Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vadersdag geskenk
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79306 is 'n antwoord op boodskap #79304] Ma, 16 Junie 2003 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

> Jy's steeds te vet.
> Onthou jy dat jy so iets soos tien kilos per kind vetter geword het?

En onthou jy dat ek vertel het dat ek
nou op 'n "monnike-dieet" is en gewig
verloor het. Ek sweer ek is nader aan
my ideale gewig as jy.

Penkop, wat jy nou deur 'n naald
kan trek
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79307 is 'n antwoord op boodskap #79305] Ma, 16 Junie 2003 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat, ek en Gloudina het op die oomblik net wapenstilstand ;-))

Ek het nog nooit in DIE BOEK van Hades gelees nie. Het jy? Ek het wel in
baie ander boeke van Hades gelees. Hades het maar niks uit te waai met DIE
BOEK nie. Dis mitologie, fabeltjies soos jy dit sal noem.

Ek het ook Greikse vriende, maar hulle weet minder van mitologie af as ek.
Net omdat hulle Grieke is, is dit nie te sê hulle ken hulle mitologie nie.
Ek twyfel of die "ancient" Griekse geloof enigsins 'n invloed het op hulle
kultuur.

E

"Dave" wrote:
>
>
> LOL... julle twee is nou onafskeidbare vriendinne:-)))
>
> Interessant tog, dat Tobie feite praat uit die BOEK
> en julle twee wil dit aanval met fabels uit die
> Griekse mitologie.
>
> (Ek het toe meer vriende in de Greikse kultuur
> as wat julle gedink het:-)
>
> Dave
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79308 is 'n antwoord op boodskap #79307] Ma, 16 Junie 2003 19:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Jun 2003 21:10:49 +0200, "Elaine" wrote:

> Nee wat, ek en Gloudina het op die oomblik net wapenstilstand ;-))
>
> Ek het nog nooit in DIE BOEK van Hades gelees nie. Het jy? Ek het wel in
> baie ander boeke van Hades gelees. Hades het maar niks uit te waai met DIE
> BOEK nie. Dis mitologie, fabeltjies soos jy dit sal noem.
>

Het ek, vra jy?
>
> E
>
> "

Gr. hades, the unseen world of departed spirits and is equivalent of
the Heb. sheol. It is translated hell 10 times (Mt. 11:23 - 16:18 -
Lk 10:15 - 16:23 - Acts 2:27, 31 - Rev 1:18 - 6:8 - 20;11-15; and
grave 1 time 1 Cor. 15:55. Hell should be the rendering in all
passages.
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79309 is 'n antwoord op boodskap #79307] Ma, 16 Junie 2003 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Ek twyfel of die "ancient" Griekse geloof enigsins 'n invloed het op hulle
> kultuur.

Ek wonder of jy besef hoeveel die antieke
Griekse kultuur nou nog 'n invloed het om
jóú kultuur. Nie net het jy grootgeword
met die stories van Pandora en Jupiter en
Zeus nie, maar die Griekse denkwyse
het selfs jou Christelike godsdiens bein-
vloed.

Gloudina
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79310 is 'n antwoord op boodskap #79296] Ma, 16 Junie 2003 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Voordat sy weg is, het Hades vir
> Persephone 'n granaat gegee om te eet, wat haar vir ewig aan die onderwêreld
> verbind het.

Die eet van die granaat het vir Persephone
verbind om jaarliks vir ses maande na Hades
terug te keer. Dit is natuurlik in mitiese
vorm die verklaring van die gang van die
seisoene. As Persephone by haar ma Demeter
in die bo-wêreld is, dan is dit lente en
somer. As sy weer na die onderwêreld gaan,
dan treur Demeter (Ceres vir die Romeine)
en dan word dit winter.
Ek het van kleinsaf gewonder waarom dit
nou juis 'n granaat se eet is wat dié ding
veroorsaak het. Granate lyk vreeslik mooi,
maar hulle is nou nie eintlik te vreeslik
interessant om te eet nie. Ek het grootgeword
op 'n plek waar die granaatlanings so groot
soos bome groei, en die granate was groot en
sappig. Maar die pitte is ook nog maar omtrent
tagtig persent oneetbaar. Ek sien die Midde-
Oosterse mense maak 'n sap daarvan. Maar sommige
mense sit dit in slaaie, maar dis ook maar net
vir die versiering.

Gloudina
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79311 is 'n antwoord op boodskap #79309] Ma, 16 Junie 2003 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Jun 2003 20:44:12 GMT, "@rogers.com" wrote:

> maar die Griekse denkwyse
> het selfs jou Christelike godsdiens bein-
> vloed.
>
> gloudina

maar die Ou Testament is tog oorspronklik in Grieks geskryf,
soos die ou Testament uit Hebreeus vertaal is.
Dit is tog logies dat kultuur sal deurskemer,
veral omdat groot dele van die Bybel
geskiedenis verhale bevat.

DD
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79312 is 'n antwoord op boodskap #79310] Ma, 16 Junie 2003 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai ja, ek het self groot geword met granate, my pa het twee bome gehad.
Ek was gek daaroor, moenie vra hoekom nie, maar ek het dit vreeslik geniet.
Soos dit nou maar gaan het die boompies al hoe minder granate begin dra, en
het die wat wel ryp geword het frank gesmaak. Ai, hoe mis ek dit nou...

