Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Rekenaar hulp
Rekenaar hulp [boodskap #3848] Ma, 02 Februarie 2004 20:12 na volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sit vandag by die huis, en besluit toe om nou finaal my nuwe
rekenaar/laptop op te stel en al die files van my oue oor te plaas en
so aan. Maar toe doen ek iets wat rerig dom was, en nou soek ek raad.
Ek wou my ou rekenaar se hardeskyf heeltemal formateer en 'n nuwe vars
OS daarop sit. Toe gebruik ek ewe fluks Fdisk om van die partisies
ontlsae te raak, en na 'n gesukkel kon ek selfs met my limited kennis
van Debug van die NTSF partisies onslae raak. En toe, na alles kom ek
agter dat ek nie kan boot vanaf die CD-rom nie. Hoe nou gemaak? Die
CD's wat ek het met XP en selfs die ouer Win2000 moet almal van die CD
af geinstalleer word, en ek moet dus kan boot vanaf die CD. Maar dit
lyk asof die BIOS van hierdie spesifiek PC eenvoudig nie toelaat dat
mens vanaf 'n CD kan boot nie. Slegs hardeskyf of floppie.
Hoe moet ek nou maak om die skyf te formateer en 'n OS daarop te kry?
Behalwe om die hardeskyf in een van ons ander rekenaars te installeer
en dan weer in die ene te sit, en te herinstalleer?
Ai, ek is moedeloos. DD of Jonas of iemand anders. Het julle dalk
raad?
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3849 is 'n antwoord op boodskap #3848] Ma, 02 Februarie 2004 21:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Feb 2004 15:12:15 -0500, Katryn wrote:
> dit
> lyk asof die BIOS van hierdie spesifiek PC eenvoudig nie toelaat dat
> mens vanaf 'n CD kan boot nie. Slegs hardeskyf of floppie.
> Hoe moet ek nou maak om die skyf te formateer en 'n OS daarop te kry?
> Behalwe om die hardeskyf in een van ons ander rekenaars te installeer
> en dan weer in die ene te sit, en te herinstalleer?
> Ai, ek is moedeloos. DD of Jonas of iemand anders. Het julle dalk
> raad?

as jy Fdisk en twee partisies skep, en dan, via jou ander rekenaar
op die tweede dryf 'D' die Windows CD's laai, behoort jy op 'D' in
te kan gaan en Windows daarvandaan op 'C' te kan installeer.

Ek kan byvoorbeeld FW2 vir jou stuur. Dit is 'n stokou program wat ek
het (sedert 1990), en wat jy gebruik om met 'n serial kabel via die
printer port's op DOS vanaf een rekenaar na die ander iets
oor te laai.

Soos ek sê, behoort jy dan Windows te kan copy na die ander dryf,
en dit dan daarvandaan te installeer.

Klink dit prakties?
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3855 is 'n antwoord op boodskap #3848] Ma, 02 Februarie 2004 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:pbbt10p8dnnc527071j43a6m7s7hdfe4dk@4ax.com...
> Ek sit vandag by die huis, en besluit toe om nou finaal my nuwe
> rekenaar/laptop op te stel en al die files van my oue oor te plaas en
> so aan. Maar toe doen ek iets wat rerig dom was, en nou soek ek raad.
> Ek wou my ou rekenaar se hardeskyf heeltemal formateer en 'n nuwe vars
> OS daarop sit. Toe gebruik ek ewe fluks Fdisk om van die partisies
> ontlsae te raak, en na 'n gesukkel kon ek selfs met my limited kennis
> van Debug van die NTSF partisies onslae raak. En toe, na alles kom ek
> agter dat ek nie kan boot vanaf die CD-rom nie. Hoe nou gemaak? Die
> CD's wat ek het met XP en selfs die ouer Win2000 moet almal van die CD
> af geinstalleer word, en ek moet dus kan boot vanaf die CD. Maar dit
> lyk asof die BIOS van hierdie spesifiek PC eenvoudig nie toelaat dat
> mens vanaf 'n CD kan boot nie. Slegs hardeskyf of floppie.
> Hoe moet ek nou maak om die skyf te formateer en 'n OS daarop te kry?
> Behalwe om die hardeskyf in een van ons ander rekenaars te installeer
> en dan weer in die ene te sit, en te herinstalleer?
> Ai, ek is moedeloos. DD of Jonas of iemand anders. Het julle dalk
> raad?

