Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Oppad terug na SA
Oppad terug na SA [boodskap #4441] Vr, 24 Maart 2006 10:03 na volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
Wel, dis sulke tyd. Ons gesin is DV uiteindelik oppad terug na SA
middel-Junie. Ons was nou amper 8 jaar oorsee en het Amerika vreeslik geniet
en België "ervaar". Ons het aangeneem dat "veiligheid" die aspek is wat ons
na Amerika t.o.v. S.A. trek, maar met al die veiligheid in België is
algemene lewenskwaliteit weer tekort! Al word mens 'n fantastiese werk hier
aangebied, het ek en my vrou besluit ons sal vir geen geld in die wêreld
hierdie spesifieke 1ste wêreld samelewing op langtermyn wil beleef nie. En
dit was my 'n baie interessante persoonlike vurk in die pad: Ons gaan VEEL
eerder terug na SA waar ons kultuur, mense, vryheid, natuur en so aan is, as
om in 'n sogenaamde veilige 1ste wêreld land te bly. Dit het vir my 'n
duidelike balans-effek uitgelig, dat ons saam met baie van SA se "foute" sal
kan leef eerder as om van ons inherente S-Afrika-persoonlikheid op te gee.

In die VSA sou ons gebly het sonder om te skroom, al het ons nooit SA
verlaat met die gedagte om nie weer terug te gaan nie. Ons is gelukkig daar
(SA) weg om vir twee jaar verder te gaan swot. Twee jaar het ses geword en
ons het besef dat jy in die VSA alles van SA kan beleef, min die Afrikaanse
kultuur en familie. In kort, ons het 'n fantastiese land in Suid-Afrika,
soveel so dat as mens net iets aan misdaad kan doen, sal dit een van die
mees gesogte plekke op aarde wees. Maar selfs met misdaad, bied dit 'n
lewenskwaliteit wat selfs in baie "gevorderde" lande altyd iets van 'n droom
sal bly.

Groete aan al die sonsproete

Basjan
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4447 is 'n antwoord op boodskap #4441] Vr, 24 Maart 2006 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Basjan skryf

Maar selfs met misdaad, bied dit ´n
> lewenskwaliteit wat selfs in baie "gevorderde" lande altyd iets van ´n droom
> sal bly.

Waar gaan jy bly in SA?
Ons seun het ook nou onlangs sy huis in San Jose
verkoop en 'n huis in Melkbosstrand gekoop. Die idee
is dat hy uiteindelik vir homself 'n werk in Kaapstad
sal soek. Sy maatskappy, wat hom vantevore van
Toronto na San Jose verskuif het, wil hom nou in
Taiwan setel. Alle aksie lyk dit my is deesdae in
die Verre Ooste. En as jy jou tegnologie wil
verkoop, moet jy gaan waar die groot klieënte is,
in Hong Kong en Suid-Korea en Japan. Dit beteken
jy sien meer van die Verre Ooste as van jou eie
kontinent. En dis nie goed vir familielewe nie.

Gloudina
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4450 is 'n antwoord op boodskap #4441] Vr, 24 Maart 2006 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 24 Mar 2006 11:03:02 +0100, "Basjan" wrote:

verlaat met die gedagte om nie weer terug te gaan nie. Ons is gelukkig daar [/color]
> (SA) weg om vir twee jaar verder te gaan swot. Twee jaar het ses geword en
> ons het besef dat jy in die VSA alles van SA kan beleef, min die Afrikaanse
> kultuur en familie. In kort, ons het 'n fantastiese land in Suid-Afrika,
> soveel so dat as mens net iets aan misdaad kan doen, sal dit een van die
> mees gesogte plekke op aarde wees. Maar selfs met misdaad, bied dit 'n
> lewenskwaliteit wat selfs in baie "gevorderde" lande altyd iets van 'n droom
> sal bly.>>


Twee faktore in ons misdaad wat algemeen nie raakgesien word nie:

1. Geweld wat lank reeds ingemeng is in ons samelewing. In Suid-Afrika
word goed nou al baaaaie lank met geweld gedoen. Dit is die voorbeeld
vir jonger mense van watter velkleur ookal.

