Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Web blad ontwerp
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71852 is 'n antwoord op boodskap #71710] So, 12 Januarie 2003 18:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe dra jy emosie oor op papier? As ek 'n storie skryf, en een van my
karakters is 'n regte hooligan, gaan hy mos vloek? Hy gaan mos nie die
keurigste Afrikaans moontlik gebruik nie? Daarom skryf jy hom so dat hy
vloek, skel en donner :))) Op die manier kan jou leser mos 'n gevoel kry
van wie die karakter is?

Elaine

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e1ecd55.0@news1.mweb.co.za...
> Ek stem ook net met die onderwyser saam as hy van kragwoorde
> soos donner en bliksem praat. Vloekwoorde het op papier in
> elk geval min effek, dis heel anders wanneer dit met emosie
> persoonlik oorgedra word.
> Wouter
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71860 is 'n antwoord op boodskap #71851] So, 12 Januarie 2003 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Konteks my voet:)))
'n Vloekwoord is 'n vloekwoord:)
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e21afdf.0@news1.mweb.co.za...
> Hang maar af in watse konteks jy dit gebruik.
>
> E
>
> "Annette" wrote:
>
>> Donner en bliksem is nie vloekwoorde nie.
>> Of hoe gaan jy swaar weer beskryf?
>>
>> Annette
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71861 is 'n antwoord op boodskap #71852] So, 12 Januarie 2003 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Muskietejag.

Jou %!&(*$ !
Ek sal jou kry!
Van jou sal net 'n ^()#$*)( bly
hier op my kamer mure.

Met jou %#$%(!*#%# gonsery
Met jou gebyt en plaery
kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei
My naam is %!& $#% &#$!#!

:)))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e21b094.0@news1.mweb.co.za...
> Hoe dra jy emosie oor op papier? As ek 'n storie skryf, en een van my
> karakters is 'n regte hooligan, gaan hy mos vloek? Hy gaan mos nie die
> keurigste Afrikaans moontlik gebruik nie? Daarom skryf jy hom so dat hy
> vloek, skel en donner :))) Op die manier kan jou leser mos 'n gevoel kry
> van wie die karakter is?
>
> Elaine
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3e1ecd55.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek stem ook net met die onderwyser saam as hy van kragwoorde
>> soos donner en bliksem praat. Vloekwoorde het op papier in
>> elk geval min effek, dis heel anders wanneer dit met emosie
>> persoonlik oorgedra word.
>> Wouter
>
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71878 is 'n antwoord op boodskap #71861] Ma, 13 Januarie 2003 00:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken die gedig :)) Dis darem 'n heel ander ding as om 'n karakter wat 'n
hele boek moet volmaak aan 'n leser oor te dra.

E

"Annette" skryf in boodskap news:avshg3$j2chd$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Muskietejag.
>
> Jou %!&(*$ !
> Ek sal jou kry!
> Van jou sal net 'n ^()#$*)( bly
> hier op my kamer mure.
> :)))
> Annette
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71879 is 'n antwoord op boodskap #71860] Ma, 13 Januarie 2003 00:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Donner en bliksem, as dit in die regte konteks gebruik word, is nie
vloekwoorde nie, maar as ek sê : "ek gaan jou bliksem" dan het daai bliksem
'n vloekwoord geword :))))))

E

"Annette" skryf in boodskap news:avshfu$j2chd$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Konteks my voet:)))
> 'n Vloekwoord is 'n vloekwoord:)
> Annette
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71898 is 'n antwoord op boodskap #71852] Ma, 13 Januarie 2003 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ja oukei, daarmee stem ek saam. Wanneer jy 'n storie skryf.
Maar in die gewone gesprekke hier op die ng het die ingooi van
vloekwoorde min effek. Soos Annette genoem het, is daar
gewoonlik meer effektiewe maniere om iets oor te dra.

Jou voorbeeld van vroeër: As iemand hier sê dit gaan kak met hom,
sal daar normaal by die lesers twyfel wees of die skrywer plat taal
gebruik en of hy regtig 'n uitsonderlike slegte dag het. Maar as
jy sê dit gaan beroerd, dan is daar nie twyfel nie. Dis wat ek bedoel
het met die lae trefkrag van vloekwoorde. Maar ek stem ook saam,
dis nie altyd waar nie.

Wouter
(wat fok weet omtrent nooit vloek nie!)

"Elaine" skryf in boodskap news:3e21b094.0@news1.mweb.co.za...
Hoe dra jy emosie oor op papier? As ek 'n storie skryf, en een van my
karakters is 'n regte hooligan, gaan hy mos vloek? Hy gaan mos nie die
keurigste Afrikaans moontlik gebruik nie? Daarom skryf jy hom so dat hy
vloek, skel en donner :))) Op die manier kan jou leser mos 'n gevoel kry
van wie die karakter is?

Elaine

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e1ecd55.0@news1.mweb.co.za...
> Ek stem ook net met die onderwyser saam as hy van kragwoorde
> soos donner en bliksem praat. Vloekwoorde het op papier in
> elk geval min effek, dis heel anders wanneer dit met emosie
> persoonlik oorgedra word.
> Wouter
Re: Aan wie behoort die nuusgroep [boodskap #71901 is 'n antwoord op boodskap #71898] Ma, 13 Januarie 2003 22:52 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, ek verstaan julle punt. Ek vloek in elk geval ook maar net as ek
regtig baie, baie kwaad is maw goed moerig :))

Elaine

"Wouter Plaasvark" wrote:
>
> Jou voorbeeld van vroeër: As iemand hier sê dit gaan kak met hom,
> sal daar normaal by die lesers twyfel wees of die skrywer plat taal
> gebruik en of hy regtig 'n uitsonderlike slegte dag het. Maar as
> jy sê dit gaan beroerd, dan is daar nie twyfel nie. Dis wat ek bedoel
> het met die lae trefkrag van vloekwoorde. Maar ek stem ook saam,
> dis nie altyd waar nie.
>
> Wouter
> (wat fok weet omtrent nooit vloek nie!)
Vorige onderwerp: Hp 870 Cxi drukker
Volgende onderwerp: Ek het die fout gekry (SMS)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 00:04:07 MGT 2024