Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom: watergangen
Idioom: watergangen [boodskap #10161] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hallo iedereen,

Vanochtend was er op de radio een programma, waarin het ging over
objecten waarvoor in de ene taal een heleboel woorden zijn, terwijl een
andere taal er maar enkele voor heeft.

Het voorbeeld van de eskimo's met hun tientallen woorden voor sneeuw
werd erbij gehaald, maar voor het Nederlands wisten ze zo direct niets
te verzinnen. Ikzelf (als waterbouwkundige) moet dan direct aan de vele
woorden voor waterpartijen denken: sloot, gracht, tocht, vaart,
wetering, singel, greppel, kanaal, meer, plas, poel, ven, wiel, vijver,
kolk, rivier, vliet, beek, wel, rel, zwin, baai, inham, zeearm, etc,
etc. En dan natuurlijk de nog veel meer afgeleide woorden: stadsgracht,
poldervaart, molentocht, getijderivier, bergbeekje, spuikanaal etc.

Nu vroeg ik mij af hoeveel van deze woorden in het Zuid Afrikaans
behouden zijn gebleven. Ik vermoed dat een aantal van de woorden
hierboven u niets zullen zeggen, omdat de situatie waarin zij gebruikt
worden niet in Zuid Afrika voor komt.

Zou iemand misschien aan kunnen geven welke woorden in het Afrikaans
worden gebruikt voor de diverse typen watergangen, waterpartijen en
waterlopen?

Misschien is er ook wel iets typisch Zuid Afrikaans waarvoor het
Nederlands weer geen woorden heeft; ook daarin ben ik geinteresseerd.

Groetjes, Arthur.
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10179 is 'n antwoord op boodskap #10161] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
antispam  is tans af-lyn  antispam
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Arthur Hagen skryf:

> Hallo iedereen,

> Zou iemand misschien aan kunnen geven welke woorden in het Afrikaans
> worden gebruikt voor de diverse typen watergangen, waterpartijen en
> waterlopen?

Die grootste watergang is seker die See, of die Oseaan.
Sekerlik nie verbasend is die talle idiome uit die skeepsvaart wat in
Afrikaans oorgebly het. Per slot van sake is dit tog per skip dat die
taal vervoer is.

Van bakboord na stuurboord.
Die wind uit die seile neem.
Voor anker le^.
In sleeptou neem.
Sy seile na die wind draai.

--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10180 is 'n antwoord op boodskap #10161] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article "Arthur Hagen" writes:
> From: "Arthur Hagen"
> Subject: Idioom: watergangen
> Date: 2 Aug 1997 17:18:06 GMT

> Hallo iedereen,

> Vanochtend was er op de radio een programma, waarin het ging over
> objecten waarvoor in de ene taal een heleboel woorden zijn, terwijl een
> andere taal er maar enkele voor heeft.

> Het voorbeeld van de eskimo's met hun tientallen woorden voor sneeuw
> werd erbij gehaald, maar voor het Nederlands wisten ze zo direct niets
> te verzinnen. Ikzelf (als waterbouwkundige) moet dan direct aan de vele
> woorden voor waterpartijen denken:

....res gesny

Arthur,

So ver as wat ek kan dink gebruik ons baie maar nie almal van jou
woorde in Afrikaans maar soms in 'n gewysigde betekenis:

sloot - amper soos in Nederlands
gracht (ons spel dit grag) in SA word dit gebruik as ons oor gragte in
Nederland praat (die uitsondering is die Heerengracht in Kaapstad, vernoem
na die Amsterdamse Herengracht, maar in Kaapstad is dit 'n soort "boulevard"
tocht - onbekend in Afrikaans in die Nederlandse betekenis
vaart - beteken in Afrikaans 'n bootreis
wetering - onbekend in Afrikaans
singel - beteken in Afrikaans 'n soort straat (geen verband met water nie)
kanaal - byna dieselfde betekenis as in Nederlands
meer - nes in Nederlands
plas - oor die algemeen in Afrikaans die water wat in 'n straat of pad
staan na 'n hewige reenbui, kleinerig en nie permanent nie
poel - ongeveer dieselfde as in Nederlands
ven - totaal onbekend in Afrikaans
wiel - onbekend in verband met water in Afrikaans
vijver (in Afrikaans "vywer") - minder gebruikte vorm van wat ons 'n
visdammetjie noem
kolk - slegs in die betekenis van 'n draaikolk in 'n bad of in die see
rivier - byna soos in Nederlands, alhoewel baie van ons riviere in
Nederlands eerder as 'n "beek" of "stroompje" beskryf sou word
vliet - onbekend in Afrikaans
beek - selde gebruik (sien "rivier" hierbo)
wel - onbekend
rel - onbekend
zwin - onbekend
baai - ongeveer gebruik soos in Nederlands
inham - ongeveer gebruik soos in Nederlands
zeearm - selde gebruik (maar dan nes in Nederlands)

