Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Voortplantingsnag" deur Peet Neethling
"Voortplantingsnag" deur Peet Neethling [boodskap #120777] So, 16 September 2018 09:21
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
VOORTPLANTINGSNAG (AMPER) 1652
deur Peet Neethling (Die Hemel het 'n Agterdeur, Tafelberg)

Buite tjank 'n brak, Maria
Hoor hoe kraak die dak, Maria
Buite loei die wind, Maria
Hoor hoe huil die kind, Maria

Jan, my man, ek hoor die brak
Jan, my man, ek hoor die dak
Jan, my man, ek hoor die wind
Maar Jan, my man, daar is g'n kind

Dis juis die punt, Maria
Ons is mos gebind, Maria
om 'n volk te plant, Maria
In dié Suiderland, Maria

Glip dus uit jou kabaai, Maraai
Dat ons..

Jan, my man, my kop is seer

Verdomp! Al weer?
Vorige onderwerp: Soek vers (nie bees)
Volgende onderwerp: "Mediese ondersoek" deur Ernst van Heerden
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 21:58:15 MGT 2024