2. Vigs. Dit is na my mening 'n faktor wat baie misgekyk word. Wanneer
iemand hoor hy het vigs, weet hy hy het so 8 jaar oor om te lewe. As
hy dan arm is, hoekom sal hy nie 'n bank gaanj probeer beroof nie?

Ons gaan almal dood, maar ons leef almal met die illusie dat ons nie
gaan doodgaan nie. As mens hoor jy het vigs, reken ek kom die besef
van jou dood waarskynlik hard tuis. En as jy dan nog kwaad en werkloos
ook is...

Wat beteken op pad terug in terme van geografie?
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4451 is 'n antwoord op boodskap #4447] Vr, 24 Maart 2006 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn:
Gloudina, dis nogal baie interessant. Watse tipe werk doen hy? Was hy in
Suid Afrika gebore, en het hy SA burgerskap? Hoe maklik is dit vir 'n ekspat
om terug te keer Suid Afrika toe? Indien hy 'n Amerikaanse burger by
geboorte is, hoe verkry hy verblyfreg in SA? Ek weet hoe moeilik dit is om
bv. 'n Aussie visa te kry, dis hoekom ek vra.


Gloudina: Waar gaan jy bly in SA?
Ons seun het ook nou onlangs sy huis in San Jose
verkoop en 'n huis in Melkbosstrand gekoop. Die idee
is dat hy uiteindelik vir homself 'n werk in Kaapstad
sal soek. Sy maatskappy, wat hom vantevore van
Toronto na San Jose verskuif het, wil hom nou in
Taiwan setel. Alle aksie lyk dit my is deesdae in
die Verre Ooste. En as jy jou tegnologie wil
verkoop, moet jy gaan waar die groot kliënte is,
in Hong Kong en Suid-Korea en Japan. Dit beteken
jy sien meer van die Verre Ooste as van jou eie
kontinent. En dis nie goed vir familielewe nie.

Gloudina
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4452 is 'n antwoord op boodskap #4441] Vr, 24 Maart 2006 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Basjan, "good on ye mate". Ek hoop julle geniet goeie ou Suid Afrika.Ek was
in Desember daar en dit was lekker. Baie lekker.

Suidwester, ek hoor wat jy se. Ek het 'n jaar of wat terug 'n goeie paar
reise onderneem na die UK in een enkele jaar ( so vier trips van 3 weke
lank) en mens, dis goed om op eie bodem weer te land. Baie goed.


"Suidwester" wrote in message
news:d9WdnUBs3_kBb77ZnZ2dneKdnZydnZ2d@is.co.za...
> Laat ek die eerste wees om vir jou te sê: 'Welkom terug in Afrika'. Ek
> het nog nooit oorsee gebly nie, maar was 'n paar keer al daar en na so 'n
> paar weke van die gejoeg van die Europese stede, die nou paaie en die
> enorme verkeersprobleme, toe ek my voete weer op Namibiese grond sit en 'n
> vriendelike Owambo glimlag vir my en groet my, toe't ek lus en soen hom!
> Dis dan dat jy weet jy's terug by die huis. Eenvoudige ou Afrika, met sy
> politiek en stryery, maar met MENSE nog, nie net nommers nie......
> "Basjan" wrote in message
> news:e00g43$23u$1@solaris.cc.vt.edu...
>> Wel, dis sulke tyd. Ons gesin is DV uiteindelik oppad terug na SA
>> middel-Junie. Ons was nou amper 8 jaar oorsee en het Amerika vreeslik
>> geniet
>
>
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4453 is 'n antwoord op boodskap #4450] Vr, 24 Maart 2006 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, jy spreek groot woorde. Ek sou dit graag opsom as die "nothing to
loose attitude". Selfs mense sonder AIDS, maar wat baie arm is en nie 'n
vaste werk kan kry nie, sal hulle wend tot misdaad. Hulle het niks om te
verloor nie, selfs nie eers hul lewe nie. Vandaar seker die geweldige
gewaagde transito rowe wat Suid Afrika so teister.


