Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Vriende Oorsee?!
Vriende Oorsee?! [boodskap #14448] Sa, 09 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Hein van Wyk  is tans af-lyn  Hein van Wyk
Boodskappe: 41
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek is eintlik op soek na Afrikaans sprekende vriende oorsee. Miskien het jy
onlangs of lankal terug geemigreer; vertel my tog meer van die lewe oorsee?

Ekself is woonagtig in Port Elizabeth/Suid-Afrika & wil graag met enige een
korrespondeer. Ek nooi jou om my vriend te word!

Hoop om gou van jou te hoor.

Mooi Bly!
Hein van Wyk / Port Elizabeth(S.A)
E-Pos: hei...@intekom.co.za
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14472 is 'n antwoord op boodskap #14448] So, 10 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Pierre)

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) wrote:

> On 9 May 1998 11:04:14 GMT, "Hein van Wyk"
> wrote:

>> Ek is eintlik op soek na Afrikaans sprekende vriende oorsee. Miskien het jy
>> onlangs of lankal terug geemigreer; vertel my tog meer van die lewe oorsee?
>>
> Hein, hier is 'n hele paar van ons wat hier rondhang. Jy moet maar
> uitkyk vir ons plasings. Miskien kan ons almal op die NG vra om net
> 'n vinnige antwoord hierop te gee en te se waar hulle woon en wat
> hulle doen.

> Ek bly in die staat Minnesota in die VSA en lei
> rekenaarprogrammeerders op.

> Dan sal dit dalk interesant wees as jy ons so nou en dan spesifieke
> vrae vra, dinge wat jy oor wonder en dan kan ons elkeen vertel van hoe
> die aspek hier by ons werk. Op so 'n manier kan ons almal ons kennis
> van die aardbol verbeter en dalk so bietjie die politiek opsy skuif
> vir 'n wyle!

Ek woon net noord van Sydney in Gosford (so 70km Noord van die
middestad). Hier is heelwat ander SA's hier in ons omgewing en in
Australie. Ek reis heelwat en ontmoet gereeld SA's as ek op die
lughawe is op pad NZ toe.

Die wereld het regtig 'n klein plekkie geword met die tipes vervoer en
tegnologie wat beskikbaar is.

Pierre
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14511 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sprynet  is tans af-lyn  Sprynet
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hein van Wyk wrote in message
...
> Ek is eintlik op soek na Afrikaans sprekende vriende oorsee. Miskien het jy
> onlangs of lankal terug geemigreer; vertel my tog meer van die lewe
oorsee?<

Ek woon in Kissimmee, FL., net suid van Orlando, ongeveer 12 myl van Disney
World. Ek werk in 'n hotel as "Guest Service Representative".
Suid-Afrikaners is so skaars soos hoendertande. Ek ontmoet meer SA's deur
middel van die Internet. Ek word goed behandel, is goed versorg en het
basies niks om oor te kla nie, maar een ding bly 'n feit, ek verlang baie na
SA.

Groetnis
Julie Morgan
http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14512 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
ekke (alias (he...@intekom.co.za>) wrote:
>
> is dit die moeite werd om soontoe te gaan?? want ek is van plan om soontoe
> te immigreer...hoe behandel die mense julle daar??
>
> ok bye bye now
> ekke
> :)
>

So Hein my maat hoe gaan dit ou boet? Met ekke en so? Wanneer gaat jy
waai? O ja so by the way - nice handle. Gee jy om as ek joune gebruik?

Groete
Lou
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14513 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Is jou brief dalk nog 'n:
"Vertel my meer,
miskien wil ek immigreer...
(die gras is groener annerkant die draad???)

Vriendelike groete
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14514 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

ons het onlangs hier in Minnesota
> begin die woord uitgooi en ek het met 'n nuusbrief begin - binne twee
> maande het ons sewentig name bymekaar en kom daar nou een maal 'n
> maand so 30-40 gesinne by 'n restaurant bymekaar.

S^e vir my Johan, het jy daar in Minnesota
'n ou ontmoet wat homself Nico noem. Vreeslik
rassisties, vreeslik prekerig, sy taal maar
taamlik guur. Ek dink hy bly in Minneapolis.

