Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » draaipunt
draaipunt [boodskap #145269] Sa, 18 Mei 2024 10:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
draaipunt
Afbreking: draai•punt
Samestelling: draai + punt


Selfstandige naamwoord: draaipunt
Meervoud: draaipunte
Verkleinwoord: draaipuntjie
Meervoud van verkleining: draaipuntjies

Betekenis:
• Die punt/plek waar iets draai.
• (figuurlik) 'n Keerpunt of verandering in omstandighede.

Gebruik:
• 'n Hefboom bestaan uit 'n arm wat teen 'n skarnier of draaipunt beweeg.
• Almal hoop dat die verkiesing 'n draaipunt in die land se trajek na anargie en armoede sal wees.

Sinoniem:
• draaisenter
• keerpunt
• omkeerpunt
• spilpunt
• steunpunt
• swaaipunt

Afgelei:
• draaipuntas

Vertaling:
Engels: turning point, fulcrum
Nederlands: draaipunt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: drukgroep
Volgende onderwerp: toesien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 01:12:20 MGT 2024