Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Duiwels lekker biefstuk  () 1 stem
Duiwels lekker biefstuk [boodskap #9] So, 20 Mei 2018 08:35
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
Duiwels lekker biefstuk (lewer 6 porsies)

1 kg biefstuk soos lendestuk, in 2,5 cm dik stywe gesny
25 g(50 ml) koekmeelblom
10 ml sout
7 ml mosterdpoeier
1 ml peper
50ml kookolie
250 ml water
20 ml Wostersous
5 ml sojasous

Metode:

1. Vee vleisskywe met 'n klam lap af en plaas op 'n werksblad.

2. Sif koekmeelblom, sout, mosterdpoeier en peper saam en strooi helfte daarvan oor die vleis.

3. Kap meelmengsel kruis en dwars oor die draad van die vleis met die rand van 'n dik piering in.

4. Draai vleiskywe om, strooi res van meelmengsel oor en kap ook in.

5. Verhit kookolie in 'n groot swaarboom-pot tot rookwarm.

6. Braai een vleisskyf op 'n keer vinnig aan weerskante daarin tot bruin.

7. Skep vleis terug in kastrol na alles gebraai is.

8. Meng water, worcester- en sojasous en gooi oor vleis.

9. Sit deksel dig op, verlaag hitte en prut 2-3 uur baie stadig, moenie deksel oplig nie. (As vleisskywe dunner as 2,5 cm is, word hulle korter geprut).

10. Dien op met rys of aartappels.
Vorige onderwerp: Ansie se heerlike poeding
Volgende onderwerp: Geelrys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:16:08 MGT 2024