Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Boererate
Boererate [boodskap #34910] Vr, 29 September 2000 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
kan help.

Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net
nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank (of
omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
met asma en brongitus en die klas van goed.
Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?

Elaine
Re: Boererate [boodskap #34911 is 'n antwoord op boodskap #34910] Vr, 29 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:39d4e6e3.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma......kry ek ook
> minstens twee keer 'n jaar...

Die mense met die dik natuurlike medisyne brille hier stel voor dat jy
"Evening Primrose Oil" en "Garlic Capsules" moet gebruik. En vermy produkte
wat "Acacia Gum" as inhoud het (koek versiersel, vitamines wat acacia gum as
filler gebruik, ens.) Dis nou egte Kanadese Boereraat.

Hoop dit help.
Re: Boererate [boodskap #34912 is 'n antwoord op boodskap #34910] Vr, 29 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elaine,ek het verneem van 'n baie goeie produk wat 'n mens kry by die
gesondheidwinkels nl:CYPROJAM .Die goed is blykbaar baie goed en kry jou
heeltemal van die kwakke se chemiese middels af.

Boertjie

Elaine wrote:

> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
> kan help.
>
> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
> en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
> My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net
> nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank (of
> omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
> met asma en brongitus en die klas van goed.
> Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?
>
> Elaine
Re: Boererate [boodskap #34913 is 'n antwoord op boodskap #34910] Vr, 29 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
GROOTBAAS  is tans af-lyn  GROOTBAAS
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Nee man JHB is nie so ver van PTA af nie.
Mens sien elke dag die uittog na JHB.

"Elaine" wrote in message
news:39d4f8c2.0@news1.mweb.co.za...
> Swem? Waar? Ek bly in 'n "townhouse" en die kinders staan op die rand van
> die swembad en kyk wie kan die verste pie!! hehehhe
> Pretoria is ongelukkig ook buite die kwessie want ek werk in Johannesburg.
> Maar dankie ek gaan volgende week anyway 'n homeopaat sien. Miskien kan hy
> help.
>
> Elaine
>
> GROOTBAAS wrote in message
> news:39d4f60c$0$234@helios.is.co.za...
>> Lugbesoedeling dra seker die meeste by tot asma en sinus in ons stede.
>> Trek na die ooste van Pretoria en ek verseker jou sou probleem sal baie gou
>> verbeter.
>> Begin ook ernstig swem om so jou longkapasiteit en sterkte te verhoog.
>>
>>
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:39d4e6e3.0@news1.mweb.co.za...
>>> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
>>> kan help.
>>>
>>> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
>>> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
>>> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
>>> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
>>> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
>>> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
>>> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
>>> en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
>>> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
>>> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
>>> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
>>> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
>>> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
>>> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
>>> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
>>> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
>>> My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net
>>> nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank (of
>>> omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
>>> met asma en brongitus en die klas van goed.
>>> Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?
>>>
>>> Elaine
>>>
>>
>
Re: Boererate [boodskap #34914 is 'n antwoord op boodskap #34910] Vr, 29 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Elaine wrote:

> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
> gedoen is.