"Ferdi Greyling" > Twee faktore in ons misdaad wat algemeen nie raakgesien
word nie:
>
> 1. Geweld wat lank reeds ingemeng is in ons samelewing. In Suid-Afrika
> word goed nou al baaaaie lank met geweld gedoen. Dit is die voorbeeld
> vir jonger mense van watter velkleur ookal.
>
> 2. Vigs. Dit is na my mening 'n faktor wat baie misgekyk word. Wanneer
> iemand hoor hy het vigs, weet hy hy het so 8 jaar oor om te lewe. As
> hy dan arm is, hoekom sal hy nie 'n bank gaanj probeer beroof nie?
>
> Ons gaan almal dood, maar ons leef almal met die illusie dat ons nie
> gaan doodgaan nie. As mens hoor jy het vigs, reken ek kom die besef
> van jou dood waarskynlik hard tuis. En as jy dan nog kwaad en werkloos
> ook is...
>
> Wat beteken op pad terug in terme van geografie?
>
>
>
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4454 is 'n antwoord op boodskap #4447] Vr, 24 Maart 2006 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
wrote in message
news:1143205776.290365.95540@i39g2000cwa.googlegroups.com...

>> Waar gaan jy bly in SA?
>> Gloudina

Dit het op die ou einde neergekom op Stellenbosch en Pretoria en ja, op die
oog-af 'n maklike keuse! Maar ons het toe Pretoria gekies a.g.v.
professionele en finansiële oorwegings. My vrou is van Stellenbosch en ek
van Mpumulanga, dus was dit maar 'n groot besluitstryd. Ons is in essensie
nog 'n jong gesin met min bates a.g.v. ons rondswerf en sonder supperryk
("huis-trougeskenk") ouers. Dus was salaris en eiendomspryse groot
oorwegings... Die loopbaanverwagtinge was ook beter in die Noorde, al was
Stellenbosch nog altyd 'n groot droom gewees. Ons is baie positief oor die
teruggaan, al besef ons beide dit gaan drastiese verskuiwinge in ons
lewensbeskouing verg i.t.v sogenaamde "paradigm shifts".

Wat kan ek sê, as jy Koffiebaai, die suidkus, die berge en al die dinge van
SA ken, is dit moeilik om te settle vir meeste Europese lewenstyle!

Basjan
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4456 is 'n antwoord op boodskap #4441] Vr, 24 Maart 2006 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek die eerste wees om vir jou te sê: 'Welkom terug in Afrika'. Ek
het nog nooit oorsee gebly nie, maar was 'n paar keer al daar en na so 'n
paar weke van die gejoeg van die Europese stede, die nou paaie en die enorme
verkeersprobleme, toe ek my voete weer op Namibiese grond sit en 'n
vriendelike Owambo glimlag vir my en groet my, toe't ek lus en soen hom!
Dis dan dat jy weet jy's terug by die huis. Eenvoudige ou Afrika, met sy
politiek en stryery, maar met MENSE nog, nie net nommers nie......
"Basjan" wrote in message
news:e00g43$23u$1@solaris.cc.vt.edu...
> Wel, dis sulke tyd. Ons gesin is DV uiteindelik oppad terug na SA
> middel-Junie. Ons was nou amper 8 jaar oorsee en het Amerika vreeslik
> geniet
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4458 is 'n antwoord op boodskap #4450] Vr, 24 Maart 2006 17:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" wrote in message
news:4424f92f.849401@news.saix.co.za...
> Twee faktore in ons misdaad wat algemeen nie raakgesien word nie:
>
> 1. Geweld wat lank reeds ingemeng is in ons samelewing. In Suid-Afrika
> word goed nou al baaaaie lank met geweld gedoen. Dit is die voorbeeld
> vir jonger mense van watter velkleur ookal.

