Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Wintersklere vir oorsee
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52201 is 'n antwoord op boodskap #52067] Ma, 22 Oktober 2001 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Rico wrote:
>
>> Na die keer dat Gloudina my 'n ou wit omie het genoem, kan zij wat mij
>> betreft de bout hachelen.
>
> Nog altyd 'n ou wit omie, Rico? (Nie dat
> ek weet wat "de bout hachelen" beteken
> nie, maar dit klink nie baie goed nie.)

Dis 'n baie interessante uitdrukking "iemand de bout hachelen".

Achelen beteken "om te eet" in Yiddish. Achiela in Hebreeus is kos. Wat die
betekenis van "bout" is in hierdie uitdrukking weet ek nie. Miskien wens die
uitdrukking jou toe om net die boute te eet en nie die mals vleis nie. Of
miskien bevat die uitdrukking 'n spelvaut en moet dit "de boud hachelen"
wees, soos in die Amerikaanse uitdrukking "eat my ....".

Groete,
Arthur
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52206 is 'n antwoord op boodskap #52201] Ma, 22 Oktober 2001 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur" skryf in boodskap news:9r1on3$2ch0$1@news.kabelfoon.nl...
> Gloudina schreef...
>> Rico wrote:
>>
Of miskien bevat die uitdrukking 'n spelvaut en moet dit "de boud hachelen"
> wees, soos in die Amerikaanse uitdrukking "eat my ....".
>
> Groete,
> Arthur
>
>
Nee Arthur die bout, moet regtig met 'n t :-))
het niks te doen met die Afrikaanse boude nie!!!!
Gr.Rico
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52207 is 'n antwoord op boodskap #52200] Ma, 22 Oktober 2001 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Oct 2001 20:26:41 +0200, "Tobie" wrote:

> : Hallo Piet Pompdonkie.
> ~~~~~~~~~~~~~~
> Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie
> is)
> ~~~~~~~~~~~~~~

So, jy dink dat Piet Pompdonkie is 'n kwagga wat by Rhodes wegkruip?
Dink jy dis dalk Frikkie Potgieter?
Wie anders skryf hier wat op Rhodes is?

> en DD
> X-Newsreader: Forte Agent 1.8/32.548 (kyk DD se newsreader)
> ~~~~~~~~~~~~
> Dit is nou vir die persone wat dink DD is 'n donkie ........

Jaaaa, en ek gebruik ook hierdie nuusleser. Wat beteken dit? Dat ek
en DD dieselfde persoon is? Yikes!
:-)
Pompdonkies [boodskap #52208 is 'n antwoord op boodskap #52171] Ma, 22 Oktober 2001 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Oct 2001 07:34:40 +0200, "Piet Pompdonkie"
wrote:

>> Danielle
>> Soos iemand anders, iewers anders op 'n keer gesê
>> het: "Hoe moet ek nou voel. Ek het mos ook 'n binneste", nadat hy
>> kamtig gekrenk gevoel het oor iets wat iemand gesê het.
>> Ek het my doodgelag toe ek dit lees. Maar dis waar nè? Mense
>> vergeet gou dat ons almal mos ook binnestes het wat seerkry! :-))
>
> Haai Danielle, jy het onthou! :-))))
> Dit was die pompdonkie wat dit gesê het!

Ek was oortuig dat dit iemand anders was, maar as jy sê dit was
jy, dan kan ek mos nie stry nie!! :-) Dit was 'n baie oulike gesegde,
pompdonkie - dankie dit ek dit kon gebruik! :-))

Wil jy nie vir die mense hier vertel wat presies 'n pompdonkie is nie?
Ek kry die gevoel dat jy net so misverstaan word as die arme muise wat
soms hier kuier. :-)
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52209 is 'n antwoord op boodskap #52186] Ma, 22 Oktober 2001 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Oct 2001 13:55:15 +0200, Davie Davis wrote:

> Danielle! Ek't ook 'n binneste hoor.

LOL!

> Hoe moet ek nou voel? ;-)

Um...met jou vingers?
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52210 is 'n antwoord op boodskap #52067] Ma, 22 Oktober 2001 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tobie wrote:

> :Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie
> is)

Wel, ek lag my 'n papie. Wanneer laas was jy in
Fort Beaufort, my donkie? Weet jy waar Healdtown
is? Het jy al die Hamekam-berge uitgeklim?