jou afgeleide woorde: "stadsgracht, poldervaart, molentocht, getijderivier,
bergbeekje, spuikanaal" hoor 'n mens nooit in Afrikaans nie. In ons
waterarm land het ons eenvoudig nie sulke terme nodig nie.

Aan die ander kant dink ek dat daar heelwat Afrikaanse woorde wat met die
boerdery, die goud en diamantmynbedryf, die uitgebreide grasveld en
Afrikagrootwild, die jagbedryf, woorde wat uit Swart of oosterse tale
kom en goed wat ons hier doen en julle nie in Nederland doen nie. (julle
hou nooit Indaba of 'n Bosberaad nie, julle se nooit "mooi loop"
nie, julle eet nooit waterblommetjiebredie nie, julle het nie Indoena's nie
ens)

Beste groete

Gys (Gijs in Nederlands)
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10199 is 'n antwoord op boodskap #10161] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hier is nog'n paar Afrikaanse woorde wat iets te
doen het met water, of die afwesigheid van water:
donga : "A usually dry, eroded watercourse,
running only in times of heavy rain.
Australian "gully." From Nguni.
kuil (glo skeeps-hollands) pool, hole, pit
sloep: laerliggende deel, vol water, of anders
landerye op 'n laagliggende plek waar
daar eers water was.
sandrivier: in half-woestyndele: riviere met
baie sand en geen water nie, behalwe
wanneer dit baie reën en daar 'n "flash
flood" is.

puts: die woord is Nederlandse "put" (van Latyn
"puteus") maar word veral in die Noordkaap
byna uitsluitlik geken as "puts." Putse is
baie belangrik in die halfwoestyndele van SA
en kom in baie plekname voor: Putsonderwater,
Boksputs.

Dan is daar ook op die besproeiingsskemas langs die
groot riviere 'n hele reeks van terme: grootvoor,
leivoortjies, sluis, afsitte (aan die bopunte van akkers).

"greppel"(ditch, trench) was vir my onbekend totdat ek
dit in die Nederlandse woordeboek nageslaan het. Wat
is "rel" wat die woordeboek alleen as riot, hullabaloo
gee. Wat is "zwin." (Geen verklaring in woordeboek.)

"vliet" en "beek" is wel bekend in Afrikaans, maar alleen
as poëtiese terme, en in plekname.

Wat is die verskil tussen "waterpartijen" en "waterlopen"?

Gloudina
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10200 is 'n antwoord op boodskap #10161] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John  is tans af-lyn  John
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Arthur schreef:
> woorden voor waterpartijen denken: sloot, gracht, tocht, vaart,
> wetering, singel, greppel, kanaal, meer, plas, poel, ven, wiel, vijver,
> kolk, rivier, vliet, beek, wel, rel, zwin, baai, inham, zeearm, etc,
>

1. Betekenis in Afrikaans waarskynlik dieselfde as in Nederlands:
kanaal; meer; plas; poel; rivier; baai; inham;
sloot: bevat in Afr. dikwels nie water nie, maar kan
gracht; beperkte gebruik, as `grag': bly voortbestaan hoofsaaklik in die
name van Kaapse strate, en as 'n naam vir die watergevulde sloot om 'n
kasteel (waarvan ons nie veel hier het nie)
vliet bestaan voort as `vlei'
beek is verstaanbaar in Afr., maar word min gebruik
zeearm is vir my ook verstaanbaar, maar bestaan waarskynlik nie in Afr.
nie