-----Is hierdie nie 'n direkte gevolg van in onvermoë van politici om hulle
beloftes gestand te doen nie? Of gaan staan mense in die politiek wat
totaal onbevoeg is? Wat geen idee het van wat hy eintlik moet gaan doen as
hy verkies word nie? Werkloosheid neem drasties toe en werkgeleenthede vir
die man op die grond is wyd en skaars. Nou kom die arm man voor 'n keuse
te staan. Of hy is eerlik en 'struggle' maar voort en ly honger, of hy
wend hom tot misdaad en maak genoeg om te eet 'n te lewe ook. Word hy
gevang, gaan sit hy tronk en daar kry hy gereeld meer kos as wat hy nog ooit
gehad het. Die strawwe vir misdaad is eenvoudig nie 'n afskrik vir die
krimineel nie.
>
> 2. Vigs. Dit is na my mening 'n faktor wat baie misgekyk word. Wanneer
> iemand hoor hy het vigs, weet hy hy het so 8 jaar oor om te lewe. As
> hy dan arm is, hoekom sal hy nie 'n bank gaanj probeer beroof nie?
>
> Ons gaan almal dood, maar ons leef almal met die illusie dat ons nie
> gaan doodgaan nie. As mens hoor jy het vigs, reken ek kom die besef
> van jou dood waarskynlik hard tuis. En as jy dan nog kwaad en werkloos
> ook is...
-------Dis dieselfde desperaatheid waarvan ek hierbo praat.
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4459 is 'n antwoord op boodskap #4451] Vr, 24 Maart 2006 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel skryf


> Gloudina, dis nogal baie interessant. Watse tipe werk doen hy? Was hy in
> Suid Afrika gebore, en het hy SA burgerskap? Hoe maklik is dit vir 'n ekspat
> om terug te keer Suid Afrika toe? Indien hy 'n Amerikaanse burger by
> geboorte is, hoe verkry hy verblyfreg in SA? Ek weet hoe moeilik dit is om
> bv. 'n Aussie visa te kry, dis hoekom ek vra.

Hy is in Kanada gebore, het 'n VSA green card, maar
sal heelwaarskynlik 'n werkpermit moet kry van SA
voordat hy kan begin werk. ( Hy het gelukkig 'n MBA
van die Universiteit van Kaapstad, dus hoop ek hulle
is goedgesind. ) Hy is 'n computer engineer, op die
oomblik in verkope, en baie suksesvol in sy werk,
waar hy kort-kort bevorder word. Maar dit maak dit
eenvoudig onmoontlik vir hom om 'n familielewe te
hê, en die interim oplossing is om ten minste sy
vrou en kinders by haar familie in Kaapstad te kry.
Sy vrou is nog SA burger, en dit maak seker die
aankoop van die huis moontlik. ( Ek is egter geskok
oor die prys van die huis. Dit kos net 'n bietjie
minder as die huis wat hulle nou in San Jose
verkoop het, maar waarop hulle darem 'n goeie
profyt gemaak het. )

Gloudina
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4486 is 'n antwoord op boodskap #4459] So, 26 Maart 2006 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n paar jaar in Afrika state gewoon - suid van die Sahara. En
nie in een van die lande wat ek ervaar het (vroeg 80's) het ek die
geweldsaspek van misdaad so ernstig ervaar soos in Suid-Afrika nie. (In
daardie state is armoede baie groter as in Suid-Afrika. Misdaad kom wel
voor - maar geweld ontbreek.)
Nou wonder mens hoekom?
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4487 is 'n antwoord op boodskap #4486] So, 26 Maart 2006 16:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf:

> Ek het 'n paar jaar in Afrika state gewoon - suid van die Sahara. En
> nie in een van die lande wat ek ervaar het (vroeg 80's) het ek die
> geweldsaspek van misdaad so ernstig ervaar soos in Suid-Afrika nie. (In
> daardie state is armoede baie groter as in Suid-Afrika. Misdaad kom wel
> voor - maar geweld ontbreek.)
> Nou wonder mens hoekom?