Elaine, ek wonder of jy nie dalk een van die clues vir jouasma reg in hierdie
paragraaf het nie. En moenie jou
doodstaar op die gevoel dat Sasol jou asma veroorsaak
nie. Gaan sit en dink wat jy verskillend begin doen het
omtrent die tyd toe die asma begin het.
Ek het as kind ekseem gehad en het in my twintigerjare
ook ernstige hooikoors en effens asma ontwikkel (ek weet
nou dit het saamgeval met die feit dat ek my eie woonstel
gehad het en my hande in skottelgoed-water gesit het sonder
die beskerming van rubberhandskoene.) Eers toe ek hier
in Kanada aankom en my man my dwing om met rubber-
handskoene skottelgoed te was (omdat my hande so sleg
gelyk het) het die hooikoors opgehou. Vir 'n ruk het ek
nog asma-aanvalle gekry is motelle weg van die huis .
Toe het ek besef dat daar bestanddele in sekere sepe
en shampoos is waarvoor ek allergies is en ek ry nou my
eie seep en shampoo saam waar ek ookal gaan. Ek hou
my soveel as moontlik weg van chemikaliee in die huis.
Ek merk op dat ek ook effens allergies is vir "news print."
Een van ons kinders het toe sy klein was in SA, gelyk
of sy asmaties is. Nou, in retrospect, weet ons sy was allergies
vir rookdampe (iets wat haar pa toe nog gedoen het.) Gelukkig
het hulle nou baie streng wette in Noord-Amerika teen rook
in publieke plekke, maar SA (en Europa) is nog baie sleg wat
rook in die publiek aanbetref.
Ek het ongelukkig ook 'n baie ongemaklike allergie vir
een of ander bestanddeel in meeste pille (heelwaarskynlik
'n preserwatief.) Dit het my jare van speurder speel geneem om
uit te vind dat ek versigtig moet wees en met die eerste teken van
jukbulte en gejuk nadat ek 'n pil (of vitamine-pil) geneem het,
daarmee op te hou. (Hierdie bestanddeel waarvoor ek allergies
is, is selfs in buffered aspirin.) Nou die dag het ek 'n baie slegte
ondervinding gehad, toe 'n dokter my 'n inspuiting gee wat
blykbaar ook die preservatief inhet waarvoor ek allergies is. Ek
het dadelik opgeswel, groot rooi bulte ontwikkel, en my bloed-
druk het gevaarlik gedaal totdat hulle my 'n shot adrenaline kon
gee, na 'n hospitaal neem en my vir 'n paar uur monitor. Dus is
dit baie belangrik dat jy moet uitvind wat dit is wat vir hierdie
allergiese toestand van jou verantwoordelik is. Daar is miskien
meer as een ding. Dis belangrik om jou soveel as moontlik te
beskerm, sodat die hoeveelheid histamine nie in jou liggaam
opbou nie. As daar genoeg histamine in jou sisteem is, is jy soms
allergies vir dinge wat jou nie gewoonlik affekteer nie (soos ek
met newsprint.) So beskerm jouself teen 'n hele klomp dinge wat
jy onder suspisie het. En dit neem soms 'n lang periode van
eliminasie om uit te vind wat jou werklik affekteer.
Hulle dink dat vitamine C help om die hoeveelheid histamine
in jou liggaam te neutraliseer. Drink dus lemoensap. Dit kan jou
nie kwaaddoen nie. Ek neem aan jy is nie allergies vir diere nie.
Dit is gewoonlik maklik om dit self uit te vind.
Hoop jy vind gou uit wat die probleem is. Om allergiese
reaksies te kry, is nie speletjies nie. Selfs swaar hooikoors kan
'n vreeslike uitmergelende ondervinding wees. Ek is nou eintlik
heeltemal genees daarvan, behalwe as ek 'n bietjie teveel
koerant gelees het.

Gloudina
Re: Boererate [boodskap #34915 is 'n antwoord op boodskap #34910] Vr, 29 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
GROOTBAAS  is tans af-lyn  GROOTBAAS
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Lugbesoedeling dra seker die meeste by tot asma en sinus in ons stede.
Trek na die ooste van Pretoria en ek verseker jou sou probleem sal baie gou
verbeter.
Begin ook ernstig swem om so jou longkapasiteit en sterkte te verhoog.

"Elaine" wrote in message
news:39d4e6e3.0@news1.mweb.co.za...
> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
> kan help.
>
> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
> en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
> My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net
> nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank (of
> omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
> met asma en brongitus en die klas van goed.
> Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?
>
> Elaine
>
Re: Boererate [boodskap #34916 is 'n antwoord op boodskap #34910] Vr, 29 September 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Elaine, jammer om te lees van jou probleem. Dis waar dat die area waar jy woon
bydra tot jou probleem en ek sien 'n paar persone het al met rate vorendag
gekom.
Die homopaat is jou antwoord en selfs 'n goeie chiropraktisyn sal jou baie kan
help. 'n Baie goeie vriend van my hier in my dorp is 'n chiropraktisyn en ek kan
by hom ook meer uitvind as jy wil. Verder kan ek die volgende raad gee. Bly weg
van alle melkprodukte sover moontlik. Suiwel bevorder slym op die longe. Bly ook
weg van katte, honde en ook voels soos kokketiele. Hond en kathare skei stowwe
af wat nadelig is vir mense. Voëlvere skei ook 'n poeier af wat sleg is vir
veral mense met borsprobleme. Verder kan jy 'n medisyne kry met die naam
Bisolvan Linctus wat in baie gevalle verligting bring.
Ek het baie simpatie met jou en ek weet van die dinge want my seun het
asmatiese kroep gekry as kind. Hy het dit gelukkig later jare ontgroei maar is
steeds versigtig vir al die dinge hierbo genoem.
Sterkte hoor.
Christo