E

wrote:
>
> Die eet van die granaat het vir Persephone
> verbind om jaarliks vir ses maande na Hades
> terug te keer. Dit is natuurlik in mitiese
> vorm die verklaring van die gang van die
> seisoene. As Persephone by haar ma Demeter
> in die bo-wêreld is, dan is dit lente en
> somer. As sy weer na die onderwêreld gaan,
> dan treur Demeter (Ceres vir die Romeine)
> en dan word dit winter.
> Ek het van kleinsaf gewonder waarom dit
> nou juis 'n granaat se eet is wat dié ding
> veroorsaak het. Granate lyk vreeslik mooi,
> maar hulle is nou nie eintlik te vreeslik
> interessant om te eet nie. Ek het grootgeword
> op 'n plek waar die granaatlanings so groot
> soos bome groei, en die granate was groot en
> sappig. Maar die pitte is ook nog maar omtrent
> tagtig persent oneetbaar. Ek sien die Midde-
> Oosterse mense maak 'n sap daarvan. Maar sommige
> mense sit dit in slaaie, maar dis ook maar net
> vir die versiering.
>
> Gloudina
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79313 is 'n antwoord op boodskap #79308] Ma, 16 Junie 2003 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jaaaaa, maar ek het nie van Hades in die Bybel geleer nie, in die Bybel
staan hel, en ek het nog nooit gehoor dat 'n predikant (en ek ken baie), na
die hel as Hades verwys nie . Butiendien het ek nie gestry nie! Ek het ook
nie vir Tobie aangeval oor sy feite nie. Ek het sommer 'n storie vertel.

Die Grieke was daar voor die Christene. As daar in die ou geskrifte na die
hel as Hades verwys word, soos jy en Tobie uitwys, is die geskrifte baie
duidelik beïnvloed deur die Griekse mitologie. Of waar dink jy kom die idee
(hades = hel) dan vandaan?

E

"Dave" wrote:
>
> Gr. hades, the unseen world of departed spirits and is equivalent of
> the Heb. sheol. It is translated hell 10 times (Mt. 11:23 - 16:18 -
> Lk 10:15 - 16:23 - Acts 2:27, 31 - Rev 1:18 - 6:8 - 20;11-15; and
> grave 1 time 1 Cor. 15:55. Hell should be the rendering in all
> passages.
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79314 is 'n antwoord op boodskap #79309] Ma, 16 Junie 2003 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek weet dit, maar ek het sommer gepraat van die Griekse kultuur oor die
algemeen. Een van my ma se vriendinne is 'n Griek, en hulle weet amper niks
van die mitologie af nie, ek weet meer, ek wou maar eintlik net die punt
oordra dat die feit dat jy 'n Griek is jou nie noodwendig 'n ekspert maak op
hulle mitologie nie.

E

skryf in boodskap news:3EEE2C7B.1050100@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
>> Ek twyfel of die "ancient" Griekse geloof enigsins 'n invloed het op hulle
>> kultuur.
>
> Ek wonder of jy besef hoeveel die antieke
> Griekse kultuur nou nog 'n invloed het om
> jóú kultuur. Nie net het jy grootgeword
> met die stories van Pandora en Jupiter en
> Zeus nie, maar die Griekse denkwyse
> het selfs jou Christelike godsdiens bein-
> vloed.
>
> Gloudina
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79315 is 'n antwoord op boodskap #79313] Ma, 16 Junie 2003 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Jun 2003 23:14:20 +0200, "Elaine" wrote:

>
> Die Grieke was daar voor die Christene. As daar in die ou geskrifte na die
> hel as Hades verwys word, soos jy en Tobie uitwys, is die geskrifte baie
> duidelik beïnvloed deur die Griekse mitologie. Of waar dink jy kom die idee
> (hades = hel) dan vandaan?
>
> E

Vreeslik gevaarlike woorde wat jy hier sê, Elaine.
Dat die Bybel beinvloed is deur mitologiese verhale.
Jy dink nie dalk dat die skrywers van mitologiese stories
tog logies gesproke slegs gebruik gemaak het van dieselfde
Griekse woordeskat as waarvan die skrywers van die
Nuwe Testamentiese boeke gebruik gemaak het nie?

D
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79316 is 'n antwoord op boodskap #79314] Ma, 16 Junie 2003 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3eee3586$0$236@hades.is.co.za...
> Ja, ek weet dit, maar ek het sommer gepraat van die Griekse kultuur oor die
> algemeen. Een van my ma se vriendinne is 'n Griek, en hulle weet amper niks
> van die mitologie af nie, ek weet meer, ek wou maar eintlik net die punt
> oordra dat die feit dat jy 'n Griek is jou nie noodwendig 'n ekspert maak op
> hulle mitologie nie.