Gloudina
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14515 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
ekke wrote:
>
> is dit die moeite werd om soontoe te gaan?? want ek is van plan om soontoe
> te immigreer...hoe behandel die mense julle daar??
>
> ok bye bye now
> ekke
> :)
>
> IRQ0
> wrote:
>>
>>> Ek woon in Alabama in die VSA. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar
>>> maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet.
>>>
>>> Vriendelike groete
>>> Neels
>>

So te stupid om jou eie handle te kies - lekker vir jou my ou!

Cheers
Lou
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14516 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Onrusstoker wrote:
>
> IRQ0 wrote:
>>
>> Ek woon in Alabama in die VSA. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar
>> maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet.
>>
>> Vriendelike groete
>> Neels
>
> Dit lyk my al wat 'n programmeerder is vlug na die VSA.
> Dis omdat die Bullshit industrie soveel groter is daar.
> Sagteware is mos weinig meer as bullshit, hype, promises and no
> deliveries deesdae.
> Hoop julle kruip lekker in Uncle Sam se gat op.
> Goddank ek is in Aus, waar die bullshit 'n paar vlakke laer is.
> Hulle spesialiseer seker almal in Y2K bugs. (Die wereld se grootste
> ou kakstorie en bangmaakstorie, maar dit maak lekker geld ne ?
>
> Vriendelike groete.

Ou anusstoker

So jy se Y2k is 'm mite? Sorg net dat jy genoeg kontant het as die klok
12 slaat, en moenie in die hysbakke ry nie. Oppas ook dat jy nie aan 'n
respirator of hartmonitor gekoppel is nie. Hie Hie Hie!

Cheers
Lou
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14517 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 May 1998 14:21:52 +1200, Onrusstoker
wrote:

> (die gras is groener annerkant die draad???)
>
Kom kyk self, ou beesblaas! Dis dalk in jou oë nie so groen hier nie,
maar in SA word dit darem nou ook vinnig bruiner .....
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14518 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> S^e vir my Johan, het jy daar in Minnesota
> 'n ou ontmoet wat homself Nico noem. Vreeslik
> rassisties, vreeslik prekerig, sy taal maar
> taamlik guur. Ek dink hy bly in Minneapolis.

Gloudina,

Jy gaan nie hierdie week die prys wen vir deduktiewe logika nie!

Het jy nie opgelet dat Nico verdwyn het toe Johan verskyn het nie?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14519 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11 May 1998 02:11:09 +0500, "IRQ0" wrote:

> Ek woon in Alabama in die VSA. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar
> maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet.
>
> Vriendelike groete
> Neels

Ek is seker daar sal meer wees - ons het onlangs hier in Minnesota
begin die woord uitgooi en ek het met 'n nuusbrief begin - binne twee
maande het ons sewentig name bymekaar en kom daar nou een maal 'n
maand so 30-40 gesinne by 'n restaurant bymekaar. In Junie het ons 'n
reuse bring en braai by 'n State Park so halfuur uit die stad uit!

En jy sal nie glo wat 'n reenboog van Suid Afrikaners ons hier is
nie!?! Natuurlik baie rekenaar mense, maar dan ook 'n pastoor,
Pharmaseutiese Ekonoom, versekeingsagent en die eienaar van 'n
silwerware winkel in die Mall of Amerika, die land se grootste
winkelkompleks.

En jy moet sien hoe kuier die ouens 'n hond uit 'n bos uit! Tog te
lekker, want 'n mens kan beheer hoeveel kontak jy met mede
oud-SuidAfrikaners wil hê. Ek dink nie 'n mens moet jou heeltemal
afsonder nie. Dis nie nodig om dit te doen om Amerikaners te ontmoet
en in hulle samellewing opgeneem te word nie. Lewenshouding bly maar
die groot geheim.

Groete
Johan
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14520 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[1]  is tans af-lyn  daniel[1]
Boodskappe: 7
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Pierre wrote in message ...
> Ek woon net noord van Sydney in Gosford (so 70km Noord van die
> middestad). Hier is heelwat ander SA's hier in ons omgewing en in
> Australie. Ek reis heelwat en ontmoet gereeld SA's as ek op die
> lughawe is op pad NZ toe.

