: politiek, ekonomie, onderwys, godsdiens.
Maar skielik is Leendert 'n voorstander van apartheid en dus antropologiese
ingenieurswese. As dit nie moedwillige wanvoorstellings is nie, dan weet
ek nie. Ongelukkig is moedswilligheid 'n ander geen in die Afrikaner se
opset, net soos in die Tewnters se geval.

Koos, ek dink dat dit nie raadsaam is om te veel te weet oor Twente nie. Ek
was in baie bladsye van die boek so gekonfronteer met die Afrikaner se wese
dat ek behoorlik gesweet het! Om die boek deur te werk is soos om in 'n
spieel na jouself te kyk. Terloops, het julle geweet dat skimme nie deur 'n
spieel weerkaats kan word nie.

Best wense
At de Lange
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8418 is 'n antwoord op boodskap #8056] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:

Verwysende na my "postings". Dokumente waartoe hy toegang het:

> Ons moet hom nie bevraagteken nie.
> Al weerspreek hy hom in sy postings asof dit uit die mode raak.
> Al gaan hy in elke pos om met hoofsaaklik halwe waarhede
> onderskraag deur gelaaide persepsies.

Voorbeelde ter ondersteuning sou beter wees as ongegronde bewerings, waarvan
ons al 'n paar voorbeelde van jou kant af gesien het.

> Klink DIT nie vir jou bekend nie?

> ("Glo vir dominee Jannie! Hy weet waarvan hy praat." - soveel ma's
> en pa's.

Glo vir dominee kooos, jannie! Hy weet waarvan hy praat, al het ons al gesien
hy kan lieg ook.

Ons sal hom maar glo behalwe wanneer hy lieg?

Dit klink inderdaad bekend.

Groete, Leendert
Re: Afrikaners en apartheid - vorentoe [boodskap #8419 is 'n antwoord op boodskap #8056] Vr, 07 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos (?) skryf:

> So wat moet ek se? Dankie vir niks?

Ek het nie gevra dat jy iets skryf nie.

> Jy begin met 'n interresante storie waarin jy so half wil neig na
> genetiese geheue (iemand anders in 'n ander groep het terloops nou
> die dag gese die Swede is die langste mense in Europa)

Dankie.

> en dan
> swaai jy skielik om in 'n "defence" vir Leendert en beveel aan
> dat ons almal hom moet glo omdat hy 'n soort siener is wat ons sal
> kan red teen wat ook al.

Eintlik het ek probeer om sekere gedagtes wat Leendert probeer deurgee,
te bevorder. Maar dit gebeur tog dat mense verskillende dinge in dieselfde
teks lees. Laat ek dit dus herhaal: ek verdedig nie Leendert nie - hy kan
die goed genoeg self doen. Ek probeer seker gedagtes (van Leendert)
bevorder. Die belangrikste gedagte is dat een mens (of groep mense)nie 'n
ander mens (of groep mense) se lewens moet probeer manipuleer nie. As die
gedagte van jou af sou kom, sou ek dit ook bevorder. Dit gaan om die
gedagte -nie die persoon nie.

> Die bouer van die toring.
> Ons moet hom nie bevraagteken nie.
> Al weerspreek hy hom in sy postings asof dit uit die mode raak.
> Al gaan hy in elke pos om met hoofsaaklik halwe waarhede
> onderskraag deur gelaaide persepsies.

Ek het nog nooit, en sal ook nooit sê, dat iemand se geopenbaarde gedagtes
nie bevraagteken moet word nie. Maar ek het ongelukkig al mense beswadder
in my pogings om hulle gedagtes te deurgrond, iets wat ek meestal nie wou
doen nie. Dit het gewoonlik gebeur wanneer hierdie mense hulle gedagtes vir
eie oppoetunistiese gewin geopenbaar het. Dis baie moeilik om hulle gedagtes
te bevraagteken - hulle lieg te maklik.

> Klink DIT nie vir jou bekend nie?

Miskien.

> ("Glo vir dominee Jannie! Hy weet waarvan hy praat." - soveel ma's
> en pa's.

> "Ek wil net hier vir jou se dat ek oor meer inligting as jy beskik.
> Aanvaar dat wat ek se reg is." - PW Botha/ Pik Botha/Magnus Malan.

> "Ons het met die inligting waartoe ons beskik het opgetree in die
> belang van Suid-Afrika en sy inwoners" Die een of ander De
> Kock-persoon.)

> Lieg en Bieg-kommissie? As daar al ooit 'n oordeel uit 'n term
> gestraal het is dit uit hierdie naam.

Ek volg die kommissie se werk aandagtig. Ongetoetste getuienis en
liegstories is tweelinge. Daarenteen glo ek dat die waarheid ons vry
maak. Soos jy hierbo tereg met jou voorbeelde gesê het, ek kan nie sommer
aanvaar dat wat een mens by die kommissie oor 'n ander beweer het, die
waarheuid is nie.