'n Interessante artikel wat ek so ruk gelede raakgeloop het uit die
Washington Post:

"Apartheid left an interminably long legacy of social trauma -- a
constant devaluation of what it is to be human, a ruthlessly planned
decimation of family and community. Out of the horrific structures of
apartheid, a new government rebuilt the economy but neglected new,
thriving epidemics.
Primary among them was HIV, and national negligence furthered
infections and denied millions access to care and treatment. Though I
have often recorded with disgust infection rates higher than 50
percent for pregnant women at some clinics, I've learned that violent
crime competes with AIDS for first place among terrifying and
untreated afflictions in South Africa."

Die hele artikel:


A Scream of South Africa's Pain

By Nora Kenworthy


CAPE TOWN, South Africa -- One night last month, just past midnight,
in a small South African rural town outside Johannesburg, I awoke
suddenly to the realization that five young men had entered my room
through a window to rob the guesthouse in which I was staying. In an
instant they had two pistols pressed against my forehead in the dark,
their faces close to mine, whispering in butchered English to shut up.

After a year spent providing field-based and administrative assistance
to an HIV-AIDS organization from Cape Town, I somehow thought my love
for this country and all my late nights spent working against its
infections would insulate me from its violence. But my experience was
neither singular nor rare: I encountered, that night, a plague of
another sort whose infection rates are just as rampant and for which
there is also no cure in sight.

The half-hour they spent with me -- shuffling through my things,
threatening me repeatedly and then guarding me as some of them went to
pillage other rooms -- is the sort of worst-case experience that no
one, even in South Africa, can imagine happening until it does. Soon
after they entered, my hands and feet were tied, and I was forced to
lie, in my underwear, on the bed while they argued over whether to
rape me. One of the older men in the group wouldn't let them, putting
his own gun in another's face to keep him
from hurting me. As they finally got ready to leave, I was again
threatened, this time as one of them pointed a gun at my forehead and
pulled the mattress up in front of it as a silencer. Again I somehow
stayed calm, and again the same man defended me, pushing the rest of
them out the window. He gently pulled the covers up over me, placed
the subscriber identity module card from my cell phone in my bound
hands, turned out the lights and quietly closed the window. My luck
borders on the miraculous.

Though I know I was silent and complicit throughout the entire
episode, my pulse rate doubles when I replay the scene in my head now,
and I hear not their voices or mine but a loud, prolonged wail. The
silence I had to maintain during the event has left a retroactive
scream in my mind that I cannot stifle.

I am no wide-eyed tourist to the constant, droning tragedy of violence
in South Africa. I have learned -- slowly, mournfully, sometimes the
hard way
-- how one of the world's highest rates for violent crime translates
into the dialogues of daily tragedy in this country. Ten minutes into
my first counseling appointment to talk about the event, the quiet,
safe street below erupted into screams as a woman was forced from her
car at gunpoint in broad daylight.

But the crimes we witness -- or those we survive -- in the verdant,
high-walled, segregated compounds of this city are minuscule compared
with those committed in the dusty shantytowns and townships where the
vast majority of South Africa's black population lives. There, the
crimes occur not only without investigation but with blame heaped upon
the victims:
People aren't murdered, they just disappear; girls aren't raped, they
just become HIV-positive at the age of 11.

Apartheid left an interminably long legacy of social trauma -- a
constant devaluation of what it is to be human, a ruthlessly planned
decimation of family and community. Out of the horrific structures of
apartheid, a new government rebuilt the economy but neglected new,
thriving epidemics.
Primary among them was HIV, and national negligence furthered
infections and
denied millions access to care and treatment. Though I have often
recorded
with disgust infection rates higher than 50 percent for pregnant women
at
some clinics, I've learned that violent crime competes with AIDS for
first
place among terrifying and untreated afflictions in South Africa.