Tant Hessie van die agterste kwaggas.
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52211 is 'n antwoord op boodskap #52200] Ma, 22 Oktober 2001 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 22 Oct 2001 20:26:41 +0200, "Tobie" wrote:

> : Hallo Piet Pompdonkie.
> ~~~~~~~~~~~~~~
> Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie
> is)
> ~~~~~~~~~~~~~~
> en DD
> X-Newsreader: Forte Agent 1.8/32.548 (kyk DD se newsreader)
> ~~~~~~~~~~~~
> Dit is nou vir die persone wat dink DD is 'n donkie ........
> heheheheh
>
>

ha Tobie, as dit nou werklik sou beteken dat die donkie 'n donkie is,
dan is Gloudina die donkie. Maar te denke aan die ou uitdrukking wat
leer dat 'n donkie nie sy kop twee maal teen dieselfde boom stamp nie,
is dit 'n belediging vir die donkie as Gloudina van donkiïsme verdink
word. :-)

DD
Slim donkies? [boodskap #52212 is 'n antwoord op boodskap #52200] Ma, 22 Oktober 2001 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haai Tobie, Rhodes Universiteit, no less.
Maar dan is ek mos 'n geleerde pompdonkie!
Baaie slimmer as DD.......

"Tobie" skryf in boodskap news:9r1peo$noj$3@ctb-nnrp2.saix.net...
Hallo Piet Pompdonkie.
~~~~~~~~~~~~~~
Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie is)
~~~~~~~~~~~~~~
Re: Pompdonkies [boodskap #52213 is 'n antwoord op boodskap #52208] Ma, 22 Oktober 2001 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Danielle
> Wil jy nie vir die mense hier vertel wat presies 'n pompdonkie is nie?
> Ek kry die gevoel dat jy net so misverstaan word as die arme
> muise wat soms hier kuier. :-)

PP
Jong, lank gelede is my voorouers as trekdiere gebruik. Dit
word vendag nog soms van ons donkies verwag. En soms
moes ons 'n meul of 'n pomp trek, jou harnas is dan met 'n
riem aan die pomp se hefboom vasgmaak en dan loop jy al
in die ronde, byvoorbeeld om 'n put, om water daaruit te pomp.

Baie edel beroep wat ons pompdonkies het, Gloudina
kan my maar kom traai...
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52214 is 'n antwoord op boodskap #52067] Ma, 22 Oktober 2001 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> :Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie is)

> Wel, ek lag my 'n papie. Wanneer laas was jy in
> Fort Beaufort, my donkie? Weet jy waar Healdtown
> is? Het jy al die Hamekam-berge uitgeklim?
>
> Tant Hessie van die agterste kwaggas.

Nee, ek ken nie dai plekke nie, antie.
Maar hoekom vra jy dit, Rhodes is mos op Grahamstad
PP
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52215 is 'n antwoord op boodskap #52067] Ma, 22 Oktober 2001 23:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Piet Pompdonkie wrote:

>>> :Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie is)
>
>> Wel, ek lag my 'n papie. Wanneer laas was jy in
>> Fort Beaufort, my donkie? Weet jy waar Healdtown
>> is? Het jy al die Hamekam-berge uitgeklim?
>>
>> Tant Hessie van die agterste kwaggas.
>
> Nee, ek ken nie dai plekke nie, antie.
> Maar hoekom vra jy dit, Rhodes is mos op Grahamstad

I rest my case.

Hessie Poirot
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52216 is 'n antwoord op boodskap #52176] Di, 23 Oktober 2001 00:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Shannon, vra dat sy vir jou Ritter Sport bring, in die
Mocha Sahne geur (sahne is room), dit is LEKKER!

Pop

Kekkelbek skryf in boodskap news:3bd3c915.0@news1.mweb.co.za...
> Dankie vir jul raad. Sy en haar pa wou met mag en mening die winkels
> invlieg. Ek het self gevoel sy moet wag tot sy daar kom. Sy het 'n
> splinter nuwe stel "sneakers" wat in die mode is en ook van die "slip-ons"
> (sp?) (lelike goed) wat hulle nou so graag dra. Die "boots" kos hier 'n arm
> en 'n been. Ek moet reeds addisioneel vir haar 'n treinkaartjie koop wat
> amper 'n duisend rand kos, wat sy gebruik om tot by haar familie te reis.
> Daarmee kan sy dan 50% afslag kry op enige ander treinkaartjies wat sy koop.
>
> Ons spot vanoggend met haar dat ons een minder het om voor kersgeskenke te
> koop! Sy was nou nie juis beïndruk nie!
>
> Sy het ook 'n lekker waterdigte baadjie wat baie warm is. (en liggewig met
> apologie aan Gloudina;) ) Sy is so lief vir die winkels en sal dit geniet om
> saam met haar gasgesin se dogter te gaan "shop" vir klere.
>
> Bielefeld is redelik in die noorde van Duitsland, maar is baie hoog geleë.
> Hoop maar vir haar part daar is sneeu. Sy sien baie uit na alles wat anders
> gaan wees as wat ons hier het.
>
> Ek wil nou darem nie hê sy moet te veel klere neem en daar soveel klere koop
> dat sy nie vir ons genoeg sjokolades en ander lekkertes kan terugbring nie!
> ;))
>
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bd1a1f7.0@news1.mweb.co.za...
>> Waar gaan ek iets te koop kry, name van winkels. Die dames van die
>> nuusgroep sal seker weet. Met my meisiekind wat oorsee gaan, soek ons nou
>> eers klere. Sy gaan Bielefeld toe, in Duitsland en dit word blykbaar
> lekker
>> koud daar.
>>
>> dankie
>>
>> Shannon
>>
>
Re: Pompdonkies [boodskap #52219 is 'n antwoord op boodskap #52208] Di, 23 Oktober 2001 01:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Piet Pompdonkie wrote:

> Baie edel beroep wat ons pompdonkies het, Gloudina
> kan my maar kom traai...