Katryn, is daar nerens in die BIOS wat jy die opsie van floppie na CD kan
verander nie?! Dis baie eienaardig en vreeslik irriterend, laat ons weet as
jy raad kry wat help, ingeval dit ons oorkom!

Lorinda
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3857 is 'n antwoord op boodskap #3849] Ma, 02 Februarie 2004 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Feb 2004 23:12:35 +0200, DD wrote:

> Soos ek sê, behoort jy dan Windows te kan copy na die ander dryf,
> en dit dan daarvandaan te installeer.
>
> Klink dit prakties?

Dankie, DD. Wat jy sê klink baie prakties. Maar op hierdie stadium
is ek nou al sooooo gefrustreerd dat ek nie meer kan helder dink nie,
en dalk is dit beter om die ding uit te los tot ek weer 'n kans kry om
daarna te kyk. ;-(
Ek kan wel die CD-rom sien as ek met 'n gewone floppy boot ('n ou ene
wat ek hier gekry het wat ME se bootdisk info op gehad het). Die
probleem is dat ek nie 'n bootable CD geboot kan kry op dieselfde
drive nie. Dis tog so weird?
Ook - die CD's wat ek hier het van Windoze is almal upgrades, so dit
maak nie saak of ek die files eers in 'n partisie kopieer of direk van
die CD probeer installeer nie. Ek kry elke keer 'n boodskap die die
installasie onder Windoze gedoen moet word, en ek het nie 'n Windows
omgewing nie...en...ag drats!!
Dalk moet ek maar stiffies gaan koop en 'n bootdisk maak? Ek sien op
een van my 2000 CD's is daar 'n directory wat mens kan gebruik om 'n
bootdisk te maak. Maar mens het iets soos 8 of dalk minimum 4 disks
nodig. Wie gebruik dan nou nog disks? Dit maak nie sin nie. En ek
wonder of mens dit nog in die winkels sal kan koop?
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3858 is 'n antwoord op boodskap #3855] Ma, 02 Februarie 2004 22:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Feb 2004 21:56:23 -0000, "Lorinda" wrote:

> Katryn, is daar nerens in die BIOS wat jy die opsie van floppie na CD kan
> verander nie?! Dis baie eienaardig en vreeslik irriterend, laat ons weet as
> jy raad kry wat help, ingeval dit ons oorkom!

Daar is, en ek het dit al verander. Ek het almal (first boot, 2nd and
3rd boot) al op boot from CDROM gestel, en al wat dan gebeur is dat
die rekenaar vassit en vir my vra om 'n bootdisk in die drive te sit.
Ek het al verskeie CD's wat bootable is op my ander rekenaars getoets
en hulle boot 100%, so dit is nie die probleem nie.
Dit is 'n AWARD BIOS, en ek het dit nog NOOIT gesien nie. Dit lyk
werklik asof daar 'n Bios limitation iewers ingebou is? Kan dit wees?
O ja, dieselfde CD drive (DVD/CDRW combo) boot wel 100% op 'n ander
rekenaar. Ek het selfs dit probeer. ;-)
So, dis nie die drive nie, en ook nie die CD's nie.
Ai AI!!
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3859 is 'n antwoord op boodskap #3858] Ma, 02 Februarie 2004 22:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:8ajt101ol232unf5t46j1mk7nlk2nf60ti@4ax.com...

> Daar is, en ek het dit al verander. Ek het almal (first boot, 2nd and
> 3rd boot) al op boot from CDROM gestel, en al wat dan gebeur is dat
> die rekenaar vassit en vir my vra om 'n bootdisk in die drive te sit.

"Disable" die floppie? Ek weet ek gryp nou na strooihalms....
Skink 'n glas rooi wyn. Dit sal nie help nie, maar dalk sal jy nie meer
omgee nie :-)
Simpatie, dis aaklig as mens met 'n probleem sit waarvan die logika
heeltemaal duister is.

Lorinda
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3863 is 'n antwoord op boodskap #3859] Di, 03 Februarie 2004 00:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 2 Feb 2004 22:40:27 -0000, "Lorinda" wrote:


> "Disable" die floppie? Ek weet ek gryp nou na strooihalms....