Nie noodwendig nie, nee. Maar jy is verkeerd daaroor dat hulle nie hulle
mitologie ken nie, jou ma se vriendin is 'n uitsondering. Hulle leer dit van
kleins af op skool in Griekeland. Hulle eerste leesboeke is stories uit die
mitologie. Klassieke Grieks is ook 'n verpligtende vak in Griekse skole, so
enige Griek met geleerdheid sou dit goed ken. Baie ongeletterde mense daar
ken dit ook, hulle vertel die stories uit die gebied waar hulle bly. Ek het
eendag 'n baie ou vrou ontmoet by die sogenaamde graf van Agamemnon (die een
wat Schlieman ondek het) wat my vertel het dat sy gereeld daar kom, sy bly
in 'n 'n klein dorpie naby. Sy het kom blomme sit op 'n graf daar naby, wat
sy vas geglo het die graf van Clytemnestra was. Sy was baie vertontwaarding
oor al die "eer" wat hy kry, want soos sy gese het, "wat dan van haar, hy
het haar dogter geoffer, ek sou hom ook met sy eie swaard vermoor het as hy
met daai voel storie by my aangekom het".

Lorinda
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79317 is 'n antwoord op boodskap #79316] Ma, 16 Junie 2003 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Oulike storie.

Ek praat hier uitsluitlik van SA Grieke, en Grieke wat in enige ander land
behalwe Griekeland grootgeword het. Soos enige ander immigrant raak die
unieke kultuurlyne maar effe dof na 'n ruk, en begin dit meng met die
kultuur van hulle nuwe land.

E

"Lorinda" wrote:
>
> Nie noodwendig nie, nee. Maar jy is verkeerd daaroor dat hulle nie hulle
> mitologie ken nie, jou ma se vriendin is 'n uitsondering. Hulle leer dit van
> kleins af op skool in Griekeland. Hulle eerste leesboeke is stories uit die
> mitologie. Klassieke Grieks is ook 'n verpligtende vak in Griekse skole, so
> enige Griek met geleerdheid sou dit goed ken. Baie ongeletterde mense daar
> ken dit ook, hulle vertel die stories uit die gebied waar hulle bly. Ek het
> eendag 'n baie ou vrou ontmoet by die sogenaamde graf van Agamemnon (die een
> wat Schlieman ondek het) wat my vertel het dat sy gereeld daar kom, sy bly
> in 'n 'n klein dorpie naby. Sy het kom blomme sit op 'n graf daar naby, wat
> sy vas geglo het die graf van Clytemnestra was. Sy was baie vertontwaarding
> oor al die "eer" wat hy kry, want soos sy gese het, "wat dan van haar, hy
> het haar dogter geoffer, ek sou hom ook met sy eie swaard vermoor het as hy
> met daai voel storie by my aangekom het".
>
> Lorinda
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79318 is 'n antwoord op boodskap #79315] Ma, 16 Junie 2003 22:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja dis moontlik. Hoekom is my argument gevaarlik?
Die Bybel is 'n boek. Ons moet in God glo en nie die bybel nie. Die Bybel
is 'n handboek vir Christene, met stories, riglyne, wette, ens.
As jy alles blindelings glo wat in die Bybel staan, dan moet jy glo dat
vrouens nie 'n stem het nie, en dat sy met haar man se broer/neef/swaer of
een of ander familielid moet trou as hy die dag wegval. Dan moet jy ook glo
dat jy meer as een vrou mag hê, en dat die huweliksritueel soos ons hom
vandag ken eintlik verkeerd is, want in Bybelse tye is dit anders gedoen
(baie anders om die waarheid te sê). Daar is baie dinge wat ons vandag doen
wat deur die Bybel, maar nie die kerk nie, verbied word. Of, die beste van
alles, dinge wat 15 jaar terug deur die kerk verbied is (soos dans), maar
vandag nie meer verbied word nie. So watter kant toe nou? Weereens, wie's
reg en wie's verkeerd?

E

"Dave" wrote:
>
> Vreeslik gevaarlike woorde wat jy hier sê, Elaine.
> Dat die Bybel beinvloed is deur mitologiese verhale.
> Jy dink nie dalk dat die skrywers van mitologiese stories
> tog logies gesproke slegs gebruik gemaak het van dieselfde
> Griekse woordeskat as waarvan die skrywers van die
> Nuwe Testamentiese boeke gebruik gemaak het nie?
>
> D
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79319 is 'n antwoord op boodskap #79318] Ma, 16 Junie 2003 22:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3eee46b0$0$226@hades.is.co.za...
>> wat deur die Bybel, maar nie die kerk nie, verbied word. Of, die beste
van
> alles, dinge wat 15 jaar terug deur die kerk verbied is (soos dans), maar
> vandag nie meer verbied word nie. So watter kant toe nou? Weereens, wie's
> reg en wie's verkeerd?

Elaine, wil jy vir my se die Doppers mag deesdae DANS?

Lorinda
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79320 is 'n antwoord op boodskap #79319] Ma, 16 Junie 2003 23:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
lolol. Amper ja - behalwe vir die een of twee stokou omies wat erg kapsie
maak is dans nou offisieel deur die kerkraad en sinode goedgekeur. So lank
jy net nie by die kerk of 'n nagklub dans nie is jy veilig. Sokkies is nog
glybane vir sonde, so jy moet bid terwyl jy daar is dat jy nie in die sonder
verval nie :-))

E

"Lorinda" wrote:
>
> Elaine, wil jy vir my se die Doppers mag deesdae DANS?
>
> Lorinda
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79321 is 'n antwoord op boodskap #79315] Ma, 16 Junie 2003 23:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

> Vreeslik gevaarlike woorde wat jy hier sê, Elaine.
> Dat die Bybel beinvloed is deur mitologiese verhale.
> Jy dink nie dalk dat die skrywers van mitologiese stories
> tog logies gesproke slegs gebruik gemaak het van dieselfde
> Griekse woordeskat as waarvan die skrywers van die
> Nuwe Testamentiese boeke gebruik gemaak het nie?