Op die uiterste is jou naam Thys of Wouter, tydelikop besoek in
Grahamsstad, maar met 'n skokkende
onkunde oor die omtrek.

Hessie Poirot
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52225 is 'n antwoord op boodskap #52207] Di, 23 Oktober 2001 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle wrote:
>
> On Mon, 22 Oct 2001 20:26:41 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> : Hallo Piet Pompdonkie.
>> ~~~~~~~~~~~~~~
>> Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie
>> is)
>> ~~~~~~~~~~~~~~
>
> So, jy dink dat Piet Pompdonkie is 'n kwagga wat by Rhodes wegkruip?
> Dink jy dis dalk Frikkie Potgieter?
> Wie anders skryf hier wat op Rhodes is?

Frikkie op Rhodes - He he he ... nou't ek alles gehoor!
Re: Pompdonkies [boodskap #52227 is 'n antwoord op boodskap #52208] Di, 23 Oktober 2001 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Baie edel beroep wat ons pompdonkies het, Gloudina
> kan my maar kom traai...

Op die uiterste is jou naam Thys of Wouter, tydelik
op besoek in Grahamsstad, maar met 'n skokkende
onkunde oor die omtrek.
Hessie Poirot

Wouter
Ek is in die Kaap, Gloudina, bietjie stil omdat ek aan 'n groot
projek werk wat ek nou *moet* klaarmaak.

Maar 'n Pompdonkie wat van Rhodes af pos?
Nee, ek weet nie so mooi nie, lyk nie vir my so nie