2. Betekenis in Afrikaans waarskynlik nie heeltemaal dieselfde as in
Nederlands nie:
waterpartij: in Afrikaans sal 'n waterparty eerder verwys na 'n gefuif
in/langs 'n swembad as iets anders (en 'n watergang sal beteken dat 'n
waterpyp in die huis lek; gang = vertrek in huis).
singel: in Afr. gewoonlik 'n kort doodloopstraat
vijver; die Afr. vyver is iets waarmee visse gevang word, 'n `visval',
so die waterkonneksie bestaan minstens nog
kolk: twee Afr. gebruike: as `draaikolk' of `maalkolk' verwys dit na 'n
draaiende suigende beweging van lopende water. In die droe" weste van
S.A. is 'n kolk 'n natuurlike watergat of 'n mensgemaakte put (of
`puts'), elkgeval, stilstaande water van beperkte omgang.
wel leef voort in `opwelling' = stil stygende water

3. Onbekend aan my in Afrikaans: wetering; greppel; ven; rel; zwin; Wat
is hierdie goed, asseblief?

4. Eg Afrikaanse waterterme? Wat van `seekoeigat', gebruik vir diep
stilvloeiende dele van standhoudende riviere ?. Dan is daar ook `pan':
vlak water wat gewoonlik kortstondig na ree"n versamel in induikings in
die grond (word ook 'n `vloer' genoem). Ek dink ook aan `aar', 'n
onderaardse waterstroom. Die Afr. `brander', vir 'n golf, kan moontlik
ook eie wees? Terwyl ons by die see is, `sloep', 'n diep deel tussen
klippe, haaks met die kus.
Wat ek mis in jou lys, maar dis waarskynlik net 'n oorsig is `spruit',
vir 'n klein riviertjie.

Groete
--
John
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10201 is 'n antwoord op boodskap #10161] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glenn Lewis  is tans af-lyn  Glenn Lewis
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina,

Is jy seker oor die woord "puts"? Ek woon nou al 'n geruime tyd
buite Suid-Afrika, maar ek was onder die indruk dat die Nederlands en
Afrikaans vir die woord "put" dieselfde was. Of misgis ek my?

> puts: die woord is Nederlandse "put" (van Latyn
> "puteus") maar word veral in die Noordkaap
> byna uitsluitlik geken as "puts." Putse is
> baie belangrik in die halfwoestyndele van SA
> en kom in baie plekname voor: Putsonderwater,
> Boksputs.
>

Putsonderwater is tog Put-sonder-water en nie Puts-onder-water?
Waar is Boksputs?

Volgens my word die volgende Nederlandse woord ook in
Afrikaans gebruik - in die een of ander form (uit Arthur se lys):.

sloot, gracht, (tocht), vaart, (wetering), singel, (greppel), kanaal,
meer, plas, poel, ven, (wiel), vijver, kolk, rivier, vliet, (beek), (wel),
(rel), (zwin), baai, inham, zeearm

Woorde soos greppel en beek klink vir my vreeslik bekend,
maar dit is waarskynlik nie Afrikaans nie.

Glenn.
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10231 is 'n antwoord op boodskap #10161] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Puts" is definitief hoe meeste mense dit noem in die
> Noordkaap. Selfs my man uit die Oostelike Kaap ken dit
> in die vorm ook. "Put" is natuurlik ook bekend. Ek dink
> dis eintlik Bokseputs, daardie pleknaam, erens in die
> veld naby Kakamas.

Liewe Gloudina,

Onthou jy nog die plekkie daar noord-oos van Kakamas
met die naam Lutsputs. Wat kan jy ons daarvan vertel.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10232 is 'n antwoord op boodskap #10161] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes: > @igs.net wrote in article ...
>> "Puts" is definitief hoe meeste mense dit noem in die
>> Noordkaap. Selfs my man uit die Oostelike Kaap ken dit
>> in die vorm ook. "Put" is natuurlik ook bekend. Ek dink
>> dis eintlik Bokseputs, daardie pleknaam, erens in die
>> veld naby Kakamas.
>
> Liewe Gloudina,
>
> Onthou jy nog die plekkie daar noord-oos van Kakamas
> met die naam Lutsputs. Wat kan jy ons daarvan vertel.
>
> Alles van die beste
> At de Lange