Hoe tipies, du plessis, dat jy die woord
"gevaarlik" gebruik wanneer jy van "godsdiens"
begin praat. Asof jy sommer uit wans uit wil
begin dikteer wat "reg" en "verkeerd" is.
Iets wat reëlreg indruis teen wat jy eintlik
moet "glo" as jy die werklike leër van Christus
navolg, wat vir jou vertel dat jy jou naaste moet
liefhê soos jouself, dat jy nie moet oordeel nie
sodat jy nie geoordeel sal word nie, en dat jy en
die Vader een is.
Die sogenaamde Christelike kerkleër is eintlik
baie beinvloed deur Aristoteles, wat die Westerse
denkrigting 'n materialistiese denkrigting gemaak
het. Soveel so, dat jy hier op die aarde sit en dan
moet die hemel en die hel nou noodwendig 'n ander
fisiese plek wees, en uiteindelik is die hele ding
so onwaarskynlik dat mense net eenvoudig ophou om
daarin te glo.
Op sekere plekke in die Bybel vind jy egter
'n ander denkrigting, wat sê dat ons almal deel van
die groter geheel is. En dis daarom, du plessis, dat
as jy in die hysbak is en jy kyk in die oë van die
kaffer, dan kyk jy na 'n ander deel van jouself en
jy kyk ook na die Vader en die Seun en die Heilige
Gees.

Penkop wat nog sukkel met die
oog van die naald.
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79322 is 'n antwoord op boodskap #79320] Ma, 16 Junie 2003 23:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3eee4da8$0$236@hades.is.co.za...
> lolol. Amper ja - behalwe vir die een of twee stokou omies wat erg kapsie
> maak is dans nou offisieel deur die kerkraad en sinode goedgekeur. So lank
> jy net nie by die kerk of 'n nagklub dans nie is jy veilig. Sokkies is nog
> glybane vir sonde, so jy moet bid terwyl jy daar is dat jy nie in die sonder
> verval nie :-))
>
> E

Ek is bly dat hulle deesdae ook soos Dawid mag huppel , maar ek is ook nogal
spyt, so asof terwyl die Doppers nie kon dans nie daar 'n konstantheid in
die lewe was :-))

Lorinda
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79323 is 'n antwoord op boodskap #79322] Ma, 16 Junie 2003 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag moenie worry nie, die doppers is maar nog steeds net so streng :-))

E

"Lorinda" wrote:

> Ek is bly dat hulle deesdae ook soos Dawid mag huppel , maar ek is ook nogal
> spyt, so asof terwyl die Doppers nie kon dans nie daar 'n konstantheid in
> die lewe was :-))
>
> Lorinda
>
Re: Vader se geskenk [boodskap #79331 is 'n antwoord op boodskap #79289] Di, 17 Junie 2003 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ag, dis tog so special as sommige
mense kan aanspraak maak op 'n
private lyn so reg van die hoogste
outoriteit af.
---
Ek gebruik die gratis telefoon # 777. Die nommer
is altyd oop vir ENIGE een wat wil gesels. Daar
moet ook geluister word, want die telefoon het ook
'n gehoorstuk. Die eienaar van # 777 se stem is
sag, skaars hoorbaar en liefdevol, net soos Sy
Vader se stem.
Die gratis telefoon # 666 sal jou deursit na die
"smoking room" waar dit baie besig is. Dis meer
populêr as die "non smokers room" Die foon se
mondstuk bly stukkend, maar jy kan darem hoor wat
die eienaar van # 666 vir jou sê. Tussen jou en
my, ek hou nie van sy stem nie, dis grof, hard,
trots en vol haat. Dis ook sy en sy aanhangers se
vrug wat hulle dra.
Hal'lu et Adonai kol goyim.
---
-----------------------------------------
"Looking at the way some people live,
they ought to obtain fire insurance soon."
---
Treat everybody with politeness,
even those who are rude to you; remember,
you show courtesy to others, not because
they are gentlemen, but because you are one.
---------------------------------------------
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79332 is 'n antwoord op boodskap #79315] Di, 17 Junie 2003 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
wens julle 2 wil ophou baklei oorie hel :-)
---
"Dave"
: >
: >E
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79333 is 'n antwoord op boodskap #79318] Di, 17 Junie 2003 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Jun 2003 00:37:34 +0200, "Elaine" wrote:

> Ja dis moontlik. Hoekom is my argument gevaarlik?
> Die Bybel is 'n boek. Ons moet in God glo en nie die bybel nie. Die Bybel
> is 'n handboek vir Christene, met stories, riglyne, wette, ens.

Hoe kan jy in God glo as jy nie die Bybel kan glo nie?
Want dìt is tog waar ons van God leer.
Jou woorde van ' in God glo, nie die Bybel nie' klink ietwat
kranksinnig.