Maar vertel ons van daardie omgewing, Gloudina
Re: Slim donkies? [boodskap #52228 is 'n antwoord op boodskap #52212] Di, 23 Oktober 2001 07:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Piet Pompdonkie"
: Haai Tobie, Rhodes Universiteit, no less.
: Maar dan is ek mos 'n geleerde pompdonkie!
: Baaie slimmer as DD.......
~~~~~~~~
errm .... PP, ek sal my 'signature' laat antwoord :-)
--
------------------------------------------------------------ -----
Why prefer yourself to anyone else when many are more learned,
more cultured than you?
-Thomas Kempis-
------------------------------------------------------------ -----
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52229 is 'n antwoord op boodskap #52207] Di, 23 Oktober 2001 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
ek weet jy gebruik dit Dani, maar jy gebruik nie saix nie, moet
dit nou nie te moeilik maak nie, ek wil nou regtig nie in detail
ingaan op die verskille nie, ek maak dit maar net maklik vir die
persoon wat DD verdink as 'n donkie. die persoon wat dink DD is
'n donkie, verstaan nie al die terme nie, so ek probeer dit maar
so min as moontlik 'ingewikkeld' laat lyk :-)
--

"Danielle"
: Jaaaa, en ek gebruik ook hierdie nuusleser. Wat beteken dit? Dat ek
: en DD dieselfde persoon is? Yikes!
: :-)
:
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52234 is 'n antwoord op boodskap #52216] Di, 23 Oktober 2001 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, ek sal vir haar sê. Ons sal dat sy alles koop wat eetbaar is en nie
sal sleg word nie, vir ons bring! Hoop net nie sy bring 'n Duitser ook saam
nie. ;))

pop skryf in boodskap news:9r2bsc$2sr$1@slb1.atl.mindspring.net...
> Shannon, vra dat sy vir jou Ritter Sport bring, in die
> Mocha Sahne geur (sahne is room), dit is LEKKER!
>
> Pop
>
>
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bd3c915.0@news1.mweb.co.za...
>> Dankie vir jul raad. Sy en haar pa wou met mag en mening die winkels
>> invlieg. Ek het self gevoel sy moet wag tot sy daar kom. Sy het 'n
>> splinter nuwe stel "sneakers" wat in die mode is en ook van die "slip-ons"
>> (sp?) (lelike goed) wat hulle nou so graag dra. Die "boots" kos hier 'n arm
>> en 'n been. Ek moet reeds addisioneel vir haar 'n treinkaartjie koop wat
>> amper 'n duisend rand kos, wat sy gebruik om tot by haar familie te reis.
>> Daarmee kan sy dan 50% afslag kry op enige ander treinkaartjies wat sy koop.
>>
>> Ons spot vanoggend met haar dat ons een minder het om voor kersgeskenke te
>> koop! Sy was nou nie juis beïndruk nie!
>>
>> Sy het ook 'n lekker waterdigte baadjie wat baie warm is. (en liggewig met
>> apologie aan Gloudina;) ) Sy is so lief vir die winkels en sal dit geniet om
>> saam met haar gasgesin se dogter te gaan "shop" vir klere.
>>
>> Bielefeld is redelik in die noorde van Duitsland, maar is baie hoog geleë.
>> Hoop maar vir haar part daar is sneeu. Sy sien baie uit na alles wat anders
>> gaan wees as wat ons hier het.
>>
>> Ek wil nou darem nie hê sy moet te veel klere neem en daar soveel klere koop
>> dat sy nie vir ons genoeg sjokolades en ander lekkertes kan terugbring nie!
>> ;))
>>
>> Kekkelbek wrote in message
>> news:3bd1a1f7.0@news1.mweb.co.za...
>>> Waar gaan ek iets te koop kry, name van winkels. Die dames van die
>>> nuusgroep sal seker weet. Met my meisiekind wat oorsee gaan, soek ons nou
>>> eers klere. Sy gaan Bielefeld toe, in Duitsland en dit word blykbaar lekker
>>> koud daar.
>>>
>>> dankie
>>>
>>> Shannon
>>>
>>
>
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52248 is 'n antwoord op boodskap #52206] Di, 23 Oktober 2001 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" schreef...
> "Arthur" schreef...
>
>> Of miskien bevat die uitdrukking 'n spelvaut en moet dit "de boud hachelen"
>> wees, soos in die Amerikaanse uitdrukking "eat my ....".
>>
> Nee Arthur die bout, moet regtig met 'n t :-))
> het niks te doen met die Afrikaanse boude nie!!!!

Die oorsprong van die Afrikaanse boude kan mens waarskynlik vind in 'n
Hollandse dialek. Dus dink ek my "assumption" is nie sê onwaarskynlik nie.

Groete,
Arthur

ps wat is die Afrikaanse woord vir "assumption" eintlik? In Nederlands
gebruik ons meestal "aanname", hoewel ek op skool geleer het dis 'n
"Germanisme" en my (ou) woordeboek bevat die woord nie; dit moet eintlik
"aanneming" wees.
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52256 is 'n antwoord op boodskap #52225] Di, 23 Oktober 2001 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Oct 2001 07:59:20 +0200, Lou wrote:

>
>
> Danielle wrote:

>> On Mon, 22 Oct 2001 20:26:41 +0200, "Tobie"
>> wrote:

>>> : Hallo Piet Pompdonkie.
>>> ~~~~~~~~~~~~~~
>>> Path: quagga.ru.ac.za (let op die universiteit waar die donkie
>>> is)
>>> ~~~~~~~~~~~~~~

>> So, jy dink dat Piet Pompdonkie is 'n kwagga wat by Rhodes wegkruip?
>> Dink jy dis dalk Frikkie Potgieter?
>> Wie anders skryf hier wat op Rhodes is?
>
> Frikkie op Rhodes - He he he ... nou't ek alles gehoor!

Dit was TIK (tong in kies), hoor!! :-))
Tobie was bietjie verkeerd oor waar die donkie vandaan pos, toe trek
ek maar net sy been so effe. :-)
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52259 is 'n antwoord op boodskap #52248] Di, 23 Oktober 2001 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
boud (bn.)
1 met zeer veel zelfvertrouwen => driest, onvervaard, stoutmoedig

bou��de�ren (onov.ww.)
1 mokken

bou��doir (het ~)
1 sierlijk ingericht damesvertrek

�boud�weg (bw.)
1 op onbeschroomde wijze

Dis uit die Van Dale, dus nie dialek nie, maar die Afrikaanse boude is nie
dieselfde as die Nederlandse boude nie :-))

Gr.Rico

