Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Kennisgewings » Twitter (Elke voël sing soos hy gebek is)
Twitter [boodskap #120662] Di, 10 Julie 2018 06:06
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Ons het 'n voëltjie hoor fluit dat die forum nou op Twitter geregistreer is. Alle nuwe poste sal daar verskyn. Besoek ons asseblief by http://twitter.com/GeselligAfr, volg ons en her-tweet ons boodskappe.

Meer oor Twitter:

Twitter is 'n sosiale netwerk- en mikrojoernaaldiens wat gebruikers in staat stel om boodskappe, bekend as tweets, te versend en te lees. Tweets is teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters wat op die outeur se profiel gepubliseer word en aan die outeur se subskripsiegehoor, sy sogenaamde volgelinge (Engels: "followers"), gestuur word.

Die verstekverstelling is dat boodskappe in die openbaar vrygestel word, maar gebruikers kan aflewering beperk tot diegene in hul virtuele vriendekring. Gebruikers kan tweets via die Twitter-webwerf, SMS of ander eksterne toepassings stuur en ontvang. Alhoewel die Twitterdiens op sigself niks kos nie, betaal die gebruiker wel vir toegangskostes soos internet- of SMS-fooie aan sy/haar persoonlike telekommunikasiediensverskaffer.


Sien Twitter op Wikipedia vir verdere inligting.
Vorige onderwerp: Netiket
Volgende onderwerp: 'n Blik op die Afrikaanse web
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:05:52 MGT 2024