Elaine wrote:

> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
> kan help.
>
> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
> en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
> My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net
> nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank (of
> omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
> met asma en brongitus en die klas van goed.
> Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?
>
> Elaine
Re: Boererate [boodskap #34984 is 'n antwoord op boodskap #34910] So, 01 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elaine skryf:
----knip-----
: Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
: fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
: versmoor.
:------------knip------------
: Elaine
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
net toe ek jou eerste paar reëls in jou brief lees wou ek
eers vra of jy in die Vaaldriehoek bly, toe antwoord jy
sommer my vraag, al wat ek kan sê is maak dat jy wegkom uit
die Driehoek waar nie net gifgasse in Sasol en Vanderbyl is
nie, maar ook stofstorms. Die geld is nou nie baie hier in
die Kaap nie, maar jy lewe darem in 'n skoon lug.
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Re: Boererate [boodskap #35006 is 'n antwoord op boodskap #34910] So, 01 Oktober 2000 05:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mega...  is tans af-lyn  mega...
Boodskappe: 10
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Junior Lid
Op die CNA-rakke is daar dan hopevol boeke oor voëls, bome, die natuur ens,
wat deur SASOL geborg is. Ek kan nie glo dat SASOL die omgewing sal besoedel
en dan steeds groot bedrae beskikbaar maak om die ekologie te bewaar nie...

"Elaine" skryf in boodskap news:39d4e6e3.0@news1.mweb.co.za...
> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
> kan help.
>
> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
> en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.
> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.
> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
> My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net
> nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank (of
> omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
> met asma en brongitus en die klas van goed.
> Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?
>
> Elaine
>
Re: Boererate [boodskap #35008 is 'n antwoord op boodskap #34910] Ma, 02 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis alles 'n baie mooi rookskerm baasjan. Hulle het ook wildsparke en borg
baie sportsoorte en klinieke en goed. Maar "appearances are deceiving."

Elaine

Lou skryf in boodskap news:39D8352F.A84A4A7C@hotmail.com.dinges...
>
>
> Baasjan wrote:
>>
>> Op die CNA-rakke is daar dan hopevol boeke oor voëls, bome, die natuur ens,
>> wat deur SASOL geborg is. Ek kan nie glo dat SASOL die omgewing sal besoedel
>> en dan steeds groot bedrae beskikbaar maak om die ekologie te bewaar nie...
>>
>
> Jimmel maar jy IS naief!!!
Re: Boererate [boodskap #35009 is 'n antwoord op boodskap #34910] Ma, 02 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir almal se raad - ook Gloudina, dis alles baie welkom gewees. Ek
sal alles nou maar gaan probeer en kyk wat werk die beste.
Baie van die goed het ek reeds probeer soos Christo se Bisolvan Linctus, dit
werk ongelukikig nie altyd nie Christo.
En ja Gloudina, ek's vreeslik allergies vir diere, dis hoekom ek nie
troeteldiere aanhou nie, al is ek vreeslik lief vir hulle.
Maar nou ja, sonder om nou weer in 'n relaas in te gaan. Ek wou net dankie
se vir elkeen van julle wat die moeite gedoen het om vir my raad te gee.