Groete hier uit Auckland in New Zealand! Gee my 'n lyntjie een of ander
tyd - dan...@ihug.co.nz

Groetnis

Danie
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14521 is 'n antwoord op boodskap #14448] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ek woon in Alabama in die VSA. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar
maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet.

Vriendelike groete
Neels
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14572 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Onrusstoker wrote in article

> Dit lyk my al wat 'n programmeerder is vlug na die VSA.
> Dis omdat die Bullshit industrie soveel groter is daar.

Van waneer af is programeering 'n bullshit industrie ou galjoen? Het jy
onlangs 'n telefoon oproep gemaak? 'n Film op TV of Satteliet gesien?
Iewersheen gevlieg? Al hierdie industriee het programeerders nodig.

> Sagteware is mos weinig meer as bullshit, hype, promises and no
> deliveries deesdae.

Jy lees te veel artikels oor Microsoft en Bill Gates, boet.

> Hoop julle kruip lekker in Uncle Sam se gat op.
> Goddank ek is in Aus, waar die bullshit 'n paar vlakke laer is.

So, as jy in Amerika is kruip jy in die regering se gat op, maar nie as jy
in Australie is nie? Hmmmmmmm klink logies ne?

> Hulle spesialiseer seker almal in Y2K bugs. (Die wereld se grootste
> ou kakstorie en bangmaakstorie, maar dit maak lekker geld ne ?

Y2K is 'n redelike groot probleem. Gelukkig het ek niks daarmee uit te
waai nie.

>
> Vriendelike groete.

Vriendeliker Groete
Neels
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14573 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11 May 1998 15:43:11 GMT, wrote:

> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>
> ons het onlangs hier in Minnesota
>> begin die woord uitgooi en ek het met 'n nuusbrief begin - binne twee
>> maande het ons sewentig name bymekaar en kom daar nou een maal 'n
>> maand so 30-40 gesinne by 'n restaurant bymekaar.
>
>
> S^e vir my Johan, het jy daar in Minnesota
> 'n ou ontmoet wat homself Nico noem. Vreeslik
> rassisties, vreeslik prekerig, sy taal maar
> taamlik guur. Ek dink hy bly in Minneapolis.
>
Skuus Gloudina, die bedoeling was nie om jou te bedrieg nie - maar ek
het van nuuslees program verander en besluit om in stede van my tweede
naam weer my eerste te gebruik - Johan ipv Nico.

Ek het ook toevallig oor dieselfde tyd, met goeie raad van iemand
anders, besluit om 'n nuwe blaadjie oor te slaan en om nou te probeer
om mooi in my spore te loop en nie die persoon aan te val nie, maar
net die punt waarmee ek nie mag saamstem nie.

En as jy mooi gaan kyk sal jy sien dat ek myself nooit weerspreek het
nie.

Hoop nie jy is te vies vir my nie!!!!
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14574 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 May 1998 19:40:25 -0400, "Sprynet" wrote:

>
> Groetnis
> Julie Morgan
> http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308
>
>
>
Julie, jou webbladsy is werklik 'n besoek werd! Baie goed gedoen!
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14575 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sprynet  is tans af-lyn  Sprynet
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
ekke wrote in message ...
> is dit die moeite werd om soontoe te gaan?? want ek is van plan om soontoe
> te immigreer...hoe behandel die mense julle daar??
>
> ok bye bye now
> ekke
> :)

Ek woon sedert Augustus 1995 hier. Ek voel ek word baie goed behandel.
Vanaf die begin is behandel asof ek my lewe lank hier woon. Die maak nie
saak van velkleur, of jy oud of jonk is, mooi of lelik, vet of maer -
almal word met dieselfde respek behandel.

In baie opsigte is die lewe in die VSA vir my baie beter as in SA. Ek besit
goed in my huis wat ek nooit in SA kon bekostig nie. In die afgelope 2 jaar
het ek meer erkenning in my werk gekry as 15 jaar in SA. Harde werk hier
word erken en beloon, en oor die algemeen respek base hulle werknemers en
maatskappye poog om werksomstandighede so aangenaam moontlik te maak. Hier
is 'n werknemer 'n mens en nie 'n masjien nie.

