Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Vakansie by die see!!!!!!!
Vakansie by die see!!!!!!! [boodskap #36998] Wo, 22 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Goeiedag

Weet enigiemand van 'n goeie busdiens waarvan ek kan gebruik maak? Dis nou
behalwe Greyhound.....Ek wil Februarie maand my ma en susters bietjie af vat
see toe en ons moet die karre hier los virrie mans. Enige idees, wat dalk
makliker gaan werk as 'n bus (moet net nie vir my sê ek moet trein ry nie,
dis nie meer veilig nie). Ek wou vlieg, maar moeder objekteer, sy's te bang
om met die rent-a-car in Durban in te vaar, en ek het nog nie 5 jaar lank my
lisensie nie, of is nog nie 25 jaar oud nie. (Alles kriteria vir kar huur).
As enigiemand my kan vertel van 'n lekker vakansiehuisie langs die see -
verkieslik tog in Margate of die omgewing, want moeder wil nie Ballito toe
gaan nie, sal ek dit ook waardeer. Dalk weet julle van 'n site waar ek al
hierdie inligting kan kry. Ek was by http://www.margate.co.za maar ek kan
nie kop of gat uitmaak van wat daar aangaan nie.
Ek weet dis bietjie baie gevra, maar dit sal die eerste keer wees dat ek 'n
vakansie reël, en ek weet nie eindelik waar om te begin nie.

Dankie

Elaine
Re: Vakansie by die see!!!!!!! [boodskap #37039 is 'n antwoord op boodskap #36998] Do, 23 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die Lughawe is aan die suide van Durban. Jou Ma het nie nodig om deur
Dbn te ry nie... Durban middestad bied in elk geval niks. Vlieg af en
huur 'n kar. Huur 'n kar op jou Ma se naam. Onthou om jouself as tweede
bestuurder te laat verseker. Ry allie pad af en slaap in die
Drakensberge... Jy't duisende opsies, hoekom die ng bemoei?

Skunk
PS: As jy in Pta kan bestuur, kan jy oral bestuur!!! Klomp jaagduiwels!

"Elaine" skryf in boodskap news:3a1b9907.0@news1.mweb.co.za...
> Goeiedag
>
> Weet enigiemand van 'n goeie busdiens waarvan ek kan gebruik maak? Dis nou
> behalwe Greyhound.....Ek wil Februarie maand my ma en susters bietjie af vat
> see toe en ons moet die karre hier los virrie mans. Enige idees, wat dalk
> makliker gaan werk as 'n bus (moet net nie vir my sê ek moet trein ry nie,
> dis nie meer veilig nie). Ek wou vlieg, maar moeder objekteer, sy's te bang
> om met die rent-a-car in Durban in te vaar, en ek het nog nie 5 jaar lank my
> lisensie nie, of is nog nie 25 jaar oud nie. (Alles kriteria vir kar huur).
> As enigiemand my kan vertel van 'n lekker vakansiehuisie langs die see -
> verkieslik tog in Margate of die omgewing, want moeder wil nie Ballito toe
> gaan nie, sal ek dit ook waardeer. Dalk weet julle van 'n site waar ek al
> hierdie inligting kan kry. Ek was by http://www.margate.co.za maar ek kan
> nie kop of gat uitmaak van wat daar aangaan nie.
> Ek weet dis bietjie baie gevra, maar dit sal die eerste keer wees dat ek 'n
> vakansie reël, en ek weet nie eindelik waar om te begin nie.
>
> Dankie
>
> Elaine
>
Re: Vakansie by die see!!!!!!! [boodskap #37090 is 'n antwoord op boodskap #36998] Vr, 24 November 2000 06:44 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Skunk wrote:
> Ry allie pad af en slaap in die
> Drakensberge... Jy't duisende opsies, hoekom die ng bemoei?
>

O nee - nog 'n self aangestelde nuusgroep modereerder! Hoekom nie?!
Vorige onderwerp: aaaaggg lekker 'n vakansiedag!
Volgende onderwerp: Staproetes in Suid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 18:56:49 MGT 2024