Elaine
Re: Boererate [boodskap #35010 is 'n antwoord op boodskap #35006] Ma, 02 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Baasjan wrote:
>
> Op die CNA-rakke is daar dan hopevol boeke oor voëls, bome, die natuur ens,
> wat deur SASOL geborg is. Ek kan nie glo dat SASOL die omgewing sal besoedel
> en dan steeds groot bedrae beskikbaar maak om die ekologie te bewaar nie...
>

Jimmel maar jy IS naief!!!
Re: Boererate [boodskap #41262 is 'n antwoord op boodskap #34910] Do, 26 April 2001 03:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die boksie is baie oud, en die skrif is verbleik. Ek kan nie eers lees
waarvoor dit gebruik kan word nie, wat nog van die bestanddele.
Annette

@home.com wrote in message ...
> Annette wrote:
>
>> Dit staan op die boksie: Steekpille.
>> Maar ek kan nie uitmaak waarvoor dit is nie.
>> Natuurlik het ek die jong onkundige eienaar gaan vra :))
>
> Hoekom kyk julle nie na die bestanddele wat op die
> boksie geskryf behoort te wees nie, dan kan mens
> darem mos weet in watter rigting jy moet begin
> dink.
>
> Gloudina
>
Re: Boererate [boodskap #41299 is 'n antwoord op boodskap #34910] Vr, 27 April 2001 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> In Duits ( sê my effens nog vaak
> man) dink hy is "setzen sie sich" word transitief
> gebruik en "sitzen" is intransitief.
>
> Gloudina

As ons Vlaams praat, sê ons ook : "Zet u !" vir "Gaat u zitten !" wat
Nederlands is.

Hilda.
Re: Boererate [boodskap #41300 is 'n antwoord op boodskap #41299] Vr, 27 April 2001 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons praat in Afrikaans eintlik nooit van set as ons sit meen nie.
Die enigste keer wat ek nou aan kan dink waar ons die woord set gebruik is
setstok, en set ( putt) in golf.
Annette

Hilda en Gervaas wrote in message ...
>
>> In Duits ( sê my effens nog vaak
>> man) dink hy is "setzen sie sich" word transitief
>> gebruik en "sitzen" is intransitief.

>> Gloudina
>
> As ons Vlaams praat, sê ons ook : "Zet u !" vir "Gaat u zitten !" wat
> Nederlands is.
>
> Hilda.
>
Re: Boererate [boodskap #41358 is 'n antwoord op boodskap #34910] So, 29 April 2001 02:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirkie  is tans af-lyn  Dirkie
Boodskappe: 103
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3AE950DF.BF225E6@home.com...
Annette wrote:

> In baie Germaanse tale is die woord "sit" en "set"
> teenwoordig. Daarvandaan die Engelse woord "sit"
> maar ook "set" as werkwoord en selfstandige
> naamwoord. Vandaar natuurlik ook die
> woord "seat."

> Die woord
> "set" sal as argaies beskou word en net in sekere
> woorde voorkom, soos die woord "setpil."
> Wonder of dit in enige ander woord in Afrikaans
> voorkom. In Wiskunde sal mens nie van 'n set
> praat nie, maar van 'n versameling. "Set Theory"
> is "Versamelingsteorie."
>
> Gloudina

Sal dit nou dieselfde set wees as wanneer ons praat van 'n gesette persoon
Re: Boererate [boodskap #41417 is 'n antwoord op boodskap #41358] Ma, 30 April 2001 06:56 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet van 'n klomp gesette persone wat pille drink:))))
Annette

WWW wrote in message ...
>
> skryf in boodskap news:3AE950DF.BF225E6@home.com...
> Annette wrote:
>
>> In baie Germaanse tale is die woord "sit" en "set"
>> teenwoordig. Daarvandaan die Engelse woord "sit"
>> maar ook "set" as werkwoord en selfstandige
>> naamwoord. Vandaar natuurlik ook die
>> woord "seat."
>
>> Die woord
>> "set" sal as argaies beskou word en net in sekere
>> woorde voorkom, soos die woord "setpil."
>> Wonder of dit in enige ander woord in Afrikaans
>> voorkom. In Wiskunde sal mens nie van 'n set
>> praat nie, maar van 'n versameling. "Set Theory"
>> is "Versamelingsteorie."

>> Gloudina
>
> Sal dit nou dieselfde set wees as wanneer ons praat van 'n gesette persoon
>
Vorige onderwerp: Kan Iemand help asseblief?
Volgende onderwerp: Boererate
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:41:56 MGT 2024