"Arthur" skryf in boodskap news:9r4cf7$29jj$1@news.kabelfoon.nl...
> "Rico" schreef...
>> "Arthur" schreef...
>>
>>> Of miskien bevat die uitdrukking 'n spelvaut en moet dit "de boud
> hachelen"
>>> wees, soos in die Amerikaanse uitdrukking "eat my ....".
>>>
>> Nee Arthur die bout, moet regtig met 'n t :-))
>> het niks te doen met die Afrikaanse boude nie!!!!
>
> Die oorsprong van die Afrikaanse boude kan mens waarskynlik vind in 'n
> Hollandse dialek. Dus dink ek my "assumption" is nie sê onwaarskynlik nie.
>
> Groete,
> Arthur
>
> ps wat is die Afrikaanse woord vir "assumption" eintlik? In Nederlands
> gebruik ons meestal "aanname", hoewel ek op skool geleer het dis 'n
> "Germanisme" en my (ou) woordeboek bevat die woord nie; dit moet eintlik
> "aanneming" wees.
>
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52263 is 'n antwoord op boodskap #52067] Di, 23 Oktober 2001 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rico wrote:

> boud (bn.)
> 1 met zeer veel zelfvertrouwen => driest, onvervaard, stoutmoedig
>
> Dis uit die Van Dale, dus nie dialek nie, maar die Afrikaanse boude is nie
> dieselfde as die Nederlandse boude nie :-))
>

Ja, Rico praat van die Dietse woord "boud" wat
familie is van die Engelse "bold." Ek het dit altyd
so snaaks gevind om die naam van prins Boudewijn
van België te hoor, totdat ek uitvind wat daardie
"boud" beteken. In Afrikaans het ons geen teken
van daardie woord nie, dink ek. Ons praat van
"heldhaftig" of soiets, as ons "bold" wil sê. (Of
"voor op die wa" na gelang van wat ons eintlik
bedoel.)

Gloudina
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52264 is 'n antwoord op boodskap #52067] Di, 23 Oktober 2001 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Frikkie op Rhodes - He he he ... nou't ek alles gehoor!

Ja, maar jy moet onthou hy het eenkeer gedreig om vir iemand wat van die
Rekenaars-departement
af dinge gesê het waarvan hy nie gehou het nie, te
gaan slaan. Miskien het hy toe uiteindelik, twee drie
jaar na die tyd, daar uitgekom. Ek het nog altyd
aangeneem hy is te papbroek om sy dreigement
uit te voer.

Tant Hessie Boksemdaais.
Ek neem aan... [boodskap #52273 is 'n antwoord op boodskap #52248] Wo, 24 Oktober 2001 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Arthur
Dus dink ek my "assumption" is nie sê onwaarskynlik nie.
ps wat is die Afrikaanse woord vir "assumption" eintlik? In
Nederlands gebruik ons meestal "aanname", hoewel ek op
skool geleer het dis 'n "Germanisme" en my (ou) woordeboek
bevat die woord nie; dit moet eintlik "aanneming" wees.

Wouter
"Assumption" in die sin soos jy hom hier gebruik is "aanname"
of "veronderstelling" in Afrikaans. "Aanneming" kan in verskeie
kontektste gebruik word, dit beteken gewoonlik "adoption" of
"acceptance" en sou dus hier nie 'n goeie keuse wees nie.
Re: Ek neem aan... [boodskap #52274 is 'n antwoord op boodskap #52273] Wo, 24 Oktober 2001 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter
> "Assumption" in die sin soos jy hom hier gebruik is "aanname"
> of "veronderstelling" in Afrikaans. "Aanneming" kan in verskeie
> kontektste gebruik word, dit beteken gewoonlik "adoption" of
> "acceptance" en sou dus hier nie 'n goeie keuse wees nie.

Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
as jy sestien word. "

Gloudina
Re: Ek neem aan... [boodskap #52278 is 'n antwoord op boodskap #52273] Wo, 24 Oktober 2001 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
uit watter bus val jy? Vertel my meer, hier is iets waarvan ek nie bewus is
nie.

skryf in boodskap news:3BD6A692.AB65F603@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Wouter
>> "Assumption" in die sin soos jy hom hier gebruik is "aanname"
>> of "veronderstelling" in Afrikaans. "Aanneming" kan in verskeie
>> kontektste gebruik word, dit beteken gewoonlik "adoption" of
>> "acceptance" en sou dus hier nie 'n goeie keuse wees nie.
>
> Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
> betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
> as jy sestien word. "
>
> Gloudina
>
Re: Ek neem aan... [boodskap #52280 is 'n antwoord op boodskap #52273] Wo, 24 Oktober 2001 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> uit watter bus val jy? Vertel my meer, hier is iets waarvan ek nie bewus is
> nie.
>
>> Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
>> betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
>> as jy sestien word. "

Wel, Kekkel, ek weet nie of jy NG Kerk is nie, en ek weet
nie of die NG Kerk nou hulle reëls verander het nie. Maar
toe ek "aangeneem" moes word, moes ons wag tot ons
sestien was voordat ons "aangeneem" kon word. Omdat
ek eers in die laaste drie maande van my Standerd Tien
sestien was, kon ek nie aangeneem word terwyl ek nog
op skool was nie, en het verkies om nie in die eerste
jaar universiteit aangeneem te word nie, want dit het
nogal 'n hele tyd van katkisasie gekos voordat ons
"aangeneem" kon word. Dus is ek eers in my tweede
jaar "aangeneem" in die NG Kerk. Maar mens moes
eers sestien wees, voordat jy "aangeneem" kon word.
Nog 'n snaakse gewoonte: meisies het sokkies
gedra tot en met hulle "aanneming" en het daarna kouse
gedra. Ek moes hierdie "reël" volg terwyl ek nog tuis
op hoërskool was, maar het dit maar op universiteit
veronagsaam.

Gloudina
Re: Ek neem aan... [boodskap #52281 is 'n antwoord op boodskap #52273] Wo, 24 Oktober 2001 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BD6C81E.60C82C88@home.com...
Kekkelbek wrote:

> uit watter bus val jy? Vertel my meer, hier is iets waarvan ek nie bewus is
> nie.
>
>> Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
>> betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
