Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Uit Elsiesrivier - Die Auntie
Uit Elsiesrivier - Die Auntie [boodskap #120600] Wo, 30 November 2005 13:28
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Haai julle,
dit is mos za.humor, daarom waag ek dit om iets in Afrikaans
(een van die helse klomp amptelike tale) te pos.

Die Auntie

'n Goeie advokaat moet nooit 'n getuie 'n vraag vra as hy nie voorbereid
is vir die antwoord nie, veral nie as hy in Elsies Rivier praktiseer
nie!!!!

Tydens 'n hofsaak in die Elsies Rivier Magistraatshof roep die aanklaer
sy eerste getuie na die getuiebank - 'n bejaarde ou dame. Hy nader haar
en vra: " Mevr. Jantjies, ken jy my?"

Sy antwoord: "Ja, of course ken ek jou Mister Williams. Djy't dan voor
my groot geword - maar was jy nie 'n disappointment nie! Djy lieg en
bedrieg, hoer agter jou vrou se rug en skinner van ander mense. Djy dink
djy's a big shot, maar het nie die brains om te wiet dat djy maar net 'n
ordinary office clerk gaan bly nie. Ja-nee, ek ken vir jou!!!"

Die arme aanklaer was geskok. Hy weet nie mooi wat om te se nie en wys
in die rigting van die advokaat vir die verdediging, en vra: "Mevr.
Jantjies, ken jy die advokaat vir die verdediging?"

Sy antwoord weer: "Ja, of course, vir hom ken ek ook vandat hy 'n
laaitie is - hy's lui, drink 'n bietjie te veel en sy law practice is
van die worst innie land. Hy't ook al drie keer op sy vrou ge-cheat.
Ja, ek ken hom."

Die advokaat vir die verdediging val amper van sy stoel af van skok.

Net toe roep die Magistraat die hof tot orde en vra die advokate 'to
approach the bench', en se toe in 'n sagte, dog ernstige stem vir hulle:

"As enige een van julle twee donners vir daai antie vra of sy vir my
ken, dan moer ek julle altwee in die tronk!!!!
------------------
Jakes (still ticking)
Vorige onderwerp: Hoekom Die Stem?
Volgende onderwerp: SMS Grappie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:49:39 MGT 2024