> As jy alles blindelings glo wat in die Bybel staan, ...

Alles wat jy hier vertel van dans, poligamie ens. moet jy tog in
konteks lees. Lees met die wete dat van verskillende kulture vertel
word.
Betreffende die kerk se siening oor dans vyftien jaar gelede en
huidiglik, is ek nie seker van watter kerk jy praat nie. Dalk van die
selfde kerk wat apartheid gepredik het 15 jaar gelede? En dit nou
verdoem? Dieselfde kerk wat presies die heersende politieke
bestel volg?

Soos jy sê:
> So watter kant toe nou? Weereens, wie's
> reg en wie's verkeerd?

Nog iets, Elaine, maar dié keer net vir jòu ore bedoel,
en daarom sal jy moet scroll na onder.

*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*
*

Ek is nog steeds lief vir jou:-)))

Dave:-)))
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79335 is 'n antwoord op boodskap #79332] Di, 17 Junie 2003 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Jun 2003 20:16:18 +0200, "Tobie" wrote:

> wens julle 2 wil ophou baklei oorie hel :-)
> ---
> "Dave"
> : >
> : >E
>

Wat 'n helse bakleiery:-)))

DD
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79336 is 'n antwoord op boodskap #79332] Di, 17 Junie 2003 18:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD is gatvol gestry met Gloudina, nou soek hy skoor met my :-)) Ons baklei
nie, ons stry. Ek dink daar's 'n verskil. Anyhoo, ek's nou klaar gestry...

E

"Tobie" skryf in boodskap news:bcnlq6$o4m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> wens julle 2 wil ophou baklei oorie hel :-)
> ---
> "Dave"
> : >
> : >E
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79337 is 'n antwoord op boodskap #79333] Di, 17 Junie 2003 18:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hel maar ek's bly om dit te hoor :o))

E

"Dave" wrote:
>
> Ek is nog steeds lief vir jou:-)))
>
> Dave:-)))
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79340 is 'n antwoord op boodskap #79336] Di, 17 Junie 2003 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Jun 2003 20:39:16 +0200, "Elaine" wrote:

> Anyhoo, ek's nou klaar gestry...
>
> E
>

Ek ook:-)

Tussen die lyne gelees,
sê Tobie eintlik dat dit 'n stryery is sonder doel.

D
XXX

ns.
Nou eers besef ek dat Tobie die stryery begin het!
Re: Vader se geskenk [boodskap #79345 is 'n antwoord op boodskap #79331] Wo, 18 Junie 2003 00:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

> Ek gebruik die gratis telefoon # 777. Die nommer
> is altyd oop vir ENIGE een wat wil gesels.
> Die gratis telefoon # 666 sal jou deursit na die
> "smoking room" waar dit baie besig is.

Sover ek kan onthou, het die Protestantse
kerke nog altyd enigiemand veroordeel
wat so met "getalle" heul. Volgens
Protestantse teoloë is sulke mense op
'n dwaalpad, heg hulle belangrikheid
aan dinge wat niks te doen het met die
Christelike "godsdiens" nie.

Penkop op wag
Re: Vader se geskenk [boodskap #79346 is 'n antwoord op boodskap #79345] Wo, 18 Junie 2003 01:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is nie waar nie, ek het al by preke gehoor dat hulle die nr. gebruik - in
konteks natuurlik. Soms is dit net 'n nr. en moet ons nie te veel waarde
daaraan heg nie. As ek 666 emails het, beteken dit die duiwel sit daar agter
of as my "high score" vir 'n speletjie 666 is, het die duiwel 'n hand daarin
gehad? Of is dit net toeval? Ek het ook al gelees dat die nr. eintlik 999
kan wees omdat die nr. in 'n droom gesien is, en dus agterstevoor om, soos
om in 'n spieël te kyk. Blykbaar sien ons 'n spieëlbeeld in ons drome
(visioen), en alles is verkeerde kant toe om - so ons is dalk almal verkeerd
wat die nr. aanbetref. Ons sal nooit weet terwyl ons lewe nie...
Die charismatiese kerke (en ek het niks teen hulle nie!), is baie lief om
sterk waarde aan die nr. te heg. Ek sien ook hulle is geneig om Openbaringe
vreeslik letterlik op te neem.

E

wrote:
>
> Sover ek kan onthou, het die Protestantse
> kerke nog altyd enigiemand veroordeel
> wat so met "getalle" heul. Volgens
> Protestantse teoloë is sulke mense op
> 'n dwaalpad, heg hulle belangrikheid
> aan dinge wat niks te doen het met die
> Christelike "godsdiens" nie.
>
> Penkop op wag
>
Re: Vader se geskenk [boodskap #79349 is 'n antwoord op boodskap #79331] Wo, 18 Junie 2003 03:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

-----------------------------------
> "Looking at the way some people live,
> they ought to obtain fire insurance soon."
> ---
> Treat everybody with politeness,
> even those who are rude to you; remember,
> you show courtesy to others, not because
> they are gentlemen, but because you are one.
> ---------------------------------------------

Hoe kan hierdie twee uitsprake gelyk
deur een persoon gemaak word? Die een
is 'n arrogante veroordeling van die
"medemens." Die volgende aanhaling
eindig met die uitspraak "you are one,"
wat mens bring by daardie punt waar
Christene en Buddhiste dieselfde glo.
Êrens klop iets hier nie. Is die eerste
aanhaling nie 'n slaggat wat deur die
duiwel ontwerp is, en waarin die aanhaler
kop en pootjies geval het nie? Oppas tog,
die ou kalant is duiwels slu.