In my guesthouse room that night, I saw both plagues intertwined in
the
young, panicked life of the man left to guard me. He spent most of his
time
not watching me but trying to muffle multiple bouts of the telltale
coughing
fits of tuberculosis. He was too slim and had scars from sores on his
face,
which later helped the police to identify him. I felt during those
long
minutes both a gasping fear that he would rape me and a blossoming
pity and
concern for him. I thought of referring him for treatment; at another
point,
I impulsively reached for my water bottle to offer him a drink, and
barely
escaped a blow to the face with a crowbar, which glanced off the
headboard
behind me.

We live here in Cape Town underneath the shadow of a great and ancient
mountain, blanketed by its clouds, buffeted by its winds. But we also
live
under the invisible burden of millions of lives whispering their fears
and
sorrows across the airwaves of humanity. A sound so close to silence
and so
often ignored that it is drowned out by the cafe noise, the beachfront
waves, the long summer days of a European city perched on the tip of a
troubled continent.

The scream I hear inside my head now, I think, is not just my own but
that
of my attackers, of their families, their grandfathers and communities
and
girlfriends and wives: all those who have suffered far more loss of
trust
and dignity than that 30 minutes caused me. I am thankful to hear it
at all.

The writer works with an independent organization that provides
psychosocial
support to HIV-positive mothers in South Africa.
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4488 is 'n antwoord op boodskap #4486] So, 26 Maart 2006 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf:

> Ek het 'n paar jaar in Afrika state gewoon - suid van die Sahara. En
> nie in een van die lande wat ek ervaar het (vroeg 80's) het ek die
> geweldsaspek van misdaad so ernstig ervaar soos in Suid-Afrika nie.

Het een van julle dalk al Paulo Lins se "City of God" gelees, of die
fliek gesien wat daarvan gemaak is? Dit was versprei as "Cidade de
Deus" in Brazilië, en het sowat 3 jaar gelede die res van die wereld
bereik as "City of God". Jonas, doen jouself 'n guns en gaan kry die
video in jou video winkel en kyk dit.

Dis net dat ek dink soms dink mense dat die probleem (armoede, misdaad
ens) is slegs op swart mense van toepassing. En soms raak mens so
gefrustreerd as almal net altyd sit en knor oor Afrika en Afrika se
probleme, en gerieflik vergeet wat in die res van die wereld aangaan.

Elkgeval wat vir my opvallend en interessant was, was die favelas en
die armoede van die favelados wat in hierdie favelas gewoon het - so
heeltemal dieselfde as die shanty towns daar by julle en al die
squatters ens,. Die misdaad, drugs ens, en hoe ongelooflik moeilik
dit is vir iemand wat in daardie omstandighede grootword, om daaruit
te kom.
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4501 is 'n antwoord op boodskap #4488] Ma, 27 Maart 2006 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Rakende die geweld en apartheid. Ek het die vraag gelaat en geweet dat
iemand onmiddelik die voorkoms van geweld op apartheid sou plaas. Maar,
het die geweldsding nie reeds bestaan voor apartheid nie?
Wat my ook pla is dat apartheid ook die skuld kry vir die
verstedeliking van die swartmense. Die wittes is ook deur hierdie
verstedelikingsproses. Op een of ander manier het die wittes balans
behou. Maar, ek is bevrees die swartmense (die meerderheid) het meeste
van hul tradisionele waardes verloor. En apartheid alleen kan nie die
skuld daarvoor dra nie.
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4502 is 'n antwoord op boodskap #4501] Ma, 27 Maart 2006 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf:

> Rakende die geweld en apartheid. Ek het die vraag gelaat en geweet dat
> iemand onmiddelik die voorkoms van geweld op apartheid sou plaas.