Ek is nie meer so seker dat ek presies weet waar
Lutseputs (soos my pa dit altyd gesê het) is in
relasie tot die rivier nie. Is dit in die veld noord
van die rivier en nader aan Kakamas as Keimoes?
Ek neem aan dat beide Lutseputs en Lutzburg
vernoem is na Japie Lutz, die baie begaafde hoof-
ingeneur wat die besproeiingskanale om en benede
Kakamas beplan en uitgevoer het.
In ons familie was daar 'n baie belangrike plek
met "puts" aan die einde. My pa is gebore op die
familieplaas Rykheersputs in Namakwaland. Na
jare van droogte en die nuus dat grond goedkoop
is op die beplande besproeiingsuitleg op Kakamas,
verkoop hulle toe die plaas vir 'n appel en 'n ei
en trek noordwaarts. Die plaas was egter op grond
wat vandag besproei word langs die Olifantsrivier,
en die mense wat dit so spotgoedkoop van my
oupa gekoop het, het 'n lekker goeie prys daarvoor
gekry toe die plase opgekoop word vir die beplande
besproeiingsskema.
Ek kyk weer op die landkaart waar die Olifants-
rivier is. (Dit begin suid in die berge net bokant
Tulbagh, lyk dit vir my, en vloei dan noordwaarts
en dan die see in.) 'n Mens wonder dan - met dié
naam moes daar tog sekerlik olifante daar rond
gewees het tot ten minste aan die begin van die
agtiende eeu, toe die rivier heelwaarskynlik sy
naam gekry het?

Gloudina
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10233 is 'n antwoord op boodskap #10161] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange schreef...
> @igs.net wrote...
>> "Puts" is definitief hoe meeste mense dit noem in die
>> Noordkaap. Selfs my man uit die Oostelike Kaap ken dit
>> in die vorm ook. "Put" is natuurlik ook bekend. Ek dink
>> dis eintlik Bokseputs, daardie pleknaam, erens in die
>> veld naby Kakamas.
>
> Liewe Gloudina,
>
> Onthou jy nog die plekkie daar noord-oos van Kakamas
> met die naam Lutsputs. Wat kan jy ons daarvan vertel.
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>
Gloudina, Ad. Een puts in het Nederlands is een (zwarte) emmer aan een
touwtje om water te kunnen scheppen vanaf een boot (misschien ook wel
in een put, maar die hadden we niet, wel een boot :)

Ik heb nu al een aantal nieuwe termen geleerd in het Afrikaans, maar
ook in het Nederlands (in mijn lijstje was ik put, stroompje, zee(!) en
oceaan(!) totaal vergeten; ik denk nu spontaan aan een lagune en een
fjord (geen van beiden klinkt erg Nederlands, ik weet het, maar
iedereen gebruikt die termen).

Gijs sprak van een visdammetjie. Kun je die term ook gebruiken voor een
tuinvijvertje? Of is het eigenlijk meer de naam voor een waterpartij in
een riviertje?

Waar ik ook nieuwsgierig naar ben is of het Afrikaans ook termen heeft
voor minder permanente waterlopen, rivieren die doodlopen in de
woestijn of bijvoorbeeld voor tijdelijke drenkpoelen van wilde dieren.
Het Nederlands leent bijvoorbeeld uit het Arabisch om een rivier te
beschrijven die alleen na een hevige woestijnregenbui stroomt: wadi.
Bovendien kan ik me zo voorstellen dat jullie andere woorden gebruiken
om onderdelen van een irrigatiestelsel te benoemen, iets wat we hier
eigenlijk niet kennen.

