Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » styl
styl [boodskap #126387] Di, 04 Junie 2019 20:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
styl
Afbreking: styl



Selfstandige naamwoord: styl
Meervoud: style
Verkleinwoord: styltjie
Meervoud van verkleining: styltjies

Betekenis:
• Wyse waarop mens iets doen.
• Die vorm of ontwerp van iets; karakteristieke vorm.
• (plantkunde) Buisvormige, middelste gedeelte van die stamper.

Gebruik:
• Die bekende style van swem is vryslag (kruipslag), borsslag, rugslag en vlinderslag.
• Die Neogotiese styl het vinnig ook belangstelling op die vasteland van Europa gewek.
• Die styl is ’n pilaaragtige steel waardeur die stuifmeelbuise groei om die vrugbeginsel te bereik.

Hiponiem:
• haarstyl

Afgelei:
• stylfout
• stylvol

Homofoon:
• steil (baie skuins op en af)

Vertaling:
Engels: style; post
Nederlands: stijl, manier, wijze

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lêer
Volgende onderwerp: professor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 02:51:38 MGT 2024