> Wat van die volgende teorie:
> Daar is twee bene in sommige post-apartheid-regses se aanslag. Hulle
> is gewoonlik die intellektuele regses. Hulle het toevallig net so 'n
> afsku aan die AWB's as die lefties.
> Die twee bene is: 1. Daar moet die idee tuisgebring word dat die
> verlede nie so sleg was nie. Dat daar nie werklik baie lelike dinge
> gebeur het nie. Waar die lelike dinge nie ontken kan word nie, moet
> daar die idee tuisgebring word dat die slagoffer ook maar sleg was
> en dit "eintlik verdien het". Ons is "eintlik baie beter af sonder
> hom of haar".
> 2. Die ANC is sleg. Hulle is gevaarlik vir ons en daar kom
> groot probleme omdat hulle so sleg is. Daar moet ook die idee
> tuisgebring word dat hulle, die ANC, lieg. As hulle dus goeie goed
> se, moet dit betwyfel word.

Jou eerste been behels die saak van balans. Dit laat my dink aan die druppel
gal in elke kelkie wyn, die dowwe blaar in elke roos. Eugene Marais het
intens met die wete geleef dat dit hierdie balans is wat belangrik is. Ek
glo dat enigeen wat hierdie balans probeer versteur, ten minste uiters
onverskillig is.

Jou tweede been behels die saak van die owerheid. Paulus het gesê dat ons
ons aan die owerheid moet onderwerp, maar die psalmis het ook gesê dat ons
nie op konings en prinse moet vertrou nie. My hart breek vir Afrikaners wat
vandag moet ly vir die sonde van ander Afrikaners in die verlede. Dit is nie
reg nie, selfs nie in die gevalle waar dit deur die ANC veroorsaak is nie.
Netso is die lyding van mense in die verlede onder apartheid nie reg nie.
Die een reel wat ons nooit kan toelaat nie, is om een onreg met 'n ander reg
te probeer goedpraat.

> Die twee dinamieke werk dan saam om te se: A. Die leiers en die
> bestel van die verlede kan vertrou word.. B. Die huidige een kan nie
> vertrou word nie en is gevaarlik vir "ons".

Ek is al bietjie lank in die tand. Ek sê prontuit dat nog die leiers van
die verlede, nog die huidige leiers, nog die leiers van die toekoms vertrou
kan word. Gevolglik behoort ons sulke meganismes in ons grondwet te gehad
het dat leiers nie hoef vertrou te word nie, om die miste daarvan te sê.
Die eintlike plek waar ons moet begin, is by onsself. Ons moet 'n
lewensingesteldheid he wat nie by ons die oproep na vertroue sal kweek nie.
Maar dit is 'n saak wat so kompleks is dat ek nie hier verder daarop sal
ingaan nie.

> Dan moet ons wat lig van vel is mos almal na die leiers en die
> denkwyse van die verlede hardloop wat ons in die een of ander
> beskermende Volkstaat sal plaas. Waar ons veilig sal wees teen die
> hede en onder bekwame leierskap van die verlede sal wees.

Een van die grootste skimme wat ons najaag, is dat die een of ander staat
met een of ander groep leiers en een of ander regstelsel ons sal beveilig.
In die opgetekende geskiedenis van die ganse mensdom (sowat 4000 jaar) blyk
dit duidelik dat hierdie skim nie die werklikheid is nie. Meeste leiers het
so iets belowe, maar bitter weinig van hulle het verder as dit gekom.
Meestal moes die arme volgelinge die spit afbyt.

Sedert die dae van die kapitalisme lyk dit asof meer bereik word. Maar dit
is net omdat 'n ontsaglike piramied skema (soos die kubus vrotmelk bedryf)
deur die leiers van byna alle kapitalistiese lande gepleeg word. Hierdie
skema behels dat hulle geld leen om vir hulle volgelinge dinge te gee
terwyl die nageslag die skuld en die rente daarvan moet dra.

> Wat se jy van die storie, At?

Wat ek hierbo gesê het. Laar ek dit net weer beklemtoon, As ons 'n veiliger
toekoms vir ons wil bewerk, sal ons absoluut realisties moet word.

> (Hy het nog 'n hoofstukkie of wat. As jy vra sal ek jou vertel.)

> By the way, ek en my familie kom nie van Twente af nie.

Het jy jou stamboom al nagegaan of bedoel jy dit in die figuurlike sin?

Best wense
At de Lange
Vorige onderwerp: Re: Just a question - HERE IS YOUR ANSWER
Volgende onderwerp: En nou, Kooos! Tyd vir Regstel.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 08:12:04 MGT 2024