Dit is mos 'n logiese gevolgtrekking wat op feite berus, nie waar nie?
Dit is natuurlik nie die ENIGSTE faktor nie - dit is net so logies.
Daar is mos vele fassette aan die hele geweld ding, en apartheid het
wel 'n rol gespeel. Niemand kan dit tog betwyfel nie?

> Maar,
> het die geweldsding nie reeds bestaan voor apartheid nie?

Het jy my volgende boodskap ook gelees waarin ek verwys het na die
fliek "City of God"? Het jy die fliek gesien? Wat dink jy daarvan,
en wat is jou gevolgtrekking gesien in die lig van jou eie vraag?
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4506 is 'n antwoord op boodskap #4454] Di, 28 Maart 2006 05:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Basjan. Pretoria is m.i. een van die beste stede om in te woon -
klimaat, veiligheid ens. (Behalwe vir die rugby wat breinloos is.) Ook
- dit is by die ekonomiese hartland van die land. (Gaan Suid- en Wes
Kaap toe as jy wil pensioeneer. Daar kan jou kinder kelners en op sy
beste hotelbestuurders word.)
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4507 is 'n antwoord op boodskap #4454] Di, 28 Maart 2006 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Waar in PTA kom julle bly ?

"Basjan" wrote in message
news:e083t3$3mr$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> wrote in message
> news:1143205776.290365.95540@i39g2000cwa.googlegroups.com...
>
>>> Waar gaan jy bly in SA?
>>> Gloudina
>
> Dit het op die ou einde neergekom op Stellenbosch en Pretoria en ja, op
> die
> oog-af 'n maklike keuse! Maar ons het toe Pretoria gekies a.g.v.
> professionele en finansiële oorwegings. My vrou is van Stellenbosch en ek
> van Mpumulanga, dus was dit maar 'n groot besluitstryd. Ons is in essensie
> nog 'n jong gesin met min bates a.g.v. ons rondswerf en sonder supperryk
> ("huis-trougeskenk") ouers. Dus was salaris en eiendomspryse groot
> oorwegings... Die loopbaanverwagtinge was ook beter in die Noorde, al was
> Stellenbosch nog altyd 'n groot droom gewees. Ons is baie positief oor die
> teruggaan, al besef ons beide dit gaan drastiese verskuiwinge in ons
> lewensbeskouing verg i.t.v sogenaamde "paradigm shifts".
>
> Wat kan ek sê, as jy Koffiebaai, die suidkus, die berge en al die dinge
> van
> SA ken, is dit moeilik om te settle vir meeste Europese lewenstyle!
>
> Basjan
>
>
>
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4510 is 'n antwoord op boodskap #4506] Di, 28 Maart 2006 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, dis nooit mooi om sulke naakte jaloesie te sien nie.
--
Groetnis
Annette
"Jonas" wrote in message
news:1143522775.048789.290900@t31g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Basjan. Pretoria is m.i. een van die beste stede om in te woon -
> klimaat, veiligheid ens. (Behalwe vir die rugby wat breinloos is.) Ook
> - dit is by die ekonomiese hartland van die land. (Gaan Suid- en Wes
> Kaap toe as jy wil pensioeneer. Daar kan jou kinder kelners en op sy
> beste hotelbestuurders word.)
>
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4513 is 'n antwoord op boodskap #4507] Di, 28 Maart 2006 07:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"Otterkop" wrote in message news:h9ednUAJrtXEfbXZnZ2dnUVZ_vWdnZ2d@is.co.za...
> Waar in PTA kom julle bly ?
>

Ons is nog maar aan't huis soek - ons kyk maar of na Pretoria-Oos,
of -Noord. Tyd sal leer!

Basjan
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4514 is 'n antwoord op boodskap #4506] Di, 28 Maart 2006 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" wrote in message
news:1143522775.048789.290900@t31g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Basjan. Pretoria is m.i. een van die beste stede om in te woon -
> klimaat, veiligheid ens. (Behalwe vir die rugby wat breinloos is.) Ook
> - dit is by die ekonomiese hartland van die land. (Gaan Suid- en Wes
> Kaap toe as jy wil pensioeneer. Daar kan jou kinder kelners en op sy
> beste hotelbestuurders word.)