Penkop, wat dink dat sommige mense
die haan gaan hoor kraai.
Re: Vader se geskenk [boodskap #79383 is 'n antwoord op boodskap #79345] Wo, 18 Junie 2003 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 18 Jun 2003 00:45:18 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Tobie wrote:
>
>
>> Ek gebruik die gratis telefoon # 777. Die nommer
>> is altyd oop vir ENIGE een wat wil gesels.
>> Die gratis telefoon # 666 sal jou deursit na die
>> "smoking room" waar dit baie besig is.
>
>
> Sover ek kan onthou, het die Protestantse
> kerke nog altyd enigiemand veroordeel
> wat so met "getalle" heul. Volgens
> Protestantse teoloë is sulke mense op
> 'n dwaalpad, heg hulle belangrikheid
> aan dinge wat niks te doen het met die
> Christelike "godsdiens" nie.
>
> Penkop op wag

komende van iemand wat altyd enigiets wat na veroordeling klink,
veroordeel. Die mense lag opnuut(steeds!) vir jou, bouwer.

Speedy
Re: Vader se geskenk [boodskap #79384 is 'n antwoord op boodskap #79346] Wo, 18 Junie 2003 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 18 Jun 2003 03:20:07 +0200, "Elaine" wrote:

> Is nie waar nie, ek het al by preke gehoor dat hulle die nr. gebruik - in
> konteks natuurlik. Soms is dit net 'n nr. en moet ons nie te veel waarde
> daaraan heg nie. As ek 666 emails het, beteken dit die duiwel sit daar agter
> of as my "high score" vir 'n speletjie 666 is, het die duiwel 'n hand daarin
> gehad? Of is dit net toeval? Ek het ook al gelees dat die nr. eintlik 999
> kan wees omdat die nr. in 'n droom gesien is, en dus agterstevoor om, soos
> om in 'n spieël te kyk. Blykbaar sien ons 'n spieëlbeeld in ons drome
> (visioen), en alles is verkeerde kant toe om - so ons is dalk almal verkeerd
> wat die nr. aanbetref. Ons sal nooit weet terwyl ons lewe nie...
> Die charismatiese kerke (en ek het niks teen hulle nie!), is baie lief om
> sterk waarde aan die nr. te heg. Ek sien ook hulle is geneig om Openbaringe
> vreeslik letterlik op te neem.
>
> E

Wat my by so iets opval, Elaine, is dat dit klaarblyklik spottend
gebruik word.
Die syfer moet realisties na gekyk word. As voorbeeld sal ek nie,
wanneer die petroljoggie my kleingeld gee, en dit is R666 die hele
bedrag as fooitjie gee nie:-) maar ek merk op dat dit opvalled meer
en meer raak geloop word. En om te sê dat Openbaring van 666 praat,
maar moet nie bekommerd wees nie, omdat dit heelwaarskynlik 'n
verbloemde ander syfer is...??????. Dit klink asof jy meen dat wanneer
daar geskryf staan dat jy 'op die berg moet klim', dit kodetaal is vir
'beweeg na onder in die dale'.

Soos reeds gesê, lyk dit vir my na spotterny. En dit opsigself dui
weer op vrees vanaf die ander gelowe vir die Christendom

DD
Re: Vader se geskenk [boodskap #79387 is 'n antwoord op boodskap #79384] Wo, 18 Junie 2003 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Versigtig wees vir Openbaringe hoor? Dis baie beeldspraak, en die grootste
gedeelte van Openbaringe moenie letterlik opgeneem word nie, selfs teoloeë
is versigting vir Openbaringe.

Buitendien, ek het dit nie ontken nie, ek het ook nie gespot nie, ek het
weereens net 'n storie vertel - iets wat ek gelees het, maar om nou vir my
te sê dat as ek 666 emails het ek moet skrik is belaglik. Soms is dit maar
net 'n nr.

E

"Speedy Conzales" wrote:

En om te sê dat Openbaring van 666 praat,
> maar moet nie bekommerd wees nie, omdat dit heelwaarskynlik 'n
> verbloemde ander syfer is...??????. Dit klink asof jy meen dat wanneer
> daar geskryf staan dat jy 'op die berg moet klim', dit kodetaal is vir
> 'beweeg na onder in die dale'.
>
> Soos reeds gesê, lyk dit vir my na spotterny. En dit opsigself dui
> weer op vrees vanaf die ander gelowe vir die Christendom
>
> DD
>
Re: Vader se geskenk [boodskap #79388 is 'n antwoord op boodskap #79387] Wo, 18 Junie 2003 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Conzales  is tans af-lyn  Speedy Conzales
Boodskappe: 94
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 18 Jun 2003 20:26:44 +0200, "Elaine" wrote:

