Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Sluipmoordenaar gesoek
Sluipmoordenaar gesoek [boodskap #120746] Sa, 25 Augustus 2018 07:00
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die Nasionale Intelligensiediens besluit om 'n sluipmoordenaar aan te stel. Ná 'n lang administratiewe proses word drie kandidate gekies. Koos, Kallie en Mike dui aan dat hulle belangstel, en op 'n dag moet al drie by hoofkantoor aanmeld. "Daar is een laaste toets," verduidelik die direkteur.

Koos is eerste aan die beurt. "Koos, jou vrou is in hierdie kamertjie opgesluit. Hier is 'n pistool, jy moet ingaan en haar doodskiet." Onmiddellik bars Koos in trane uit. "Ek sou dit nooit kon doen nie," grens hy. "Ek is gans te lief vir my vrou."

"Dan is jy nie die geskikte kandidaat vir die werk nie," besluit die direkteur, en stuur Koos weg.

Kallie is volgende. "Kallie, hier is die pistool. Jou vrou is in die tweede kamertjie opgesluit. Jy weet wat jy moet doen." Kallie verdwyn in die kamertjie, maar na 'n minuut kom hy weer uit. "Ek kon dit nie doen nie," erken hy.

"Dan is jy ook nie die geskikte kandidaat vir die werk nie," antwoord die direkteur, en stuur Kallie weg. Net Mike bly oor.

"Goed dan Mike, jy is ons laaste kandidaat. Jou vrou is in die derde kamertjie hier toegesluit. Vat hierdie pistool en skiet haar."

Mike verdwyn in die kamertjie, 'n skoot klap, en dan bars 'n afskuwelike lawaai los. Twee minute later kom Mike weer te voorskyn, sy klere is geskeur en bloed stroom uit 'n sny in sy voorkop.

"Mike, wat het gebeur?" wil die direkteur weet.

"Nee hel," kla Mike. "Hierdie bleddie pistool van jou is met blanks gelaai. Ek moes die ouvrou met 'n stoel doodslaan!"
Vorige onderwerp: Mike en sy pikkewyne
Volgende onderwerp: Goeie kommunikasie is belangrik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:06:14 MGT 2024