In die begin is 'n aanpassing omdat die VSA so baie verskil van SA, maar dit
kan gedoen word, dit hang van jouself of jy wil of nie. Jy is welkom om met
my te kommunikeer per e-pos as jy wil - gotr...@bigfoot.com

Groetnis
Julie
http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308

>
>
> IRQ0
> wrote:
>>
>>> Ek woon in Alabama in die VSA. Ek is 'n programeerder. In die laaste
> paar
>>> maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet.
>>>
>>> Vriendelike groete
>>> Neels
>>
>
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14576 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
louwtjie  is tans af-lyn  louwtjie
Boodskappe: 10
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
is dit die moeite werd om soontoe te gaan?? want ek is van plan om soontoe
te immigreer...hoe behandel die mense julle daar??

ok bye bye now
ekke
:)

IRQ0
wrote:
>
>> Ek woon in Alabama in die VSA. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar
>> maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet.
>>
>> Vriendelike groete
>> Neels
>
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14577 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 12 May 1998 02:56:39 GMT, wrote:

> Ou Henri, ek is nie onder 'n kalkoen uitgebroei
> nie. Dit was 'n lokval. Dis jy wat nie die prys
> vir deduktiewe logika wen nie.
>
> Gloudina
>
Neeeee! geen lokval nie, net toeval...
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14578 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> Gloudina,
>
> Jy gaan nie hierdie week die prys wen vir deduktiewe logika nie!
>
> Het jy nie opgelet dat Nico verdwyn het toe Johan verskyn het nie?
>

Ou Henri, ek is nie onder 'n kalkoen uitgebroei
nie. Dit was 'n lokval. Dis jy wat nie die prys
vir deduktiewe logika wen nie.

Gloudina
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14579 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
IRQ0 wrote:
>
> Ek woon in Alabama in die VSA. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar
> maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet.
>
> Vriendelike groete
> Neels

Dit lyk my al wat 'n programmeerder is vlug na die VSA.
Dis omdat die Bullshit industrie soveel groter is daar.
Sagteware is mos weinig meer as bullshit, hype, promises and no
deliveries deesdae.
Hoop julle kruip lekker in Uncle Sam se gat op.
Goddank ek is in Aus, waar die bullshit 'n paar vlakke laer is.
Hulle spesialiseer seker almal in Y2K bugs. (Die wereld se grootste
ou kakstorie en bangmaakstorie, maar dit maak lekker geld ne ?

Vriendelike groete.
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14580 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 May 1998 12:47:43 +0200, lou wrote:

> Ou anusstoker
>

> Cheers
> Lou

Ek dink hiermee sê jy alles, Lou!
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14581 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ou Henri, ek is nie onder 'n kalkoen uitgebroei

Gloudina,

Vroeër het jy gesê ek is te jonk, nou is ek oud. Ek dink jy moet jou maaind
opmaak! Of watter een van jou nuanserings van 'ou' gebruik jy hier?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14582 is 'n antwoord op boodskap #14448] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 May 1998 16:41:43 +1200, Onrusstoker
wrote:

> Dit lyk my al wat 'n programmeerder is vlug na die VSA.
> Dis omdat die Bullshit industrie soveel groter is daar.
> Sagteware is mos weinig meer as bullshit, hype, promises and no
> deliveries deesdae.
> Hoop julle kruip lekker in Uncle Sam se gat op.
> Goddank ek is in Aus, waar die bullshit 'n paar vlakke laer is.
> Hulle spesialiseer seker almal in Y2K bugs. (Die wereld se grootste
> ou kakstorie en bangmaakstorie, maar dit maak lekker geld ne ?
>
> Vriendelike groete.
>
Toe boemerang die ding sleg op jou - daar is meer programmeerders wat
na Australie uitwyk as na die VSA toe. Maar nou verstaan ek Australie
wil hê buitelanders moet goed daar inpas en aanvaar net mense met Ik
laer as ....
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14634 is 'n antwoord op boodskap #14448] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
gal...@ozemail.com.au wrote:
>
> IRQ0 wrote:
>>
>> Ek woon in Alabama in die VSA. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar
>> maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet.
>>
>> Vriendelike groete
>> Neels
>
> Dit lyk my al wat 'n programmeerder is vlug na die VSA.
> Dis omdat die Bullshit industrie soveel groter is daar.
> Sagteware is mos weinig meer as bullshit, hype, promises and no
> deliveries deesdae.

