Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Elkeen sterf volgens sy beroep (Ontslape maniere)
Elkeen sterf volgens sy beroep [boodskap #120677] Di, 17 Julie 2018 14:32
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Volgens Fanus Rautenbach ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep:

1. Reisigers gaan heen.
2. Parlementslede op groen kussings gaan sag heen.
3. Die melkman en posman kom om.
4. Jagters gaan bokveld toe.
5. Kokke steek lepel in die dak.
6. Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
7. Die valskermspringer ontval ons.
8. Die tuinier is van die gras afgemaak
9. Die melkboer het die emmer geskop.
10. Die begrafnisondernemer sien sy gat.
11. Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
12. Die ouderling is ontslape.
13. Die koerantman is direk hemel toe.
14. Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
15. Die dokter se hart het gaan staan.
16. Die elektrisiƫn se liggie is gedoof.
17. Die koster het die doodsklok hoor lui.
18. Die kleremaker se draad is geknip.
19. Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
20. Die Bibliotekaris se laaste hoofstuk het aangebreek.
21. Skoonmoeder -- die duiwel het haar kom haal.

Kan julle aan enige ander dink?
- Die programmeerder se program het gecrash.
- Die drywer se trok het ontspoor.
Vorige onderwerp: Oom Sarel se windpomp
Volgende onderwerp: Oom Hannes en die groot vis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:33:04 MGT 2024