Ek het dit nou ook probeer. No go...;-(
Hmmm...ja, strooihalms klink na 'n goeie idee....o, nee dis mos gras
en gras is nie strooihalms nie, of is dit?
Sheesh, netnou dink julle ek is ernstig.
;-))

> Skink 'n glas rooi wyn. Dit sal nie help nie, maar dalk sal jy nie meer
> omgee nie :-)

LOL!! Inderdaad!

> Simpatie, dis aaklig as mens met 'n probleem sit waarvan die logika
> heeltemaal duister is.

Dankie dat julle geluister het Dit het sommer baie gehelp (en die wyn
natuurlik) ;-))
Ek kyk so na die stukke wat hier rondlê en begin wonder of die ashoop
nie dalk die beter opsie gaan wees nie?
Môre is nog 'n dag...
;-)
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3871 is 'n antwoord op boodskap #3848] Di, 03 Februarie 2004 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - ek is seker mostert na die maal.
Maar - jou "setup" is deel van die interne instruksies - bios - en moet jy
dan so die keuse kry om van die CD af te kan "boet" - is jou probleem nie
moontlik dat jou Windows XP op CD nie-bootable is nie?
Gewoonlik skep die verskaffers 'n 2de partisie op die hardeskryf van 'n
sakrekenaar - mits jy nie die drywers/system-files het nie, moet jy dit
liefs nie uitvee nie - maar ek verkies om dit te doen a.g. ek wel die
drywers het.
Miskien verstaan ek nie die probleem so lekker nie - maar laat aub weet hou
jy die probleem opgelos het - net in geval ... :-))
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3904 is 'n antwoord op boodskap #3871] Vr, 06 Februarie 2004 03:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 3 Feb 2004 10:17:01 +0200, "Jonas" wrote:

> Katryn - ek is seker mostert na die maal.

Jammer dat ek nou eers antwoord, Jonas. Ek wens daar was meer ure in
'n dag. ;-)
Dankie vir jou raad.

> Maar - jou "setup" is deel van die interne instruksies - bios - en moet jy
> dan so die keuse kry om van die CD af te kan "boet" - is jou probleem nie
> moontlik dat jou Windows XP op CD nie-bootable is nie?

Nee, ek het seker gemaak dat dit werk deur dit op 'n ander rekenaar te
toets. Dit was ook wat ek eers gedink het. Maar die uiteinde van die
saak was dat hierdie spesifieke mobo is bekend daarvoor dat hy nie wil
toelaat om van 'n CD te boot nie. Dit was 'n Gateway rekenaar.
Go figure.

> Gewoonlik skep die verskaffers 'n 2de partisie op die hardeskryf van 'n
> sakrekenaar - mits jy nie die drywers/system-files het nie, moet jy dit
> liefs nie uitvee nie - maar ek verkies om dit te doen a.g. ek wel die
> drywers het.

Sien, ek was dom/haastig en het sommer ge-fdisk. Dit vernietig alles.
En toe spandeer ek nog ekstra ure en swoeg uit 'n geroesde eeue oue
kennis van Debug om die NTFS partisies te delete. Eers na die tyd
sien ek dat daar 'n klein programmetjie beskikbaar is wat dit maklik
kan doen. Oh well....

> Miskien verstaan ek nie die probleem so lekker nie - maar laat aub weet hou
> jy die probleem opgelos het - net in geval ... :-))

Ek het toe maar die hardeskyf op 'n ander rekenaar wat wel kon boot
gaan formateer en toe die OS daarop gesit. Toe moes ek vir Mickysoft
bel die aktiveringskode te kry, nadat ek dit weer terug gesit het, en
die saak is nou reg. En die mense aan wie ek dit gaan skenk, gaan
nooit eens weet van al die bloed en sweet wat dit my gekos het om vir
hulle 'n skoon werkende rekenaar te gee nie. Om nie te praat van julle
tyd om deur al my frustrasies te moes lees nie!!
;-)
Re: Rekenaar hulp [boodskap #3908 is 'n antwoord op boodskap #3904] Vr, 06 Februarie 2004 03:44 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - dki - ek hou van die opsie om dit op 'n ander masjien te
formatteer - jammeer van die MS-hulp wat dan noodsaaklik raak - ek kan nie
daai opsie benut nie want my MS is "uniek" - maar ek sal maar eerdaags XP
koop a.g. dit die eerste OS is wat vir my 'n lonende diens lewer.
Vorige onderwerp: IT Hulp
Volgende onderwerp: Selfoon blues
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:27:03 MGT 2024