Hmmm... wel ... onthou dit die volgende keer as jy in 'n vliegtuig vlieg en
daardie bulshit seker maak dat hy in die lug bly... of die volgende keer as
jy in die outback in jou motor met al die nuwe tegnologie ry en daardie
bulshit seker maak dat die brandstofinspuiting nog werk... of as jy weer
toilet toe gaan en daardie bullshit seker maak dat jou afval geprosesseer
word en dit nie met emmers uitgehaal moet word nie... of as jy weer op
hierdie nuusgroep wil reageer op 'n boodskap... ag ja wat...

> Hoop julle kruip lekker in Uncle Sam se gat op.
> Goddank ek is in Aus, waar die bullshit 'n paar vlakke laer is.
> Hulle spesialiseer seker almal in Y2K bugs. (Die wereld se grootste
> ou kakstorie en bangmaakstorie, maar dit maak lekker geld ne ?
>
Hmm... wel hulle moes seker iets doen met al die Cobol Programmeurs wat nie
meer kon werk kry nie ;^}

So van die os op die jas (waar kom daardie uitdrukking vandaan?), ek lees
gister 'n artikel iewers van die ou wat besluit het hy wil uitgaan restourant
toe met sy oulike nuwe meisie. Hy kon nie betaal nie - die POS stelsel het sy
kredietkaart verwerp... die vervaldatum was 01/00.

Raar maar waar - die Y2K probleem is al klaar hier - die bom gaan nie wag tot
1 Januarie 2000 nie.

Soos my ou pêl van die Kaapse vlakte sou sê - "Nou sit dit nou in djou pyp en
roek dit!"

*GIGGEL HISTERIES*

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14635 is 'n antwoord op boodskap #14448] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:
> Skuus Gloudina, die bedoeling was nie om jou te bedrieg nie...
>
> Ek het ook toevallig oor dieselfde tyd, met goeie raad van iemand
> anders, besluit om 'n nuwe blaadjie oor te slaan en om nou te probeer
> om mooi in my spore te loop en nie die persoon aan te val nie, maar
> net die punt waarmee ek nie mag saamstem nie.
>
.... *SUG* ....

Ja ... nou-toe-nou...

Nou het ek werklik waar alles gesien....

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14636 is 'n antwoord op boodskap #14448] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 May 1998 16:46:23 +0200, lou wrote:

> ekke wrote:
>>
>> is dit die moeite werd om soontoe te gaan?? want ek is van plan om soontoe
>> te immigreer...hoe behandel die mense julle daar??
>>
>> ok bye bye now
>> ekke
>> :)
Flou Louw,
Dis 'n fees hier - te oordeel aan die behandeling wat 'n mens hier van
die mense kry. Ons het by 'n United Methodist kerk aangesluit en as
oud-NGKerkers voel ons heel tuis.
Daar was nog nie 'n enkele voorval of persoon wat nie van ons gehou
het ondat ons na die VSA gekom het nie! Trouens, ons word baie
uitgevra en dit is altyd redelik neutraal tot hulle vra, en hoor, dat
ons beplan om te bly! Dan is dit sommer of hulle ekstra wil welkom
sê.

Ek weet ons word elke keer onder skoot gekry as ons vertel hoe lekker
dit in die buiteland is - wel, ek probeer niemand se neus daarin vryf
nie - Louw het bloot gevra en ek vertel hom so 'n ietsie.