Groetjes,
Arthur.
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10234 is 'n antwoord op boodskap #10161] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Glenn Lewis" writes: > Gloudina,
>
> Is jy seker oor die woord "puts"? Ek woon nou al 'n geruime tyd
> buite Suid-Afrika, maar ek was onder die indruk dat die Nederlands en
> Afrikaans vir die woord "put" dieselfde was. Of misgis ek my?
>
>> puts: die woord is Nederlandse "put" (van Latyn
>> "puteus") maar word veral in die Noordkaap
>> byna uitsluitlik geken as "puts." Putse is
>> baie belangrik in die halfwoestyndele van SA
>> en kom in baie plekname voor: Putsonderwater,
>> Boksputs.
>>
>
> Putsonderwater is tog Put-sonder-water en nie Puts-onder-water?
> Waar is Boksputs?
>

"Puts" is definitief hoe meeste mense dit noem in die
Noordkaap. Selfs my man uit die Oostelike Kaap ken dit
in die vorm ook. "Put" is natuurlik ook bekend. Ek dink
dis eintlik Bokseputs, daardie pleknaam, êrens in die
veld naby Kakamas.
Gloudina
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10253 is 'n antwoord op boodskap #10161] Wo, 06 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> "AM de Lange" writes: > @igs.net wrote in
article

>> Onthou jy nog die plekkie daar noord-oos van Kakamas
>> met die naam Lutsputs. Wat kan jy ons daarvan vertel.

> Ek is nie meer so seker dat ek presies weet waar
> Lutseputs (soos my pa dit altyd gesê het) is in
> relasie tot die rivier nie. Is dit in die veld noord
> van die rivier en nader aan Kakamas as Keimoes?
> Ek neem aan dat beide Lutseputs en Lutzburg
> vernoem is na Japie Lutz, die baie begaafde hoof-
> ingeneur wat die besproeiingskanale om en benede
> Kakamas beplan en uitgevoer het.

Lutsputs is sowat 30km NNO van kakamas gelee. Daar
was nie mense op die plaas Lutsputs toe ek op 'n dag
daar aangegaan het om meer oor die puts te wete te
kom nie.

Ek was veral geinteresserd oor Lutsputs omdat ek vermoed
het dat dy water van die Malopo af kon kom. Die Malopo
is tipies van daardie dro"e riviere wat een keer in 'n
skrikkeljaar water het. Die Malopo begin hier naby Zeerust
voordat hy anderkant die Augrabies in die Oranje uitmond!

Waarom interesseeer die Malopo my. Ek het 'n teorie oor
diamante - dat daar twee groot rivere was wat die binneland
na die weskus gedreineer het. Die een is die Gariep. Maar
van die ander een is daar niks meer te siene. Die biljoene
tonne sand van die Kalahari steek hom te goed weg.

Toemaar, ek is nie 'n woestynloper op soek na fisiese
diamante nie - daar is veel kosbaarder geestelike
diamnte te vind in die woestyne. Een so 'n diamant is om
'n niks te kan word - om te besef dat as jy regtig in die
woestyn wil oorleef, jy dit sonder enige tegnologie moet
kan doen.

> Ek kyk weer op die landkaart waar die Olifants-
> rivier is. (Dit begin suid in die berge net bokant
> Tulbagh, lyk dit vir my, en vloei dan noordwaarts
> en dan die see in.) 'n Mens wonder dan - met dié
> naam moes daar tog sekerlik olifante daar rond
> gewees het tot ten minste aan die begin van die
> agtiende eeu, toe die rivier heelwaarskynlik sy
> naam gekry het?

Daar was olifante en seekoeie (nylpaarden). Lees
gerus Simon van der Stel se dagboek oor sy reis
na O'Kiep (Springbok). Dis wat beskawing doen.
Dit los net name van dinge wat nie meer word nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10273 is 'n antwoord op boodskap #10161] Vr, 08 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Arthur Hagen skryf:

> Ik heb nu al een aantal nieuwe termen geleerd in het Afrikaans, maar
> ook in het Nederlands . . . ; ik denk nu spontaan aan een lagune . .
> .

Vir "lagune" het ons die woord "strandmeer".

> Waar ik ook nieuwsgierig naar ben is of het Afrikaans ook termen heeft
>
> voor . . . tijdelijke drenkpoelen van wilde dieren. . . .

Na hierdie "tijdelijke drenkpoelen" sal ons tipies verwys as
"nie-standhoudende watergate". Dit is as dit natuurlike
drinkplekke is.