> Versigtig wees vir Openbaringe hoor? Dis baie beeldspraak, en die grootste
> gedeelte van Openbaringe moenie letterlik opgeneem word nie, selfs teoloeë
> is versigting vir Openbaringe.
>
> Buitendien, ek het dit nie ontken nie, ek het ook nie gespot nie, ek het
> weereens net 'n storie vertel - iets wat ek gelees het, maar om nou vir my
> te sê dat as ek 666 emails het ek moet skrik is belaglik. Soms is dit maar
> net 'n nr.
>
> E

Hier het ek nie bedoel dat jy spot nie. Die bedoeling was dat mense
wat graag hulle epos-adresse, skuilname en dies meer, daaraan koppel,
heelwaarskynlik spot. Indien nie, is die moontlikhede vreesaanjaend.
Dit moet spot wees omdat geen ander syfer word soveelvuldig op
internet drievoudig gebruik nie.
(Letters wel, as jy bv. na die letter X kyk:-))).

Terug na die realiteit, ek sien dit as spot omdat ek 'n antwoord
daarvoor soek. Dat 'n profesie van ongeveer vier duisend jaar
gelede, soos dit geskryf is, opduik. Vind jy dit nie ook snaaks nie?
Re: Vader se geskenk [boodskap #79394 is 'n antwoord op boodskap #79388] Wo, 18 Junie 2003 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, nie rerig nie, die profesie is dalk meer iets soos 2000 jaar gelede (NC
onthou?)... Anyhoo, die Bybel is die grootste boek in die wêreld, die
meeste kopieë verkoop, en al daai lekker dinge. Die skrywers in Hollywood
het niks beter om oor te skryf nie, en dan skryf hulle rillers wat gereeld
die nr. 666 bevat. Ook sataniste is lief om die nr. te gebruik, en mense
dink hulle skok jou as hulle die nr gebruik. Christenskap is een van die
grootste gelowe in die wêreld. ALMAL ken God en Jesus, al glo hulle nie aan
Hulle nie, almal ken tog die stories. So dit verbaas my glad nie. Die
Internet maak die deur oop vir al die freaks wat ons nooit geweet het
bestaan nie.

E

"Speedy Conzales" wrote:

> Terug na die realiteit, ek sien dit as spot omdat ek 'n antwoord
> daarvoor soek. Dat 'n profesie van ongeveer vier duisend jaar
> gelede, soos dit geskryf is, opduik. Vind jy dit nie ook snaaks nie?
Re: Vader se geskenk [boodskap #79395 is 'n antwoord op boodskap #79394] Wo, 18 Junie 2003 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Anyhoo, die Bybel is die grootste boek in die wêreld, die
> meeste kopieë verkoop, en al daai lekker dinge. Christenskap is een van die
> grootste gelowe in die wêreld. ALMAL ken God en Jesus, al glo hulle nie aan
> Hulle nie, almal ken tog die stories.

Elaine, jy moet tog maar suutjies gaan
met al die wilde veralgemenings. Die
Bybel mag in westerse estimasie die boek
wees wat die meeste verkoop, omdat
kommersialiteit en verkope nou eenmaal
'n westerse konsep is. Maar jy kan nie
verklaar dat die Christelike kerke meer
lede het as die ander gelowe in die
wêreld nie. Die Buddhiste in Sjina en
Suid-Asië en die Hindoes en Buddhiste
in Indië se getalle is veel groter. Daar
is baie meer mense wat nie van Jesus
gehoor het nie as dié wat wel van hom
gehoor het. (En mens neem nou in ag dat
die Moslems in die wêreld almal wel van
Jesus gehoor het.)
Oor die stukkie teologie in jou sin
"almal ken God en Jesus, al glo hulle nie
aan Hulle nie.." Is God en Jesus nie één
nie?

Gloudina
Re: Vader se geskenk [boodskap #79396 is 'n antwoord op boodskap #79395] Do, 19 Junie 2003 00:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie gesê Christendom is die grootste geloof nie, ek het gesê dis een
van die grootstes, en a.g.v. Hollywood en flieks en tv ken meeste mense die
stories.

Nee Jesus en God is nie een nie. God is die Vader, Jesus is die Seun (ook
bemiddelaar). Dis beeldspraak dat hulle een is. 'n Predikant het dit
eenkeer so verduidelik. 'n Pa en sy seun deel dieselfde bloed - dus is
hulle een, maar ook twee. Of wanneer jy trou word jy Een met jou man/vrou,
maar tog is julle twee persone. Verstaan jy? Vir my was dit nogal 'n
moeilike konsep gewees om te begryp, maar ek het mettertyd begin verstaan.