Wat kan ek sê, Jonas, ek hou ook van Pretoria, maar het as Vaalpens verlief
geraak op die Kaap tydens studies op Stellenbosch. Ek sal baie kan opgee om
in Stellenbosch te bly, maar as dit onbekostigbaar is, is die keuse
makliker. Dit het van die mees fantastiese buitelewe setups in die land, met
die berge en see so naby. Erg mooi-lekker!

Basjan
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4515 is 'n antwoord op boodskap #4501] Di, 28 Maart 2006 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote in message
news:1143471802.957235.160750@z34g2000cwc.googlegroups.com.. .
> Rakende die geweld en apartheid. Ek het die vraag gelaat en geweet dat
> iemand onmiddelik die voorkoms van geweld op apartheid sou plaas. Maar,
> het die geweldsding nie reeds bestaan voor apartheid nie?
-----Gedurende die apartheidsera is die geweld grootliks beperk tot die
'township'-areas. Toe kom die nuwe bedeling en die swart mense stroom na
die stedelike gebiede, sekerlik op soek na die beter lewe wat die politici
vir hulle belowe het. Dit het nie gebeur nie en nou is hulle in 'n
ongenaakbare stad met geen natuurlike bronne nie. Jy eet wat jy kan betaal
voor en om geld in die hande te kry, is misdaad die enigste uitweg.
> Wat my ook pla is dat apartheid ook die skuld kry vir die
> verstedeliking van die swartmense.
-----Miskien moet mens by die histerie van apartheid verbykyk en dalk
erkenning gee vir die wit politici wat die probleem van Afrika ingesien het
en geweet het wat gaan gebeur as die swart massas skielik onder eie beheer
gaan kom? Vandag is die werklikheid daar vir almal om te sien. 'n Proses
wat dalk 50 jaar moes neem is in enkele jare gedoen en die gevolge is
katastrofies.
Die wittes is ook deur hierdie
> verstedelikingsproses. Op een of ander manier het die wittes balans
> behou.
-----Miskien omdat hulle 'n streng regering gehad het wat nie plakkery
toegelaat het nie? Ook die feit dat vir blankes nooit goedkoop of gratis
behuising sommermeer beskikbaar was nie? Die mense wat stad toe getrek
het, moes 'n blyplek kry en die geld hê om daarvoor te betaal. So nie,
moes jy terug. Die meerderheid van die swart mense trek vandag stad toe en
as hy nie blyplek kan kry nie, dan gaan plak hy eenvoudig....en niemand kan
iets [of wil] daaraan doen nie. In Namibië was daar voor onafhankliheid
nie 'n enkele plakkersdorp in die hele land nie. Vandag, 15 jaar later, is
daar plakkersdorpe by elke dorp of stad in die land! En een en elkeen is
een moerse probleem vir die regering en die mense wat eiendomme rondom die
plakkersdorpe het.
Re: Oppad terug na SA [boodskap #4526 is 'n antwoord op boodskap #4513] Do, 30 Maart 2006 04:31 Na vorige boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Waar gaan jy werk In PTA of meer na JHB se kant toe

"Basjan" wrote in message news:e0aotu$1u5$1@solaris.cc.vt.edu...
> "Otterkop" wrote in message
> news:h9ednUAJrtXEfbXZnZ2dnUVZ_vWdnZ2d@is.co.za...
>> Waar in PTA kom julle bly ?
>>
> Ons is nog maar aan't huis soek - ons kyk maar of na Pretoria-Oos,
> of -Noord. Tyd sal leer!
>
> Basjan
>
Vorige onderwerp: Werk Oorsee
Volgende onderwerp: "Dié van SA hiér... " deur MANDY ROSSOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:25:49 MGT 2024