>> as jy sestien word. "
Gloudina:
Wel, Kekkel, ek weet nie of jy NG Kerk is nie, en ek weet
nie of die NG Kerk nou hulle reëls verander het nie. Maar
toe ek "aangeneem" moes word, moes ons wag tot ons
sestien was voordat ons "aangeneem" kon word. Omdat
ek eers in die laaste drie maande van my Standerd Tien
sestien was, kon ek nie aangeneem word terwyl ek nog
op skool was nie, en het verkies om nie in die eerste
jaar universiteit aangeneem te word nie, want dit het
nogal 'n hele tyd van katkisasie gekos voordat ons
"aangeneem" kon word. Dus is ek eers in my tweede
jaar "aangeneem" in die NG Kerk. Maar mens moes
eers sestien wees, voordat jy "aangeneem" kon word.

Shannon:
Ek is nie meer NG Kerk nie maar weet sake het BAIE verander vandat jy
daardeur is - jy moet onthou dit was net na neëntien voertsek ;)) Ek kan
egter nie onthou of daar in my tyd iets van 'n ouderdomsperk was nie, ek glo
nie.

Gloudina:
Nog 'n snaakse gewoonte: meisies het sokkies
gedra tot en met hulle "aanneming" en het daarna kouse
gedra.

Shannon:
Aan reëls het ek my nie veel gesteur nie en gedra waarin ek gemaklik gevoel
het. In die Gereformeerde Kerk is sake nou ook al baie anders. Die kinders
gaan al glad met denims (nuut) en ander langbroeke na die kerk
Ek weet nie of jy bewus is nie maar hoede is ook al vir eeue nie meer die
gebruik nie. Die kerke pas maar aan by die moderne eeu en verandering van
omstandighede. Dis juis dit wat jou laat wonder oor die baie rigiede reëls
van al die jare gelede en van hoeveel hulle nou al af gesien het. Sal dit
wat hulle nou so nougeset volg nie maar oor 10 jaar weer verval nie.

Gloudina:
Ek moes hierdie "reël" volg terwyl ek nog tuis
op hoërskool was, maar het dit maar op universiteit
veronagsaam.

Gloudina
Re: Ek neem aan... [boodskap #52282 is 'n antwoord op boodskap #52273] Wo, 24 Oktober 2001 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek aanvaar maar Kekkel is jou troetelnaam vir my en neem nie aanstoot nie ;)

skryf in boodskap news:3BD6C81E.60C82C88@home.com...
Kekkelbek wrote:

> uit watter bus val jy? Vertel my meer, hier is iets waarvan ek nie bewus is
> nie.
>
>> Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
>> betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
>> as jy sestien word. "

Wel, Kekkel, ek weet nie of jy NG Kerk is nie, en ek weet
nie of die NG Kerk nou hulle reëls verander het nie. Maar
toe ek "aangeneem" moes word, moes ons wag tot ons
sestien was voordat ons "aangeneem" kon word. Omdat
ek eers in die laaste drie maande van my Standerd Tien
sestien was, kon ek nie aangeneem word terwyl ek nog
op skool was nie, en het verkies om nie in die eerste
jaar universiteit aangeneem te word nie, want dit het
nogal 'n hele tyd van katkisasie gekos voordat ons
"aangeneem" kon word. Dus is ek eers in my tweede
jaar "aangeneem" in die NG Kerk. Maar mens moes
eers sestien wees, voordat jy "aangeneem" kon word.
Nog 'n snaakse gewoonte: meisies het sokkies
gedra tot en met hulle "aanneming" en het daarna kouse
gedra. Ek moes hierdie "reël" volg terwyl ek nog tuis
op hoërskool was, maar het dit maar op universiteit
veronagsaam.

Gloudina
Re: Ek neem aan... [boodskap #52284 is 'n antwoord op boodskap #52273] Wo, 24 Oktober 2001 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Wouter Plaasvark wrote:
>> "Assumption" in die sin soos jy hom hier gebruik is "aanname"
>> of "veronderstelling" in Afrikaans. "Aanneming" kan in verskeie
>> kontektste gebruik word, dit beteken gewoonlik "adoption" of
>> "acceptance" en sou dus hier nie 'n goeie keuse wees nie.
>
> Ja, en die woord "aanneming" het ook nog die kultureel-gekleurde
> betekenis van "toegelaat te word tot die NG Kerk
> as jy sestien word. "

Dankie. Self gebruik ek ook net aanname of veronderstelling. Aanneming klink
'n bietjie ouderwets en word teenwoordig hoofsaaklik gebruik in die laaste
betekenis; toegelaat word tot as lid van 'n protestanse kerk.

Groete,
Arthur
Re: Ek neem aan... [boodskap #52287 is 'n antwoord op boodskap #52273] Wo, 24 Oktober 2001 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> Ek kan
> egter nie onthou of daar in my tyd iets van 'n ouderdomsperk was nie, ek glo
> nie.
>

Onthou, ek het alleen gesê dat jy ten minste 16 moes wees
om "aangeneem" te word. Daarna was dit seker enige
ouderdom, solank jy eers "gekatkiseer" het. Ek sal baie
verbaas wees as die NG Kerk die minimum 16 jaar- reël
sou verslap het, want ek het menigmale NG Kerk mense
smalend hoor praat oor die gewoonte van die Katolieke
om kinders wat baie jonk is, hul "first communion" te laat
ondervind. Is daar nie 'n minimum-perk in jou kerk nie?
En hoekom vra jy nie 'n NG Kerk lid wat die toestand nou
is nie? Ek sou graag wou weet.

Gloudina
Re: Ek neem aan... [boodskap #52288 is 'n antwoord op boodskap #52284] Wo, 24 Oktober 2001 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur
: Dankie. Self gebruik ek ook net aanname of veronderstelling. Aanneming klink
: 'n bietjie ouderwets en word teenwoordig hoofsaaklik gebruik in die laaste
: betekenis; toegelaat word tot as lid van 'n protestanse kerk.
:
: Groete,
: Arthur
~~~~~~~~~~~~~~~~~
..... aanneming des persoons ...... ?
--
------------------------------------------------------------ -----
Die beste helpende hand is aan die einde van jou eie arm.
------------------------------------------------------------ -----
Re: Slim donkies? [boodskap #52290 is 'n antwoord op boodskap #52228] Wo, 24 Oktober 2001 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
VeldMuis[1]  is tans af-lyn  VeldMuis[1]
Boodskappe: 27
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 23 Oct 2001 09:47:02 +0200, "Tobie" wrote:

> "Piet Pompdonkie"
> : Haai Tobie, Rhodes Universiteit, no less.
> : Maar dan is ek mos 'n geleerde pompdonkie!
> : Baaie slimmer as DD.......
> ~~~~~~~~
> errm .... PP, ek sal my 'signature' laat antwoord :-)

Kan ons die muis laat antwoord Tobie?

PP, om slimmer as DD te wees maak
jou steeds nie noodwendig
geniaal nie.

Veldmuis
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52299 is 'n antwoord op boodskap #52189] Do, 25 Oktober 2001 05:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal weer daardie foto's moet gaan bekyk , dié keer met 'n vergrootglas!

Davie Davis skryf in boodskap news:8m28tt05h3brmkqphjva56i1svo775lht5@4ax.com...
> On Mon, 22 Oct 2001 12:03:15 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Het al foto's van Davie gesien en geen stertjie sien uithang nie ;)
>>
>
>
> Iets vertel my jy het nie die 'as op die toon' foto's gesien
> nie Shannon!
>
> DD
Re: Slim donkies, nee, slim muis :-) [boodskap #52314 is 'n antwoord op boodskap #52290] Do, 25 Oktober 2001 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Veldmuis
: PP, om slimmer as DD te wees maak
: jou steeds nie noodwendig
: geniaal nie.
:
: Veldmuis
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
......... heheheheh .....om die waarheid te sê, eintlik baie
'average' :-))
--
--------------------------------------
http://www.om.org/main.htm
--------------------------------------
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52318 is 'n antwoord op boodskap #52201] Do, 25 Oktober 2001 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Arthur wrote in message ...
> Gloudina schreef...
>> Rico wrote:

>>> Na die keer dat Gloudina my 'n ou wit omie het genoem, kan zij wat mij
>>> betreft de bout hachelen.

>> Nog altyd 'n ou wit omie, Rico? (Nie dat
>> ek weet wat "de bout hachelen" beteken
>> nie, maar dit klink nie baie goed nie.)
>
> Dis 'n baie interessante uitdrukking "iemand de bout hachelen".
>
> Achelen beteken "om te eet" in Yiddish. Achiela in Hebreeus is kos. Wat die
> betekenis van "bout" is in hierdie uitdrukking weet ek nie. Miskien wens die
> uitdrukking jou toe om net die boute te eet en nie die mals vleis nie. Of
> miskien bevat die uitdrukking 'n spelvaut en moet dit "de boud hachelen"
> wees, soos in die Amerikaanse uitdrukking "eat my ....".
>
> Groete,
> Arthur

Wat is fout met die Nederlanders hier? Ken hulle nie hulle eie taal nie of
is hulle maar net preuts?