E

wrote:
>
>
> Elaine, jy moet tog maar suutjies gaan
> met al die wilde veralgemenings. Die
> Bybel mag in westerse estimasie die boek
> wees wat die meeste verkoop, omdat
> kommersialiteit en verkope nou eenmaal
> 'n westerse konsep is. Maar jy kan nie
> verklaar dat die Christelike kerke meer
> lede het as die ander gelowe in die
> wêreld nie. Die Buddhiste in Sjina en
> Suid-Asië en die Hindoes en Buddhiste
> in Indië se getalle is veel groter. Daar
> is baie meer mense wat nie van Jesus
> gehoor het nie as dié wat wel van hom
> gehoor het. (En mens neem nou in ag dat
> die Moslems in die wêreld almal wel van
> Jesus gehoor het.)
> Oor die stukkie teologie in jou sin
> "almal ken God en Jesus, al glo hulle nie
> aan Hulle nie.." Is God en Jesus nie één
> nie?
>
> Gloudina
>
Re: Vader se geskenk [boodskap #79397 is 'n antwoord op boodskap #79396] Do, 19 Junie 2003 01:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:


> Nee Jesus en God is nie een nie.
Dis beeldspraak dat hulle een is

Nou hoekom het Christus dan gepredik
dat Hy en die Vader één is. En hoekom
het Jesus verklaar dat die Vader die
wynstok is en "julle" die lote (dus
tog ook eintlik één.) Dit lyk vir my
of 'n sekere soort teologiese inter-
pretasie, wat meeste moderne Protestantse
kerke aanhang, verval in 'n materialisme
wat gevaarlik is. Hulle kan nie, soos
byvoorbeeld die Buddhiste, vir hulleself
kry om aan te neem dat "die mens" ook
kan streef na éénheid met die godheid
nie. En tog glo ek dat dit eintlik is wat
mens moet verstaan as jy die Nuwe Testament
deeglik lees.

Gloudina
Re: Vader se geskenk [boodskap #79398 is 'n antwoord op boodskap #79397] Do, 19 Junie 2003 01:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ons is almal deel van een liggaam. Ek is die hande, jy's die voete. Ons is
nie dieselfde nie, maar ons deel dieselfde liggaam. Dis baie moeilik om te
verduidelik, en ek's nie 'n teoloog nie.
Ons is almal in God se beeld geskape, en ons moet almal streef tot eenheid
met God, die enigste God volgens ons geloof. Ons sal seker eers daai
eenheid bereik wanneer ons die dag tot sterwe kom, maar dis basies
dieselfde.

E

wrote:
>
> Elaine wrote:
>
>
>> Nee Jesus en God is nie een nie.
> Dis beeldspraak dat hulle een is
>
>
> Nou hoekom het Christus dan gepredik
> dat Hy en die Vader één is. En hoekom
> het Jesus verklaar dat die Vader die
> wynstok is en "julle" die lote (dus
> tog ook eintlik één.) Dit lyk vir my
> of 'n sekere soort teologiese inter-
> pretasie, wat meeste moderne Protestantse
> kerke aanhang, verval in 'n materialisme
> wat gevaarlik is. Hulle kan nie, soos
> byvoorbeeld die Buddhiste, vir hulleself
> kry om aan te neem dat "die mens" ook
> kan streef na éénheid met die godheid
> nie. En tog glo ek dat dit eintlik is wat
> mens moet verstaan as jy die Nuwe Testament
> deeglik lees.
>
> Gloudina
>
Re: Vadersdag geskenk [boodskap #79412 is 'n antwoord op boodskap #79340] Do, 19 Junie 2003 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
SAa! ..... vat hom Flaffie !!
noem my die Jack Russel v/d ng :-)
---
"DD"
---knip---
: ns.
: Nou eers besef ek dat Tobie die stryery
begin het!
Re: Vader se geskenk [boodskap #79413 is 'n antwoord op boodskap #79346] Do, 19 Junie 2003 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote through ISP @hades.is.co.za
---knip---
: Die charismatiese kerke ---knip---
---
Wat beteken charimaties?
Re: Vader se geskenk [boodskap #79414 is 'n antwoord op boodskap #79398] Do, 19 Junie 2003 13:24 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Ons is almal deel van een liggaam. Ek is die hande, jy's die voete. Ons is
> nie dieselfde nie, maar ons deel dieselfde liggaam. Dis baie moeilik om te
> verduidelik, en ek's nie 'n teoloog nie.
> Ons is almal in God se beeld geskape, en ons moet almal streef tot eenheid
> met God, die enigste God volgens ons geloof. Ons sal seker eers daai
> eenheid bereik wanneer ons die dag tot sterwe kom, maar dis basies
> dieselfde.

Ek neem aan jy bedoel dus dat ons almal,
die Mongole in Mongolië, wat meestal
Buddhiste is, en die Masai van Kenia se
hooglande, en die talle Eerste Nasies
in Noord-Amerika wat die Groot Gees eer,
almal deel is van dié een liggaam en almal
na God se beeld geskape is. Jy weet, die
diepste ding in die Christelike bybel is
hierdie aanname "dat ons almal in God se
beeld geskape" is. Maar as iemand nou vir
'n deursnee Christen probeer verduidelik dat
dit hierdie ding is wat die hele rigsnoer in
Buddhisme is, en waaraan die Buddhis dag
en nag arbei om dit werklikheid in die
alledaagse lewe te maak, dan begin meeste
Christene allerhande draaie loop om by
dié ding verby te kom. Ek hoop dat jy nie
een van daardie mense is nie. En ek hoop
dat jy glo dat daar net een God is en dat
ons almal in sy beeld geskape is, en dat
ons daardie beeld sien in die kontoere van
die denke van die Buddhiste en die bladsye
van die Ou en Nuwe Testament en in die
geloof en dade van die Australiese eerste
nasies.

Gloudina
Vorige onderwerp: Rhodesiê en SA
Volgende onderwerp: Kryt teen materialisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 10:30:00 MGT 2024