Jy kan maar in die argiewe na my vorige plasings oor die onderwerp
gaan lees: vir nou, kom kyk gerus vir 'n jaar of drie, ens as jy dan
weer wil teruggaan, is jy mos welkom!
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14681 is 'n antwoord op boodskap #14448] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Johan,
Hoe werk die belastingstelsel in die VSA.? Kan jy iets vertel van die
skoolstelsels?
Hoe goed is die staatskole, of is privaatskole daar 'n beter opsie? Die
lewe is skynbaar goedkoper, alhoewel eiendomme duur is, nie waar nie? Wat
dink jy, behoort voornemende immigrante op voorbereid te wees? Watter state
in Amerika, dink jy, het die lekkerste klimaat, behalwe Californië. Klink
of Arizona 'n interessante plek is - nie so oorbevolk nie, of hoe? Dis 'n
mondvol, maar ek is baie nuuskierig hieroor.
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14682 is 'n antwoord op boodskap #14448] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Skuus, ek wou nog vrae vra:
Watter werksgeleenthede is daar beskikbaar, behalwe die medies- en
rekenaarwese?
Simpel vraag, maar nogtans.
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14738 is 'n antwoord op boodskap #14448] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
harms...  is tans af-lyn  harms...
Boodskappe: 8
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
"griet" vra:

> Skuus, ek wou nog vrae vra:
> Watter werksgeleenthede is daar beskikbaar, behalwe die medies- en
> rekenaarwese?
> Simpel vraag, maar nogtans.

Weet nie of dit as 'n werksgeleentheid kwalifiseer nie, maar ek is op soek
na 'n aansienlike boerenooi wat volgens die nuutste Kaapse giere kan
*partytjie* hou! ;-)

--
remove NOSPAM to reach me
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14739 is 'n antwoord op boodskap #14448] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 14 May 1998 14:53:51 GMT, "griet" wrote:

> Skuus, ek wou nog vrae vra:
> Watter werksgeleenthede is daar beskikbaar, behalwe die medies- en
> rekenaarwese?
> Simpel vraag, maar nogtans.
Hierdie een is moeilik om te antwoord. So ek hoop my antwoord maak
sin:
Jy moet jou besondere "skill" hier kom verkoop. Om die teogangsvisa
te kry moet jy eers werk hier kry voor jy kom. Jou werkgewer doen
aansoek daarvoor - so verseker hulle dat werkloses nie hier kom bly
nie. Dus moet jy huiswerk doen en kontak maak met potensiele
werkgewers sodat jy 'n aanstelling hier kry voor jy kom.

Kort verduideliking: Hier geld kort kennis periodes, sodat meeste
werkgewers weet hy kan binne twee weke iemand aanstel waar hy nodig
het. Moeilik wanneer jou visa aansoek tot drie maande kan wees.

Die ideaal is om op die rekenaar kontrakteur manier te probeer kom
waar die kontrak maatskappy vooruit beplan vir wanneer jy vir 'n
kontrak gaan nodig wee en die Amerikaners weet rekenaar mense uit Sa
neem effe langer om hier te kom.

Die tweede ideaal is om hier te kom vakansie hou - jy pos voor die tyd
jou CV's hiernatoe sodat dit nie in jou tasse is nie - as hulle jou
daarmee vang weet hulle jy wil kom bly sonder 'n visum en dan sit
hulle jou sommer uit. As jy dan hier is, gaan jy op voorafopgestelde
werksonderhoude. Kry jy werk, kan jou werkgewer dadelik aansoek doen
vir jou H1-B visum en mag jy dan in die land bly totdat die visum
uitgereik is en jy kan begin werk.

Dis hierdie moeites werd - vra enige een wat reeds hier bly - seker
so 5% van die ouens wil teruggaan - net totdat hulle in SA gaan
vakansie hou het.

Nou ja - ek moet gaan werk, maar ek sal vanaand of so op jou ander
vrae ook antwoord, wat jy in die ander plasing gevra het.
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14740 is 'n antwoord op boodskap #14448] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jean[1]  is tans af-lyn  Jean[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die Amerikaanse 'Green Card Lotto' is ook nie 'n slegte idee nie. (Dit is
glo
gratis en word elke jaar gehou in Jan/ Feb) Volgens iemand wat ek ken by
die Konsulaat is 'n Suid Afrikaaner se kans een uit 14 of beter.
Kanada is baie makliker om in te kom - as jy hier wil bly natuurlik. (Ek
hoor dat dit makliker vir 'n Kanadees is om 'n green card te kry. Prakties
kan mens ook makliker om iets te reel veral as mens vir 'n maatskapy werk
wat in beide lande is.

Groete uit Toronto
Jean
Vorige onderwerp: Australia Inligting!
Volgende onderwerp: afrikaners in london
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:44:37 MGT 2024