Groete
Sybrand
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10287 is 'n antwoord op boodskap #10161] Sa, 09 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article "Arthur Hagen" writes:
> From: "Arthur Hagen"
> Subject: Re: Idioom: watergangen
> Date: 5 Aug 1997 16:30:52 GMT

> AM de Lange schreef...
>> @igs.net wrote...
>>> "Puts" is definitief hoe meeste mense dit noem in die
>>> Noordkaap. Selfs my man uit die Oostelike Kaap ken dit
>>> in die vorm ook. "Put" is natuurlik ook bekend. Ek dink
>>> dis eintlik Bokseputs, daardie pleknaam, erens in die
>>> veld naby Kakamas.
>>
>> Liewe Gloudina,
>>
>> Onthou jy nog die plekkie daar noord-oos van Kakamas
>> met die naam Lutsputs. Wat kan jy ons daarvan vertel.
>>
>> Alles van die beste
>> At de Lange
>>
> Gloudina, Ad. Een puts in het Nederlands is een (zwarte) emmer aan een
> touwtje om water te kunnen scheppen vanaf een boot (misschien ook wel
> in een put, maar die hadden we niet, wel een boot :)

> Ik heb nu al een aantal nieuwe termen geleerd in het Afrikaans, maar
> ook in het Nederlands (in mijn lijstje was ik put, stroompje, zee(!) en
> oceaan(!) totaal vergeten; ik denk nu spontaan aan een lagune en een
> fjord (geen van beiden klinkt erg Nederlands, ik weet het, maar
> iedereen gebruikt die termen).

> Gijs sprak van een visdammetjie. Kun je die term ook gebruiken voor een
> tuinvijvertje? Of is het eigenlijk meer de naam voor een waterpartij in
> een riviertje?

"visdammetjie" kan inderdaad gebruik word vir die Nederlandse "
tuinvijvertje". As 'n mens van iets groters praat word dit 'n visdam. 'n
plaasdam is 'n taamlike groot opgaardam vir reenwater, hoofsaaklik vir vee
om van te drink. As dit ook met visse in het en vir visvang gebruik word kan
dit ook terselfdertyd 'n visdam wees.

Een ding wat ek vermoed julle in Nederland nie het nie is wat ons 'n
"slikdam" noem. Dit is 'n opgaardam van water en modder (dikwels besoedel
met swaar metale, sure en ander chemiese stowwe wat in die mynboubedryf
gebruik word) wat uit die myne gepomp word. As so 'n slikdam nie aan streng
veiligheidsmaatreels onderworpe is nie kan dit groot moeilikheid veroorsaak.
In 1994 het daar 'n slikdam in die Vrystaatse Goudmyndorp Virginia gebars
en 'n woonbuurt oorstroom. 'n Aantal inwoners het verdrink/versmoor in die
dik modder en onherstelbare skade is aan huise tuine en ander eiendom
aangerig.

> Waar ik ook nieuwsgierig naar ben is of het Afrikaans ook termen heeft
> voor minder permanente waterlopen, rivieren die doodlopen in de
> woestijn of bijvoorbeeld voor tijdelijke drenkpoelen van wilde dieren.

So 'n tydelike waterpoel wat deur wilde diere gebruik word (en soms deur
voëls om van in te broei) en na 'n tyd opdroog word by ons 'n "pan" genoem.
Soms is daar groot konsentrasies sout in so 'n pan wat dan in die droë
seisoen vir southerwinning gebruik kan word.

> Het Nederlands leent bijvoorbeeld uit het Arabisch om een rivier te
> beschrijven die alleen na een hevige woestijnregenbui stroomt: wadi.
> Bovendien kan ik me zo voorstellen dat jullie andere woorden gebruiken
> om onderdelen van een irrigatiestelsel te benoemen, iets wat we hier
> eigenlijk niet kennen.

Ek vermoed dat ander beter ingelig is oor besproeingsname as ek.