My van Dale sê:

"Bout - [betekenis] 4. (Bargoens) excrementen : hij kan me de ~ hachelen
[beteken] hij kan verhippen"

In pittige Afrikaans sou 'n mens seker sê "hy kan gaan kak".

Swart Simon
DDonkies en DDinge [boodskap #52324 is 'n antwoord op boodskap #52229] Do, 25 Oktober 2001 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 23 Oct 2001 10:05:53 +0200, "Tobie" wrote:

> ek weet jy gebruik dit Dani, maar jy gebruik nie saix nie, moet
> dit nou nie te moeilik maak nie, ek wil nou regtig nie in detail
> ingaan op die verskille nie, ek maak dit maar net maklik vir die
> persoon wat DD verdink as 'n donkie. die persoon wat dink DD is
> 'n donkie, verstaan nie al die terme nie, so ek probeer dit maar
> so min as moontlik 'ingewikkeld' laat lyk :-)

Oooooooooooooooooooooooo.....:-))))
Yep, die KISS metode is altyd die beste. :-)
Ek wou darem net nie hê dat mense my ALWEER moet verwar met iemand
anders nie - veral nie met DD nie. Arme DD - hy verdien beter! :-))

Danielle die pes, oba streepmuis
:-)
Re: Wintersklere vir oorsee [boodskap #52332 is 'n antwoord op boodskap #52067] Do, 25 Oktober 2001 21:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

>>> Rico wrote:
>
>>>> Na die keer dat Gloudina my 'n ou wit omie het genoem, kan zij wat mij
>>>> betreft de bout hachelen.

> Wat is fout met die Nederlanders hier? Ken hulle nie hulle eie taal nie of
> is hulle maar net preuts?
>
> In pittige Afrikaans sou 'n mens seker sê "hy kan gaan kak".
>

So Simon, Rico het vir my gesê ek moet gaan kak? So 'n ou wit omie!

Gloudina
Re: DDonkies en DDinge [boodskap #52334 is 'n antwoord op boodskap #52324] Do, 25 Oktober 2001 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
VeldMuis[1]  is tans af-lyn  VeldMuis[1]
Boodskappe: 27
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 25 Oct 2001 19:45:36 GMT, Streepmuis wrote:

> Oooooooooooooooooooooooo.....:-))))
> Yep, die KISS metode is altyd die beste. :-)
> .............. Arme DD - hy verdien beter! :-))
>
> Danielle die pes, oba streepmuis
> :-)
Lol... daarvan is ek nie so seker nie:-)
Inderwaarheid behoort hy gekomplimenteer
te word (indien) want hy is 'n moeilikheidsoeker.
MAAAR... moet jy vir geen oomblik dink dat ek jou
daarvan verontskuldig nie! :-)))

Wat my bekommer is omdat jy weet dat ons praat hier van
mense wat werklik van die agterste van die agterste Van Helsdingings
is. Terwyl hulle hul onkunde bewys gebruik jy termes
soos KISS. Jy sal dat hulle lipstiffie gaan aansit vroumens! :-)))

Davie Davis Die Donnerse Veldmuis ;-)
Re: DDonkies en DDinge [boodskap #52342 is 'n antwoord op boodskap #52334] Vr, 26 Oktober 2001 03:24 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Streepmuis  is tans af-lyn  Streepmuis
Boodskappe: 40
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 25 Oct 2001 23:57:50 +0200, Veldmuis
wrote:

> Inderwaarheid behoort hy gekomplimenteer
> te word (indien) want hy is 'n moeilikheidsoeker.

Ja, dit het ek ook al hier geleer/gesien. Jy's ook een van daai wat
aas uitgooi, en dan terugsit om te kyk wat gaan gebeur. Onthou net
dat boontjie kry sy loontjie ou maat. :-)

> MAAAR... moet jy vir geen oomblik dink dat ek jou
> daarvan verontskuldig nie! :-)))

Waarom nie? Ek is dan die onskuld self.
(word net vreeslik misverstaan - dis maar al)
:-))

> Wat my bekommer is omdat jy weet dat ons praat hier van
> mense wat werklik van die agterste van die agterste Van Helsdingings
> is. Terwyl hulle hul onkunde bewys gebruik jy termes
> soos KISS. Jy sal dat hulle lipstiffie gaan aansit vroumens! :-)))
>
> Davie Davis Die Donnerse Veldmuis ;-)

Hehehehe....
Nou moet ek baie suutjies en versigtig trap met my antwoord hier.
Daai tannie van die agterste van Helsdingens los my mooi uit deesdae.
Ek geniet die rus en vrede te veel, so gaan nie toelaat dat die
donnerse veldmuis my alweer in die moeilikheid dompel nie. :-))
(Hoekom leer jy my so vloek?) :-)))
Vorige onderwerp: Bagasie by lughawens
Volgende onderwerp: Vakansie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 01:15:32 MGT 2024