Groetnis
Gys (Gijs)

> Groetjes,
> Arthur.
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10375 is 'n antwoord op boodskap #10161] So, 17 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John Irish  is tans af-lyn  John Irish
Boodskappe: 8
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Arthur Hagen wrote in article
...
> ik heb wat computerproblemen ...
> en laat al doende mijn hele systeem in de
> soep draaien). en
> dus ben ik
> nog niet geheel monddood gemaakt door mijn eigen apparatuur :-).
>

Arthur
Ek geniet jou woordgebruik geweldig, al is dit moontlik vir jou alledaagse
uitdrukkings. `Monddood' is vir my veral pragtig.
Vasbyt daar tussen die Franse; ons sien uit om weer van jou te hoor.
Groete
---
John
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10376 is 'n antwoord op boodskap #10161] So, 17 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John Irish  is tans af-lyn  John Irish
Boodskappe: 8
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in article ...
> Ek is nie meer so seker dat ek presies weet waar
> Lutseputs (soos my pa dit altyd gesê het) is in
> relasie tot die rivier nie. Is dit in die veld noord
> van die rivier en nader aan Kakamas as Keimoes?

Die Kakamassers wat ek ken praat ook van Lutseputs. Dit le^ waar die
grondpad wat van Kakamas noord loop tot by die Upington-Nakop teerpad, die
spoorlyn kruis. Daar is 'n halfdosyn geboutjies, meesal onbewoon.
---
John
Re: Idioom: watergangen [boodskap #10377 is 'n antwoord op boodskap #10161] So, 17 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef:
> Wat is die verskil tussen "waterpartijen" en "waterlopen"?

Een waterloop zie ik als een lijnvormig object: een sloot, rivier,
kanaal. Terwijl een waterpartij voor mij een hoeveelheid water binnen een
begrensd gebied is: vijver, meer, zee.

Ik wil iedereen bedanken voor hun bijdragen naar aanleiding van mijn
vraag over water in Zuid Afrika. Ik had dit al eerder willen doen, maar
ik heb wat computerproblemen (Internet News vecht een robbertje met iets
dat zich "wab32.dll" noemt en bij bepaalde akties komt "mprexe.exe" in
opstand tegen "kernel32.dll" en laat al doende mijn hele systeem in de
soep draaien).

Ik voel me tot voor kort dan ook een beetje hulpeloos, maar ik kwam er
achter dat ik via DejaNews ook nog berichten kan verzenden, dus ben ik
nog niet geheel monddood gemaakt door mijn eigen apparatuur :-).

Eind deze week vertrek ik voor bijna een maand richting Zuid Frankrijk,
zodat ik voorlopig niet deel zal nemen aan jullie discussies (hoewel ik
de laatste tijd eigenlijk toch voornamelijk "lurk" (gluur?)).

Het beste,
Arthur Hagen
hag...@caiw.nl

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet
Re: Idioom: watergangen [boodskap #120347 is 'n antwoord op boodskap #10161] Sa, 27 Januarie 2018 10:21 Na vorige boodskap
jcc...  is tans af-lyn  jcc...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2018
Karma: 0
Junior Lid
Op zondag 17 augustus 1997 09:00:00 UTC+2 schreef John:
> @igs.net wrote in article ...
>> Ek is nie meer so seker dat ek presies weet waar
>> Lutseputs (soos my pa dit altyd gesę het) is in
>> relasie tot die rivier nie. Is dit in die veld noord
>> van die rivier en nader aan Kakamas as Keimoes?
>
> Die Kakamassers wat ek ken praat ook van Lutseputs. Dit lê waar die
> grondpad wat van Kakamas noord loop tot by die Upington-Nakop teerpad, die
> spoorlyn kruis. Daar is 'n halfdosyn geboutjies, meesal onbewoon.
> ---
> John

Ik geef nu, 20 jaar later, nog een reactie. Vanwege de droogte rond de Kaap, zie:
https://www.bloomberg.com/view/articles/2018-01-23/the-city- that-ran-out-of-water

Over het woord 'opgaardam':
De algemene betekenis in het NL is gewoon 'dam'.
In meer specifieke gevallen ook 'stuwdam'.

Heel misschien ook 'overlaat'. Dat is een waterloopkundige term voor dammen waarbij het water boven een zeker peil er ook over heen mag stromen.
Vorige onderwerp: Oor Afrikaans en Nederlands
Volgende onderwerp: Idioom: Oggendstond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:55:26 MGT 2024